You are on page 1of 19

CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES


1. VOORKENNIS / HERSIENING

1.1 ENERGIEVERANDERINGS TYDENS CHEMIESE REAKSIES

Tydens ‘n chemiese reaksie reageer die reaktante (geskryf aan die linkerkant van die
vergelyking) om die produkte (geskryf aan die regterkant van die vergelyking) te vorm.
A + B  C + D

Reaktante Produkte

Chemiese reaksies vind in stappe plaas:


Stap1: Die reaktantdeeltjies benodig energie sodat die bestaande bindings
(kovalente, ioniese of metaalbindings) tussen die deeltjies in die reaktante
kan breek;
Stap 2: Die geskeide deeltjies wat in die geaktiveerde kompleks voorkom, beweeg
rond en bots;
Stap 3: Energie word deur die deeltjies vrygestel wanneer nuwe bindings vorm om
produkte te vorm.

1.2 AKTIVERINGSENERGIE EN DIE GEAKTIVEERDE KOMPLEKS

Aktiveringsenergie word in die vorm van hitte, lig of meganiese energie opgeneem en word
benodig om reaktante in ʼn geaktiveerde kompleks te verander.

Definisie:
Aktiveringsenergie is die minimum kinetiese energie wat nodig is vir ʼn chemiese
reaksie om plaas te vind en is die energie wat nodig is om bindings in die reaktant-
deeltjies te breek en die geaktiveerde kompleks te vorm.

Definisie:

Die geaktiveerde kompleks is ‘n tydelike, onstabiele, hoë energie oorgangsfase


tussen die reaktante en produkte.

 Spontane reaksies vind plaas wanneer die reaktante genoeg energie het om die
reaksie te laat begin. Dit beteken dat die aktiveringsenergie deur die reaktante self
voorsien word.
 Nie-spontane reaksies vind plaas wanneer die reaktante nie self genoeg energie het
om die reaksie te laat begin nie, en addisionele energie benodig word.

Bladsy 1 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

1.3 KATALISATORS

ʼn Positiewe katalisator verhoog die tempo waarteen ʼn reaksie


Onthou:
plaasvind terwyl ʼn negatiewe katalisator (inhibeerder) die reaksietempo Die massa van ʼn
verlaag. katalisator bly
konstant tydens ʼn
chemiese reaksie.
Positiewe katalisators verhoog die tempo van ʼn chemiese reaksie

 deur ʼn alternatiewe “pad” vir die reaksie te gee om plaas te vind


 wat minder energie benodig vir die reaktante om na die geaktiveerde kompleks te
verander deur
 die aktiveringsenergie te verlaag.

Definisie:

ʼn Katalisator is ʼn stof wat die tempo van ʼn chemiese reaksie verhoog deur die
aktiveringsenergie te verlaag sonder om self ʼn permanente verandering tydens die reaksie te
ondergaan.

1.4 ENERGIEVERANDERINGS TYDENS CHEMIESE REAKSIES: ΔH

Ons weet dat energie


 geabsorbeer word deur die reaktantdeeltjies wanneer intramolekulêre bindings
breek om die geaktiveerde kompleks te vorm en
 vrygestel word wanneer die deeltjies in die geaktiveerde kompleks nuwe bindings
vorm wanneer die produkte vorm.

Definisie:

Die reaksiewarmte of entalpie (ΔH) is die netto energie verandering in ʼn chemiese sisteem
wanneer ʼn chemiese reaksie plaasvind.

In simbole:
Onthou:
ΔH = Energie van produkte – Energie van reaktante  ΔH word in kJ (kilojoule)
= Eprodukte – Ereaktante OF Δ H = Hprodukte – Hreaktante gemeet OF
= Efinaal – Eaanvanklik = Hfinaal – Haanvanklik kJ⋅mol−1 (kilojoule per mol)
produkte gevorm

1.5 ENDOTERMIESE EN EKSOTERMIESE REAKSIES  1 kJ = 1 000 J

Wanneer ons na ʼn omkeerbare reaksie verwys, word die entalpie (ΔH) altyd vir die
voorwaartse reaksie genoem.

Dit is belangrik:
 om te weet wat die verskil tussen ekso- en endotermiese reaksies is;
 om in staat te wees om te kan identifiseer of ʼn reaksie ekso- of endotermies is en
 om grafieke vir ekso- en endotermiese reaksies te kan interpreteer.

