You are on page 1of 4

BLITSIGE BEDDINGS

Daar is waarskynlik heelwat mense wat op die stadium oorweeg om n groentetuintjie te begin. Nie
almal het spasie nie of woon dalk in n woonstel of meenthuis. Hier is n plan vir blitsige beddings wat
sal werk op n balkon of binnehof.
Jy benodig ‘n sak of twee (of 3) kompos en n paar sakkies saad. Maak seker dit is kompos en nie
potting soil nie. Dit gaan waarskynlik nie maklik wees om sakke kompos in die hande te kry nie. Ek
kon die 2 sakke by my plaaslike kruideniersware winkel koop. Dit klink of die meeste winkels wel
deesdae pakkies saad verkoop. Net omdat daar tamatiesaad te koop is, sê nie dis nou die tyd om dit
te plant nie. Kyk agter op die pakkie, jy wil nou saad plant wat gemerk is vir herfs of winter.
1. Heel eerste plaas jou sakke kompos waar hulle gaan staan, dit is nie maklik om die oop sak
rond te dra nie.
2. Steek dreineringsgate in die sak, gebruik ‘n tuinvurk of selfs n sosatiestokkie sal werk.
3. Draai die sak om sodat die dreineringsgate onder is, sny nou n groot opening in die sak, so
15cm vanaf die kante.

Sny so 15cm vanaf die kante


Plant saailinge of saadjies. Ons het in die eerste sak, botterblaarslaai geplant en in die tweede n
mengsel baba blaarslaai soorte gesaai, wat ek hopelik in die winter met n skêr kan afsny vir ons slaai.

Die meeste groente gaan ‘n sonnige plek nodig hê


om te groei.

Wortels gaan nie goed hier werk nie, die sak gaan
te vlak wees vir hulle behoeftes. Probeer baba groentes, soos kool, kruie, blaarslaai of beet.
Gee jou saailinge en saadjies gereeld water sodat
hulle nie uitdroog nie.

Author: admin
Filed Under: Uncategorized
Tags: Blitsige beddings

You might also like