You are on page 1of 2

Lentedag

Maak 'n voerbottel of


voerhuisie vir voëls
Gebruik melkbottels of plastiek

koeldrankbottels. Spoel dit uit

voordat jy begin.

Maak gaatjies om die sitstokkies

deur te druk - takke, potlode of

sosatiestokkies werk ook goed!

Gooi voëltjiesaad binne-in en hang

dit in 'n boom.

Dit kan ook versier

word!

Dit is goed om nie elke dag kos uit te


sit nie, want die voëls kan afhanklik

raak daarvan.

Maak seker jou voerbakke is naweke

vol, wanneer jy tyd het om die voëltjies

se feesmaal dop te hou!


Maak 'n badjie vir bye
Bye hou jou tuin gesond!

Maar hoekom het hulle water nodig?

Hier is 'n paar redes:

om heuning te verdun – bye gebruik

water om heuning se tekstuur te beheer

om met hul spysvertering te help - net

soos ons!

om die byekorf koel te hou

om die larwes (babas) te voer

Jy kan 'n waterbron vir bye in jou tuin maak.

Kies 'n koel plekkie in die tuin.

Gebruik iets as basis, soos 'n onderstebo pot of bakstene.

Plaas 'n vlak bak bo-op - gebruik glas of keramiek, NIE plastiek of
metaal nie (dit kan in die water begin oplos en die bye vergiftig).

Voeg 'n paar klippies by.

Gooi net genoeg water in sodat die klippies nog uitsteek - die bye

moet iewers kan sit!

Vervang die water daagliks en maak die badjie weekliks skoon.

Bron: www.gardentherapy.ca

You might also like