Bladsy 2 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

EKSOTERMIESE REAKSIES ENDOTERMIESE REAKSIES


 Meer energie word vrygestel wanneer  Meer energie word geabsorbeer
die nuwe bindings vorm as wanneer die wanneer die bestaande bindings breek
bestaande bindings breek. as wat vrygestel word wanneer die
nuwe bindings vorm.
 Ereaktante > Eprodukte  Ereaktante<Eprodukte
 ΔH is negatief ΔH < 0  ΔH is positief ΔH > 0
 ΔH = Eprodukte – Ereaktante< 0  ΔH = Eprodukte – Ereaktante > 0
 Netto energie is word na die omgewing  Netto energie word vanuit die
vrygestel in die vorm van hitte. omgewing geabsorbeer in die vorm
 Die temperatuur van die van hitte.
reaksiemengsel neem toe.  Die temperatuur van die
reaksiemengsel neem af.
Moontlike skryfwyses: Moontlike skryfwyses:
 CO(g) + NO2(g)  CO2(g) + NO(g)  H2O(ℓ)  H2O(g) H = 41 kJ·mol–1
H = – 226 kJ·mol–1
 CO(g) + NO2(g)  CO2(g) + NO(g)  H2O(ℓ)  H2O(g) H > 0
H < 0
 CO(g) + NO2(g)  CO2(g) + NO(g) +  H2O(ℓ) + Energie  H2O(g)
Energie
 CO(g) + NO2(g)  CO2(g) + NO(g) +  H2O(ℓ) + 41 kJ·mol–1  H2O(g)
226 kJ·mol–1

Grafiese voorstelling: Grafiese voorstelling:

Bladsy 3 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

Sleutel tot die simbole op die grafieke:


A: reaktante (vir die voorwaartse reaksie) / produkte (vir die terugwaartse reaksie)
B: produkte (vir die voorwaartse reaksie) / reaktante (vir die terugwaartse reaksie)
C: geaktiveerde kompleks (sonder ʼn katalisator)
D: geaktiveerde kompleks (met ʼn katalisator)
E: aktiveringsenergie vir die voorwaartse reaksie (sonder ʼn katalisator)
F: aktiveringsenergie vir die voorwaartse reaksie (met ʼn katalisator)
G: aktiveringsenergie vir die terugwaartse reaksie (sonder ʼn katalisator)
H: aktiveringsenergie vir die terugwaartse reaksie (met ʼn katalisator)

Voorbeeld:
Oktaan verbrand onvolledig wanneer daar slegs ‘n
beperkte toevoer van suurstof is, soos in ʼn kar wat nie
reg ingestel is nie. Koolstofmonoksied, waterdamp en
energie word dan vrygestel.

Die grafiek stel die energieveranderinge voor wat


tydens die reaksie plaasvind en die gebalanseerde
chemiese vergelyking is:
2 C8H18 (ℓ) + 17 O2 (g) ⇌ 16 CO (g) + 18 H2O ΔH < 0
1. Wat is die aktiveringsenergie vir die voorwaartse
reaksie?
2. Wat is die aktiveringsenergie vir die terugwaartse reaksie?
3. Wat is die reaksiewarmte vir die reaksie?
4. Is die reaksie eksotermies of endotermies? Motiveer.
5. Gebruik die bostaande chemiese vergelyking en gee ʼn rede hoekom voertuie wat nie
korrek ingestel is nie, ʼn gesondheidsgevaar inhou.
6. Die funksie van katalitiese omsetters is deels om die tempo te verhoog waarteen die
oksidasie van koolstofmonoksied (CO) en petrol (C8H18) na CO2 in motorenjins wat nie
versien en korrek verstel is nie, plaasvind. Hoekom behoort ons wetgewing te
ondersteun wat katalitiese omsetters in uitlaatpype verpligtend maak?
Oplossings:
1. 1 500 – 900 = 600 kJ·mol–1
2. 1 500 – 300 = 1 200 kJ·mol–1
3. H = Eprodukte – Ereaktante= 300 – 900= – 600 kJ·mol–1
4. H is negatief, dus is die reaksie eksotermies.
5. CO is giftig. Katalitiese omsetters verseker dat produkte tot CO2 omgeskakel word en
verminder so die kans van koolstofmonoksied vergiftiging.

Bladsy 4 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

2. REAKSIETEMPO
Definisie:
Die reaksie (reaksietempo) is die verandering in die konsentrasie van die reaktante of produkte per
tydseenheid.

In simbole:

rr = Δ[reaktante]/Δt Waar:
rr : reaksietempo (mol·dm-3·s-1)
OR Δ[reaktante] : verandering in konsentrasie van reaktante
Δ[produkte]
rr = /Δt (mol·dm-3)
Δ[produkte] : verandering in konsentrasie van produkte
(mol·dm-3)
Δt : tydsverloop (s)

2.1 FAKTORE WAT REAKSIETEMPO BEÏNVLOED

Die tempo waarteen ʼn chemiese reaksie plaasvind hang af van die reaksietoestande. In
industrieë is dit belangrik om te verseker dat chemiese reaksies teen die hoogste moontlike,
maar veilige tempo wat ekonomies moontlik is, plaasvind.

