You are on page 1of 17

Hoofstuk 1

Leendra is uit die Silwerkruis-gevangenis vrygelaat en kom in Kaapstad aan. Haar ma se broer, oom Phil van Tonder kom haar
oplaai.

Die toneel verskuif na die kerkdiens waarin Gerald sy beroep na Atlantis aankondig. Jamaina is baie opgewonde daaroor. Kêppies
sê hy bly in Vlaktevlei.

Wanneer Phil en Leendra op die werf stilhou, is Lucia, Phil se t weede vrou, bewus van 'n beklemming oor Leendra se terugkeer,
want sy ken haar nie.

Die Bonthuyse kom groet almal vir Leendra.

Leendra sien dat die huis verander het en wonder wat van haar ma se orrel geword het. Sy is bly dat Sielie haar onthou.

Kêppies vertel dat Vaatjie, die kroegman in die Redelinghuyse se hotel, gesê het dat daar groot moeilikheid op pad is.

Die toneel verskuif na Rudie Redelinghuys wat praat or die ont wikkeling van die West Coast Holiday Resort. Vlaktevlei se hele
gemeenskap moet geskuif word. Rudie is nie oortuig dit is die regte ding om te doen nie, maar Gilbert, sy seun, is vasberade om dit
deur te voer, want die grond waarop Vlaktevlei ont wikkel is, is die Redelinghuyse se eiendom. Rudie wonder wat Gretel, sy
skoonsuster, se reaksie op die verskuiwing sal wees, want sy bly ook in Vlaktevlel.

Kêppies dink aan die Groen Hokkie as 'n moonlike blyplek vir hom.

Leendra voer 'n gesprek met Phil in sy kantoor. Sy kan onbepaald by hulle bly en hy sal help dat sy 'n werk kry. Sy er vaar 'n
gevoel van wrewel as sy aan hom dink. Sy sou graag 'n koffiewinkel wou oopmaak, maar Phil sê haar pa was bankrot. Phil bied
haar 'n werk by die soutmyn se kantoor aan. Leendra is woedend omdat hy haar ma se orrel verkoop het.

Leendra gaan stap en loop vir pastoor Gerald raak. Daarna loop sy vir Boeta raak. Hy vertel oor Sielie en dat sy grootgeword
het. Leendra verduidelik dat Sielie se verstand op elf vasgesteek het. Leendra wil weet wat op die dag van die ontploffing gebeur
het en wat Gilbert se aandeel was. Sy sê as sy die dag kon oorhê, sy hom sou skiet. Leendra wonder ook wie die Italianer was wat
by haar pa was.

Hoofstuk 2
Kêppies vertel dat die mense op die soutmyn baie respek vir Leendra het omdat haar pa Hendrik Rooihel was. Sy groet almal en
weet wat elkeen doen. Sy kom vir hulle op as hulle probleme met Phil het.

Leendra leen oom Phil se bakkie om haar rybewys te laat hernu.

Oom Bontie is bekommerd dat die sout besig is om te ver water. Hy wil ’n geoloog laat kom.

Daar kom ’n vreemde man by die kafee aan. Samuel van der Sandt, ’n geoloog wat in klippe belangstel. Leendra is ontsteld,
want hy ry soos ’n padvark.

Gilbert konfronteer die stadsklerk, Jaap Gouws, met die kaart van Vlaktevlei. Die huurpag op die grond waarop Vlaktevlei
staan, het verval. Die grond behoort aan die Redelinghuyse en is aan die munisipaliteit verhuur. Gilbert het dit bevestig dat die
huurpag nie verleng gaan word nie. Die probleem is dat dit hier gaan oor die verskuiwing van 'n hele gemeenskap. Gilbert sê dat
dit die munisipaliteit se probleem is en hulle moet vir die mense daarvan sê.

Gilbert hou met sy Porsche langs Leendra en Sielie stil. Leendra stel nie in sy aandag belang nie.
Patricia Redelinghuys is by die toonbank van die hotel. Sy sien vir Samuel en probeer hom dadelik beïndruk. Sy bedien hom in die
eetsaal en bied aan om hom te vergesel as hy graniet wil gaan soek.

Minette hoor by Gilbert dat Leendra terug is. Sy ver wys na haar as 'n klein ‘s let' en sê dat Gilbert nie naby haar moet kom nie.

Samuel se granietsoekery is onsuksesvol, want die Du Preez's is nie tuis nie en Patty kla die heeltyd omdat sy nie die regte
skoene aan het nie. Patty wou eintlik piekniek hou. Samuel gee vir haar 'n lekker met die woorde “Love me tender” wat haar
baie bly maak.

Leendra loop weer vir Gerald raak. Hulle praat oor vryheid en Leendra sê sy wil Kleinkloof toe om ant woorde te gaan soek.
Gerald stel Leendra aan Gretel voor by haar huisie Der Schutz. Hy nooi vir Leendra om in die kerkie te kom orrel speel. Gretel wil
net op Vlaktevlei bly waar sy van eenvoud en omgee geleer het. Leendra is geskok dat Gretel familie van die Redelinghuyse is,
want nou weet Gretel alles van haar.

Boeta is besig om te sweis, ter wy| Sielie sy oorpak regmaak. Boeta het belowe om vir haar 'n swaai te maak.

Gretel vat die skildery van die koekemakranka na Rudie. Vaatjie vra haar om nog 'n prent oor Vlaktevlei te skilder, sodat hulle
nageslagte kan sien waar hulle vandaan kom. As sy instap, hoor sy van Gilbert se planne met Vlaktevlei. Sy is baie ontsteld.
Minette sê Vlaktevlei behoort aan hulle en sy het vir Gretel gewaarsku om nie tussen die gespuis te bly nie. Gretel is terug
met die skildery.

Leendra en Sielie eet by die Bonthuyse. Leendra vra oom Bontie iets oor die Italianer wat by haar pa was kort voor die
ontploffing. Leendra dink iemand moes haar ma by die stoorkamer ingedwing het. Sy dink dit was moord.

Hoofstuk 3
Saterdagoggend stop ’n afgeleefde blou Chev voor Miss Sweetie se kafee. Dis Johnny Cupido en sy vrou Rebekka. Hulle seuntjie
Tommie is siek. Koster vat die kind in die kafee in en Sweetie gee vir hom 'n Disprin. Johnny dink hy sal die kar by 'n garage moet
kry. Hy laai Rebekka en Tommie se goed af. Gerald stel voor hulle moet by hom bly totdat die kar herstel is.

