You are on page 1of 6

10/17/22, 8:05 PM OneNote

Onderwerp 1.1 
Thursday, June 23, 2022  5:44 PM 

Leereenheid 1: koopreg 
Onderwerp 1.1: Algemene inleiding 
 
1. Inleiding 
Historiese oorsig: 
• Ontwikkel uit ruilkontrak( Romeinse en Romeins-Hollandse reg) 
• Benoemde kontrak (in sin dat dit 'n naam het) 
• Sterk gemeenregtelik georiënteerd 
 
          Omskrywing 
• Besondere benoemde wederkerige (partye oor en weer skuldenaar/
skuldeiser) ooreenkoms om te koop/ verkoop, in terme waarvan die: 
A)Verkoper: ware bedoelng – bepaalde/ bepaalbare koopsaak ongestoord
aan koper te laat toekom 
B) Koper: ware bedoeling: bepaalde/ bepaalbare koopprys te betaal 
• Naturallia: bedinge wat outomaties deel vorm v koopkontrak 
 
         Vereistes vir totstandkoming? 
• Algemene geldigheidsvereistes vir kontrakte (wilsooreenstemming/
handelingsbevoegdheid, ens) is v toepassing 
• Wilsooreenstemming oor essentialia  
-([1] Mcwilliams-saak): M beweer koopkontrak nie tot stand gekom, maar
bewyse getoon dat wilsooreenstemming oor essentialia bereik was 
• 1) Bedoeling: koop en verkoop (wilsooreenstemming oor: geaardheid van
kontrak) 
2) Wilsooreenstemming oor koopsaak 
3) Wilsooreenstemming oor koopprys 
• Verskil met huurkontrak: eiendomsreg word oorgedra/ nie termyn-
verbonde  
• NB:  
1) Gemeenregtelik nie 'n vereiste vir totstandkoming dat verkoper eienaar is  
-Geldige koopkontrak kan totstandkom indien gesteelde saak verkoop word 
2) Blote totstandkoming nie tot gevolg dat eiendomsreg oorgaan nie 
3) indien klousule staaf dat eiendomsreg nie oorgedra word: nie 'n
koopkontrak 
 
2. Esentialia van koopkontrak 
• Koper/ verkoper- wilsooreenstemming: Aard v kontrak, verkoopsaak,
koopprys 
• Howe gee nie gevolg aan skynkontrakte, maar partye se ware bedoeling  
-([4] Vasco Dry Cleaners-saak) 
-S verkoop besigheid aan p1 maar eienaarskap bly met S tot p1 volle bedrag
betaal. P1 kom ooreen met P2 om restant v koopprys aan S te betaal dan
sal eienaarskap aan P2 oorgaan en dadelik weer aan P1 verkoop word mits
hy P2 terugbetaal (hy het nie). P1 verkoop toe aan P3 onbewus v P1 se
ooreenkoms met P2 en P2 eis toe rei vindicatio teen P3 
-Hof bevind: ooreenkoms tussen P1 en P2 nie ware koopkontrak, eerder
leningsooreenkoms verseker deur pandooreenkoms 
-P2 se rei vindicatio is geweier 
• Bedoeling v partye: oordrag v regte v ongestoorde gebruik, genot, oordrag v
saak na koper (gee aan koper eiendomsreg) 
• Indien beide partye bewus: saak nie aan verkoper behoort/ nie geregtig om
te verkoop (gesteelde saak): verkoopsdaad= nietig 
 
          Koopsaak 
• Koopsaak: bepaald/ bepaalbaar wees tydens kontraksluiting (vereiste v
fisiese uitvoerbaarheid/ nie vaag nie) 
-beskrywing te vaag: nietige koopkontrak 
• Koopsaak: roerend/ onroerend/ liggaamlik/ onliggaamlik 
• Koopsaak: Binne handelsverkeer (eiendom v persoon/ in staat om verkoop te
word)  
-([6] CWA Snyders-saak) 
-Dispuut rondom of terreinlisensie 'n handelbare koopsaak is: ja, maar kan
slegs aan nuwe huurder of eienaar v terrein oorgaan en oorleef nie
https://onedrive.live.com/redir?resid=71115CDFC150512B%21287&page=Edit&wd=target%28Leereenheid 1.one%7C%2FOnderwerp 1.1%7C25… 1/6
10/17/22, 8:05 PM OneNote

beëindiging v huurkontrak nie 


• Reg om handelsverbod af te dwing – deel v koopsaak  
-([7] Botha v Carapax Shadereports) 
-Handelsverbod vorm deel v klandisiewaarde v koopsaak (besigheid) en dus
kan nuwe eienaar dit steeds afdwing 
 
