You are on page 1of 4

Droomdelwers :

Langvraag oor Gerald Kiian se innerlike en


uiterlike konflik
Droomdelwers : Langvraag oor Gerald Killian se innerlike en uiterlike konflik

Inleiding
In die Roman , Droomdelwers , geskryd deur Esta Steyn ervaar Pastoor Gerald Killian Innerlike en uiterlike konflik
rakende sy rol as pastoor van Vlaktevlei se kerk sowel as die liefdesdriehoek tussen hom , Jamaina en Rebekka
Paragraaf 1
Gerald Killian is die Pastoor van die Kerkie in Vlaktevlei , Volgens sy pa is hy ‘n geroepe predikant en Leendra beskryf hom
as n engel. Hy is ‘n vredemaker wat sy gemeente probeer kalmeer in n onsekere tyd . Alhowel hy in konflik is met homsel ,
probeer hy steeds om n Godsdienstige man te wees en sy familie eerste te sit en in ag te neem. Gerald moedig die
gemeente aan om weer “sout van die aarde” te wees .Hy is onseker oor homself met sy gevoel van ontrouheid en bieg
teenoor Leendra dat hy te sondig is om die gemeente te lei

Paragraaf 2
Daar is innerlike konflik wat bydra tot Gerald Killian se karakterontwikkeling sowel as om spanning in die verhaal te skep
1) Toe Rebekka Cupido in vlaktevlei aankom was Gerald die eerste een gewees wat tot haar Redding kom kom. Hy
ervaar innerlike konflik omdat hy gevoelings het vir Rebekka, maar getroud wil wees en hy is die pastoor van
Vlaktevlei wat n godsdientige man is en moet wees, hy draai na die Here om hom te help om ontslae te raak vir sy
liefde vir Rebekka en om vir hom antwoorde en leiding te gee
2) Geral het innerlike konflik of hy die berroep atlantis toe moet aanvaar of nie , hy besluit wel om die beroep te
aanvaar ter wille van Jamaina en ook om van sy gevoelings weg te vlug vir Rebekka
3.)Gerald ervaar selfs wraakgedagtes nadat Johnny Cupido vir Rebekka aanrand as hy kyk na die Rebekka wat al vir
drie dae by hulle bly na die aanranding besef hy hy het ‘n oorweldigende liefde vir haarhet en die situasie vererger die
uiterlike konflik tussen Gerald en Jamaina –sy het hom gewwarsku om die Cupido’s uit te los sodat hulle hulle eie
problem kan oplos.
4.)Gerald besef sy begeertes aan Rebekka wat kan lei tot owerspel is verkeerd,maar hy kan nie ophou hoop dat sy ook
iets vir hom voel nie Die woorde op die kanselkleed: “My vrede gee Ek vir julle “ , is ironies rakende die konflik wat Gerald
ervaar.Hy belowe ge raad vir aan Leendra om vrede e ving , maar vind dit self nie met sy innelike konflik en liefd e vir
Rebekka
Paragraaf 3

1.)Rebekka Cupido word in Vlaktevlei gelos saam haar kind , Tommy deur haar man Johnny gelos. Waar Gerald sy huis
virhaar oopgmaak het. Dit het uiterlike konflik veroorsaak tussen hom en Jamaina omdat sy dink dat Gerald
gevoelings vir Rebekka het
2.)Gerald het in n kerkdiens aangkondig dat hy nie meer Atlantis toe gaan nie en Jamaina was onbewus daarvan. Hy
en Jamaina het daarna uiterlike konflik gehad waar hy het vir haar gesȇ dat hy nie anders kon nie. Sy was egter
ontsteld omdat hy haar nie gereken het in sy besluit nie. Sy het geen rede gesien om daar te bly nie. Hy erken toe
dat hy eers die oggend in die kerk tot die besluit gekom het en besef het dat sy werk nie klaar was nie.
Paragraaf 4
1.) Gretel gaan praat met pastoor Gerald en vertel hom van Vlaktevlei se ontruiming en die ontwikkeling wat die
Redelinghuyse daar beplanl. Pelican Bay was n alternatief vir Vlaktevlei voor t maar dis te laag gelee en gaan teveel kos
Gilbert het gesȇ dat hulle moet kies tussen ‘n ongewenste spul mense op ‘n prime spot of ‘n ontwikkeling wat baie vir
die munisipaliteit sal beteken en baie geld sal kos (die tema van materialisme en geldguurigheid speel weer n rol hier ) .
Hierdie gebeure is wat hom laat besluit om die beroep na atlantis nie te aanvaar nie omdat hy skuldig sal voel om sy
Vlaktvlei familie net te los wanneer hy weet dat hulle hom gaan nodig he

