You are on page 1of 11

GRAAD 11

AFRIKAANS VRAESTEL 3
100 punte – 2 ½ uur
EKSAMENBESTEK: 27 OKTOBER 2023

Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings. Jy The paper consists of THREE sections.
You must choose ONE question in each

moet EEN vraag uit ELKE afdeling kies en
die skryfstuk vir daardie vraag ingee. Jy section and complete the text for that
question. For each section you must
moet vir elke afdeling beplanning, rofwerk
submit planning, rough work and final.
en ’n finale skryfstuk ingee.

Hier onder is ’n verduideliking, wenke en Below is an explanation of, tips for and
voorbeelde van elke soort teks vir al drie examples of each type of text for each
afdeling. Jy moet die formaat van elke teks  section. You must study the format for
EACH text in EACH section, so that you
in elke afdeling leer, sodat jy voorbereid is are prepared for each option in the test.
vir elke opsie in die toets, en die een kan Then you may choose the topic you
kies wat jy die beste verstaan. understand best.

AFDELING A [50]: OPSTEL (250-300 woorde)

Daar gaan AGT onderwerpe wees, waarvan minstens TWEE visuele onderwerpe gaan wees
(prentjies). Jy moet EEN onderwerp kies uit die moontlike opsies as die titel van jou opstel. As
jy ’n prentjie kies, moet jy jou eie titel kies. Jy kan kies watter soort opstel jy wil skryf om by die
onderwerp te pas. Daar is drie soorte opstelle:

• Verhalende opstel: die aanbied van ’n reeks gebeure in ’n sinvolle volgorde


• Beskrywende opstel: gebruik beskrywings om atmosfeer en stemming te skep
• Beredeneerde opstel: bevat beide kante van ’n argument
• Bespiegelende opstel: deurdink idee/lewenswaarheid en bespreek reaksie daarop
• Argumenterende opstel: bevat een kant van ’n argument en motiveer daardie standpunt

Volg hierdie stappe in die skryf van ’n opstel in die eksamen

• Stap 1: Kies jou onderwerp asook die soort opstel


• Stap 2: Beplan jou opstel
• Stap 3: Skryf en redigeer jou eerste poging
• Stap 4: Skryf jou finale weergawe

Bladsy 1 van 11
AFDELING B [30]: LANG TRANSAKSIONELE TEKS (120-150 woorde)

Jy beantwoord net EEN vraag in hierdie afdeling. Daar is DRIE kategorieë tekste. Elke
kategorie bevat verskillende opsies. Net een teks gaan uit elke kategorie in die eksamen
verskyn. Jy weet nie watter tekstipe gevra gaan word nie, so maak seker jy ken al die formate
vir elke kategorie, sodat jy in die eksamen die onderwerp kan kies wat jy die beste verstaan.
Kategorie A: Vriendskaplike brief
Formele brief (versoek/aansoek/klagte/gelukwensing
CV en dekbrief
e-pos
Kategorie B: Resensie
Artikel (koerant of tydskrif)
Agenda en notule
Kategorie C: Toespraak
Dialoog en onderhoud

ONTHOU! Daar gaan net EEN teks uit elke kategorie in die eksamen wees. Jy gaan drie
opsies hê: een uit Kategorie A, een uit Kategorie B en een uit Kategorie C. Jy weet nie watter
teks uit elke kategorie gevra gaan word nie, so maak seker jy ken ALMAL.
Luister BAIE MOOI in die klas wanneer jou juffrou vir jou verduidelik hoe die opsies in die
eksamen werk, sodat jy reg voorberei!
Hier onder is die FORMAAT van ELKE tekstipe in ELKE kategorie om jou te help om te kies
tydens die eksamen. Sien ook die lys voorbeelde wat op die groepies vir julle gestuur is.

Bladsy 2 van 11
KATEGORIE A: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Hierdie soort brief is INFORMEEL. Jy stuur dit gewoonlik aan ’n vriend of familielid.

Kerkstraat 1
Jou adres en die datum Bayswater
kom hier. Jy mag Bloemfontein
hierdie adres leer en in 9301
die eksamen gebruik 1 April 2023

Liewe Gert/Susan/Mamma/Ouma Begin jou brief met Liewe


en die persoon aan wie jy
Ek verlang so baie na jou. Ek skryf vandag hierdie brief aan jou want... skryf se naam. Jou eerste
paragraaf moet dadelik
(Paragraaf 1) skakel met die onderwerp!
xxxxxxxxxxxxxxxxxx Moenie vra hoe dit gaan
xxxxxxxxxxxxxxxxxx en hoe die weer is nie.
xxxxxxxxxxxxxxxxxx

Skryf die inhoud van jou


(Paragraaf 2) brief hier. ONTHOU elke
xxxxxxxxxxxxxxxxxx paragraaf moet skakel met
xxxxxxxxxxxxxxxxxx die onderwerp. Moenie
xxxxxxxxxxxxxxxxxx oor ander goed praat nie!
(Paragraaf 3)
xxxxxxxxxxxxxxxxxx
xxxxxxxxxxxxxxxxxx
xxxxxxxxxxxxxxxxxx

Ek hoop om vinnig van jou te hoor. Kom kuier sommer vinnig by my!