Die 5 faktore wat die reaksietempo van ʼn chemiese reaksie beïnvloed:


FAKTOR EFFEK OP REAKSIETEMPO
 Die aard van die reaktante.  Hoe hoër die reaktiwiteit van ʼn
reaktant, hoe hoër is die reaksietempo
(Bv. reaktiewe metale soos Mg
reageer vinniger as metale soos Cu).
 Anorganiese reaksies vind vinniger
plaas as organiese reaksies.
 Die konsentrasie van die reaktante vir  Hoe hoër die konsentrasie van ʼn
gasse (g) en waterige (aq) oplossings. reaktant, hoe hoër is die reaksietempo.
 Die druk van gas (g) reaktante.  Hoe hoër die druk van ʼn gasreaktant,
hoe hoër is die konsentrasie en hoe
hoër is die reaksietempo.
 Die oppervlak (toestand van  ʼn Poeier het ʼn groter oppervlak.
verdeeldheid) van vastestof reaktante.  Klonte en stroke het ʼn klein oppervlak.
 Hoe groter die oppervlak, hoe hoër is
die reaksietempo.
 Die temperatuur van die  Hoe hoër die temperatuur van die
reaksiesisteem. reaksiesisteem, hoe hoër is die
reaksietempo.
 Die teenwoordigheid van ʼn gepaste  ʼn Gepaste positiewe katalisator
katalisator. verhoog die reaksietempo.

Bladsy 5 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

2.2 DIE BOTSINGSTEORIE

Die botsingsteorie word toegepas om te Onthou:


verduidelik hoe hierdie faktore die tempo van As ʼn reaksie vinnig plaasvind,
chemiese reaksies beïnvloed. het dit
 ʼn kort reaksie tyd maar
 Volgens die Kinetiese Molekulêre Teorie is die  ʼn hoë reaksietempo.
deeltjies in ʼn reaksiemengsel in ʼn toestand
van voortdurende willekeurige beweging en bots daarom met mekaar.
 Slegs effektiewe botsings tussen reaktantdeeltjies lei tot chemiese reaksies en die
vorming van nuwe produkte.

ʼn Effektiewe botsing tussen twee reaktantdeeltjies vind plaas as:


 die botsende deeltjies genoeg kinetiese energie besit om ʼn geaktiveerde kompleks
te vorm, d.w.s. as die energie van die botsende deeltjies gelyk is aan of meer is as die
aktiveringsenergie vir die reaksie EN
 die deeltjies korrek georiënteerd is wanneer hul bots.

Die tempo van ʼn chemiese reaksie hang af van die aantal effektiewe botsings tussen die
reaktantdeeltjies per sekonde, die aantal botsings tussen die deeltjies met energie wat gelyk
is aan of meer is as die aktiveringsenergie en van die aantal botsings wat korrek georiënteer
is.

In simbole:

Onthou:
reaksietempo ∝ (aantal effektiewe botsings per tydseenheid) Hoe meer effektief die
∝ (deeltjies met korrekte oriëntering) botsings tussen die
∝ (deeltjies met genoeg Ek) reaktantdeeltjies per
sekonde is, hoe vinniger sal
die reaksie plaasvind.

Bladsy 6 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

2.3 REAKSIEMEGANISME

Die Maxwell-Boltzmann verspreidingdiagram wys die verspreiding van die kinetiese energie
van die deeltjies in ʼn reaksie sisteem. Die verspreiding van die kinetiese energie van die
reaktantdeeltjies word gebruik om die reaksietempo in die sisteem te verduidelik.

 Die grafiek wys die aantal deeltjies (op die vertikale as) teenoor hul kinetiese energie
(op die horisontale as).
Die ONGESKAKEERDE OPPERVLAK
stel die aantal deeltjies voor met
energie < aktiveringsenergie
en wat dus nie kan reageer nie,
Aantal Deeltjies

Die GESKAKEERDE AREA stel die


aantal deeltjies voor met
energie > aktiveringsenergie,
en wat dus genoeg energie het om te
reageer.

Kinetiese energie
Mees waarskynlike Aktiveringsenergie (EA)
energie
 Die kurwe sny altyd deur die oorsprong – geen molekules het nil kinetiese energie nie.
 Die kurwe raak nie aan die 𝑥-as by hoë kinetiese energie nie, d.w.s. daar is altyd
molekules met baie hoë kinetiese energie.
 Die energiewaarde wat met die hoogste punt van die kurwe ooreenstem, stel die
mees waarskynlike energie voor.
 Die oppervlak onder die kurwe is gelyk aan die totale aantal molekules in die
sisteem.
 Die geskakeerde area onder kurwe en na regs van die aktiveringsenergie is gelyk
aan die aantal reaktantdeeltjies wat genoeg energie het om effektief te bots en wat dus
kan reageer.
 Die oppervlak onder die kurwe en na links van die aktiveringsenergie is gelyk aan die
aantal reaktantdeeltjies wat nie effektief kan bots nie en dus nie kan reageer nie.
 As die geskakeerde oppervlak groter is, is daar meer deeltjies wat effektief kan
bots en is die reaksietempo hoër.

