You are on page 1of 20

BEHEER VAN MENSLIKE

VRUGBAARHEID
Voorbehoeding (kontrasepsie)
► Voorbehoeding is die willekeurige beheer

van die aantal geboortes, deur die voorkoming


van swangerskap.
Die kurrikulum verwag van jou
om verskillende voorbehoedingstoestelle te
identifiseer en te definieer.
Daar is hoofsaaklik vier metodes wat gebruik
word om geboortes te beperk:
> Natuurlike metodes
> Versperringsmetodes
> Chemiese middels
> Chirurgiese metodes
> Natuurlike metodes
► Onttrekking
> Die penis word uit die vagina onttrek net voor
ejakulasie plaasvind.
> Dit is 'n baie onbetroubare metode van
voorbehoeding aangesien klein hoeveelhede
semen, wat sperms bevat, voor ejakulasie
vrygestel kan word. Dit kan ook moeilik wees
om ejakulasie te beheer.
Ritme-metode
> Seksuele omgang word beperk tot 'veilige
dae' in die vroulike menstruele siklus
wanneer bevrugting waarskynlik nie sal
plaasvind nie.
> 'Veilige dae' is ongeveer 5 dae voor
menstruasie en 3 dae na menstruasie.
> 'Onveilige dae' is 3 dae voor ovulasie, tydens
ovulasie en 3 - 4 dae na ovulasie.
► Die vrou kan min of meer vasstel wanneer
ovulasie plaasvind, deur 14 dae vanaf die
1ste dag van menstruasie te tel.
► Verdere tekens van ovulasie is dat die
vagina 'n slymerige afskeiding het en die
liggaamstemperatuur met 0,5°C kan styg.
Hierdie is nie 'n baie betroubare manier
nie,aangesien siklusse nie altyd presies
28 dae is nie.
Versperringsmetodes
Manlike kondoom
►'n Kondoom is 'n dun rubberskede wat oor
die stywe penis pas en spermselle, tydens
seksuele omgang, opvang.
► Die kondoom verhoed dat die spermselle in
die vrou vrygestel word en die ovum bevrug.
► Indien dit korrek gebruik word, is dit 'n
betroubare manier van voorbehoeding.
► Die effektiwiteit van 'n kondoom kan verder
verhoog word deur 'n spermdoder daarmee
saam te gebruik.
► Kondome voorkom nie net dat 'n vrou
swanger raak nie, maar bied ook beskerming
teen seksueel oordraagbare siektes (SOS'e)
soos MlV/Vigs.
Wanneer 'n kondoom tydens seksuele
omgang gebruik word, praat ons van 'veilige
seks'.
Vroulike kondoom

► Die vroulike kondoom lyk soos 'n lang ballon


en is groter as die manlike kondoom.
► Dit vang die spermselle op en verhoed dat
dit die serviks binnegaan en die ovum
bevrug.
► Die vroulike kondoom voer die vagina uit en
bedek ook 'n gedeelte van die uitwendige
vulva en bied dus in 'n mate beskerming teen
SOS'e.
Servikale kappie
► Die servikale kappie is 'n klein, buigsame
rubbertoestel wat voor seksuele omgang in
posisie geplaas word.

► Dit pas oor die serviks en verhoed die


inbeweeg van spermselle.
Diafragma
► Die diafragma is 'n ronde, buigsame skyfie.
► Dit word voor seksuele omgang in die vagina
geplaas en blokkeer die serviks en verhoed
die inbeweeg van spermselle.
► Die diafragma pas oor die vagina en vorm 'n
versperring wat verhoed dat sperms tot by
die serviks beweeg.
► Dit is baie effektief indien dit saam met 'n
spermdoder gebruik word.

You might also like