Liefde
Gertruida
Sluit jou brief kort en kragtig af. Moenie oor ander goed praat nie.
Eindig met Liefde en jou naam. Jy kan enige naam gebruik, maar
moenie jou van insluit nie!

Bladsy 3 van 11
KATEGORIE A: FORMELE BRIEF
Hierdie soort brief is FORMEEL. Daar is verskillende soorte formele briewe, want die doel
daarvan is nie altyd dieselfde nie. Die formaat is wel altyd dieselfde. Maak seker jy verstaan
die onderwerp en skryf die soort formele brief wat gevra word. Bly dus versigtig by die
ONDERWERP.

Kerkstraat 1
Jou adres en die datum Bayswater
kom hier. Jy mag Bloemfontein
hierdie adres leer en in 9301
die eksamen gebruik 1 April 2023

(Die persoon aan wie jy die brief stuur) Die persoon aan wie jy die brief stuur se adres kom
(Waar hulle werk) hier. Hulle titel en naam sal in die vraag wees. Jy
Kerkstraat 12 mag hierdie adres gebruik as die vraag nie vir jou een
Bayswater gee nie. Moenie weer die datum skryf nie.
Bloemfontein
9301
Begin jou brief met Geagte en die persoon
Geagte meneer/mevrou Erasmus aan wie jy skryf se titel en van. Laat dan ’n
reël oop en skryf die rede hoekom jy die
INSAKE: xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
brief skryf in hoofletters of onderstreep dit.
(Paragraaf 1)
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx Skryf die inhoud van jou brief
hier. ONTHOU elke paragraaf
(Paragraaf 2)
moet skakel met die onderwerp.
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx Moenie oor ander goed praat nie!
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx Skryf FORMEEL. Gebruik “u”
indien jy die ander persoon
(Paragraaf 3)
aanspreek.
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Ons hoop om vinnig u antwoord te ontvang

Die uwe
Susan van der Merwe
Sluit jou brief kort en kragtig af. Moenie oor ander goed praat nie.
Eindig met Die uwe en jou naam en van. Jy kan die brief teken,
maar jy hoef nie.

Bladsy 4 van 11
KATEGORIE A: CV EN DEKBRIEF
Julle het al in LO ’n CV opgestel. Hierdie is dieselfde, maar net in Afrikaans. Dit sluit ook ’n
dekbrief (cover letter) in. Die dekbrief volg die formaat van die formele brief, maar is baie korter.
As hulle SLEGS die dekbrief vra, moet jy die belangrikste inligting van die CV ook hier insluit.
Dekbrief:
Kerkstraat 1
Jou adres en die datum Bayswater
kom hier. Jy mag Bloemfontein
hierdie adres leer en in 9301
die eksamen gebruik 1 April 2023

(Die persoon aan wie jy die brief stuur) Die persoon aan wie jy die brief stuur se adres kom
(Waar jy aansoek doen) hier. Hulle titel en naam sal in die vraag wees. Jy
Kerkstraat 12 mag hierdie adres gebruik as die vraag nie vir jou een
Bayswater gee nie. Moenie weer die datum skryf nie.
Bloemfontein
9301
Begin jou brief met Geagte en die persoon aan
wie jy skryf. Laat dan ’n reël oop en skryf
Geagte meneer/mevrou Erasmus
hierdie titel, met die werk soos dit in die
AANSOEK OM BETREKKING: ONDERWYSERES onderwerp is in hoofletters of onderstreep dit.
Skryf die eerste paragraaf soos hier verskyn.
Ek doen graag aansoek om die bogenoemde betrekking soos in die Rapport van 21 Oktober
geadverteer. Sien asseblief my volledige CV hierby aangeheg.

(Paragraaf 2) Skryf die res van die inhoud van jou


xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx dekbrief hier. ONTHOU elke paragraaf
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx moet skakel met die onderwerp. Moenie
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx oor ander goed praat nie! Wat jy skryf
moet pas by die advertensie. Hou dit
(Paragraaf 3) lekker kort!
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx Skryf FORMEEL. Gebruik “u” indien jy die
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx ander persoon aanspreek.