Bladsy 7 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

a) Die effek van ‘n toename in die temperatuur van die reaksiemengsel

Definisie:

Temperatuur is ʼn maatstaf van die gemiddelde kinetiese energie van die deeltjies in ʼn stofmonster.

As die temperatuur toeneem:


 het die deeltjies in die monster ʼn hoër
By ‘n hoër temperatuur, is die
gemiddelde kinetiese energie en is die
grafiek wyer, en is die mees
mees waarskynlike energie hoër as by
waarskynlike energie hoër.
die lae temperatuur. Lae T ble energy is higher.
 is die grafiek wyer en is die hoogtepunt

Aantal deeltjies
Aantal ADDISIONELE deeltjies met
laer.
energie > aktiveringsenergie, dus
 Die totale aantal deeltjies is dieselfde, so
Hoë T genoeg energie om te reageer.
die totale oppervlak onder die grafiek is
dieselfde.
 Meer deeltjies het energie > die
aktiveringsenergie (die geskakeerde
oppervlak is groter) EA Kinetiese energie
 ∴ meer effektiewe botsings vind per Mees waarskynlike Mees waarskynlike
sekonde plaas en energie by die lae T energie by die hoë T
 die botsings is meer energiek
 ∴ die reaksietempo neem toe.

b) Die effek van ‘n toename in die konsentrasie van die reaktante

Hoë c As die konsentrasie van die reaktante


toeneem:
 die deeltjies in die monster het
dieselfde gemiddelde kinetiese
Aantal deeltjies

energie en die mees waarskynlike


Lae c Aantal ADDISIONELE deeltjies
energie is dieselfde ∴ die grafiek
met energie > aktiveringsenergie,
het dieselfde vorm;
dus genoeg energie om te reageer
 die grafiek is hoër omdat daar nou
meer deeltjies per volume eenheid
is;
 die totale aantal deeltjies is meer, so
EA die totale oppervlak onder die
Kinetiese energie
grafiek is groter;
 meer deeltjies het energie > die
aktiveringsenergie (die geskakeerde
oppervlak is groter)
 ∴ meer effektiewe botsings neem
per sekonde plaas
 ∴ die reaksietempo neem toe

Bladsy 8 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

c) Die effek van die teenwoordigheid van ‘n katalisator


Die byvoeging van ‘n gepaste
positiewe katalisator:
 verlaag die
Aantal ADDISIONELE deeltjies met aktiveringsenergie wat
Aaantal deeltjies

energie > aktiveringsenergie, dus nodig is om die reaktante na


genoeg energie om te reageer ‘n geaktiveerde kompleks te
verander sodat
Aantal deeltjies met energie >  meer deeltjies genoeg
GEKATALISEERDE EA, dus energie het om ʼn
geaktiveerde kompleks te
genoeg energie om te reageer
vorm
 ∴ die aantal moontlike
effektiewe botsings per
sekonde neem toe en
 die reaksietempo neem toe.
Kinetiese energie
GEKATALISEERDE EA
EA

Onthou:
Wanneer ‘n gepaste katalisator bygevoeg word:
 bly die totale aantal reaktantdeeltjies konstant en
 bly die gemiddelde kinetiese energie van die reaktantdeeltjies konstant as die
temperatuur nie verander nie.

Voorbeeld:

Oorweeg die volgende Maxwell-Boltzman


verspreidingsdiagram vir ʼn chemiese reaksie
sisteem en beantwoord die vrae wat volg.

1. Het al die molekules dieselfde kinetiese


energie by lae temperatuur gehad?
Motiveer jou antwoord.
2. Wat stel die geskakeerde oppervlak na
regs van die vertikale lyn voor?
3. Sal die vertikale stippellyn na links of na regs beweeg as ʼn katalisator by die reaktante
gevoeg word? Verduidelik jou antwoord.

Oplossings:
1. Nee. Saam sal die gemiddelde kinetiese energie dieselfde wees, maar elke molekuul se
kinetiese energie word deur sy massa en die kwadraat van die molekuul se eie
gemiddelde spoed bepaal.
2. Dit dui die % van die molekules aan wat meer energie as die aktiveringsenergie by
daardie temperatuur sal hê. Met ander woorde, die % molekules wat in staat is om
effektief te bots en te reageer. By die hoër temperatuur, is daar ʼn hoër % molekules wat
effektief kan bots (groter oppervlak onder die grafiek).

