You are on page 1of 18

FISIESE WETENSKAPPE 1/2

GRAAD 12

TAAK 3.1

JUNIE-EKSAMEN 2022

TOESIGHOUERINSTRUKSIES

• Die nasiener moet seker maak dat die leerder die nodige unieke strepieskodevoorblad voor
die aanvang van die eksamensessie beskikbaar het; dit moet onmiddellik ná afloop van die
eksamen by die antwoordblad geheg word. (Leerders moet hul eie strepieskodedvoorblad
verskaf.)

Bladsy 1 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

FISIESE WETENSKAPPE
JUNIE-EKSAMEN 2022
VRAESTEL 1/2: FISIKA
GRAAD 12

EKSAMINATOR: S. Roberts TYD: 3 uur


MODERATOR: P. de Swardt TOTAAL: 150

INSTRUKSIES

1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, NEGE vrae en EEN addendum:
1.1 Afdeling A: Meervoudige keusevrae
1.2 Afdeling B: Kontekstuele vrae
2. Lees deur die vraestel voordat jy dit beantwoord.
3. Beantwoord al die vrae.
4. Skryf netjies en leesbaar.
5. Trek ’n lyn ná elke vraag.
6. Gebruik slegs ’n blou bolpuntpen.
7. Jy mag ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
8. Jy mag gepaste wiskundige instrumente gebruik.
9. Nommer jou antwoorde soos aangedui.
10. Jy word aangeraai om die aangehegte gegewensblaaie te gebruik.
11. Toon alle formules en vervangstappe van alle berekenings.
12. Rond alle finale antwoorde af tot twee desimale plekke.
13. Verskaf kort verduidelikings, besprekings, ens. indien nodig.
14. Geen Tipp-Ex mag gebruik word nie.

Bladsy 2 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

AFDELING A

VRAAG 1

Meervoudigekeusevrae. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op elk van


die volgende vrae verskaf. Kies die regte antwoord en skryf slegs die letter (A–D)
langs die vraagnommer (1.1–1.10), bv. 1.11 E.

1.1 ’n Motor reis teen ’n konstante snelheid op ’n wrywinglose oppervlakte.


Watter een van die volgende fisiese hoeveelhede verhoog in grootte
gedurende die beweging?

A Netto krag
B Kinetiese energie
C Momentum
D Verplasing (2)

1.2 Twee blokke, X en Y, massas m en 2m onderskeidelik, is in kontak met


mekaar. Die blokke word versnel deur ’n horisontale krag, F, langs ’n
wrywinglose, horisontale oppervlak.

Wat is die grootte van die krag wat Y op X uitoefen?

A 2F
B F
C 2
F
3
D 1
F
3 (2)

Bladsy 3 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

1.3 ’n Persoon duik vanaf ’n hoë platform in ’n swembad in. By watter EEN
van die posisies A, B, C of D sal die grootte van sy/haar momentum ’n
maksimum wees?

A Posisie A
B Posisie B
C Posisie C
D Posisie D (2)

1.4 Vuyi, massa 80 kg, en Lulu, massa 40 kg, sit op identiese kantoorstoele
(toegerus met rollers as wiele) en kyk na mekaar. Vuyi plaas haar voete
teen Lulu se knieë en stoot haar weg.

Watter EEN van die volgende is korrek aangaande die grootte van die
krag wat Lulu op Vuyi uitoefen?

A 40
FLulu op Vuyi = FVuyi op Lulu
120
B 𝐹𝐹Lulu op Vuyi = nul
C FLulu op Vuyi = FVuyi op Lulu
D 40
FLulu op Vuyi = FVuyi op Lulu
80 (2)

Bladsy 4 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

1.5 ’n Voorwerp beweeg in ’n reguit lyn oor ’n GROWWE horisontale


oppervlakte. Indien die netto arbeid verrig op die voorwerp nul is, dan
_____.

