You are on page 1of 11

VOLLEDIGE

DOMINANSIE
 Die voorafgaande kruising tussen 'n
homosigotiese lang ertjieplant en 'n
homosigotiese kort ertjieplant, waar daar
in die eerste nageslag net lang plante
voortgebring word, illustreer volledige
dominansie.
 Lank is dominant oor kort en oorheers die
eienskap kort.
 By die heterosigotiese genotipe Tt kom
daar 'n dominante alleel (T) sowel as 'n
resessiewe alleel (t) voor.
 As gevolg van volledige dominansie word
slegs die effek van die dominante alleel in
die fenotipe vertoon.
 'n Tt-genotipe vertoon dus lank.
Die effek van die resessiewe alleel word
slegs in die fenotipe vertoon indien die
geenpaar dubbelresessief (tt) is.
 By 'n resessiewe fenotipe (kort) is daar geen
dominante alleel in die genotipe (tt)
teenwoordig nie
 Hieronder volg voorbeelde van dominante en resessiewe
eienskappe by die mens:
TOETSKRUISINGS
 'n Organisme wat die dominante
eienskap in sy fenotipe vertoon kan of
homosigoties of heterosigoties ten
opsigte van die eienskap wees.
 Dit beteken dat 'n lang ertjieplant, wat die
dominante eienskap van lank in sy
fenotipe vertoon, twee moontlike
genotipes kan he, nl. TT (homosigoties)
of Tt (heterosigoties).
 Deur net na die organisme (bv. 'n lang
ertjieplant) te kyk, kan die genotipe egter
nie bepaal word nie.
 Indien die ouers se genotipes nie bekend
is nie, is die enigste ander manier om die
genotipe te bepaal deur 'n toetskruising te
doen.
 In 'n toetskruising word 'n organisme wat
die dominante eienskap (genotipe
onbekend) vertoon, gekruis met 'n
organisme wat die resessiewe eienskap
(besit 'n dubbelresessiewe genotipe)
vertoon.
 Die 'onbekende' lang, ertjieplant, met 'n
genotipe TT of Tt, word nou gekruis met 'n
ertjieplant wat die resessiewe eienskap
van kort vertoon en dus die genotipe tt
besit
 'n Kruising vir albei moontlikhede moet
getoon word

You might also like