Bladsy 9 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

3. Na links.
Die aktiveringsenergie van die reaksie neem af wanneer ʼn gepaste katalisator bygevoeg
word. Die lyn skuif dus na links. Dit beteken dat daar nou by beide die lae en die hoë
temperature ʼn groter % molekules beskikbaar is vir effektiewe botsings.

2.4 MEET VAN REAKSIETEMPO

Ons meet reaksietempo deur die tempo waarteen (hoe vinnig) die produkte verskyn of die
tempo waarteen die reaktante verdwyn (gebruik word) wanneer ‘n reaksie plaasvind, te
bestudeer.

Eksperimentele tegnieke vir die meet van die tempo van ʼn gegewe reaksie, sluit die
volgende in:
 meet van die volume gas wat geproduseer word,
 troebelheid (bv. neerslagvorming),
 kleurverandering en
 die verandering van die massa van die reaksiesisteem as ʼn gasproduk toegelaat word
om te ontsnap.

Praktiese ondersoek: Tegniek 1: Meet van troebelheid

Na2S2O3(aq) + 2HCℓ(aq)2NaCℓ(aq) + H2O(ℓ)+ SO2(g) + S(s)

Natriumtiosulfaat reageer met verdunde soutsuur om ʼn geel swawel neerslag te vorm. Die
vorming van die neerslag kan gebruik word om reaksietempo te meet.

Metode: Apparaat:
 Teken ʼn donker swart kruis op ʼn stuk papier.
 Voeg ʼn presiese hoeveelheid Na2S2O3
by ʼn koniese fles en plaas dit op die
Koniese fles
kruis.
 Voeg vinnig HCℓ(aq) by die oplossing Na2S2O3(aq) + H2O(ℓ)
en begin die stophorlosie.
 Swaai die fles versigtig en laat die Wit papier met swart
kruis
reaksie toe om plaas te vind totdat die
donker swart kruis nie meer gesien kan
word nie.
 Skryf die tyd neer.

In hierdie eksperiment kan die konsentrasie van die HCℓ(aq) en Na2S2O3(aq) verander word
by konstante temperatuur OF
In ʼn ander eksperiment kan die temperatuur verander word terwyl die konsentrasies
konstant bly.
Die tyd wat dit die oplossing neem om ondeursigtig (troebel of opaak) te word is ʼn
maatstaf van die reaksietempo.

Bladsy 10 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

Woordeskat:

Troebelheid is die melkerigheid of ondeursigtigheid van ‘n oplossing wat deur deeltjies in


die vloeistof veroorsaak word wat keer dat lig deur die vloeistof beweeg.

Ondeursigtig: nie deurskynend nie, laat nie lig toe dat lig daardeur om deur te beweeg nie.

Praktiese ondersoek: Tegniek 2: Meet van die volume van ʼn gasproduk

Oorweeg die volgende reaksies:


Mg (s)+ 2 HCℓ (aq) MgCℓ2 (aq) + H2 (g) OF
CaCO3 (s)+ 2 HCℓ (aq) CaCℓ2 (aq) + H2O (ℓ) + CO2 (g) OF
MnO2 (s)
2KCℓO3( s) → 2 KCℓ (s) + 3 O2 (g)
(Die gekataliseerde ontbinding van kaliumchloraat)
 Die reaksietempo word bepaal deur die volume van die gas wat geproduseer is (die
afhanklike veranderlike) in spesifieke tydintervalle (die onafhanklike veranderlike), te
meet.
 Die gas word in ʼn gemerkte gasspuit versamel of deur die afwaartse verplasing van
water in ʼn buret. Die volume van die gas wat vorm kan akkuraat bepaal word.
 Die stophorlosie begin wanneer die reaktante bygevoeg word en stop wanneer geen
nuwe borrels vorm nie – d.w.s. wanneer die volume gas wat gevorm het, konstant is.

Apparaat:

Die meet van gavolume van gas met ʼn gasspuit: Meet van volume deur die afwaartse
verplasing van water

Gasspuit
Afleibuis
Volume (g)
opgevang
Afleibuis
Rubberprop

Koniese fles
Buret
H2(g) OF CO2(g) Koniese fles
Kolfstaander
Stophorlosie
Reaktante
Reaktante Water

Bladsy 11 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

Grafiek van volume gas wat vorm teen tyd


Eksperiment 1

Volume gas gevorm (cm3)


Eksperiment 2

Tyd (s)

Praktiese Ondersoek: Tegniek 3: Meet van die totale massa van die reaktante en die
verlies in massa:

Oorweeg dieselfde reaksies as wat in Tegniek 2 gebruik is.