A het die voorwerp geen kinetiese energie nie


B beweeg die voorwerp teen ’n konstante spoed
C beweeg die voorwerp teen ’n konstante versnelling
D is daar geen wrywingskragte wat op die voorwerp inwerk nie (2)

1.6 Beskou die stellings hieronder:

I Arbeid word op ’n voorwerp verrig wanneer ’n krag die voorwerp in


die rigting van die krag verplaas.

II Meganiese energie van ’n sisteem bly behoue wanneer ’n eksterne


krag geen arbeid op die sisteem verrig nie.

III Die arbeid deur ’n netto krag op ’n voorwerp verrig, is gelyk aan
die kinetiese energie van die voorwerp.

Watter van die bostaande stellings is KORREK?

A Slegs I
B Slegs I en II
C Slegs II en III
D I, II en III (2)

1.7 Die fisiese grootheid energie, uitgedruk in basis eenhede, is …

A kg·m2·s-3
B kg·m2·s-2
C kg·m·s-1
D kg·m·s-2 (2)

1.8 Die afstand tussen die middelpunte van twee identiese, gelaaide sfere is
r. Watter een van die volgende veranderinge sal die netto krag
verdubbel wat die sfere op mekaar uitoefen?

A Verdubbel die afstand na 2r


B Verminder die afstand na ½r
C Verdubbel die lading op elke sfeer
D Verdubbel die lading op een sfeer alleen (2)

Bladsy 5 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

1.9 Elektriese veldsterkte by ’n punt in ’n elektriese veld word gedefinieer as


die _____.

A krag ondervind per eenheid positiewe lading by daardie punt


B krag wat ’n lading ondervind by daardie punt
C arbeid verrig om ’n positiewe eenheidslading by ’n punt te
beweeg
D arbeid verrig om ’n lading te beweeg by ’n punt (2)

1.10 Die diagram hieronder toon twee gloeilampe, X en Y, wat in serie aan ’n
battery met weglaatbare interne weerstand geskakel is.

Indien gloeilamp X helderder as gloeilamp Y brand, dan sal die _____.

A stroom deur gloeilamp X kleiner as dié deur gloeilamp Y wees


B weerstand van gloeilamp X kleiner as dié van gloeilamp Y wees
C weerstand van gloeilamp X groter as dié van gloeilamp Y wees
D stroom deur gloeilamp X groter as dié deur gloeilamp Y wees
(10 x 2) = [20]

TOTAAL AFDELING A: 20

Bladsy 6 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

AFDELING B

VRAAG 2

’n 8 kg-blok rus op ’n growwe horisontale oppervlakte en is verbind aan ’n ander 2 kg-blok


wat aan ’n ligte onrekbare tou vas is oor ’n wrywinglose katrol soos in die skets hieronder.
Die 8 kg-blok word nou teen ’n konstante spoed getrek deur ’n horisontale krag van
43,12 N na regs.
Die kinetiese wrywingskoëffisiënt tussen die blok en die tafel se oppervlakte is 0,30.

2.1 Stel Newton se Tweede Wet van Beweging in woorde. (2)

2.2 Teken ’n vryliggaamdiagram van al die kragte wat inwerk op die 8 kg-
blok. (5)

2.3 Bereken die grootte van die wrywingskrag. (3)

2.4 Bereken die waarde van die spankrag in die tou. (3)

Die 43,12 N horisontale krag word nou verhoog na ’n krag van 70 N.

2.5 Wat sal die effek wees van die verhoogde krag op die:

2.5.1 grootte van die wrywingskrag? Skryf slegs VERMEERDER,


VERMINDER of BLY DIESELFDE. (1)

2.5.2 Verduidelik die antwoord in VRAAG 2.5.1. (2)

2.6 Identifiseer ’n Newton 3-kragtepaar in hierdie sisteem. (2)


[18]

Bladsy 7 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

VRAAG 3

’n Vuurpyl bestaan uit twee dele, A met ’n massa van 200 kg, en B met ’n massa
een en ’n half keer dié van A. A word op B vasgemaak en gesamentlik afgevuur.

