You are on page 1of 3

Eerste bedryf: Toneel 4

1. Waar speel hierdie toneel af


Voor Fiela se huis
2. Waarheen moes Emma later daardie dag gaan?
Kruis toe
3. Wat moes sy daar gaan doen het?
Vir Miss Baby en antie Maria elkeen seep wegvat.
4. Waarvan het Kittie Benjamin beskuldig?
Hy is die rede waarom die seep so lyk, want toe hy die seep moes roer
het hy eerder geroei.
5. Hoe het hy hierop reageer?
Hy het dit ontken./ Hy het haar blameer./ Blaam verskuif.
6. Waarom moes Benjamin vir Selling gaan wakker maak en moes hulle
daardie dag klaarmaak?
Die wyfie sou daardie dag by Skopper in die kamp gaan.
7. Hoe het die kinders op hierdie nuus reageer? (bogenoemde antwoord)
Wou dit nie glo nie./ Het gedink Fiela maak ‘n grap.
8. Waarom moes Tollie in die huis bly?
Sy been was seer.
9. Waarom was dit belangrik dat Selling gesond moes wees?
Rossinski kom die volgende week en hy moes die velle en die karwatse
klaarmaak.
10. Watter 2 gaste het weer hulle opwagting daardie dag gemaak?
Lange en Dikke
11. Watter dag van die week het hierdie manne opgedaag?
Woensdag
12. Wie het hulle gestuur?
Mister Goldsbury
13. Wat het hulle op die plaas gaan doen?
Hulle moes vir Benjamin gaan haal.
14. Wie is Mister Goldsbury?
Magistraat (nuwe)
15. Wat was Fiela se reaksie op hulle versoek?
Die magistraat moet die kind op Wolwekraal kom sien.
16. Hoe het hulle haar probeer gerusstel?
Lange het gesê dat die magistraat net die saak wil sluit, hy sê nie dis
die kind nie.
17. Watter versoek het Fiela aan die twee manne gerig?
Sy wou saam met hulle ry.
18. Wat was hulle antwoord?
Nee,daar is nie plek nie.
19. Waarvan het hulle vir Fiela beskuldig?
Sy iets wegsteek /nie eerlik is nie./ Sy het vir Benjamin weggesteek.
20. Watter twee openbare plekke het hy nie besoek nie?
Kerk en skool

21. Wie almal het ‘n bydrae tot Benjamin se opvoeding gemaak? Wat was elkeen se
bydrae?
Dawid en Tollie – het hom alles geleer wat hulle in die skool geleer het.
Miss Baby Stewart – Twee middae in die week somme geleer.
Fiela – Het hom van die Here geleer.
22. Hoe het hulle vir Fiela en Selling probeer dreig?
As Benjamin nie gereed is nie, ry hulle sonder hom en dan gaan die
magistraat die konstabel stuur om hulle te arresteer.
23. Wat was elkeen se bydrae om vir Benjamin gereed te kry ?
Dawid – Hy moes skaapvelle en ‘n paar karwatse na mister Pace inruil vir ‘n
mooie hemp en ‘n paar winkelskoene vir Benjamin.
Hy moes ook sy nuwe baadjie vir Benjamin leen.
Selling – moes die lengte van sy voete op ‘n stukkie vel aftrek om
sodoende sy skoengrootte te kry.
Tollie – moes vuur buite maak.
Emma – moes ‘n kleinvuur in die huis en kos daaroor hang.
Kittie- moes naaldgoed gaan haal sodat Fiela sy beste broek kan werk.
Fiela – het hom gewas,broek gewerk en vyf sjielings gegee.

24. Wat moes Dawid vir mister Pace gaan gee?


Skaapvelle en ‘n paar karwatse.
25. Wat moes hy inruil daarvoor kry?
Winkelskoene en ‘n mooi hemp
26. Watter karaktereienskap van Fiela kom ook veral hier na vore?
Sy is baie trots.
27. Watter bewys is daar dat Benjamin skaam was toe Fiela hom was?
“Ek het Ma gesê ek sal by die sloot gaan was. Ek is nie ‘n baby nie.”
28. “Ma ek is bang.”
28.1Wie is hierbo aan die woord?
Benjamin
28.2Hoe moes hy die magistraat aanspreek?
My heer.
28.3Waar moes hy sê bly hy?
Wolwekraal in die Lange Kloof. Hul eie grond.
28.4Hoe het hy Fiela se kind geword?
Die Here het hom aan Fiela toebetrou
29. Wat het Fiela vir Benjamin gesê om hom gerus te stel dat hy wel sal terugkom?
Die magistraat se woord is wet.
30. Wat was alles in sy trommel?
Kos,vyf sjielings, slaaphemp en Dawid se baadjie
31. Wat moes Dawid vir hom leen?
Sy beste baadjie
32. Wat was die doel van die sjeilings?
Ingeval die magistraat vra of hy geld het.
33. Wat het Selling voorgestel moet Benjamin die magistraat noem?
Weledele heer
34. Watter onaangename inligting van Selling maak Benjamin bekend?
Selling was al in die tronk.

You might also like