You are on page 1of 17

PRODUKSIE

VAN
ENTSTOWWE
► Sekere bakterieë en plante kan geneties
gemanipuleer word om antigene van bepaalde
virusse te produseer.
 Antigene is proteïenmolekules wat op die
oppervlakke van alle selle voorkom en as
identifiserende merkers dien.
► Entstowwe bevat hierdie antigene wat
gebruik word om 'n immuunrespons in die
liggaam aan die gang te sit.
► Die liggaam herken die antigene as vreemd,
en produseer, in reaksie hierop,
teenliggaampies.
► Die teenliggaampies verskaf dan immuniteit
teen infeksie deur die bepaalde virus.
► Antigene van die Hepatitis B-virus word
byvoorbeeld deur genetiese manipulasie van
gisselle (fungi) geproduseer.
IN LANDBOU
► Selektiewe kweking/teling van plante en diere
is 'n natuurlike vorm van genetiese
manipulasie, wat al vir honderde jare deur
boere en plantkwekers toegepas word.
► Boere maak gebruik van kunsmatige seleksie
om hul plante en diere se voortplanting
sodanig te beheer dat elke nuwe generasie die
beste en mees gewenste eienskappe van die
ouers sal hê.
► Om hierdie natuurlike proses te versnel en
meer akkurate teling van gewenste
eienskappe te verkry, word gewasse op ‘n
kunsmatige wyse geneties gemanipuleer.
 By selektiewe kweking van plante word gene
van individue van dieselfde spesie
gekombineer, terwyl daar by genetiese
manipulasie enige geen van enige spesie in 'n
plant oorgeplaas kan word.
PRODUKSIE VAN GENETIES GEMANIPULEERDE
GEWASSE
► Gene vir verlangde, gewenste eienskappe
word geïdentifiseer en uit 'n verskeidenheid
organismes geisoleer.
► Hierdie gene word dan kunsmatig in plantselle
oorgeplaas wat tot volledige plante, met die
verlangde eienskap, sal ontwikkel.
► Daar is twee maniere waarop die verlangde
gene in plantselle of -weefsels oorgeplaas
word:
 'n 'Geen-geweer' word gebruik, wat klein
metaalkorrels, bedek met die verlangde DNA,
direk in geïsoleerde plantselle inskiet.
- Die plantselle neem die DNA op en verdeel om
'n groot aantal identiese selle te vorm.
- Hierdie selle is klone.
'n Kloon is 'n geneties identiese kopie.
- Elke sel ontwikkel tot 'n nuwe plant, wat die
nuwe, verlangde eienskap vertoon.
- 'n Groot aantal geneties identiese plante
word dus gevorm.
 Agrobacterium tumefaciens is ‘n
grondbakterie wat as 'n vektor dien om
rekombinante plasmiede na plantweefsel oor
te plaas.
 Die bakterie is die 'voertuig' waarmee die
plasmiede na die plantweefsel oorgedra word.
- Die verlangde geen word in die bakterie
geplaas.
- Die geen raak deel van die bakteriële DNA en
vorm rekombinante plasmiede.
- Die bakterieë dring gewoonlik die plant by
beskadigde weefsel binne en stel die
plasmiede in die plantselle vry.
- Die plasmiede raak deel van die plant se
genetiese samestelling.
- 'n Weefselmonster word vanaf die plant
verkry en op 'n groei- medium gekweek.
- Die geneties gemanipuleerde selle verdeel om
'n groot aantal identiese selle te vorm; die selle
is dus gekloon.
- Elke sel ontwikkel en groei tot 'n nuwe plant
wat die verlangde eienskappe vertoon.

You might also like