Ons hoop om vinnig u antwoord te ontvang

Die uwe
Susan van der Merwe
Sluit jou brief kort en kragtig af. Moenie oor ander goed praat nie.
Eindig met Die uwe en jou naam en van. Jy kan die brief teken,
maar jy hoef nie.

Bladsy 5 van 11
CV (curriculum vitae)

CURRICULUM VITAE VAN (NAAM EN VAN)

PERSOONLIKE BESONDERHEDE
Naam en van:
Adres:
Hierdie is JOU persoonlike besonderhede.
Kontakbesonderhede:
Selfoon: Dit hoef nie die waarheid te wees nie,
E-pos: maar sluit soveel inligting in as wat jy kan.
Geboortedatum:
Identiteitsnommer:
Huwelikstatus:
Nasionaliteit:

SKOOLOPLEIDING
Sekondêre opleiding: Hierdie is die inligting van waar jy op skool
Hoogste kwalifikasie: was. Dit hoef nie die waarheid te wees nie,
Vakke: maar sluit soveel inligting in as wat jy kan.
Ekstra-kurrikulêr: Sluit ook sport en kultuur in.

TERSIÊRE OPLEIDING Hierdie is die inligting van waar jy


Hoogste kwalifikasie: universiteit toe is. Dit hoef nie die waarheid
Ander kursusse: te wees nie, maar sluit soveel inligting in as
wat jy kan.
REFERENTE
Sluit hier minstens TWEE mense in wat as
referent (reference) vir jou sal optree. Sluit
hulle naam en kontakbesonderhede in.

KATEGORIE A: E-pos
Die e-pos kan FORMEEL of INFORMEEL wees. Lees jou onderwerp mooi om te weet wat
van jou verwag word.

Bladsy 6 van 11
KATEGORIE B: Resensie
’n Resensie is jou respons op ’n boek, ’n restaurant of ’n film. Jou resensie moet regverdig
en eerlik wees. As dit ’n boek of film is, moet jy seker maak jy gee nie te veel inligting oor die
storie weg nie – jou leser moet jou resensie gebruik om te besluit of hulle dit wil lees of kyk.
As dit ’n restaurant is, moet jou leser dit gebruik om te besluit of hulle daar wil gaan eet of nie.
Gebruik hierdie formaat om jou te help:

Titel/opskrif (die naam van die boek, film of die restaurant)

Paragraaf 1: Noodsaaklike inligting Vir ’n boek: Die skrywer, die prys, uitgewer
xxxxxxxxxxxxxxxxxx Vir ’n film: die regisseur, akteurs in hoofrolle
xxxxxxxxxxxxxxxxxx Vir ’n restaurant: Die adres en soort kos
Vir al drie ’n punt uit 5 of uit 10
Paragraaf 2: Algemene indruk
xxxxxxxxxxxxxxxxxx Vertel kortliks waaroor dit gaan/watter kos
xxxxxxxxxxxxxxxxxx bedien word, en wat jy daarvan dink as
geheel.
Paragraaf 3-5: Spesifieke aspekte
xxxxxxxxxxxxxxxxxx
xxxxxxxxxxxxxxxxxx
Vertel in besonder sekere aspekte van die
xxxxxxxxxxxxxxxxxx film, boek of restaurant wat baie goed of
xxxxxxxxxxxxxxxxxx baie sleg was. Verwys in elke nuwe
paragraaf na iets anders.
xxxxxxxxxxxxxxxxxx
xxxxxxxxxxxxxxxxxx

Paragraaf 6: Slot en aanbeveling Eindig met jou aanbeveling: moet mense die
xxxxxxxxxxxxxxxxxx film kyk/boek lees/by die restaurant gaan
xxxxxxxxxxxxxxxxxx eet of nie?

KATEGORIE B: Koerantberig en tydskrifartikel


Die doel van hierdie teks is om van ’n gebeurtenis te vertel. Jy moet objektief wees. Dit word
in die verledetyd en in die derde persoon geskryf. Dit is kort en bondig, maar jy kan
kommentaar van ooggetuies/belangrike persone insluit. Gebruik die volgende wenke om ’n
artikel te skryf:

• Die titel moet die onderwerp saamvat


• Skryf jou naam onder die titel
• Die belangrikste inligting word eerste gegee (wie, wat, waar en wanneer)
• Daarna word meer inligting gegee (hoe en hoekom)
• Eindig deur die belangrikste dele saam te vat, of om die leser te vertel van inligting wat
nog moet gebeur

Bladsy 7 van 11
KATEGORIE B: Agenda en notule
’n Agenda is ’n lys onderwerpe wat in ’n vergadering bespreek gaan word. Dit word voor die
vergadering gestuur aan die mense wat die vergadering gaan bywoon. Die notule is die rekord
van wat in die vergadering bespreek en besluit is. Dit word geneem tydens die vergadering.
Die twee tekste word saam as ’n eenheid aangebied.