         Soorte koopsake 
         A) Deeltiteleiendom 
• Wet op Deeltitels 
• Koopsaak = eenheid + gesamentlike eiendomsreg in gemeenskaplike
eiendom 
• [9] Phone-A-copy-saak 
-woonstelle was verkoop voor opening v deeltitelregister, kontrak
gekanselleer o.g.v koopsaak nie behoorlik omskryf nie (woonstelblok en
nommers was gegee) 
-Hof bevind beskrywing voldoende, koopkontrak geldig en geldig
gekanselleer 
-kommentaar: 
-koopsaak duidelik omskryf indien identifiseerbaar sonder eksentrieke
bewyse 
-Koopsaak in betrokke saak was net duidelik omskryf indien partye
genuskoop bedoel het 
-In geval v genus koop kom koopkontrak tot stand sonder voldoende
beskrywing v koopsaak omdat dit na kontraksluiting geindividualiseerd
word 
-Omdat koopsaak eers ontstaan na opening v deeltitel register: nie bestaan
t.t.v kontraksluiting nie en daarom het woonstelnommers nie koopsaak
geidentifiseer nie 
• [10] Exdev-saak 
-2 kategoriee vir eiendom omskrywing:  
-1) Dokument self beskryf koopsaak voldoende om identifikasie te
bewerkstellig 
-2) Waar dit uit kontrak blyk dat partye bedoel het dat of die koper/
verkoper die koopsaak moet kies uit 'n genus of klas 
-In betrokke geval was beskrywing voldoende, net individualisasie vereis
soos ooreengekom tussen partye 
 
         B) Tyddeeleiendom 
• Wet op Beheer v Eiendomstyddeling 
1) As die tyddeel skema as 'n deeltitel skema geadministreer word: saak
verkoop as deeltiteleiendom, maar gebruik/ genot: verskillende eienaars i.t.v
tydskedule geallokeer 
2) Waar as aandeelblok/ klub geadministreer: saak slegs as persoonlike reg
verkoop (nie saaklik) vir ongestoorde gebruik/ genot v uitsluitlike area aan
geregtige persone i.t.v tydskedule 
 
         C) Toekomstige koopsake 
• Slegs bepaalbaar t.t.v kontraksluiting i.t.v sekere spesifikasies/ voorval v
sekere gebeurtenis 
-Indien spesifikasies nagokom/ gebeurtenis plaasvind: koopsaak =
bepaalbaar 
1) Emptio rei speratae: 
-BV: S verkoop volgende seisoen se oes aan B vir R20/ sakkie 
-voor die oes realiseer: saak slegs bepalbaar – sal bepaal word indien oes in
eenhede vasgestel word 
2) Emptio spei: S verkoop volgende seisoen se oes aan B vir lompsom v R100
000, ongeag of oes realiseer of nie 
-per kans word saak bepaal: slegs bepaal t.t.v kontraksluiting 
3) Genus-koop (generic sale): saak in algemeen aangedui, eers later
geindividualiseerd 
-bv: 20 sakke sement v alle beskikbare sakke in verkoper se winkel 
-gevolg dat voor individualisering, die verkoopsaak bepaalbaar is en vasgestel
slegs na individualisering 
• Indien verbruikersbeskermeringswet v toepassing: 
I) As 'n toekomstige koopsaak ter sprake is moet dit ooreenstem met wat 'n
gewone waaksame verbruiker so verwag het 
II) As daar slegs 'n beskrywing/ monster is wat verskaf word ( aanlynkope)
moet die koopsaak ooreenstem met hierdie monster 

https://onedrive.live.com/redir?resid=71115CDFC150512B%21287&page=Edit&wd=target%28Leereenheid 1.one%7C%2FOnderwerp 1.1%7C25… 2/6


