You are on page 1of 2

 Die lewe is ‘n lied en almal dans saam.

 Ouers doen die ‘cha-cha-cha’ om die gejaagde rotteresies te oorleef.


 Tieners doen die hip-hop saam met die jong groep.
 En as die ouderdom jou ingehaal het, is dit al die pad sakkie-sakkie.

 Eerstens – Ouers doen die ‘cha-cha-cha’ om die rotteresies te


oorleef.
 Hulle jaag ons kinders gedurig aan asof ons ‘n klop skape oppad
vandisie toe is!
 Jy mag nie in rus en vrede ontbyt eet nie,
 Of jou skooltas eers in die oggend pak nie.
 Jy moet net heeltyd op aandag spring as hulle die woord spreek! (OF
SKREEU)
 Hulle is te haastig om jou te help met huiswerk,
 Of na jou klaagliedere van Jeremia te luister oor die boelie by die
skool.
 Dit laat kinders afgeskeep voel.
 Hameeda Bassa-Suleman, ’n kliniese sielkundige van Durban,
 Sê in die artikel “Maak tyd vir jou kind”,
 Gelaai op 11 Desember 2014 op www.huisgenoot.com:
 “Dit is noodsaaklik dat gesinne tyd saam deurbring.
 Ouers ruim tyd in vir jou kinders, dit laat ons spesiaal en
gewaardeer voel.”
 Afwesige onbetrokke Maak dat kinders nie meer lus is om te dans
nie en laat die lied van die lewe vervaag...

Die lied met die vinnige ritme laat Tieners hip-hop saam met die
groep.
 Ons is ‘hip’ met alles wat ons aantrek en besit.
 En ons ‘hop’ op elke moontlike geleentheid om in te wees by die
groep!
 Ons volg die groep se modegiere slaafs na,
 Al lyk ons soms vir ons ouers soos ‘n voëlverskrikker!
 En is ‘n bok vir sports wanneer daar ʼn kletsgroepie agter in die klas
gestig word
 Tot groot frustrasie van Jufr, Papie wat probeer dissipline
handhaaf!
 Anys Rossouw, sielkundige van Pretoria,
1 2019 © Kopiereg voorbehou – Redenaars.co.za
 Sê in die artikel “Die greep van groeps-druk,”
 In Rooi Rose van 7 Des 2017:
 “Kinders vrees uitsluiting en om nêrens in te pas nie, en ’n
alleenloper of loser te wees.
 Dié vrees is dikwels sterker as ons waardes.”
 As jy in wil wees by die groep, moet jy die groep se danspassies
uitvoer,
 Anders gaan jy ‘n toeskouer langs die dansbaan van die lewe word...!
Soms is die lied van die lewe maar vals Dit sal dan help om te onthou
dat daar vriende is vir ‘n seisoen en vriende vir ‘n leeftyd.

 Laastens
 – As die ouderdom jou ingehaal het,sakkie-sakkie jy saam met die
boeremusiek van die lewe..
 Ja – dit gaan wel skuifel-skuifel en sit -sit op die stoep -om asem te
skep,
 Maar jy voer nog steeds die lewe se danspassies uit sonder om
steen en been te kla!

 Tom Casano, stigter van ‘Life Coach Spotter’
 Skryf in die berig “10 Ways Gratitude Makes Your Life Better”,
 In die Huffington Post van 21 Julie 2015:
 “Dankbare mense is gelukkiger en fokus op die positiewe.”
 Al beweeg oumense dikwels uit ritme,
 Weier hulle om soos ʼn ou verstokte persoon met ʼn loopring te loop,
 En hul motor se sleutels prys te gee!
 My ouma van tagtig bestuur nog self haar voertuig, al die pad van
thabazimbi om vir ons te kuier
 Daar is beslis nog skop in haar lyf – al is daar lood in haar voete...!
 Oumense is ‘n voorbeeld vir ons.
 Hulle laat nie toe dat allerhande apparate en tekortkominge hul
danspassies strem nie!

 Of jy nou‘cha-cha-cha, hip-hop of sakkie-sakkie.


 Of jy nou twee linker voete het of “simply come dancing” wen
 Of die lied vervaag, vals is of ‘n stadiger ritme het. Elke dag bring
sy eie melodie Die lewe is ‘n lied en jy moet saam dans.

2 2019 © Kopiereg voorbehou – Redenaars.co.za

You might also like