You are on page 1of 36

IG Afrikaans 2 13.

3 Lesson 2: E-posse teenoor briewe

Die oomblik wat jou die bangste maak, is altyd net voor jy
begin skryf. Daarna kan dinge net beter word.
- Stephen King

Inleiding
In hierdie aantekeninge word jy blootgestel aan die e-pos se formaat (the format of emails) en hoe
om dit te skryf.

Jy sal eers herroep waarna toon en register (tone and register) verwys. Daarna sal jy kortliks
(brie y) deur die informele en formele brief (informal and formal letters) gaan waaraan jy reeds
voorheen blootgestel is. Dan sal jy ondersoek hoe e-posse en briewe van mekaar verskil (examine
how they differ) deur die basiese struktuur van e-posse aan te leer. Jy sal ook kyk na hoe 'n e-pos se
inhoud aangepas word, afhangende vir wie dit gestuur word (content is adjusted depending on who it
is sent to).

Onthou altyd:

Almal kan skryf!


- Afrikaans IGCSE se skryfmotto

Leeruitkomste
Discuss how emails have changed communication.

Apply the correct structure, tone and use with regards to an email on natural wonders.
Compare the use of letters vs emails.

1. Register en toon

2. Die informele brief

3. Die formele brief

4. Die e-pos

5. Skryf jou eie e-pos

6. Toets jou kennis

7. Samevatting

8. Laai die aantekeninge hier af


Lesson 1 of 8

1. Register en toon

Die register is die vlak en styl (level and style) van jou skryfwerk. Dit moet die toon (tone) skep, en gepas
wees (must be appropriate) vir die tipe skryfwerk waarmee jy besig is. Om die register en toon van
verskillende tekste reg te kry, is 'n vaardigheid wat jou in die toekoms handig (a handy skill) te pas sal kom.
Dit gaan jou toelaat (it will allow you) om selfs gesprekke in die regte toon en register te voer. So is jy
selfversekerd en altyd gereed (con dent and ready) om te skryf of te praat.

Daar is verskillende tipe registers (different registers) :

1 Formeel (formele briewe, belangrike dokumente, toesprake, professionele e-posse, ens.)

2 Informeel (telefoonboodskappe, informele briewe, dagboekinskrywings, ens.)

3 Neutraal (resensies, artikels, soms briewe, ens.)

Voorbeeld van formeel teenoor informeel


Die register en toon van gesprekke of skrywes (conversations and letters) gaan verskil van situasie (differ in
each situation) tot situasie. Jy gaan nie met die president en jou broer op dieselfde manier praat nie.

F O R ME E L I N F O R ME E L

Die formele register is meer geskik vir professionele skryfwerk (formal register is more professional), soos
briewe aan 'n baas of 'n vreemdeling, toesprake, ens.

Iemand sal byvoorbeeld nie op sy naam aangespreek word nie (not addressed by name), eerder op sy titel,
byvoorbeeld:
Goeiemore, meneer die President. Ons waardeer u besoek.
F O R ME E L I N F O R ME E L

Die informele register is gemaklik en in 'n eenvoudige (comfortable and simple) luim. Die register is toepaslik
as jy die persoon ken (applicable to someone you know) met wie jy praat of aan wie jy skryf, soos familie, vriende
en kennisse, byvoorbeeld jou broer:
Hoe lyk dinge? Dit is heerlik dat jy kom kuier het!

C O NT I NU E
Lesson 2 of 8

2. Die informele brief

Daar kan na die informele brief (informal letter) ook as 'n vriendskaplike brief (friendly letter) verwys word.
Die informele brief is maklik en eenvoudig (easy and simple), maar die formaat bly steeds belangrik.

Informele briewe is gewoonlik persoonlik (usualy personal) en word in 'n "gesels"-atmosfeer geskryf. Dit
word grootliks aan mense wat jy ken (people you know), geskryf: 'n vriend of vriendin, jou ouers of kennisse.
Jy kan dit selfs skryf as jy iemand nie ken nie en hulle graag beter wil leer ken.