Leendra besoek die Kleinkloof. Sy hoor kapgeluide en sien vir Samuel met sy karavaan, tent en rooi bakkie. Sy sê hy oortree op
private eiendom en trek sy tentpenne uit. Hy noem haar ’n helleveeg.

Kêppies en Jamaina praat oor Gerald se besluit en Atlantis. Sy sê die kinders is baie opgewonde. Vos Philander sal graag Jamaina
se hoofpos wil hê. Gerald kom met Rebekka en Tommie daar aan. Johnny het hulle net so gelos en gery. Jamaina is ontsteld
omdat Gerald hulle soontoe gebring het. Gerald se begeertes om aan Rebekka te raak ontstel hom.

Leendra gaan na Vlaktevlei se kerk toe. Gerald kondig aan dat hy die beroep aanvaar. Oom Kêppies sê hy bly op Vlaktevei.

Leendra besoek Gretel. Gretel se man het gedink Leendra se vonnis was onbillik. Leendra sê sy haat vir Gilbert en het Ferdinand
werklik liefgehad. Toe Leendra by die huis kom, is Samuel genooi vir ete. Samuel lig haar in dat hy gaan help met die
souther winning en dat hy van kampplek verander het. Hy noem haar Juffrou Helleveeg. Hy behandel ook vir Sielie met groot
deernis. Leendra vind uit dat Samuel by Westren Mining werk, en navorsing doen oor graniet. Hulle hoofkantoor is in Italië en
sy vennoot is Mario Martinelli -die Italianer wat met haar pa gepraat het.

Na ete gaan Gerald terug kerk toe om met die Here te praat. Hy worstel met sy begeerte na Rebekka. Gretel kom by die kerk in en
sê vir Gerald dat Atlantis op 'n baie slegte tyd kom. Sy sê dat Vlaktevlei ontruim gaan word. Gretel sê dat die mense van
Vlaktevlei hom nou nodiger as ooit gaan hê.

Samuel en Phil praat oor die foto van die kliphuis op Kleinkloof. Samuel wil weet wat gbeur het en Phil vertel van die gassilinders
in
die stoorkamer wat ontplof het. Sielie het daarna nooit weer reggekom nie. Hy vertel dat Leendra toe by die hotel
ont vangsdame was en dat sy aangekla was van diefstal. Sy is hotel toe om Gilbert te konfronteer. ’n Skietery het ontstaan en
Ferdinand is dood. Phil reken dat Ferdinand met diamante gesmokkel het. Die juwele is in Leendra se kamer gekry. Leendra was
oortuig daarvan dat Gilbert dit daar geplant het. Phil en Gilbert was die laaste persone by Hendrik van Hellberg voor die
ontploffing.

Samuel weet daar is gewoonlik graniet naby soutpanne. Hy besef daar is baie raaisels en dat die ant woord by Sielie en haar
poppe lê. Hy weet nou wie se pop weggesteek lê in die gat in die vloer van die murasie.

Die Sondagmiddag sê Gerald die Groen Hokkie moet skoongemaak word sodat Rebekka en Tommie daar kan bly. Kêppie is
bekommerd or Gerald, want hy weet wanneer sonde nader kruip.

Die Redelinghuyse sê die stootskrapers sal oor ’n maand begin werk.

Patty lok Samuel uit, maar hy gee nie in nie. Sy waarsku vir Samuel teen Leendra.
Hoofstuk 4
Rebekka skryf vir Tommie by Vlaktevlei se skool in. Gerald gaan saam met Rebekka as sy wil aansoek doen vir die kelnerspos by
die hotel. Hy word soos 'n gas behandel in die hotel. Rudie sê vir hom die mense gaan 'n leier nodig hê om hulle te oortuig dat die
vakansieoord 'n werkskeppingsgeleentheid vir almal gaan wees.

Gilbert se Porsche val met sy wiele in 'n moddergat vas. Patricia is agter die stuur. Sy het klaar vir Samuel gebel om te kom help.
Sielie ry met die blou bakkie in die agterkant van die Porsche vas. Patty is histeries, Leendra sê dis 'n ongeluk. Sielie hardloop
weg. Samuel se oë is meer op Leendra as op Patty. Phil is bekommerd en dink hy sal moet betaal. Hy is van mening dat Sielle in 'n
inrigting behoort. Lucia verseker vir Leendra dat sy nooit sal toelaat dat Sielie na 'n inrigting gestuur word nie.

Samuel gaan toetse doen by oom Phil op die soutmyn. Oom Bontie bevestig dat dit Samuel was wat destyds by haar pa was voor
die ontploffing. Leendra dink Samuel probeer dinge wegsteek. Samuel en sy vennoot wou destyds die klipgroef by Leendra se pa
koop.

Samuel sien weer vir Sielie in die Kleinkloof met die poppe. Sy bêre die t wee poppe in haar rugsak, draai t wee granietklippe in 'n
lap toe en bêre dit in 'n gat en sit planke bo-oor. Samuel wil vir Leendra die gat in die vloer van die murasie gaan wys waar Sielie
se pop onder die plankbedekking lê.

Leendra konfronteer vir Samuel omdat hy ontken dat hy voorheen by haar pa was. Hy sê hy het dit nie ontken nie, hy wou net
nie daaroor praat nie. Hy erken nou dat hy daar was en dat hulle maatskappy belanggestel het om die steengroef te koop. Hy
erken ook dat Mario 'n argument met haar pa gehad het en dis hoekom Mario vir Samuel gestuur het.

Gilbert daag op in sy Porsche. Leendra dink aan die skietery op Ferdinand. Gilbert roep agter haar aan dat hy nog haar skerp
bek doodstil gaan soen. Sy sê in haar gedagtes jammer vir haar ma. Haar ouers het nie van Ferdinand gehou nie.

Gerald is huiwerig om vir Jamaina te vertel dat Rebekka werk by die hotel gekry het.
Hoofstuk 5
Samuel sien Sielle op 'n rots sit. Hy stap nader en gesels met haar. Sy is bang Phil stuur haar weg. Samuel verseker haar hy sal met
Phil praat. Sielle bied hom haar klippe aan en Samuel vra sy moet hom gaan wys waar sy dit gekry het.