Metode: Apparaat:
 Die tempo van die reaksie word bepaal deur
Watte
die massa van die gas wat vorm (die
afhanklike veranderlike) in spesifieke
tydintervalle (onafhanklike veranderlike) te Reaktant 1 Reaktant 2
meet.
 Die reaktante word by die fles gevoeg en die
mond van die fles word met watte gestop.
Elektroniese skaal
 Die massa van die reaksiesisteem (die
reaktante, fles en wol) word aan die begin van die eksperiment neergeskryf en die
stophorlosie word begin.
 Die gas wat vorm beweeg deur die wol prop en ontsnap uit die sisteem, sodat die
massa van die sisteem ∴ (lesing op die skaal) afneem.
 Die massa van die sisteem word na
gereelde tydsintervalle, bv. elke Onthou:
½ minuut, gemeet en neergeskryf. Die mond van die fles is met watte gestop
 Die stophorlosie word gestop wanneer omdat
 dit poreus is en toelaat dat gas uit die
geen nuwe borrels vorm nie – d.w.s. reaksiesisteem ontsnap maar
wanneer die lesing op die skaal konstant  voorkom dat vloeistof sproei wat tydens
bly. die reaksie vorm, ontsnap.
 Die resultate word gebruik om ʼn grafiek
van die volgende te skets:
o massa van die fles en volume teenoor tyd OF
o massaverlies (massa gas ontsnap) teenoor tyd.

Bladsy 12 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

Grafiek van massaverlies teen tyd Grafiek van mass van fles en inhoud
teen tyd

Massa van fles en inhoud (g)


Massaverlies (g)

Tyd (s)
Tyd (s)

Interpretasie van die grafieke van Tegnieke 2 en 3:

Daar is drie tyd-intervalle in die grafiek:

Onthou:
 Die gradiënte (hellings) van die grafieke
wys die tempo van die reaksies.
 Hoe meer steil (meer vertikaal) die
grafiek, hoe hoër is die reaksietempo.

Bladsy 13 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

Stap in die reaksie Verduideliking


Deel 1 van beide grafieke  Die konsentrasie van die reaktante
 het die grootste helling (gradiënt) so (gewoonlik die suur) is die hoogste en
 die reaksietempo is die hoogste.  die reaksieoppervlak (die vastestof) is
die grootste daarom is
 die aantal effektiewe botsing wat
plaasvind sal hoog wees
 so die reaksietempo is hoog en
 die volume gas wat per sekonde vorm,
is hoog.
Deel 2  Die reaktante word gebruik om produkte
 ʼn geleidelike afname in die helling so te vorm so
 die reaksietempo neem geleidelik af.  die konsentrasie van die suur neem af
en
 die reaksieoppervlak van die vastestof
reaktant neem af dus
 neem die aantal effektiewe botsings wat
plaasvind, af en
 die reaksietempo neem af en
 die volume van die gas wat per sekonde
vorm, neem af dus
 ontsnap minder gas molekules per
sekonde en die tempo waarteen die
massa verander, neem af.
Deel 3 is waar Wanneer die beperkte reaktant
 elke grafiek horisontaal eindig. opgebruik is (alles reageer het)
 wat beteken dat die reaksie volledig  is die reaksie volledig en
verloop het.  word niks meer produkte gevorm nie so
 niks meer gas ontsnap uit die sisteem
nie en
 die massa bly konstant.

Woordeskat:
Spatel: ‘n Klein lepel of platpuntstaaf wat gebruik word om chemikalieë op te lig en te beweeg.

Bladsy 14 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

Voorbeeld:

Onthou:

Beperkte reaktant: Die reaktant wat tydens die chemiese reaksie opgebruik word.

Oormaat reaktant: Die reaktant word nie heeltemal opgebruik tydens ʼn chemiese reaksie nie – daar
is altyd van die reaktant in die reaksiesisteem oor.

ʼn Groep leerders gebruik die reaksie tussen soutsuur en magnesium poeier om een van die
faktore wat die reaksietempo van ʼn chemiese reaksie beïnvloed, te ondersoek.

Die reaksie wat plaasvind is:


Mg(s) + 2HCℓ(aq)MgCℓ2(aq) + H2(g)
Die leerders gebruik die apparaat en volg die onderstaande metode om die ondersoek uit te
voer.

Metode vir Eksperiment 1:


Stap 1: Plaas ʼn spatel van die
magnesium poeier ʼn koniese fles
en voeg 50 cm3 HCℓ(aq) met ʼn Afleibuis
bekende konsentrasie, daarby.
Stap 2: Begin die stophorlosie wanneer Buret
die reaktante kontak maak en Koniese fles
Kolfstaander
maak die fles met ʼn rubber
stopper met ʼn afleweringsbuis, Reaktante Water
toe.
Stap 3: Meet die volume van die H2 (g) wat vorm in tydintervalle van 20 sekondes.

Metode vir Eksperiment 2:

Herhaal die bostaande stappe 1 tot 3, maar gebruik slegs 25 cm3 van dieselfde HCℓ(aq) wat
met gedistilleerde water tot 50 cm3 verdun is.