Kenmerke (features) van 'n uitstekende informele brief is dat dit persoonlik, opreg (sincere), openhartig,
vriendelik, lewendig en interessant (interesting) is.

Formaat: Informele brief


Met die informele / vriendskaplike brief kom die sender se adres (your address) regs bo, gevolg deur die
datum (the date). Die rede hiervoor is sodat die leser sal weet na watter adres om hul brief te stuur (reader
needs to know to which address a response must be sent). Die datum help die leser om te weet hoe lank gelede
(how long ago) die brief gestuur is, veral as van die brie nhoud verouderd is (if the content is out of date).
Daar word 'n lyn oopgelaat (leave a line open) waarna jy groet (greet). Onthou jy ken die persoon en dit is
informeel, daarom word "Beste" of "Liewe" saam met die aangesprokene (person addressed) se naam, maar
nie van (name but not the surname), gebruik.

Daar word dan 'n lyn oopgelaat waarna jy 'n inleidende paragraaf (introduction) skryf. Hier sal jy die rede
(reason) hoekom die brief geskryf word, of die inhoud van die brief, ontsluit. Onthou, die toon is informeel
met 'n "gesels"-atmosfeer. Na hierdie paragraaf sal die inhoud volg wat in paragrawe geskryf word (need to
write in paragraphs).

Jy sal afsluit (end with) met die woord "Liefde" of "Groete" met jou naam direk (directly underneath)
daaronder, maar nie jou van nie.

'n Effektiewe hulpbron: video


Die formaat van 'n informele / vriendskaplike brief is belangrik (important). Kyk na hierdie kort video (short
video) om te sien hoe die formaat uitgelê word.

Brief
Video 1: 'n Hulpbron vir die vriendskaplike brief.

C O NT I NU E
Lesson 3 of 8

3. Die formele brief

Dit is uiters belangrik (very important) dat jy die formaat van die formele brief verstaan omdat dit die
brie nhoud beïnvloed (in uences the content). Daar kan na die formele brief ook as 'n saaklike brief (business
letter) verwys word.

Die formele brief se gebruike is wyd (variety of uses). Jy kan 'n klagte rig (raise a complaint), aan die pers
(press) skryf, 'n versoek rig (make a request), vir 'n direkteur (director) of bestuurder skryf, 'n werksaansoek
(application) instuur, ens. Die formele brief se toon is altyd formeel (always formal) en woorde soos “jy” en
“jou” word vermy. In die brief word mense volgens hul titels (according to their titles) aangespreek.

Jy sal nie (not) hierdie formaat gebruik om 'n geselsie (a friendly chat) met iemand te hê nie. Juis hieroor sal
jy name en vanne (use name and surnames) in die formele brief noem, want die kans is groot dat die sender
en ontvanger mekaar nie ken nie (do not know each other).

Formaat van die formele brief


Hier volg 'n oorsig (overview) van die formele brief se formaat. Onthou, daar is daadwerklike verskille
(differences) tussen die informele en die formele brief. Die formele brief is saaklik, formeel en op-die-man-af.
Geen los gedagtes of algemene geselsies is hier betrokke nie. Die ontvanger (recipient) word direk, maar
formeel volgens hul titel aangespreek. Die doel (purpose) van die brief moet duidelik wees.

Regs bo (top righthand corner) sal die sender se adres wees, gevolg deur die datum, net soos met (the same
as) die informele brief. Daar word 'n lyn oopgelaat (leave a line open) en die ontvanger se naam en adres sal
hier volg.

Daar word 'n lyn oopgelaat waarna daar formeel gegroet (a formal greeting) sal word - Geagte Mevrou /
Geagte Meneer. Dan volg 'n baie belangrike stap: daar word 'n onderwerpsin (a subject sentence) geskryf -
die rede vir die brief. Dit is slegs een, kort sin. Die onderwerpsin word of in hoo etters (capitals) geskryf of
dit word onderstreep (underline). Beide (both) kan ook gebruik word.