Gilbert kom sien vir Leendra. Hy sê Sielie het sy kar opgeneuk. Hy nooi vir Leendra as metgesel na Patty se
mondigwordingspartytjie. Sy dink hy is mal, maar hy sê daar is dinge wat hy vir haar wil sê, soos wie die dag van die ontploffing
by haar ouers was. Hy se hy was ongeveer t wee-uur daar en Ferdinand het lelike dinge van haar gese. Hy was bang Ferdinand dra
verkeerde stories aan. Sy wil nie met hom oor Ferdinand praat nie. Gilbert sê hy sien haar by die partytjie en pers haar af deur te
sê dat sy die R34 000 se skade aan sy kar sal moet betaal as sy nie saamkom nie.
Sielie gaan wys vir Samuel waar sy die klippe in die Agterkloof gekry het.

Toe Gilbert bel, sê Leendra sy gaan nêrens saam met hom nie. Oom Phil sê sy moet ordentlik met Gilbert praat, want hy kan die
wêreld vir hulle warm maak. Hy sê sy moet van die verlede vergeet. Leendra voel of sy 'n handgraniet onder die spul
Redelinghuyse kan gaan ingooi.

Lucia kom praat met haar. Sy vertel vir Lucia van Gilbert se vermetelheid. Lucia se raad is dat sy hulle in die gesig moet kyk,
anders sal sy dalk vir ewig hulle slagoffer bly.

Hoofstuk 6
Die groot moeilikheid in Vlaktevlei begin. Die munisipale bakkie lewer t wee briewe by elke inwoner af. Gerald maan hulle tot
kalmte, maar Vos reken dis nie nou die tyd vir kalmte nie. Hulle weet die Redelinghuyse sit agter alles. Die oproeriges pluk saam
met Vos die plakkate van die bome en pale af en dreunsing dat Vlaktevlei hom nie laat vertrap nie.

Kêppies sê Gerald kan nie Atlantis toe gaan en sy mense net so agterlos nie. Jamaina reken dit gaan nie sy mense wees nie, want
die mense gaan Dwarsmansdal toe trek. Jamaina is ongeraak oor die dinge van Vlaktevlei.

Op die aand van die vergadering is Rudie ongemaklik. Gilbert is gemaklik en beant woord die meeste van die vrae. Die mense raak al
meer rumoerig. lemand gooi een van die skool se ruite uit met 'n baksteen. Hulle beskuldig die Redelinghuyse van rassisme. 'n
Bierbottel tref Rudie teen die oogbank en die bloed stroom oor sy gesig. Gerald probeer die mense tevergeefs kalmeer. Gilbert kan
nie sy pa by 'n dokter kry nie, want hulle is vasgetrek. Gretel neem hulle na haar huis waar sy die wond behandel.

Gretel sê dis nie die Vlaktevleiers wat die moeilikheid maak nie, maar mense van buite. Gilbert beskuldig haar daar van dat sy die
Vlaktevleiers verdedig. Sy sê Vos sit agter die politieke onrus, want hy wil Jamaina se hoofpos hê. As Vlaktevlei moet verskuif, is
sy aspirasies om skoolhoof te word vernietig.

Die volgende dag het die Redelinghuyse die ruite van die skool laat herstel. Gilbert gaan skool toe om met Jamaina te praat.
Jamiana sê sy weet die Redelinghuyse is nog altyd die skool se grootste donateurs. Gilbert skryf ’n tjek uit vir die skool en
oorhandig dit aan Jamaina. Hy sê sy kan self besluit wat om met die geld te doen. Gilbert sê ’n kwitansie is nie nodig nie.

Toe Gerald uit vra oor Gilbert se besoek, ant woord Jamaina dat hy kom uit vind het of die skool se ruite al vervang is.

Hoofstuk 7
Vos Philander hou 'n vergadering by sy huis. Daar is baie mense en hulle brand motorbande in die straat.

Gerald kry 'n boodskap van God dat die mense van Vlaktevlei weer die sout van die aarde moet raak. Hy kondig in die kerk aan
dat hy nie meer Atlantis toe gaan nie. Sy vrou en kinders se gesigte val. Na die diens omhels Gretel vir Gerald. Sy is baie bly.
Jamaina voel of sy op 'n sinkende skip is met Gerald as kaptein. Die gaping tussen hulle word al groter.

Gretel sien vir Leendra en Sielie op die rotse sit. Sy vra uit oor waar Sielie was tydens die ontploffing. Sy was in die kajuit van
die laaigraaf en het op die grond geval met die ontploffing. Sy het haar heup gebreek. Sielie het haar pa aanbid. Gretel vra of
Sielie sielkundige behandeling gekry het en bied 'n vriendin wat besig is met navorsing oor kindertrauma se dienste aan.

Leendra sê Phil praat altyd oor hoe hy sukkel en oor haar pa se skuld. Sy sê haar pa het nooit gesukkel nie. Bontie sê ook dat
Hendrik nie een vir skuld was nie. Oom Bontie sê dat Samuel in die Agterkloof granietmonsters los skiet wat hy in die Kaap laat
toets.

Hoofstuk 8
Samuel is met 'n granietsteen by Mario Martinelli in sy kantoor by Western Mining in Kaapstad. Mario onthou die dag van
die ontploffing in die Kleinkloof. Die grond behoort deesdae aan die Redelinghuyse.
Mario wil 'n plek besoek in die hotel op Soutmansdal vir die naweek. Hy is daar vir Patricia se mondigwording.

Samuel wonder oor Leendra en besef dat hy glad nie weet hoe om haar te benader nie. Hy weet dat sy hom fassineer. Die
volgende dag besoek hy vir Leendra om vir haar foto's van die Kleinkloof te gee. Sy is dankbaar, maar agterdogtig oor sy
klipsoekery omdat hy tevore ook in Kleinkloof was.

Gilbert wil weet of Leendra besluit het om saam met hom na sy suster se partytjie toe te gaan. Sy sê sy sal hom Saterdagaand
halftien sien.

Phil bevraagteken die sielkundige se hulp. Sielie praat nie met die sielkundige, Debbie Jansen, oor die dag van die ontploffing nie.
Die sielkundige sê daar is 'n blokkasie. Phil wil hê Leendra moet 'n draai by Lucia maak, want Lucia het uitgevind sy is swanger.
Leendra deel Lucia se vreugde en opgewondenheid. Lucia gee vir Leendra een van haar rokke vir Patty se verjaarsdagpartytjie.