AGENDA
van die vergadering van xxxxxxxxxxxxx gehou op xxxxxxx te xxxxxxxxxxxxx

1. Opening en verwelkoming
2. Bywoning en verskonings Sluit in wie die vergadering hou, EN wanneer en
3. Notule van vorige vergadering waar dit gehou word.
4. Sake uit vorige notule
4.1. Hierdie opskrifte verskyn ALMAL ALTYD in
5. Nuwe sake die agenda.
5.1.
6. Algemeen Jy moet self by die oop spasies besluit wat
6.1. by die vergadering bespreek moet word.
7. Datum van volgende vergadering Jou onderwerp sal jou lei. Onthou dat elke
8. Afsluiting item relevant tot die onderwerp moet wees.

Moenie die agenda teken nie. Los net plek vir handtekeninge
__________ __________
Voorsitter Sekretaresse

NOTULE
van die vergadering van xxxxxxxxxxxxx gehou op xxxxxxx te xxxxxxxxxxxxx

1. Opening en verwelkoming
Die voorsitter verklaar die vergadering geopen en verwelkom die lede.

2. Bywoning en verskonings
Alle lede is teenwoordig behalwe Johan Nel, wat verskoning aangebied het.

3. Notule van vorige vergadering


Die notule van die vorige vergadering word gelees, goedgekeur en onderteken.

4. Sake uit vorige notule


4.1.
Punt 1-3 en punt 8 word altyd geskryf
5. Nuwe sake presies soos dit hier verskyn. Jy moet nou
5.1. skryf wat by die ander punte tydens die
vergadering bespreek word. Skryf in die
6. Algemeen TEENWOORDIGE TYD. By item 7 moet jy
6.1. die datum van die volgende vergadering
insluit.
7. Datum van volgende vergadering
Die volgende vergadering word gehou op xxxxxxxxxxxxxx

8. Afsluiting
Die voorsitter sluit die vergadering af.

Moenie die notule teken nie. Los net plek vir handtekeninge

__________ __________
Voorsitter Sekretaresse

Bladsy 8 van 11
KATEGORIE C: Dialoog en onderhoud
’n Dialoog en onderhoud is elk ’n gesprek tussen twee of meer mense. Jy fokus op wat die
persone sê, maar jy kan ook meer inligting insluit oor wat hulle doen. In ’n onderhoud vra een
persoon vrae en die ander antwoord daardie vrae. In ’n dialoog vind daar ’n gesprek plaas.

TITEL
Kies ’n titel vir jou dialoog of onderhoud op grond van die instruksies.

Scenario
Beskryf kortliks die konteks waarbinne die gesprek of onderhoud plaasvind. Laat dan ’n reël oop.

Gert: xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx Gebruik leestekens om


sprekers se emosies oor
Susan: xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx te dra. Neweteks (teks in
hakies) kan ook gebruik
Gert: (bang/kwaad/skaam) xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx word.

Susan: xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Jy moet geen aanhalings gebruik nie. Laat ’n reël oop tussen


elke spreekbeurt.

Maak seker ALLES wat die karakters sê, is DADELIK relevant tot
die onderwerp. Moenie allerhande nonsens-gesprekke voer oor
die weer of hoe dit gaan nie.

Hulle hoef mekaar nie te groet aan die einde van die gesprek nie.
Die gesprek kan net eindig wanneer jy jou idee klaar ontwikkel
het.

KATEGORIE C: Toespraak
’n Toespraak is ’n praatjie wat jy oor ’n bepaalde onderwerp voer – net soos die mondelinge
wat jy in Afrikaans en Engels moet doen. ’n Toespraak kan formeel of informeel wees, so
lees jou instruksies mooi as jy op hierdie tekstipe besluit.

TITEL (kies ’n gepaste titel op grond van die instruksies)

Paragraaf 1: Inleiding (trek die gehoor se aandag en lei die onderwerp in.

Paragraaf 2 tot 4: Gee in elke paragraaf ’n hoofpunt plus ondersteuning daarvoor wat skakel met
jou onderwerp.