10/17/22, 8:05 PM OneNote

III) Verskaf kragtige remedies: verbruiker mag koopsaak nagaan/ kontrak


binne 10 besigheidsdae kansellleer 
 
       D) Res Aliena  
• Saak waarvan koper nie eienaar is: affekteer nie sluiting v kontrak 
-Verkoper moet slegs ongestoorde gebruik/ genot v al sy regte in saak aan
koper oordra 
• Ware eienaar is i.t.v gemenereg geregtig om eiendom terug te eis met aksie:
rei vindicatio 
• Waar koper 'n res aliena in goeder trou besit: eienaar slegs eiendom eis
indien steeds bestaan 
-indien reeds aan iemand anders verkoop: ware eienaar kan nie waarde v
eiendom terugeis 
-Ware eienaar kan wel waarde eis wat koper deur nalatigheid/ opsetlike
gedrag dit vir ware eienaar onmoontlik gemaak het om eiendom terug te eis 
-Waar koper res aliena koop, kwade trou optree: ware eienaar kan terugeis 
-Indien koper nie meer in besit/ saak vernietig: ware eienaar kan waarde v
saak terugeis 
-Ware eienaar kan hierdie reg op alle opvolgende kopers wat kwade trou
optree, uitoefen 
• Beperking op ware eienaar se reg op rei vindicatio: 
1) ware eienaar aan koper voorgestel dat verkoper ware eienaar is 
2) Saak verkoop ingevolge hofbevel, koper goeder trou opgetree 
3) Saak, buite kennis v kurator, behoort nie aan insolvente boedel en is
goeder trou deur kurator verkoop 
4) Die koper het, volgens reg, 'n retensiereg/ stilswyende hipoteek oor
verkoopsaak 
5) Ware eienaar het faktor aangedui om namens hom koopsaak te verkoop,
waar faktor die verkoopsprys onbemagtig self bepaal 
-koper wat in goeie trou opgetree het: ware eienaar slegs saak terugvat
indien waarde aan koper gegee word 
 
• Lizette is die eienaar v 'n Ford Echosport. Xander steel die Ford en verkoop
dit aan Karen. Karen verkoop dit op haar beurt aan Karlien 
1) Geldige koopkontrakte? Ja 
2) Xander (dief) se regsposisie? Strafregtelike/ sivielregtelike
aanspreeklikheid 
3) Lizette se remedies? Rei Vindicatio: kan saak op eis (solank as wat dit
bestaan) 
4) Kan Lizette die waarde v d Ford by Karen opeis waar Karen dit reeds aan
Karlien verkoop het? Slegs as Karen mala fide opgetree het (geweet het dit is
'n gesteelde saak) 
5) Wat is die regsposisie indien die Ford in 'n motorongeluk a.g.v Karen se
nalatigheid afgeskryf is? -Sal haar dilektueel kan aanspreek 
6) Wat is die regsposisie indien Karen of Karlien geweet het dat die Ford 'n
gesteelde voertuig is? Sy het mala fide opgetree, is aanspreeklik 
 
    E)  Res Litigiosa 
• Van toepassing waar 'n tweede verkoop pendite lite (pendiung litigation)
plaasvind 
-Regte v eerste koper geniet voorkeur en is afdwingbaar teen 2de koper
(ongeag optrede in goeder trou) 
• Vian verkoop sy meenthuis aan Karen. 'n Week later laat weet Vian vir Karen
dat hy nie meer belangstel om die meenthuis aan Karen te verkoop nie.
Karen nader gevolglik die hof vir 'n bevel wat Wian dwing om die meenthuis
aan Karen oor te dra. Intussen, voor die saak tussen Karen en Vian
afgehandel is, verkoop Vian die meenthuis aan Karlien. Wie se regte gaan
voorkeur geniet? 
1) Verkoping pendente lite: koper 1 se regte kry voorkeur, ongeag of koper 2
bona fide of mala fide is 
2) Koopsaak word 'n res litigiosa sodra dagvaarding bedien is 
• [11] Kootbodien-saak 
-Bogenoemde feite soortgelyk 
 
       Vereistes vir geldige prysvasstelling 
• Koper/ verkoper moet wilsooreenstemming oor prys bereik vir geldige
koopkontrak 
        1) Ooreenkoms oor koopprys 
• Kooprys bepaald/ bepaalbaar 
https://onedrive.live.com/redir?resid=71115CDFC150512B%21287&page=Edit&wd=target%28Leereenheid 1.one%7C%2FOnderwerp 1.1%7C25… 3/6
10/17/22, 8:05 PM OneNote