Sielie sit met haar Sielie-pop in die kajuit van die stootskraper en maak die sielkundige na. Sy is in haar verbeelding terug in die
dag van die ontploffing. Haar pa is vol bloed en die oom sleep hom na die kamertjie toe. Haar ma kom oor die werf aan met die
hoenders se kos. Die oom gryp haar aan die keel. Hy sleep haar in die kamertjie in. Hy steek die vlammetjie aan en hardloop weg.
Sy kan nie onthou wie die oom was nie.

Leendra dink terug aan die dag van die ontploffing. Sy is deur Minette van die hotel af weggejaag omdat sy sou gesteel het. Sy
het nie geweet wat om vir haar pa te sê nie. Die polisie het haar en Ferdinand aanhoudend onder vra. Ferdinand het haar skielik
wantrou oor Gilbert se stories. Hy het begin glo dat Leendra 'n skelm verhouding met Gilbert het. Sy en Ferdinand het
'n ent gaan ry in Skarlakendraai se rigting. Ferdinand het haar onder kruisverhoor geneem. Toe hulle op Kleinkloof aankom,
was alles in chaos en toe onder die rook en rommel.

Hulle het Sielie hospitaal toe geneem. Ferdinand is terug hotel toe om Leendra se goed te gaan haal. Toe Gilbert by die hospitaal
aankom, sê hy dat hy by Leendra se ouers op die plaas was en vir haar pa alles vertel het van haar diefstal. Haar pa het
blykbaar gesweer dat hy nooit vir Ferdinand op sy plaas sou toelaat nie.

Leendra was woedend en is hotel toe om vir Gilbert te skiet. Sy kry hom in haar kamer waar Ferdinand besig was om haar goed
in te pak. Minette het in die gang gestaan. Ferdinand het geskree dat sy haar bek moet hou, want sy klink soos die slet wat sy
is. Gilbert het gelag en toe trek sy die sneller. Maar dit was Ferdinand wat op die vloer neergval het.

Nou is sy op pad na die partytjie en Gilbert sê hy weet wie die man was wat kort voor die ontploffing by haar pa was.

Hoofstuk 9
Mario Martinelli daag by die hotel op. Patty is by die ont vangstoonbank. Minette daag ook daar op. Hy wens vir Patty geluk met
haar verjaarsdag en vlei vir haar en Minette. Hulle nooi hom na Patty se partytjie.

Gerald sien die blou Chev voor Sweetie se kafee stilhou en weet dit beteken moeilikheid. Koster vat vir Johnny Cupido vas omdat
hy sy vrou en kind net so kon los en aanry. Johnny sê hy wil sy kind sien. Koster tik hom op die bors en hulle t wee gryp mekaar.
Ant Sweetie gooi vir Johnny by die kafee uit en sê dat hy nie weer sy voete daar moet sit nie.

Gerald is omgekrap ter wyl die blou Chev voor Die Groen Hokkie staan. Johnny is omgekrap. Hy kla oor die min kos. Hy wil hê
Rebekka moet van die werk af wegbly. Hy soek petrolgeld - hy het nog nie werk nie. Tommie ondersteun sy ma toe sy sê sy het nie
geld nie. Johnny raas met Tommie en klap die bord vis van die tafel af.

Mario sê vir Samuel hy is baie in sy skik met die graniet se uitslae. Hy vergelyk die ontdekking van 'n mooi vrou met die ontdekking
van mooi graniet.

Gilbert kompilmenteer vir Leendra op haar voorkoms. Sy wil onmiddelik weet wie by haar pa was, maar hy sê hulle gaan eers die
partytjie geniet. Samuel is verveeld met die partytjie. Patty is jeugdig en uitgelate in haar rooi mini. Samuel voel ouer as sy 38
jaar. Mario gesels met Minette totdat hy vir Leendra opmerk. Sy lyk verruklik in haar groen rok. Minette is sonder woorde en
wil dadelik vir Gilbert in hulle woonstel spreek.

Mario sien Leendra veroorsaak 'n beroering en vra of sy 'n vriend van die Redelinghuyse is. Sy ant woord dat sy die vyand is.
Mario sien haar en sy herinner hom aan 'n Italiaanse graniet met die naam "groen hartseer" (Verde dolorosa).

Leendra merk vir Sielie by die partytjie op. Samuel gaan na Leendra en Sielie toe. Hy sê vir Sielie dat sy baie mooi lyk en gaan
haal vir haar 'n bordjie eetgoed. Samuel bied aan om hulle huis toe te vat.

Minette is baie ontsteld dat Gilbert vir Leendra soontoe gebring het. Gilbert sê vir haar dat sy nie Ferdinand se juwele gesteel
het nie. Hy dink terug aan die getuigbank en die leuens wat hy kwytgeraak het.

Samuel laai vir Leendra en Sielie af. Hy komplimenteer haar op hoe mooi sy lyk. Terug by die partytjie sien hy die hele tyd
Leendra se hartseer groen oë voor hom.

Later daardie aand sit Samuel en Gilbert in die kroeg. Gilbert drink op die duurste "date” wat hy ooit gehad het. Gilbert bieg dat
Leendra sou skiet en moor vir in man, maar nooit sou steel nie. Hy erken dat hy alles sou doen vir ’n verhouding met Leendra,
maar sy stel nie belang nie.

Eenuur die volgende oggend klop Rebekka bebloed aan Gerald se deur. Johnny het haar geslaan. Gerald en Jamaina maak haar
skoon. Tommy kom ook huil-huil aan. Die blou Chev en Johnny is weg.

Hoofstuk 10
Mario en Samuel eet saam met die Redelinghuyse. Hulle wil onderhandel oor in prospekteerpermit. Eers moet hulle ’n blok
graniet uithaal en na Carrara in Italië stuur or die prys, grootte, en skaarsheid te bepaal.

Mario haal 'n brief van Mineraalregte en Energie uit. Rudie se oupa het die mineraalregte afgeteken aan die man met wie sy
dogter wou trou. Die vader van die bruid het bankrot geraak en die bank het die mineraalregte oorgevat. Die Redelinghuyse besit
dus nie meer die minerale nie. Gilbert is baie ortsteld oor dié nuus.