30% v

VOOR DIE ONTPLOFFING NÁ DIE ONTPLOFFING

3.1 Stel die beginsel van behoud van momentum in woorde. (2)

Die vuurpyl beweeg vertikaal opwaarts, teen ’n konstante spoed v, wanneer ’n ontploffing
plaasvind waarna A teen ’n nuwe snelheid aanhou opwaarts beweeg en B afwaarts
beweeg teen 30% van die spoed waarmee A opwaarts beweeg het.

Ignoreer ALLE eksterne kragte wat op die vuurpyl inwerk.

3.2 Bereken die snelheid van B in terme van v onmiddellik na die ontploffing. (5)

3.3 Die grafiek toon die gemiddelde krag wat A gedurende die ontploffing op B
uitoefen as ’n funksie van tyd.
krag (N)
Average force
Gemiddelde

0 Time (s) Tyd (s)

3.3.1 Wat word die fisiese grootheid genoem wat deur die area van die
grafiek voorgestel word? (1)

3.3.2 Teken die grafiek oor in jou antwoordboek. Op dieselfde


assestelsel, teken die grafiek van die gemiddelde krag wat B op
A uitoefen as ’n funksie van tyd. (2)
[10]

Bladsy 8 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

VRAAG 4
’n Bal met ’n massa van 0,06 kg word vertikaal opwaarts geprojekteer van die bokant van
’n gebou af, 9 m bokant die grond. Die bal bereik ’n maksimum hoogte, h1, bokant die
grond en tref die grond met ’n finale spoed van 16,57 m.s-1 soos in die diagram getoon.
Ignoreer alle effekte van weerstand.

4.1 Noem die krag wat op die bal inwerk net nadat dit geprojekteer is. (1)

Die snelheid–tydgrafiek hieronder verteenwoordig die beweging van die bal vanaf die
oomblik wat dit opwaarts geprojekteer word totdat dit die grond tref.

4.2 Skryf neer die grootte en rigting van die versnelling van die bal by
tyd t = 1,01 s. (2)

4.3 In die grafiek hierbo word die verskil tussen area A1 en A2 bereken.
Skryf die numeriese waarde deur hierdie verskil voorgestel, neer. (1)

Gebruik slegs bewegingsvergelykings en bereken die:


4.4 aanvanklike spoed waarmee die bal geprojekteer word. (4)

4.5 hoogte h1. (4)

Bladsy 9 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

4.6 Skets ’n posisie–tydgrafiek van die totale beweging van die bal. (4)
[16]

VRAAG 5

’n Groot slopingsgewig (wat werk soos ’n pendulum) word gebruik om mure van
geboue af te breek. Die bal het ’n massa van 2 500 kg en word opgelig deur ’n
hyskraan tot op punt X, op ’n hoogte van 5,8 m bokant die laagste posisie, in 60 s.
Ignoreer lugweerstand.

5.1 Stel die beginsel van behoud van meganiese energie. (2)

Die slopingsgewig word losgelaat vanaf punt X en tref die muur by die laagste
punt van die swaai. Ná die botsing beweeg die bal 0,30 m HORISONTAAL in
die muur in voor dit tot rus kom.

5.2 Watter energie-omskakeling vind tydens die afwaartse swaai van die
bal plaas? (2)

5.3 Bereken die snelheid waarmee die bal die muur tref. (4)

5.4 Definieer die term “konserwatiewe krag”. (2)

5.5 Gebruik SLEGS energiebeginsels en bereken die gemiddelde krag


uitgeoefen op die bal terwyl dit in die muur inbeweeg. (4)

5.6 Bereken die impuls op die muur as gevolg van die slopingsgewig. (3)
[17]

Bladsy 10 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

VRAAG 6

’n Krat met massa 40 kg moet op ’n vragmotor gelaai word deur dit opwaarts oor ’n
onbuigbare staalbalk van punt X (op die grond) na punt Y (op die vlak van die vragmotor)
te skuif. Die pakhuisvoorman gebruik die beginsel van behoud van meganiese energie
om die probleem op te los, sonder om aan die wrywingskrag te dink. Hy bereken dat hy
die krat teen die staalbalk tot by punt Y (wat 0,8 m bokant die grond is) kan kry deur dit
teen ’n aanvanklike spoed van 4 m.s-1 by X te stoot en dan te laat los.

