You are on page 1of 7

INFORMELE BRIEF:

VRIENDSKAPLIKE BRIEF
LEER UITKOMSTE:
• Hoe ҅ո informele brief lyk asook die verskil tussen formeel
en informeel.
• Hoe om ҅ո vriendskaplike brief te skryf:
• Is die adres op die regte plek.
• Is daar reёls op die regte plekke oop gelaat.
•Word die brief korrek afgesluit
WAT IS DIT?
• ’n Vriendskaplike brief is persoonlik, openhartig en word in
’n informele styl geskryf.
• Dit is gewoonlik ’n geselsbrief wat lewendig en interessant
geskryf word.
• Die toon en register (taalgebruik) moet pas by die tipe
verhouding wat daar tussen die skrywer en ontvanger bestaan.
• Die inleidingsparagraaf skakel die ontvanger en die
skrywer met mekaar.
• Die slotparagraaf vat die brief saam en gee dalk ook ’n rede
waarom die ontvanger moet terugskryf.
• ’n Vriendskaplike brief moet nog steeds in goeie taal
geskryf word.
VOORBEELD TEKS
Ontongweg 17

Jou naam verskyn nêrens nie Grassy Park

Geen punktuasie in jou adres nie 7941

Die datum word voluit geskryf 14 April 2013

Liewe/Beste Leka
Laat reël oop
Dit was nou omtrent ’n groot verrassing om weer ’n slag jou
stem te kon hoor. Ek hoop dit gaan sommer gou weer gebeur.
Gelukkig is daar darem nog ’n manier om met mekaar in
kontak te bly – skryf!
Laat reël tussen paragrawe oop

Laat reël tussen paragrawe oop

Laat reël oop


Benut van nou af elke geleentheid – ook om met my kontak
te hou!
Laat reël oop
Jou boekwurm van ’n vriendin
Michelle
• Kyk na die prente wat volg en skep vir jouself ҅ո storie om
vir jou vriend/vriendin, ouma of oupa te vertel.
VRIENDSKAPLIKE BRIEF: KONTROLEVORM
JA NEE

Struktuur
Is die adres regs in blokvorm?
Is daar geen leestekens in die adres nie?
Is die datum voluit geskryf?
Is daar reëls oop tussen paragrawe?
Is daar geen reël oop na die afsluitingswoord nie?
Is daar geen punt na die naam aan die einde van die brief nie?
Inhoud
Skakel die eerste paragraaf die skrywer en die ontvanger met mekaar?

Is dit ’n lekker geselsbrief?

You might also like