Mario en Samuel praat oor Leendra. Mario dink sy is besonders en dat sy groot hartseer in haar ronddra. Hulle besluit om hulle
nuwe graniet "Dream Dolorosa” te noem.

Rebekka en Tommie bly drie dae lank by Gerald-hulle. Gerald kyk af op die slapende Rebekka en koester wraakgedagtes teenoor
Johnny. Jamaina het hom gewaarsku om die Cupido's te los om self hulle probleme uit te praat. Hy raak aan Rebekka se hare. Hy
het 'n stryd, want hy ervaar 'n oor weldigende liefde vir haar.

Gretel klop aan die deur met in warm kaastert. Sy bied aan om vir Tommie smiddae gratis kunslesse aan te bied omdat hy baie
talent het.

Hoofstuk 11
Jamaina raak al stiller. Sy gaan terneergedruk winkels toe en bestee 'n klomp geld. Sy sê vir Gerald dis haar spaargeld, want hulle
gaan mos nie meer weg nie. (NS: Dis eintlik die geld wat Gilbert vir haar vir die skool gegee het.)

Al meer mense praat met Gerald omdat hulle sukkel met die huise op Dwarsmansdal. Jamaina wil met Vos praat, want hy sê as
almal wit was, sou niemand iets gesê het nie, maar omdat hulle bruin is, wil die mense hulle verskuif. Gretel stem met Vos saam. Sy
sê as hulle nie roep nie, gaan niemand hulle hoor nie. Die volgende dag toi-toi die Vlaktevleiers na die munisipale kantore toe.
Mense van Dwarsmansdal en Suidhoek betoog saam.
Die volgende dag betoog hulle by die hotel, gooi vullisdromme om en 'n baksteen deur die eetkamervenster. Vlaktevlei haal die
koerante en die SABC2 maak 'n program oor hulle.

Leendra voer 'n gesprek met Koster oor sy broer Oubaas. Sy het Oubaas die laaste keer in die hotel se kombuis gesien die aand
voor die skietery.

Samuel kom met 'n piekniekmandjie by Leendra aan en vra haar om saam met hom Kleinkloof toe te gaan. Toe hulle daar kom, is
Patty se kar daar en sy het sjampanje op ys gereed. Ter wyl Samuel vir Patty konfronteer, vat Leendra die bottle sjampanje, en
gaan sit op 'n rots waar sy 'n paar slukke drink en die bottle stukkend gooi. Sy loop terug dorp toe.

In die kerk gaan sit sy en orrel speel. Gerald kom daar aan. Hy worstel met sy liefde vir Rebekka en met die feit dat hy as leier
soos 'n mislukking voel. Leendra se dat haar pa altyd gese het God het 'n sagte plekkie vir die wat worstel, want as ons ophou
worstel soek ons nie meer ant woorde nie.

By Miss Sweetie se kafee hou Samuel langs haar stil. Hy sê dat hy orals na haar gesoek het en dat sy moet inklim. Sy weier. Hy
tel haar op en sit haar op die sitplek neer. Toe sê hy vir haar hy is jammer oor die ding van Patty. Sy klim by haar huis uit, klap
die deur toe en kyk nie terug nie.

Rebekka het herstel en saam met die kinders gaan visvang. Die kinders gaan later terug huis toe. Hulle wil nie Jamaina se kos
eet nie, want Rebekka het vir hulle lewerkoekies gegee. Jamaina sê hulle pa is by siek Dottie van Rooy. Die kinders sê egter dat
hy nog by Rebekka is en dat hy vis vang. Gerald wys vir Jamaina die vis, maar sy kyk dit aan asof dit 'n slang is. Sy sê hy moet
eerder die vis vir Rebekka vat.

Na ete loop Gerald rotse toe. Hy sien Rebekka op die punt van die jettie staan. Sy huil en vertel dat Johnny werk gekry het in
die Kaap en dat sy nie weet wat om te doen nie. Rebekka weet dat Tommie baie gelukkig is op Vlaktevlei en by Gretel se
kunsklasse. Sy weet Johnny sal aanhou totdat sy saamgaan. Gerald vertroos haar en sit sy arms om haar. Hy soen haar. Sy
breek weg en hardloop na Gretel se huis.

Gerald loop Rebekka die volgende dag raak. Sy spreek hom aan as "pastoor" en sê wat haar betref, het daar niks tussen hulle
gebeur nie.

Hoofstuk 12
Almal kyk na die program wat die SABC oor Vlaktevlei gemaak het. Rudie wonder of hulle 'n onderhoud met Gretel gevoer het.
Patty is opgewonde oor Mario se aanbod: As sy saam met Samuel Italië toe gaan, kan sy in sy villa in Florence gaan bly. Mario se
seun bly daar.

Die TV-program begin met Vos Philander se al-moet-daar-bloed-vloei-stories en sy gebalde vuiste in die lug. Dan is daar 'n
onderhoud met Gilbert. Hy beklemtoon dat die vakansieoord 'n finansiele inspuiting vir die hele streek sal wees. Volgens hom sal die
Vlaktevleiers op die lange duur deel hê aan die vooruitgang. Daar volg 'n vraag oor die Redelinghuyse en die skool. Gilbert vertel
dat sy oupagrootjie die skool en die kerk in 1906 gevestig het. Sedertdien hou die Redelinghuys-familie die skool en die kerk in
stand. Hulle het juis weer 'n maand tevore weer 'n skenking aan die skool gemaak.

Rudie weet niks van die skenking nie. Gilbert grinnik ingenome. Gerald vra Jamaina uit oor die skenking waarvan Gilbert praat. Sy
ant woord dat die Redelinghuyse enige ding sal sê om die storie beter te laat klink.

Die volgende dag is Vos Philander die held van Vlaktevlei. By die skool wil hy weet van watter stewige skenking Gilbert gepraat
het. Jamaina ontken dat sy enigiets van die fondse weet.

Jamaina gaan na Gilbert toe om oor die skenking te praat. Sy sê vir hom dat hy nie ’n kwitansie wou gehad het nie. Gilbert sê dat
hy die skenking uit sy eie persoonlike rekening gemaak het en daarom nie 'n kwitansie nodig het nie. Hy sê hy aanvaar die skool
het wel die kwitansie uitgemaak vir hulle eie rekords. Jamaina se ver weer is dat Gilbert gesê het sy kan die geld aanwend soos
wat sy goed dink. Gilbert geniet die speletjie. Sy sê sy dink hulle praat by mekaar verby: Gilbert het dit laat klink asof die
skenking 'n ooreenkoms was dat Jamaina hom op hoogte hou van Vos se bewegings. Jamaina stap eensaam weg.