Dan volg die inhoud in paragrawe. Gewoonlik word 'n standpunt of stelling (point of view or statement)
genoem en die inhoud ontwikkel vandaar. Die brief word afgesluit (ends with) met "Die uwe", waarna 'n
handtekening (signature) volg en onder dit die sender se naam en van.

'n Effektiewe hulpbron: video


Die formaat van 'n formele / saaklike brief is belangrik. Kyk na hierdie kort video (short resource video) om
te sien hoe die formaat uitgelê word. Let op dat hierdie 'n formele brief is waarin 'n klagte (complaint) gerig
word. Let egter fyn (focus) op die formaat.

Transaksionele Tekste Formele Brief Klagte


Video 2: 'n Voorbeeld van die formele brief.

C O NT I NU E
Lesson 4 of 8

4. Die e-pos

'n E-pos kan formeel of informeel gebruik word (an email can be formal or informal). Dit is hoekom jy die
toon, styl en register daarvolgens moet kan aanpas. Die e-pos word grootliks gebruik om (used to) in te lig
(inform), vir formele kommunikasie (formal communication) en in 'n mindere mate om verhoudings te
handhaaf (maintain relationships).

Alhoewel e-posse grootliks met briewe ooreenstem (largely similar), is die een groot verskil dat jy 'n e-pos
aan meer as net een ontvanger kan stuur (can be send to more than one recipient).

Wenk:

Probeer alle gebruike van afkortings, emotikons, slengtaal


(abbreviations, emoticons, slang), ens. te vermy.

'n Informele e-pos sal jy, net soos die informele brief, aan iemand skryf wat jy ken (someone you know), soos
'n vriend of familielid. Die formele e-pos is vir iemand wat jy nie ken nie (someone you do not know), of as
iemand in 'n gesagsposisie (position of authority) is. Jy sal dit byvoorbeeld gebruik om met jou onderwyser te
kommunikeer, of 'n besigheid waarmee jy sake doen.

'n Templaat-voorbeeld
Die voorbeeld wat hier gebruik word, is van 'n informele e-pos. Moet egter nie op die inhoud konsentreer
nie. Met hierdie deel wil ons spesi ek kyk na die formaat (speci cally look at the format) en manier hoe die e-
pos saamgestel word (way the email is compiled).

Klik (click) op elke kolpunt en ontdek hoe 'n e-pos lyk (discover what an email looks like):








Afsluitwoorde

Afsluitwoorde staan altyd in hul eie reël (stand in their own line) en volg na die afsluiting. Soos die afsluiting, verskil
afsluitwoorde wat gebruik kan word tussen die formele en informel e-pos (closing words differ from formal to informal).

Met die formele e-pos sal jy amper altyd (almost always) hierdie afsluitwoorde gebruik: Die uwe

Afsluiting

Die afsluiting is belangrik. Dit vat altyd die brief se inhoud saam (always summarize the contents of the letter) en kan ook
'n aanduiding gee (give an indication) van hoe op die e-pos reageer (respond) moet word.

Hierdie afsluiting verskil tussen die formele en informele e-pos.


Sender

Die sender se naam word aan die einde van die e-pos gegee, behalwe (accept) as die sender se e-posse so gestel is om
'n outomatiese handtekening in te voeg (if the settings provide an automatic signature).

Anders as met briewe, is dit nie nodig dat die sender se e-posadres gegee moet word nie. Dit wys outomaties as die e-
pos deur iemand ontvang word. (Unlike with letters, it is not necessary for the sender's email address to be given. It shows
automatically when the email is received by someone.)

Inhoud

Hierdie deel is gewoonlik baie soos briewe se formaat (this part is usually very much like the format of letters).

Daar sal 'n inleiding wees, paragrawe wat die inleiding verder voer deur 'n uitbreiding wat aan die einde deur 'n
slotgedeelte saamgevat word.

Aanhef

Hierdie is die persoon wie die e-pos gaan lees of vir wie die e-pos is (recipient who is going ton read the email).

Dis belangrik om te weet dat hierdie aanhef informeel of formeel kan wees.