Bladsy 15 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

Vrae:
1. Hoe verskil die konsentrasie van die suur wat in Eksperiment 2 gebruik is met die
konsentrasie van die suur in Eksperiment 1? Skryf slegs meer as, minder as of gelyk
aan neer.
2. Skryf ʼn hipotese vir die ondersoek neer.
3. Hoekom moet die leerders seker maak dat gelyke hoeveelhede magnesiumpoeier in
elk van die twee eksperimente gebruik word?
4. Die leerders gebruik ʼn oormaat HCℓ(aq) vir die twee eksperimente. Wat beteken
“oormaat” in hierdie geval? Gee ʼn rede waarom die oormaat HCℓ(aq) nie die resultate
sal beïnvloed nie.
5. As die Mg poeier wat in Eksperiment 1 gebruik word onsuiwer was, met deeltjies
vuiligheid in, beskryf en verduidelik hoe die grafiek se vorm beïnvloed sal word.
6. Na afloop van die ondersoek stel die leerders die resultate as volg op ‘n grafiek voor.

Skryf die volume waterstofgas wat tydens die eerste minuut vorm vir:
6.1 Eksperiment 1
6.2 Eksperiment 2
7. Watter eksperiment neem teen ʼn vinniger tempo plaas? Verwys na die vorm van die
kurwes om jou antwoord te motiveer.
8. Gee ʼn rede waarom die finale volume gas wat vorm in beide eksperimente dieselfde
is.
9. Watter gevolgtrekking kan die leerders maak vanuit die resultate?
10. Hoe sal ʼn toename in die temperatuur die volgende beïnvloed. Skryf toeneem,
afneem of dieselfde bly neer.
10.1 Finale volume gas tydens elke eksperiment gevorm.
10.2 Volume gas na 40 s in elke eksperiment gevorm.
11. Hoekom het beide grafieke horisontale lyne onderskeidelik by t = 60 s en t = 120 s?
12. Gee twee redes waarom tempo waarteen waterstof gas laer is by t = 50 s as by
t = 20 s vorm.
13. Bepaal die tempo van die vorming van waterstofgas in Eksperiment 2 by 20 s.
14. In ‘n Eksperiment 3, was helfte van die magnesium wat gebruik is in lint vorm.
14.1 Hoe sal die verandering die finale volume gas wat vorm beïnvloed in vergelyking
met Eksperiment 1 en 2?
14.2 Verduidelik jou antwoord.

Bladsy 16 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

Oplossings:
1. Kleiner as (nie ‘minder’ of ‘verdun’).
2. Nota: Die hipotese moet verwys na die verwantskap tussen die afhanklike en
onafhanklike veranderlikes. Dit moet ʼn stelling wees wat reg of verkeerd bewys kan
word, dit is ʼn voorspelling wat op (voor-) kennis gebaseer is.
Moontlike antwoorde:
As die konsentrasie van die reaktante in ʼn chemiese reaksie toeneem, sal die
reaksietempo toeneem.
3. Die massa van die Mg is ʼn gekontroleerde veranderlike om ʼn regverdige toets te
verseker. Daar is slegs een onafhanklike veranderlike wat van een eksperiment na die
ander verander, d.w.s. die konsentrasie van die suur.
4. ‘Oormaat’ beteken dat daar meer as genoeg soutsuur is vir die reaksie om plaas te
vind. Wanneer die reaksie volledig verloop het, sal al die Mg gereageer het maar sal
daar suur oor wees. Die Mg is die beperkte reaktant en wanneer dit alles reageer het,
sal die reaksie stop.
5. Die grafiek sal minder steil wees, wat wys dat die reaksietempo laer is. Omdat die
reaksieoppervlak van die magnesium kleiner is, kan minder deeltjies bots en vind
minder effektiewe botsings per eenheid tyd plaas. Die finale volume waterstofgas wat
vorm sal minder wees omdat die magnesium die beperkte reaktant is en ʼn kleiner
massa suiwer magnesium reageer het as gevolg van die vuiligheid.
6.1 60 cm3 6.2 42 cm3
7. Eksperiment 1. Die gradiënt of helling van die raaklyn aan die grafiek is meer steil.
8. Die massa Mg wat in beide eksperimente gebruik is, was dieselfde. Mg is die
beperkte reaktant en bepaal dus die opbrengs van die produkte.
9. As die konsentrasie van die reaktante in ʼn chemiese reaksie toeneem, sal die
reaksietempo toeneem.
10.1 Bly dieselfde. 10.2 Neem toe.
11. Die horisontale lyne beteken dat die reaksies volledig verloop het, al die magnesium
het met die oormaat HCℓ reageer. Eksperiment 1 is eerste klaar as gevolg van die
hoër HCℓ konsentrasie (meer deeltjies reageer per volume eenheid), so meer
effektiewe botsings vind plaas en dus is die reaksietempo hoër.
12. By 50 s het die HCℓ konsentrasie reeds merkwaardig toegeneem, en is daar baie
minder magnesium oor, met ʼn kleiner blootgestelde oppervlak. Dus is die botsings
minder effektief en is die reaksietempo laer.
13.
y
Reaksietempo = helling  gradiënt  =
x
 volume H2 16-0
= = =0,8 cm3  s-1
 tyd 20-0
14.1 Die finale volume van die waterstofgas in Eksperiment 3 sal die helfte wees van die
volume waterstofgas wat tydens Eksperiment 1 en 2 vorm.
14.2 Mg is die beperkte reaktant wat die opbrengs bepaal. Vanuit die gebalanseerde
vergelyking:
1 mol Mg(s) vorm 1 mol H2(g), dus vorm ½ mol Mg(s) presies ½ mol H2(g)