Denver en Dhaggie staan en visvang toe 'n brander hulle van die rotse afslaan. Toe Gerald daar kom, het die stroom hulle al
gevat. Hulle probeer reddingsboeie uitgooi. Rebekka duik in en red vir Denver en Dhaggie. Die seestroom sleep haar dieper in.
Gretel pas mond-tot-mond-asemhaling toe op die seuns. ’n Motorboot tel vir Rebekka op. Sy is baie swak en word
gehospitaliseer op Dwarsmansdal.

Gerald en Jamaina waak by die hospital. Jamaina het nou skuldgevoelens oor Rebekka. Sy was van die begin af jaloers op
Rebekka. En nou het die vrou haar kinders gered. Sy wonder of Gerald verlief is op Rebekka. Sy dink ook weer aan die besoek aan
Gilbert. Dan bieg sy teenoor Gerald dat sy die skool R12 000 skuld. Sy sê sy kan nie teruggaan skool toe nie.

Rebekka het water op haar longe gekry. Dit is nie seker of sy dit gaan maak nie. Daar word 'n biduur vir haar gehou.

Die Maandag kom die stootskrapers en begin agter die skool brul.

Hoofstuk 13
Die stootskrapers begin Kleinkloof gelykmaak vir prefab-huise. Sielie sit hoog op 'n rots. Die werkers stop hulle aktiwiteite,
want hulle kom af op die beendere van 'n man. Koster sê vir pastoor Gerald dat sy broer Oubaas vermoor is en soos 'n hond in 'n
gat gesmyt is. Daar is diamante in die soom van die jas.

Sersant Theron ondervra vir Leendra oor Oubaas. Sy het hom die laaste keer gesien voordat haar pa dood is.

Jamaina ontruim haar kantoor by die skool. Gerald erken teenoor Jamaina dat hy Rebekka lief het. Lucia het 'n miskraam.

Gilbert ontken dat hy ooit 'n gesprek met Oubaas gehad het en vra waar die sersant sy inligting kry. Hy sê dat hy dit by
Leendra gekry het.

Toe Sielie die ontploffings hoor wat die granietblok moet loskry, dink sy weer aan daardie dag.
Die oom agter op die bakkie slaan haar pa oor die kop en sleep hom na die kamer met die gassilinders. Sy kruip weg in die
laaigraaf se kajuit. Haar ma kom oor die werf en die oom gryp haar aan die keel en wurg haar. Hy sleep haar ook in die kamer in.
Die oom klim in die bakkie en jaag weg. Klippe skiet rond en die veld brand. Sielie lê op die grond. Sy sê vir haar mamma-pop dat sy
haar wou roep, maar haar stem was weg.

Daar is groot vreugde toe hulle die groot granietblok ophys. Samuel neem foto's en Mario maak sjampanje oop. Leendra doop die
blok wat na haar vernoem is. Samuel klim op die lorrie en soen Leendra voor almal. Almal juig en klap hande. Na die ontploffing
hakkel Sielie minder.

Samuel vra hoekom almal gedink het dat Hendrik van Hellberg so gesukkel het op Kleinkloof. Met die ontploffing is al die boeke
en rekords daarmee heen. Samuel sê dat hy destyds die boeke gesien het en dat alles bale goed gelyk het. Hy het steeds ’n
afskrif van ’n staat wat Hendrik vir hom gegee het.

Mara vertrek plaas toe en Lucia gaan saam. Sy verlaat vir Phil. Lucia sê vir Leendra dat daar dinge is wat sy nooit vir haar
kon sê nie, maar sy sal vir haar skryf. Phil mag net nie daarvan weet nie. Leendra kry die volgende oggend ’n brief van Lucia.
Daar was 'n gekonkel met haar pa se boedel. Phil het nie die volle koopsom vir die soutmyn in die boedel inbetaal nie.

Sy kry die verkoopskontrak van die myn en haar pa se testament en al die korrespondensie rondom die boedel in die hande. Sy
gee dit vir oom Bontie. Hulle ontsyfer die dokumentasie, asook die finansiële state wat Samuel gebring het. Hulle kom agter dat
Hendrik alles behalwe bankrot was.
Leendra besoek Meyer en Malherbe se kantoor oor haar pa se boedeldokumente. Daardie aand is die hel los in die van Tonders se
huis. Phil konfronteer Leendra omdat sy in sy goed gekrap het. Sy raak woedend oor die leuens oor haar pa se bankrot boedel.

Sielie staan skielik in die deur en sê dis oom Phil wat sy hande om haar ma se keel gehad het. En dis oom Phil wat die
stoorkamertjie laat ontplof het. Phil probeer vir Sielle skiet. Boeta storm in en hy word in die bors geskiet. Boeta herstel in die
hospitaal.

Die volgende oggend is daar 'n rooi kol in die middel van die soutpan waar Phil van Tonder met sy pistool in sy hand lê.

Sielie se badsoutbesigheid floreer. Haar poppe is in 'n glaskas uitgestal.

Rebekka het besluit sy moet teruggaan na Johnny toe.

Gretel bring vir Rudie die koekemakranka-skildery vir sy verjaarsdag. Mario is daar en toon belangstelling in Gretel. Rebekka
kom aan met die kreefkoekies. Toe sy die skinkbord na Rudie uithou, is daar 'n skoot. Dis vir hom bedoel, maar dit tref vir
Rebekka. Vince Makuba en sy t wee makkers word t wee dae later aangekeer.

Rebekka se begrafnis is die grootste ooit op Vlaktevlei. Leendra speel die orrel. Niemand kon vir Johnny opspoor nie.

Samuel is ooste toe vir besigheid.

Patty is aan Mauritzio verloof. Mario koop Vlaktevlei en gaan met Gretel trou. Sy maatskappy bring groot veranderinge aan
in Vlaktevlei. Western Mining laat kamers by die skool aanbou. Jamaina is weer aangestel as skoolhoof. Die Redelinghuyse het
Pelican Bay drooggelê en hulle vakansieoord aangelê.

Leendra loop oor die soutpan om blomme op die rooi kol te gaan sit. Samuel kom aangery en vra of sy saam met hom in 'n tent
sal kom woon en plegtig belowe dat sy nie die tentpenne sal uitpluk nie. Almal is kerk toe genooi vir hulle troue.