Onderwerp

Hierdie is soos die onderwerplyn in 'n formele brief (this is like the subject line in a formal letter). Dis 'n kort samevatting
oor dit waaroor die e-pos handel.

As die ontvanger die e-pos sien, is dit waarna hulle eerste kyk (when the recipient sees the email, this is what they rst look
at). Die onderwerpveld met dus 'n defenitiewe aanduiding van die e-pos wees.

Bcc

Bcc staan vir "blind carbon copy" wat soortgelyk aan die Cc-veld is, behalwe dat die e-posadres van die ontvangers wat
in hierdie veld gespesi seer word, nie in die aanhef van die werklike ontvanger se boodskap verskyn nie (does not
appear in the email of the actual recipient) en dat die ontvangers in die "To" of Cc-velde nie sal weet dat 'n afskrif na
hierdie adres gestuur is nie (will not know a copy of the email was sent).

To

Hier vul jy die e-posadres in van die persoon / persone vir wie jy die e-pos wil stuur (here you ll in the e-mail address of
the person / persons for whom you want to send the e-mail).

Maak altyd seker dat die e-posadres korrek is (always make sure the email address is correct), anders sal die e-pos nie
gestuur kan word nie of by die verkeerde persoon uitkom.

Cc

Met die Cc-veld kan jy 'n afskrif (a copy) van die e-pos aan enige ontvanger stuur. In die meeste gevalle word die Cc-
veld gebruik om iemand op hoogte van sake te hou (to keep someone informed), of om dieselfde e-pos met iemand te
deel.

Formeel teenoor informeel


Daar is tog verskille (differences) tussen die formele en informele e-pos. Ons het reeds genoem dat die
formele e-pos en formele brief baie ooreen stem, so ook die informele e-pos en informele brief. Kyk egter
steeds na die volgende belangrike punte om te sien hoe die formele en informele e-pos tog van mekaar
verskil (to see how the formal and informal e-mails differ from each other).

Formele e-pos Informele e-pos

Die aanhef en afsluiting is streng formeel: Die aanhef en afsluiting is hier informeel:
Geagter mnr. Koorts Beste / Liewe Lisa
Die uwe Liefde / Groete

Hier is 'n baie vaste struktuur. 'n Spesi eke Alhoewel hier steeds paragrawe gebruik
aanhef is nodig, die openingsdeel is tot die word, is die inhoud op 'n gesels toon en daar
punt, die inleiding, liggaam en slot wyk nie mag vanaf die "gewone" formaat afgewyk
van die e-pos se doel af nie. word.

Hier kan die formaat, toon en register die


vorm van 'n gesprek aanneem. Jy mag,
Die formaat, toon en register is streng
alhoewel dit met e-posse ongewoon is,
formeel.
byvoorbeel idiomatiese uitdrukkings
gebruik.

Formele kenmerke

1 Om die e-pos akkuraat en formeel (accurate and formal) te hou, moet die skryf telkens die
volgende vrae vra: Waarom (why) skryf ek hierdie e-pos? Watter (which) boodskap wil ek
oordra? Wat (what) moet die ontvanger doen as hulle die e-pos gelees het? Wat is die rede dat
hierdie e-pos belangrik is (why is the email important)?

2 Die aanhef gee die toon (provides the tone) van die e-pos. Jy kan gebruik: Geagte Meneer /
Mejuffrou / Mevrou / Direksie / ens. omdat jy gewoonlik nie bekend met die leser is nie.

3 Die inleiding van die e-pos verwag 'n kort bekendstelling (short introduction) van die sender.

4 Na 'n kort, vlugtige bekendstelling kan jy met een van die volgende begin (start with one of the
following): Ek skryf rakende / aangaande / omtrent / betreffende / in verband met / met
verwysing na ...

5 As jy die e-pos skryf om inligting oor te dra (to convey information), kan jy begin met: Ek skryf
om u in te lig ... / Ek is verheug om u in te lig ... / Ek skryf om u mee te deel ... / Dit spyt my om
u mee te deel ...