• Nie buite verhouding tot waarde 


• Bepaalbaar: 
I) Deuglike metodes –bv: R125; R10 per sak; aankoopprys + 30% 
II) Ondeuglik –bv: verkoper bepaal die prys; redelike en billike koopprys 
        2) Sekerheid oor prys 
        3) Prys moet bestaan uit gangbare geld (acceptable currency) 
• Prestasie nie geld: geen koopkontrak 
• Prestasie: geld en lewering v saak: ruil of koopkontrak? 
A) Bedoeling v partye rakend aard v kontrak 
B) Bedoeling onseker: kyk na verhouding v geld t/o saak (hoër geld=
koopkontrak) 
C) Geld/ saak = gelyke waarde: aangeneem: koopkontrak 
        4) Verbruikerswet 
• Prys mag nie onbilik, onredelik, onregverdig wees nie: hof mag regstellende
bevel uitreik 
• Kleinhandelaar moet prys behoorlik ten toon stel: 
-Verskillende pryse in winkel: kooper gebind deur laagste prys 
-Handelaar nie gebind deur aangetoonde prys: duidelike fout/ aan gepeuter
is 
 
3. Formaliteite 
• Algemene reël: geen formaliteite vir geldige koopkontrak- roerende goed 
• Partye mag oor eie formaliteite ooreenkom: redes: 
I) kontrak slegs geldig na formaliteite nagekom 
II) Dat formaliteite slegs as bewys dien 
-Bedoeling moet duidelik vasgestel word 
 
A) Koopkontrakte van grond 
• Moet in akte v vervreemding, deur beide partye geteken, vervat word 
-Nie elektronies 
• Verteenwoordiger (agent) moet skriftelike volmag he, behalwe: 
I) Verteenwoordiger optree m.b.t voorinkorporasiekontrak v besigheid 
II) Vennoot namens vennootskap optree 
III) Persoon deur regswerking gemagtig om namens ander op te rree bv:
ouers namens minderjarige kind 
IV) Funksionarisse of bestuur v maatskappy namens maatskappy optree 
• Sleutelbegrippe: 
I) Vervreem: verkoop, ruil, skenk ongeag onderworpe aan opskortende/
ontbindende voorwaarde 
II) Grond: enige eenheid/ regte om oordrag v grond te eis/ ongedeelde
aandele in grond/ belang in grond 
III) Vervreemdingsakte (deed of alienation) dokument i.t. waarvan grond
vervreem word 
• Oogmerk van statutere voorskrifte: 
-Geskille en onsekerhede oor inhoud te voorkom 
-Wanpraktyk teen te werk 
 
B) Vereiste van skrifstelling 
• Een dokument nie vereis nie, meer as een dokument kan 'n enkele kontrak
verteenwoordig 
• Reël teen ekstrinsieke getuienis 
-Mondelinge getuienis oor inhoud v kontrak ontoelaatbaar 
• Retifikasie 
-Geldige kontrak 
-Wat nie die ware bedoeling v partye weergee nie 
-Mondelinge getuienis toelaatbaar om kontrak te rektifiseer 
• Vervreemdingsakte moet bevat: wesenlike bepalings en essensialia op skrif 
-wesenlike bepaling: deur partye geag as belangrik genoeg om in kontrak te
plaas 
-[19] Herselman v Orpen (vasstelling of bepaling wesenlik is) 
-Alle wesenike bepalings  ooreengekom moet op skrifgestel word 
-Minimun vereistes op skrif: partye, koopsaak, koopprys 
-Dokument het bogenoemde bevat en geldige koopkontrak ontstaan het 
A) het partye hul vestand op bepaling toegepas? 
B) Het hulle ooreengekom dat bepaling deel v kontrak moet vorm/ bindend
moet wees? 
-Slegs op toepassing v bepalings wat nie naturallia is 

https://onedrive.live.com/redir?resid=71115CDFC150512B%21287&page=Edit&wd=target%28Leereenheid 1.one%7C%2FOnderwerp 1.1%7C25… 4/6


10/17/22, 8:05 PM OneNote

-Vervreemdingsakte moet ook bevat: reg om vervreemdingsakte te beëindig:


A 29A Wet op Vervreemding v grond/ A 16, 32 Verbruikerswet 
 
        C) Koopsaak duidelik omskryf 
• [9][10] Phone-A-Copy/ Exdev-sake 
• [14] Clements v Simpson: 
-Redelike mate v sekerheid; identifikasie sonder ekstrinsieke getuienis 
-Kategorieë koopkontrakte: 
I) Koopsaak uit kontrak identifiseerbaar 
II) Genus-koop: koopsaak eers na individualisasie bepaald 
• Ander omskrywings om verkoopsaak te definieer: 
-Roetekaart (map) aan kontrak heg 
-Objektiewe maatstaf bv: huis wat in Lizette se naam geregistreer is en met
verband t.o.v FNB beswaar is 
• Deeltitelregister geopen:kan omskryf word op basis 
A) eenheid nr, naam v gebou, nommer v deeltitelplan 
B) ongedeelde aandeelde in gemeenskaplike eiendom 
C) uitsluitlike gebruik area, indien dit bestaan 
• Deeltitelregister nie geopen: 
A) konsep deeltitel plan wat die eenheid 3-dimensioneel omskryf, bevat ook
beskrywing v ongedeelde aandele in gemeenskaplike eiendom en uitsluitlike-
gebruik area 
B) 'n genus koop: Phone-A-copy-saak 
 