Kêppies kry benodigdhede om die storie van Vlaktevlei neer te skryf.


Voorblad Uiteensetting van gebeure
-somber en donker kleur Motoriese Moment
-donker wolke dui op dreigende gevaar en onheilspel -Leendra se aankoms in Soutmansdal
-veld wat gebrand het is ’n teken van hoop -aksie wat al die gebeure begin
-sommige blomme groei na ’n veldbrand Eksposisie
-daar groei egter niks by die Kleinkloof waar die ontploffing plaasgevind het nie -Leendra soek na ant woorde
-mense in roman kan nie emosioneel groei nie a.g.v. die trauma Klimaks
-meisie staan met rug na huis en arms beskermend voor haar -Sielie en Leendra weet wie hul ouers vermoor het
-beskerm haarself emosioneel deur haarself af te sluit na ander -Phil het hulle ouers vermoor
-kan Sielie verteenwoordig wat die ontploffing waargeneem het en toe vasgevang word Ontknoping
In daardie oomblik -Phil pleeg selfmoord
-Gerald-hulle is weer gelukkig
Agterblad -Sielie begin haar badsout besigheid in Boeta se stoor
-Pienk flaminke kom voor buite die dorp by Soutmans Hotel Slot
-toeriste aantreklikheid -Leendra en Samuel trou
-dis appelkooskleurig en ver wys na die graniet wat in die Kleinkloof gevind word
-Dream Dolorosa

