You are on page 1of 1

Die Kruppel Engel

Hoofstuk 1

 Die hoofkarakter, Tina Louw, beplan om weg te loop van die huis af.
 Sy wil in die Kaap as huishulp gaan werk.
 ‘n Motor stop en ‘n verwaarloosde persoon klim uit. Sy herken hom vaagweg.
 Hy raai haar aan om by ‘n wit man (Stefaans Marais) vir geld te gaan vra.
 Hy vertrek weer en sy doen wat hy haar aangeraai het om te doen.
 Stefaans stem in om haar te help sodat sy dorpskool toe kan gaan.
 Daar is gerugte dat Stefaans haar biologiese pa is.

Tina staan langs die N1 en ryloop. Sy wil Kaap toe gaan waar Rosy ‘n suksesvolle lewe lei as huishulp
vir ‘n Slams. Skielik klim ‘n baie vuil, verwaarloosde persoon (die engel) by ‘n motor uit en sê vir haar
om geld te vra by Stefaans Marais, die boer van Engelsplaas. Sy volg sy raad en kry finansiering om
na die dorpskool te gaan. Daar is ‘n gerug (rumour) dat sy Stefaans Marais se dogter is.

1. Wat word die leser dadelik van die weersomstandighede vertel?


2. Die emisie staan langs die N1 en ryloop. Wat suggesteer dit aan die leser?
3. Waarom dink sy aan die profeet Elia in die Oud-Testamentiese boek, Konings?
4. Wat gebeur gewoonlik nie wanneer ‘n mens ryloop nie?
5. Waarom is die inligting dat Rosy dit ‘gemaak’ het in die lewe ironies?
6. Om watter rede(s) sou ‘n meisie wegloop van haar huis af?
7. Beskryf die seun wat by die rooi kar uitklim en met haar kom praat.
8. Wat beteken dit as iemand ‘n ‘ryp reuk’ het?
9. Herskryf die volgende in gewone Afrikaans: “Ga’ra geld ‘ir Stefaa’s ‘arais”.
10. Beskryf kortliks Tina se ontmoeting met Stefaans Marais.
11. Watter goed weet Stefaans reeds van haar voordat sy hom vir geld vra?
12. In watter omstandighede sal jy bereid wees om vir iemand om hulp te vra?
13. Tina dink dat Stefaans Marais eintlik die volgende moes vra: “Hoekom kom vra jy juis vir
mý?” Wat, dink jy, is die antwoord op hierdie vraag?

You might also like