6 Dalk skryf jy as in antwoord op 'n e-pos wat jy ontvang het (in answer to an email you received).
Begin dan met: Ek reageer na aanleiding van ... / Ek skryf in antwoord op u ... / Ek skryf om u
te bedank ...

7 Onthou dat die liggaam se inhoud by die doel van die e-pos moet bly (content should re ect the
purpose of the email). Hou sinne en paragrawe kort (short) en bondig. Die leser ken jou nie, of is
dalk nie bekend met die onderwerp nie. Skryf dus duidelik en reguit en maak dit wat jy wil
oordra duidelik (so write clearly and straightforwardly and make it clear what you want to convey).

8 Daar is 'n paar maniere om die formele e-pos af te sluit. Jy kan afsluit met (you can end of
with): Ek hoop om spoedig van u te hoor. / By voorbaat dank. / Vir verder inligting, moet
asseblief nie huiwer om my te kontak nie. / Kontak my gerus indien u enige verdere vrae het.

9 Die afsluiting word gevolg deur: "Die uwe". Daarna sal die sender se naam en van volg. Soms
word selfs 'n telefoonnommer onder die sender se naam en van gegee.

Informele kenmerke

1 Hier ken die mense wat kommunikeer mekaar gewoonlik betreklik goed (the people who
communicate know each other). Dit kan nuus oordra, inligting gee, 'n gelukwensing wees, raad
gee of vra, ens.

2 Die informele e-pos begin gewoonlik met (usually starts with) 'n groet soos: Liewe Anne /
Liefste Anton / Beste Craig

3 Daarna sal 'n kort inleidingsin volg (short introduction will follow). Jy kan begin met: Ek hoop dit
gaan goed. / Baie dankie vir die vorige e-pos. / Dit was lekker om van jou te hoor. / Wat 'n
verrassing was dit nie om van jou te hoor nie.

4 Die liggaam is 'n gesels register en die toon is informeel. Daar moet steeds paragrawe wees
(must always be paragraphs). Dit is altyd goed om jou paragrawe kort en bondig te houd, soos
met jou sinne ook.

5 Jy kan die informele e-pos afsluit met: Dra my goete oor aan ... / Dra my liefde oor ... / Ek hoop
om jou gou weer ... / Wees veilig en ...

6 Afsluitwoorde word altyd in 'n nuwe reël geskryf (is always in their own line) en woorde wat
gebruik kan word sluit in: Liefde / Groete / Beste wense

C O NT I NU E
Lesson 5 of 8

5. Skryf jou eie e-pos

Mastery Check
Gedurende die Mastery Check aan die einde van die module, gaan jy jou eie e-pos moet skryf (going to write
your own email). Dit is belangrik om in ag te neem of die e-pos formeel of informeel gaan wees aangesien dit
die toon, register en formaat van die e-pos gaan beïnvloed.

Gebruik (use) die e-pos templaat wat in Deel 4 gegee is en gaan kyk weer na die verskille tussen die
formele en informele e-pos (take another look at the differences between formal and informal email). Gaan
weer deur elke interaktiewe kolpunt en laat dit jou lei in die regte formaat vir 'n e-pos.

Onderwerpe
Hier gaan twee onderwerpe (topics) vir jou gegee word. Jy moet slegs een van hierdie onderwerpe kies
(only choose one) en jou eie e-pos daaroor skryf. Omdat die onderwerpe nou reeds aan jou voorsien word,
het jy die geleentheid om nou reeds vir die Mastery Check te begin voorberei.
1 Skryf 'n e-pos oor 'n natuurwonder wat jy beleef het aan 'n professor van 'n bekende
universiteit waar hulle natuurwonders navors. Vertel oor dit wat jy gesien / ervaar het, wat jy
dink dit kon wees en gee soveel as moontlik inligting daaroor. Vra ook dat jy graag
terugvoering oor hierdie natuurwonder wat jy gewaar het, wil hê omdat jy onseker is oor wat
dit veroorsaak / hoekom dit gebeur het.