Paragraaf 5
1.)Denver en Dhaggie is Gerald en Jamaina se seuns. Hulle gaan van vis een midag en word van die rotse afgeslaan en
deur die stroom getrek. Rebekka duik in en red hulle deur die reddingsboeie aan hulle te kry. Sy het amper verdrink in
die proses.
2.)Jamaina ervaar skuldgevoelens rakende Rebekka en besef sy was jaloers op haar gewees omdat sy die sout van
die aarde is en dat gerald vir haar voel. Sy is selfs nou bereid om Gerald te laat gaan na Rebekka toe om haar
dankbaarheid te wys teenoor Rebekka se selflose aksies.
3.)Die amperse verdrinking van haar twee seuns lei tot ‘n biegoomblik vir Jamaina, sy is eerlik met Gerald dat sy die
R12 000 wat Gilbert vir die skool gegee het vir haarself gebruik het.Jamaina vra dat Gerald sal bystaan as sy die
personeel daarvan gaan vertel en uit haar pos bedank. Waar albai Gerald en Jamaina hulle liefde vir mekar wys en
bymekaar staan
Paragraaf 6

1.)Gerald kry lateraan ‘n hartseer Rebekka by die rotse –Johnny het laat weet dat hy haar en Tommie wil
terughêmaar sy wil nie teruggaan na Johnny toe veral nie nadat hy haar so erg aangerand het nie. Sy weet ook egter
dat hy sal aanhou tot sy teruggaan na hom toe.
2)Gerald wil nie hê sy moet teruggaan na Johnny toe nie want hy het haarlief. Hy trek dan Rebekka nader en soen
haar waar sy hom wegstoot en se dat dit is verkeerd omdat hulle by hul families moet bly , sy by Johnny en Gerald by
Jamaina

Paragraaf 7
1.) Gerald bely nou sy sonde teenoor die Here en vra vir vergifnis vir die krag om weer sy lewe met Jamaina en die
seuns op te bou. Hy sien dan flaminke wat vlieg na sy belydenis as ‘n teken dat hy nou vry is vansy skuldgevoelings aan
Rebekka.
2.)Hy loop huistoe en omhels Jamaina en vertel haar hy wil altyd by haar wees, wat ook al gebeur.H y en Jamaina dans
op ‘n vrolike deuntjie wat oor die radio speel. Hulle lag kliphard en terg mekaar , hulle vind weer hulle onkonditionele
liefde. .
3.)Die noodlot tree egter weer want Rebekka word doodgeskiet in n poging om vir Rudie Redelinghuys te skiet agv. Die
Redelinghuyse se plan om Vlaktevlei te ontruim
4.)In Gerald se preek by Rebekka se begrafnis kyk hy hulpsoekend na Jamaina van die preekstoel af. Hy preek uit 1
Korinthiërs 13 oor hoe mens niks sonder die liefde is nie en die kyk in Jamaina se oë gee hom die krag om die
boodskap van liefde aan die gemeente oor te dra.
Slot
Ten slotte kan ons sê dat die ontknoping van die liefdesdriehoek en Gerald se optrede geloofwaardig en oortuigend
is, want selfs ‘n held het voete van klei. Dit sluit aan by die temas van skuld en onskuld , niemand is nie net goed of sleg
nie – en selfs ‘n pastoor kan foute maak, niemand is onfeilbaar nie, almal maak foute en God vergewe almal se
foute as jy vergifnis vra., want as ons ophou worstel soek ons nie meer antwoorde nie ,dan kan ons onsself ook
vergewe Ons as mense het almal skuld en ‘n sondige natuur en moenie ander mense veroordeel nie.

Nota : 2 en n halwe bladsye

You might also like