Paragraaf 5: Slot (vat die onderwerp saam op ’n treffende manier)

Bladsy 9 van 11
AFDELING C [20]: KORT TRANSAKSIONELE TEKS (80-100 woorde)

Jy beantwoord net EEN vraag in hierdie afdeling. Daar is DRIE kategorieë tekste. Elke
kategorie bevat verskillende opsies. Net een teks gaan uit elke kategorie in die eksamen
verskyn. Jy weet nie watter tekstipe gevra gaan word nie, so maak seker jy ken al die formate
vir elke kategorie, sodat jy in die eksamen die onderwerp kan kies wat jy die beste verstaan.
Kategorie A: Advertensie
Uitnodiging
Strooibiljet
Plakkaat
Kategorie B: Dagboekinskrywing
SMS (WhatsApp/FB Messenger/Instagram/Sosiale media-boodskap)

Kategorie C: Instruksies
Aanwysings

ONTHOU! Daar gaan net EEN teks uit elke kategorie in die eksamen wees. Jy gaan drie
opsies hê: een uit Kategorie A, een uit Kategorie B en een uit Kategorie C. Jy weet nie watter
teks uit elke kategorie gevra gaan word nie, so maak seker jy ken ALMAL.
Luister BAIE MOOI in die klas wanneer jou juffrou vir jou verduidelik hoe die opsies in die
eksamen werk, sodat jy reg voorberei!
Hier onder is die FORMAAT van ELKE tekstipe in ELKE kategorie om jou te help om te kies
tydens die eksamen. Sien ook die lys voorbeelde wat op die groepies vir julle gestuur is.

KATEGORIE A: Advertensie, plakkaat en strooibiljet


Jy moet iemand oortuig om ’n produk te koop, diens te gebruik of geleentheid by te woon. Pas
die ABBA-beginsel toe:
Dit moet die leser se AANDAG trek, hul BELANGSTELLING prikkel, ’n BEGEERTE wek om
die produk te koop en as dit slaag, sal dit die leser tot AKSIE dwing.
Onthou om kontakbesonderhede in te sluit!
Jou advertensie, plakkaat of stroibiljet moet eenvoudig wees, maar ONTHOU! Dit moet steeds
genoeg woorde bevat om seker te maak jy voldoen aan die vereistes om 20 punte te kry!

KATEGORIE A: Uitnodiging
Die volgende inligting behoort in die uitnodigingskaartjie gegee te word
• Wie word genooi?
• Hoekom word die funksie gehou/watter soort partytjie is dit?
• Wanneer (dag, datum en tyd)?
• Waar?
• Wat gaan alles daar gebeur?
• Is daar kostes?
• Moet gaste geskenke bring?
• Kontakbesonderhede en RSVP-besonderhede?

Bladsy 10 van 11
KATEGORIE B: Dagboekinskrywing
Dagboekinskrywings is aantekeninge in ’n dagboek van persoonlike gebeurtenisse, of van
ervarings wat opgedoen is, of van gevoelens wat ervaar is, wat mens nie wil vergeet nie.

Datum
Begin met die datum en verkieslik met “Liewe
Liewe Dagboek Dagboek”. Dit help om te wys dat jy die
tekstipe verstaan. Moenie eindig met “groete”
xxxxxxxxxxxxxxxxxxx nie – hierdie is nie ’n brief nie! Eindig op ‘n
xxxxxxxxxxxxxxxxxxx natuurlike manier, of belowe om die volgende
xxxxxxxxxxxxxxxxxxx dag weer te skryf. Moenie oor ander nonsens
xxxxxxxxxxxxxxxxxxx skryf nie – antwoord slegs die onderwerp en
xxxxxxxxxxxxxxxxxxx fokus alles wat jy skryf daarop.

KATEGORIE B: Elektroniese boodskap


’n Kort boodskap sal die volgende insluit:

• Die naam van die ontvanger aan die bokant van die skerm.
• Die getikte boodskap.
• Die ontvanger se antwoord sal onderaan die gestuurde boodskap verskyn, indien
onmiddellik op die boodskap gereageer word.
• Datum en tyd wanneer dit gestuur is.

KATEGORIE C: Rigtingaanwysings
Rigtingaanwysings verduidelik hoe iemand aanwysings stapsgewys moet volg om ʼn spesifieke
plek te vind of te bereik. Hierdie woordeskat kan jou help om voor te berei:

KATEGORIE C: Instruksies
Instruksies word geskryf om te verduidelik hoe iets gebruik of gedoen moet word. Jy sal
bevelsinne gebruik. Instruksies word puntsgewys geskryf en is altyd in die teenwoordige tyd.
Instruksies moet chronologies aangebied word.

Bladsy 11 van 11

You might also like