2 Skryf 'n e-pos oor 'n natuurwonder wat jy beleef het aan 'n baie goeie vriend van jou. Hy / sy
stel ook baie in die natuur belang en dit is 'n passie wat julle deel. Jy weet dat hy / sy ook
hierdie natuurwonder sal waardeer en daarom vertel jy alles wat jy gesien / ervaar het. Noem
ook dat jy graag terugvoering van hom / haar wil hê oor of hy / sy dalk al so iets gewaar /
ervaar het.

C O NT I NU E
Lesson 6 of 8

6. Toets jou kennis

Hierdie is nie 'n formele assessering (formal assessment) nie. Die doel van hierdie vrae is slegs om te sien of jy die
inhoud van hierdie aantekeninge verstaan het (understood). Let elke keer op die kommentaar (feedback) van elke
vraag aangesien dit vir jou 'n aanduiding sal gee watter vaardigheid (skill) verwag word.
Question

01/05

Waarna word daar met die register en toon van 'n teks verwys?

Dit verwys na redes hoekom jy 'n sekere teks moet lees.

Dit verwys na 'n tipe vorm wat gebruik word as 'n register.

Dit verwys na die styl en vlak van die taal wat in 'n teks gebruik is.

Dit verwys daarna dat net moeilike en onverstaanbare woorde gebruik mag
word.
Question

02/05

Is die stelling wat hier volg, waar of onwaar?


Met die informele e-pos se afsluiting sal jy jou naam en van gee.

Waar

Onwaar
Question

03/05

In watter toon en register is die volgende gedeelte?


Geagte Direkteur en Bestuur

Informeel

Formeel

Neutraal

Onseker
Question

04/05

Jy skryf 'n e-pos aan jou onderwyser omdat jy ongelukkig nie 'n taak betyds kon inhandig nie.
Noem watter e-pos formaat jy in hierdie geval sal gebruik.

Informele e-pos

Formele e-pos
Question

05/05

Hoekom word die Cc-veld gewoonlik tydens die saamstel van 'n e-pos gebruik?

Die Cc-veld is daar sodat enige iemand vir die e-pos op die internet kan soek.

As die Cc-veld gebruik word, wys dit dat die e-pos verskriklik belangrik is.

Om 'n afskrif van die e-pos vir iemand te stuur om hulle so op hoogte van sake
te hou.

Die Cc-veld word gebruik om te sorg dat die e-pos nie verlore gaan nie.
Lesson 7 of 8

7. Samevatting

Hierdie aantekeninge se hoofdoel (main purpose) is om jou aan die e-pos bloot te stel. Jy moet op hierdie
stadium jou eie e-pos met groot selfvertroue (con dence) in die regte toon en register kan skryf. Natuurlik is
die formaat ook belangrik, daarom is daar in Deel 4 spesi ek hierop gekonsentreer (Part 4 speci cally
focused on this). Die twee verskillende soorte briewe - formeel en informeel - is ook kortliks herroep omdat
soveer daarvan met die formele en informele e-pos ooreen stem.

Onthou ook dat jy nou reeds met jou Mastery Check kan begin (start) omdat jy reeds die onderwerpe vir die
skryf van jou eie e-pos het. Maak doodseker (ensure) dat jy jou e-pos vir die Mastery Check in die regte
formaat, toon en register skryf.

Verwysings

Gouws, R., Peacock, M. 'Cambridge IGCSE Afrikaans Tweede Taal Leerderboek 1' Bl. 151 - 167

Klaskamerraad 'Afrikaans chop-chop' Beskikbaar by:


https://media.klaskameraad.co.za/afrikaans-plus/chop-chop/106/#zoom=z Toegangsdatum: 13
September 2021
C O NT I NU E
Lesson 8 of 8

8. Laai die aantekeninge hier af

Klik op die a aaiknoppie hieronder om hierdie aantekeninge as 'n PDF-dokument af te laai!

Afrikaans_IG_Sem2_M13_13.3_Lesson2.pdf
1.8 MB

You might also like