You are on page 1of 1

8/11/2016

Liesl De Candia<liesldecandia@gmail.com>

(52803unread)werner83YahooMail

Aug 5 at 3:17PM

To Werner Warnich
Liefie, 'n Lemoen duifie het 1 Mei 2015 by die De Candia egpaar se huis
op Salvatore se skouer geland om nooit weer te vertrek nie. Sy veertjies
was toe nog yl en Liesl het hom met die mond begin voer, waarna hy
vandag 'n gesonde en liefdevolle voltjie uitgedraai het. Hy het die
vryheid van vlug, ....maar verkies Liesl se geselskap en spandeer die
grootste deel van die dag saam met haar in die huis of motor met die
opsie om die buitelug te geniet. Hul pak elke dag saam aan, ....hetsy tee
drink, stort, huistakies, kook, stokperdjies of ontspan. Wanneer Liesl siek
is sit Liefie die ganse tyd op haar voorkop. Hy ontvang wel besoek van 'n
pragtige duifie, maar toon geen belang. Hy slaap in die aand in hul stort
op 'n seepbakkie, waarna hul in die somer enige tyd vanaf 06:00vm, sy
vlerkies hoor 'sing' en hy op Liesl se voorkop te lande kom om haar
sodoende 'wakker' te sing. Tydens die winter maande slaap hy gedeeltelik
saam met hulle in die bed. Wanneer Liesl en Liefie 'opstaan' neem sy hom
na 'n wasbak met lopende water sodat hy, sy eerste 'draai' kan 'loop'.
Desember 2015 het die egpaar vir drie weke gaan kamp en Liefie was
saam. Hy het soms vir ure verdwyn, maar altyd weer terug gekeer. Die
uitstappie het homself elke tweede naweek daarnaas herhaal waarvan
Liefie altyd saam. Hy is geliefd deur almal wat hom ontmoet en geniet
mense geselskap geweldig. Hy het 'n nessie binnein hul huis gebou,
waarvan elke takkie aan Liesl uit gewys. Al die instinkte is daar, maar
belang in een van sy soort is afwesig.
Sent from my iPhone

https://usmg6.mail.yahoo.com/neo/launch?.rand=55nt12cj9nhll#679998855

1/1

You might also like