6.1 Punt Y is 0,8 m bo die grond. Gebruik die beginsel van behoud van
meganiese energie om die kinetiese energie van die krat te bereken indien
wrywing geen energie sou laat verlore gaan nie. (5)

6.2.1 Die krat stop ná 2 m by punt Z, wat 0,53 m bo die grand is.
Verduidelik hoekom die krat by hierdie punt stop. (2)

6.2.2 Skryf die arbeid–energiestelling in woorde. (2)

6.2.3 Teken ’n vryeliggaamdiagram, met byskrifte, wat al die kragte aantoon wat
tussen punt X en punt Z op die krat inwerk. (3)

[12]

Bladsy 11 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

VRAAG 7

Twee gelaaide sfere, R en S, is beide in rus op ’n gladde geïsoleerde oppervlakte teen ’n


25°-hoek met die horisontaal. Sfeer S, met massa 0,01 kg met ’n lading van –6 x 10-9 C,
word verbind met ’n lang, ligte onrekbare tou verbind aan punt P by die bopunt van die
helling.

Sfeer R, met ’n lading van +5 x 10-9 C, word op ’n afstand r gehou tussen die middelpunte
van die sfere, soos getoon in die skets.

Ignoreer alle effekte van wrywing.

Sfeer R oefen ’n elektrostatiese krag met ’n grootte van 1,2 x 10-3 N op sfeer S uit.

7.1 Stel Coulomb se wet in woorde. (2)

7.2 Bereken die afstand r tussen die sfere. (3)

7.3 Teken ’n vryliggaamdiagram vir al die kragte wat op sfeer S inwerk. (4)

7.4 Bereken die:

7.4.1 Spankrag in die tou. (5)

7.4.2 Netto elektriese veld by punt P. (5)

Bladsy 12 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

Die helling waarop die ladings rus, word nou verminder na 0°.

3 x 1010 elektrone word nou by lading R gevoeg.

7.5 Bereken die nuwe lading op R. (3)

7.6 Teken ’n diagram om die veldpatroon om lading S voor te stel. (2)

7.7 Wat gaan met die volgende gebeur? Skryf slegs VERMEERDER,
VERMINDER of BLY DIESELFDE.

7.7.1 Die krag tussen lading R en S. (1)

7.7.2 Die elektriese veld om lading R. (1)

7.7.3 Die netto krag indien die afstand halveer word. (1)
[27]
VRAAG 8

Drie weerstande word verbind aan ’n battery met ’n onbekende emk en onbekende
interne weerstand, r, soos getoon hieronder.

Bladsy 13 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

Ignoreer die weerstand van die verbindingsdrade.

8.1 Definieer die term “emk”. (2)

Skakelaar S word nou GESLUIT. Die voltmeterlesing is nou 2,63 V.

8.2 Bereken die ekwivalente eksterne weerstand van die stroombaan. (4)

Skakelaar S is nou OOP. Die voltmeterlesing is nou 2,8 V.

8.3 Bereken die:

8.3.1 Interne weerstand van die battery. (8)

8.3.2 Die emk van die battery. (2)

8.4 Verduidelik waarom die voltmeterlesing toeneem wanneer skakelaar S


oop is. (3)
[19]

VRAAG 9

Leerders voer ’n eksperiment uit om Ohm se wet te verifieer. Hulle verander die
potensiaalverskil oor die resistor en meet die ooreenstemmende stroom deur die resistor.
Die versamelde data word op die grafiek hieronder getoon.

Bladsy 14 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

9.1 Stel Ohm se wet in woorde. (2)

9.2 Die grafiek wyk af van Ohm se wet by punt X. Gebruik die inligting op
die grafiek om die volgende vrae te beantwoord.