      D) Koopprys duidelik omskryf 
• [18] Chretien v Belll;  
-Besonderhede rakend betaling was nooit ooreengekom 
-Alle wesenlike bepalings (wat nie net essensiale is nie): soos wyse en tyd v
bepaling 
-toets vir wesenlik: het partye hul verstand toegepas rakend term/ het hul
uitdruklik of stilsyend ingestem dat bepalings deel v kontrak moet vorm?  
• [12] Patel v Adam 
-Woorde dat koopprys in maandelikse paaiemente sonder rente betaal
word is te vaag, koopkontrak nietig 
• Koopprys + wyse v betaling + tyd v betaling 
• Paaiemente; tydperk tussenin betalings; tydperk waarbinne betalings
gemaak moet word 
 
      E) Partye duidelik omskryf 
• [15] Scheepers v Strydom 
 
      F) Wysigings van skriftelike kontrakte 
• Moet voldoen aan toepaslike wetgewing, andersins netig 
 
      G) Beëindiging en herstelling 
• Mondelings in orde 
• Hoef nie aan statutere vereistes te voldoen 
 
      H) Blanko spasies 
• [25] Johnston v Leal 
-3 moontlike konstruksies: Bedoeling: 
1) Nie deel v kontrak = geldige kontrak 
2) Wel deel maar blanko totdat wilsooreenstemming bereik = eers geldig as
laasgenoemde gebeur 
3) Wel deel maar per abuis nie voltooi nie = kontrak vatbaar vir retifikasie 
• Retifikasie v blano spasies slegs moontlik: 
-Indien ex facie geskrewe dokument blyk geldige kontrak te wees 
-Wesenlike beding blanko = retifikasie nie moontlik omdat koopkontrak
nietig is 
 
    I) Handtekening van partye 
• Aanbod en aanname in twee dokumente = beide moet onderteken word 
• Verteenwoordigers = skriftelik volmag  
• Ondertekening kan enige regsgeldige wyse geskied, behalwe vervreemding v
grond (mag nie elektronies) 
• Trust wat vervreemdingsakte v grond sluit = magtigingsbrief v Meester
vereis 
• Maatskappyverteenwoordigers en Verbruikerswet toepassing: lees par
13.66-69 

https://onedrive.live.com/redir?resid=71115CDFC150512B%21287&page=Edit&wd=target%28Leereenheid 1.one%7C%2FOnderwerp 1.1%7C25… 5/6


10/17/22, 8:05 PM OneNote
 
      J) Gevolg van nienakoming van formaliteite  
1) Kontrak nietig 
2) Teenprestasie kan nie geëis word nie, maar gelewerde prestasie kan
teruggevorder word 
3) Koper: redelike vergoeding vir noodsaaklike uitgawes en verbeterings 
4) Verkoper: redelike vergoeding vir okkupasie en opsetlike/ nalatige skade 
5) NB: Waar beide partye volledig presteer het = kontrak regsgeldig 
 
       K) Reg om aanbod te herroep of vervreemdingsakte te beëindig 
• A 29A: Wet op Vervreemding van Grond 
-Koper: binne 5 dae na ondertekening 
-Onvoorwaardelike beëindiging v vervreemdingsakte by wyse v geskrewe
ondertekende kennisgewing, mits:  
1) Koopprys nie R250 000 oorskry nie 
2) Koper = natuurlike persoon 
3) Grond hoofsaaklik vir bewonings doeleindes  
-Enige betaling moet binne 10 dae na lewering v kennisgewing terugbetaal
word  
• Afkoelreg: Verbruikerswet  
-Kontrak a.g.v direkte bemarking (verkoper benader verbruiker direk in
persoon, per e-pos, elektroniese kommunikasie) 
-Verbruiker: binne 10 besigheidsdae na lewering kontrak kanselleer en
goedere teruggee 
 
 
 
 
 
 
 

https://onedrive.live.com/redir?resid=71115CDFC150512B%21287&page=Edit&wd=target%28Leereenheid 1.one%7C%2FOnderwerp 1.1%7C25… 6/6

You might also like