You are on page 1of 1

Hoofstuk2

 Toe haar ouers, Ma Lettie en grootmaakpa, Pa At, uitvind sy kry by Stefaans hulp, is hulle
kwaad en Ma Lettie slaan haar.
 Sy besef die persoon wat raag gegee het, is Jakobe n wonder hoe hy van Stefaans geweet
het.
 Pa At is ‘n plaasarbeider, maar is trots dat Tina en haar halfboetie goed vaar op skool.
 Hulle gaan op 16 Desember dorp toe om Kerinkopies te doen.
 Kersdag werk die vrouens in die wit boere se huise en hou ook self Kersdgvieringe.
 Merlin, Jakob se ma, is by hulle en drink amper paraffien uit ‘n bottel.
 ‘n Bakleiery begin en Pa At word amper deur Evaan met ‘n mes gesteek.

Tina se ma is ontsteld dat sy Stefaans om hulp gevra het en Pa At is ook vies. Tina vermoed dat
Stefaans haar pa is omdat mense al jare lank daarvan praat. Sy wonder hoe Jakob van Stefaans
geweet het. Sy vra haar ma, maar Ma Lettie wil nie oor Jakob praat nie. Pa At kom huis toe en vertel
dat vyf skape gesteel is. Hy praat oor haar en Klein Attie se goeie rapporte. Op die 16de Desember
gaan hulle dorp toe en koop Kersfeesgoed. Pa At hoor dat sy met Stefaans gepraat het. Hy is baie
kwaad en ontevrede. Kersdag is Merlin by hulle. Tina probeer baie ordentlik wees en bied vir haar ‘n
glas aan vir die water wat sy in ‘n bottel het. Dis nie water nie, dis paraffien. Ma Lettie klap die bottel
uit Merlin se hand en klap per ongeluk vir oom Ketôt. Sy vrou, Sanna, wil hom help, maar Pa At keer
haar. Haar seun, Evaan, wil Pa At met ‘n mes bykom.

1. Hoekom is Ma Lettie so kwaad dat Tina dorpskool toe wil gaan?


2. Hoe reageer haar ma toe Tina vir haar sê dat sy geld het end at sy dit by Stefaans gekry het?
3. Watter vermoede lê al jare in Tina se gemoed?
4. Watter storie het haar ma haar oor haar pa vertel?
5. Verduidelik wat bedoel word met hierdie woorde: “Om nie te weet wie jou pa is nie, is om twee
keer in die rug gesteek te word: die eerste keer jou pa wat jou afstry, die tweede keer jou ma
wat jou pa wegstry.”(bl. 14)
6. Verduidelik die bolgende sin en skryf dit oor in verstaanbare Afrikaans: om te weet wie jou pa is,
is om te is.
7. Maak ‘n opsomming van die redes waarom Tina ongemaklik voel noudat sy weet wie haar pa is.
8. Maak ‘n lysie van die gunstige omstandighede wat Pa At as skaapwagter by die Coetzees ervaar.
9. Wat is die vernaamste oorsaak vir ‘n bakleiery tussen die plaasarbeiders?
10. Beskryf wat op Kersdag gebeur het.
11. Wat wil die skrywer deur hierdie insident aan die leser oordra?

You might also like