Titel
Figuurlik Hoofkarakter: Leendra
-delf diep op drome na te jaag Voor die tronk/skiet voorval
-titel is universeel, want almal is opsoek na geluk -sy het by haar ouers gebly
-droomdelwer is ’n buitengewone delwer wat droom/werk vir ’n beter toekoms -sy het in die mynkantooor gewerk
-van toepassing op alle karakters -dui om ambisie en werksywer
-droom: Leendra droom om bevry te word van haar verlede en skuldgevoelens -werk by Soutmans Hotel waar sy Gilbert ontmoet
-delf: opsoek na ant woorde en ’n beter toekoms -sy wil ’n koffiewinkel begin
Letterlik -in ’n verhouding met Ferdinand
-delf vir graniet [Dream Dolorosa] -hy verkoop juwele, maar smokkel ook daarmee
-uithaal van graniet lei tot die groei van die gemeenskap -voorbeeld van blinde liefde
-delwers grawe na gesteentes [definisie] -sy word blameer vir die diefstal van juwele en word afgedank
-haar ouers sterf skielik
-sy was ambisieus en gedrewe
Tydens skiet voorval/tronk Simboliek
-sy konfronteer Gilbert oor die leuens met betrekking tot die diefstal Klip
-sy skiet vir Ferdinand i.p.v. Gilbert -Leendra is koppig
-sy is 10 jaar tronk toe gestuur, maar het net 7 jaar gesit -Mario noem die appelkooskleurige graniet Dream Dolorosa [ooreenkoms met Leendra]
-sy was baie geïsoleer en sy het verhard in die tronk -Samuel = Klipman [hy is standvastig]
-sy begin rook [slegte gewoontes] -soek klippe en kry graniet in die Kleinkloof
-Phil het geen kontak met haar tydens daardie tydperk -Kleinkloof is vir Leendra ’n plek van hartseer
Na tronk/skiet voorval -Sielie het die klippe weggegooi
-soek wraak en ant woorde -as hulle begin delf vir graniet kom al Phil se geheime uit
-sy het ’n vinnige humeur -Oubaas het gesterf omdat hy met klippies [diamante] gesmokkel het
-sy is kwaad dat Phil nooit kontak gemaak het en omdat hy haar ma se orrel verkoop het Glas
-sy soek en vind ant woorde -mense van Vlaktevlei is ongelukkig
-sal enige iets doen om die waarheid uit te vind -hulle breek bottels ter wyl hul in opstand is
-word gebrandmerk deur Gilbert, Mara en Minette -dit simboliseer broosheid
-sy is bitter en koud teenoor ander a.g.v. die verlies van Ferdinand -Sielie sit haar lappoppies in ’n glaskas
-sy word lief vir Samuel en trou met hom -Leendra breek Patty se sjampanjebottel
Geestelike ruimte -Leendra breek ‘n bottel oor die graniet
-sy glo alle mense is korrup -mense wat in glashuise woon, kan nie klippe gooi nie
-misdaad vier hooggety in haar lewe Orrel
-haar lewe is ’n nagmerrie -Leendra verlang na die orrel [dit is ’n konneksie na haar ma]
-sy is eensaam en hartseer -dit laat haar aan gelukkiger tye dink
-sy voel onseker en ver werp -sy en Gerald vind vrede as sy die orrel in die kerk gaan speel
-vrees vir haar eie veiligheid Poppe
-Sielie ont vlug van die werklikheid
-speel met haar poppe in Kleinkloof
Vryheid teenoor gevangenskap -die poppe verteenwoordig haar gesin
-karakters is vasgevang in hul omstandighede -sy bêre haar poppe as sy uit vind wat op die dag van haar ouers se dood gebeur het
-Leendra was letterlik in die tronk See
-“Dis soos ’n kliniek. ’n Hospitaal. Die naam van die siekte is sonde.” -simbool van ont vlugting
-Leendra is ’n gevangene van haar dade [Ferdinand se dood]
-Sielie is vasgevang in haar verlede en kan nie daaroor praat nie
-sy hakkel en gebruik haar poppe om te kommunikeer
-Pastoor Killian is vasgevang in sy werk en sy liefde vir Rebekka
-toe sy sterf, is hy vry [ironies]
-Vlaktevleiers gaan hul huise verloor, is magteloos en kom in opstand
Konflik -voel nie vry nie en is vasgevang in haar verlede
Eksterne konflik -soek ant woorde
-Leendra en Oom Phil baklei -konfronteer die Redelinghuyse
-oor die orrel en oor hy wat haar nooit kom sien het nie -verlief op Samuel
-Leendra en Samuel baklei
-hy ry soos ’n padvark
-Vos Philander stook die Vlaktevleiers op Gevangenskap en vrywording
-Johnny en Rebekka [fisiese mishandeling] Leendra
-ontploffing waarin Leendra se ouers sterf -sy is vasgevang in haar verlede
-fisiese tronkstraf het haar gebrandmerk vir die res van haar lewe
-haar eie gevangene a.g.v. skuldgevoelens
Leendra: Karakteront wikkeling -haar ouers het nie van Ferdinand gehou nie
Voor -onbeant woorde vrae oor die dag van die ontploffing
-woon saam haar ouers en sussie by Soutmyn in Kleinkloof -sy is vry nadat sy ant woorde gekry het en die waarheid uitgekom het
-was ’n ont vangsdame by Soutmans Hotel Sielie
-wou haar eie koffiewinkel begin -gevangene van verlede en trauma
-verlief op Ferdinand -sy het ongelooflike skok er vaar
-Leendra is afgedank a.g.v. die juwele wat gesteel is -sien hoe ’n man haar pa probeer doodmaak
-albei ouers is dood in die ontploffing -ouers is toegesluit in ’n kamer ter wyl sy in die kajuit van stootskraper gesit het
-sy wou vir Gilbert skiet, maar het per ongeluk vir Ferdinand geskiet -gevangene van skuldgevoelens
-die hofsaak volg en Minette en Gilbert is teen haar -kon haar ma nie waarsku nie, want sy kon nie die woorde uitkry nie
Tydens -verstand het vasgehak op 11 jaar
-in Silwerkruis-gevangenes vir 7 jaar -gevangene van eie spraakgebrek
-daar was ’n groot eetsaal met slegte kos -vry die dag toe Oubaas gevind is en sy onthou dat Phil haar ouers doodgemaak het
-Phil het haar nooit gebel of kom sien nie Gilbert
-sy verlang na die gemeenskap -gevangene van sy eie leuen
-vasgevang in woede en wraak -hy sê in die hofsaak teen Leendra dat sy die juwele gesteel het
Na -hy is vry toe die waarheid uitgekom het
-sy is 7 jaar ouer, maar skerper en harder -diamante by Oubaas gevind
-woon by Phil [ma se jonger broer] en Lucia -erken sy liefde vir Leendra by Patty se 21ste
-huis is oorgedoen met nuwe meubels asof die verlede weggevee is Minette
-naaldwerkkamer is nou Phil se studeerkamer -vasgevang in haar eie leuen
-ou meubels verkoop om skuld te dek -sy het in die hof saam Gilbert gejok en ondersteun hom in sy leuen, maar nie haar man nie
-Phil bied vir haar ‘n werk aan in die kantoor by die Soutmyne -vasgevang in geldgierigheid, hebsug en snobisme
-Sielie se mamma-pop slaap by haar = vertroosting -vry toe hulle die saak verloor
Emosies Geheime
-Droomdelwers = wêreld van emosies -Vaatjie praat nie oor die geheime wat hy hoor by die kroeg nie
-figuurlike delfproses is die karakters se soektog na ant woorde -Gerald steek sy gevoelens vir Rebekka weg
-hoofkarakters droom om bevry te word van verlede -Phil steek sy misdaad en korrupsie weg
-soek oorsaak van pyn [ouers en Ferdinand se dood] -Leendra wil die geheim van haar ouers onthul
-soek na ’n beter toekoms -Gilbert en Minette is die grootste leuenaars
-bv. Gerald is opsoek na ant woorde met Rebekka [geestelike leiding] -hul optrede lei tot Leendra se hartseer
-ongelyke hoeveelheid hoofstukke dui op ongelukkigheid
Vertelde tyd
Milieu -tyd waaroor gebeure afspeel
-Weskus: in ’n afgeleë dorpie -tussen t wee maande en ’n jaar [tyd is onbepaald]
-Vlaktevlei: bruin nedersetting met ’n skool, kerk en Dez Schutz -begin in laat winter
-Soutmans Hotel [Redelinghuyse besit dit] -daar is flaminke in die vleiland
-Soutpanne -winterreënvalstreek
-Kleinkloof -eindig as dit blommetyd is aan die Weskus
-Silwerkruis gevangenes [tronk] -Augustus
-Miss Sweetie se kafee -verhaal begin op ’n Sondag toe Leendra uit die tronk gelaat is
-eindig as Vlaktevleiers verhuis en mynaktiwiteite begin
Ont vlugting -Vlaktevlei word deur Western Mining by die Redelinghuyse gekoop
Oom Kêppies -nuwe skool word aangelê
-vlug na sy vriend Koster en die kerk -kliniek
Leendra -gemeenskapsaal
-sit en stap by die see -Vlaktevlei word Western Mining Village
-speel orrel in die kerk
Sielie Verteltyd
-haar poppe -tyd wat dit neem om verhaal te vertel
Gerald -ver wys na aantal bladsye of hoofstukke
-Rebekka -218 bladsye
-die strand en see -13 hoofstukke
Jamaina
-Atlantis Tydsverloop
Chronologiese tydsverloop
-gewone verloop van tyd
-Droomdelwers is chronologies
Achronologiese tydsverloop
-terugflitse en vooruitskouings
-hede en verlede wissel af
-bou spanning deur die tydspronge
-leser moet self die gebeure chronologies rangskik

Slot of afloop
Oop einde
-leser besluit wat uiteinde van verhaal is
Ongelukkige einde
-leser word tot nadenke gestem
Gelukkige einde
-toekoms is rooskleurig vir die hoofkarakters
-soos in Droomdelwers
Oefenvraag 1

Die geheim rondom haar ouers se dood beïnvloed die keuses wat Leendra maak. Bespreek die stelling in 350-400 woorde en
beoordeel die keuses wat Leendra maak.
Oefenvraag 2

Stereotipering kan gedefinieer word as veralgemening. Skryf ’n opstel van 400-450 woorde waarin jy bespreek hoe Jamaica en
Mara as stereotypes gekarakteriseer word en of dit die leser manipuleer om van hulle te hou of nie.
Oefenvraag 3

’n Tragedie kan ’n geweldige invloed op ’n gesin uitoefen en kan gelukkige gesinslede van mekaar losskeur.

Skryf ’n opstel waarin jy aandui dat hierdie tema op Droomdelwers van toepassing is. Gee in jou opstel aandag aan die
geweldige invloed wat die Van Helbergs se dood op onderskeidelik Leendra, Phil en Sielie persoonlik het, maar ook hoe dit hulle
van mekaar losskeur.

You might also like