You are on page 1of 1

Jy vou sy hande en sy das.

Jy stel hom netjies voor.


Was jy regtig so doof
Om sy nood te hoor?
Jy wil net weer sy glimlag sien
Sy oë wat na jou kyk.
Nou is albei toe.
Net ’n doeie lyk.

’N Skaduwee, ’n skaduwee loop verlore


Soekend na ’n beter huis.

Alles wat hy nog wou doen word nou agter gelaat.


Al sy ma se wense en haar goeie raad
En wat sy pa gehoop het hy sal leer.
Oh…

Gesprekke ongevoer,
’N Duisend woorde nooit gesê
Plekke waarop hy sy oë wou lê.
En all sy gehuil wou jy net nooit verstaan
Jy sê net hou op huil want jy’s ’n man.

Alles wat hy nog wou wens word nou agter gelaat


Alles wat sy ma gehoop het hy sal baat
En hoe sy pa gehoop het hy sou wees.

Alles wat hy gedoen het is nou agter gelaat.


Al die hartseer waaroor hy nooit oor kon praat
Al die vrese wat hom sou onder kry
Ohh

En ons wat hom onthou


Is agter gelaat

You might also like