9.2.1 Skryf slegs die potensiaalverskil by punt X neer. (1)

9.2.2 Skryf die stroom se waarde by punt X neer. (1)

9.2.3 Gee ’n rede waarom die weerstand nie Ohm se wet gehoorsaam
vanaf punt X nie. (2)

9.3 Gebruik die inligting op die grafiek wanneer die potensiaalverskil minder
is as by punt X en bereken die:

9.3.1 Gradiënt van die grafiek. (3)

9.3.2 Weerstand van die resistor. (2)


[11]

TOTAAL AFDELING B: 130

GROOTTOTAAL: 150

Bladsy 15 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12


PAPER 1 (PHYSICS)

GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12


VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS / TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE


Acceleration due to gravity
Swaartekragversnelling g 9,8 m·s-2

Universal gravitational constant


Universele gravitasie konstante G 6,67 x 10-11 N·m2·kg-2

Radius of the Earth


Radius van die Aarde RE 6,35 x 106 m

Mass of the Earth


Massa van die Aarde ME 5,98 x 1024 kg

Speed of light in a vacuum


Spoed van lig in 'n vakuum c 3,0 x 108 m·s-1

Planck's constant
Planck se konstante h 6,63 x 10-34 J·s

Coulomb's constant
Coulomb se konstante k 9,0 x 109 N·m2·C-2

Charge on electron
Lading op electron -e -1,6 x 10-19 C

Electron mass
Elektron massa me 9,11 x 10-31 kg

Bladsy 16 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

TABLE 2: FORMULAE / TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

v f = vi + a ∆t ∆x = v i ∆t + 21 a∆t 2 or/of ∆y = v i ∆t + 21 a∆t 2


 v + vi   v + vi 
v f 2 = vi2 + 2a∆x or/of v f 2 = v i 2 + 2a∆y ∆x =  f  ∆t or/of ∆y =  f  ∆t
 2   2 

FORCE/KRAG

Fnet = ma
p = mv

fsmax = μsN fk = μkN


Fnet ∆t = ∆p
∆p = mv f - mv i w = mg

Gm1m2 Gm1m2
F= or/of F = GM GM
d2
r2 g= or/of g = 2
d2
r

WORK, ENERGY AND POWER / ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

W = F∆x cos θ U = mgh or/of E P = mgh


1 1 Wnet = ∆K or/of Wnet = ∆Ek
K= mv 2 or/of E k = mv 2
2 2 ∆K = K f - K i or/of ∆Ek = Ekf - Eki
Wnc = ∆K + ∆U or/of Wnc = ∆Ek + ∆Ep W
P=
Δt
Pave = Fv ave / Pgemid = Fv gemid

WAVES, SOUND AND LIGHT / GOLWE, KLANK EN LIG

1
v=fλ T=
f
v ± vL v ± vL c
fL = fs fL = fb E = hf or/of E = h
v ± vs v ± vb λ
E = Wo + K max or/of E = Wo + Ek (max) where/ waar

1 1
E = hf and/en Wo = hfo and/en K max = mv max
2
or/of Ek(max) = mv max
2

2 2

Bladsy 17 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G12 ~ Fisiese Wetenskappe V1/2

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

kQ1Q2 kQ
F = E=
r2 r2
F W
E= V=
q q
Q Q
n = or/of n =
e qe

ELECTRIC CIRCUITS / ELEKTRIESE STROOMBANE

V 1 1 1
R= = + + ...
I R p R1 R 2

R s = R1 + R 2 + ... emf ( ε ) = I(R + r)

q= I ∆t emk ( ε ) = I(R + r)

W
P=
Δt W = Vq

W = VI ∆ t
P = VI

W = I 2R ∆ t
2
P =I R
V 2 Δt
W=
V2 R
P=
R

ALTERNATING CURRENT / WISSELSTROOM

Pave = VrmsIrms or/of Pgem = VwgkIwgk


I I
I rms = max / I wgk = maks
2 2 2
Pave = IrmsR or/of Pgem = I2wgkR

Vmax Vmaks
Vrms = / Vwgk = 2
Vrms 2
Vwgk
2 2 Pave = or/of Pgem =
R R

Bladsy 18 van 18 © Impaq

You might also like