Bladsy 17 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

Voorbeeld:

ʼn Sekere massa kalsiumkarbonaat stukke word by ʼn


waterstofchloried oplossing in ʼn beker op ʼn skaal
gevoeg, soos in die diagram getoon. Die vergelyking Soutsuur
vir die reaksie is as volg:
CaCO3

CaCO3(s)+2HCℓ(aq)CaCℓ2(aq)+H2O(ℓ)+ CO2(g)

CO2(g) word toegelaat om vanuit die beker te ontsnap.


Data in die onderstaande tabel is verkry vir ʼn
tydinterval van 8 minute versamel.

Tyd
0 1 2 3 4 5 6 7 8
(min)
Massa van
beker en 200,0 197,50 195,45 193,55 191,70 189,90 188,15 186,45 184,80
inhoud (g)

1. In wetenskap verwys ‘tempo’ na iets wat in ʼn sekere tyd plaasvind. Verduidelik die
term “reaksietempo’.
2. Bereken die verandering in die massa van die beker en inhoud tydens die 8 minute.
3. Gebruik jou antwoord in Vraag 2 om te wys dat die gemiddelde reaksietempo tydens
die 8 minute, 1,9 g∙min–1 is.
4. Bereken die massa kalsiumkarbonaat wat tydens die 8 minute reageer.
5. “Die gebruik van die beker tydens die eksperiment beïnvloed die lesings en dus die
berekening van die reaksietempo en van die massa van die CO2 wat vorm”.
Verduidelik die stelling en stel TWEE maniere voor waarop die probleem gekorrigeer
kan word om dit ʼn regverdige toets te maak.

Oplossings:
1. Die verandering in hoeveelheid/massa/volume/konsentrasie van produkte wat per
tydseenheid vorm. OF
Die verandering in hoeveelheid/massa/volume/konsentrasie of reaktante per
tydseenheid. OF
Die verandering in hoeveelheid/massa/volume/konsentrasie van reaktante per
tydseenheid gebruik.
2. Verandering in massa = 200 – 184,8 = 15,2 g
verandering in massa 15,2
3. Reaksietempo = = 1,9 g  min-1 CO2 geproduseer
tyd geneem 8
4. mol CO2 vorm:
MCO2 = 44 g∙mol–1 en M(CaCO3)= 100 g∙mol–1
Massa CO2 gevorm = Δm = 200 – 184,8 = 15,2 g Neem kennis:
∴ mol CO2 gevorm In die berekening is
n = 0,3454 afgerond na
m 200 - 184,8
n= = = 0,35 mol CO2 0,35 sodat:
M 44 Massa = m(100) = 34,54 g

Bladsy 18 van 19
CHEMIESE VERANDERING: TEMPO EN OMVANG VAN REAKSIES

Vanuit die gebalanseerde vergelyking:


1 mol CaCO3 : 1 mol CO2
∴ 0,35 mol CaCO3 : 0,35 mol CO2
So die massa CaCO3 wat reageer:
m m
n=  0,35 =  m = (0,35)(100) = 35 g = 34,54 g
M 100

5. (i) Gebruik ʼn koniese fles inplaas van ʼn beker en stop die mond van die fles met
watte. Die prop verhoed dat die suur sproei en dat waterdamp uit die fles
ontsnap. Die CO2 gas kan deur die watte ontsnap. Ontsnapte damp uit die beker
sal aanvanklik die massalesing beïnvloed en dus ʼn onakkurate lesing van die
reaksietempo veroorsaak.

(ii) Die kalsiumkarbonaat moet in ʼn klein proefbuis geplaas word wat in die fles pas.
As die fles effens geskud word, val die proefbuis om en reageer die suur. Dit
verhoed ook dat die suur sproei en waterdamp uitspat. Verseker dat die
stophorlosie begin wanneer die twee reaktante in kontak met mekaar kom en dat
dit stop sodra die Mg reageer het.

Bladsy 19 van 19

You might also like