You are on page 1of 3

ASEM

Hoofstuk 9
Vraag 1 – Kontekstuele Vrae
TEMA: ROTTEGIF.
1.1 Die blou korreltjies gif.

1.1.1 Barries het blykbaar die rottegif by Butcher gekoop.


1.1.1a Het Butcher vir Barries gejok oor die eienskappe (smaak en reuk) van die rottegif? Motiveer.

1.1.1b Hoeveel rottegif moet Barries gebruik om sy pa siek te maak, maar nie dood te maak nie?
1.1.2 Barries "ruk soos hy skrik" wanneer Paul onverwags inkom om hom te roep om te kom help.
1.1.2a Barries se skuldige houding wek agterdog. Waarom kyk Paul agterdogtig na Barries se
hand?

1.1.2b Waarin (en waarmee) oorweeg Barries om die rottegif te gooi? Waarom besluit hy
daarteen?

TEMA: SKAAK ... MAT.


1.2 Die skaakbord en die skaakstukke.
1.2.1 Verduidelik kortliks hoekom Paul vir Barries uitdaag om skaak te speel.
1.2.2 Hoekom glo Barries hy sal maklik teen Paul kan wen?
1.2.3 Hoeveel potte skaak speel hulle uiteindelik en hoeveel potte wen Barries teen Paul?
1.2.4 Paul is 'n goeie skaakspeler. Watter aanduiding is daar dat Barries nie 'n goeie verloorder is
nie?

TEMA: SOEWENIERS.

1.3 Die bedkassies en die skoendoos.

1.3.1 Barries dink dis verstaanbaar dat Paul se tweede huwelik ook misluk het /"in die drein af is"
(in egskeiding geëindig het). Wat is waarskynlik die oorsaak dat dit misluk het? Motiveer.

1.3.2 Barries krap in Paul se bedkassies en kom af op pienk pantoffels, tydskrifte en 'n
skoendoos.

1.3.2a Wat ontdek Barries wanneer hy die deksel van die skoendoos lig? (Sê wat die inhoud is.)

1.3.2b Barries se hart ruk en hy kry 'n pyn tot in sy keel. Waarom raak hy so emosioneel?

1.3.2c Wat oorweeg Barries om met die skoendoos en die inhoud daarvan te doen?

TEMA: HAAT ... WRAAK.


1.4 Barries maak sy openingskuif.

1.4.1 Wat doen Barries met die bottel nadat hy die seël gebreek het en die bottel opgemaak het?

1.4.2 Hoe voel Barries nadat hy die eerste stap van sy giftige wraakplan suksesvol uitgevoer het?
Hoofstuk 10
Vraag 1 – DIALOOGTIPE VRAAG
TEMA: AGTERVOLGING EN BOTSING.
Voltooi die volgende dialoog/tweegesprek tussen Barries en sy ma, Vera.

1.1 Wag, wag, wag eers ...

1.1.1. Vera: Hoe het jy geweet dat Paul reeds vroeg weg is saam met Stef?
Barries:

1.1.2. Vera: Jy sê jy't agtergekom dat jy nie alleen is nie? Hoe dan so?
Barries:

1.1.3. Vera: Hoe het jy geweet die vreemde seun het nie sy eie klere aan nie?
Barries:

1.1.4. Vera: Hoekom het jy (kaalvoet / met kaal voetsole) die seun agterna gesit?
Barries:

1.1.5. Vera: Kon jy toe die seun betyds inhaal of vang? Hoekom/hoekom nie?
Barries:

1.1.6. Vera: Wat was die vreemde geluid wat jou tussen die rotse en sloepe verder laat soek het?
Barries:

1.1.7. Vera: Jy't genoem jy het Stef se meisie, Olga, op die rotse gesien. Hoe het jy geweet wie sy is en
wat op aarde het sy so alleen tussen die rotse gedoen?
Barries:

1.1.8. Vera: Magtag, Barries! Het jy haar afgeloer? Hoe het sy reageer toe sy besef wat jy doen?
Barries:

1.1.9. Vera: Wat het Stef gesê of gedoen toe hy uitvind jy het Olga reeds op die rotse ontmoet?
Barries:

1.1.10. Vera: Dit klink asof Olga dalk bang is vir Stef. Watter bewyse/tekens is daar?
Barries:

1.1.11. Vera: Dit klink asof jy ook bang is vir Stef. Het hy jou dan gedreig?
Barries:

1.1.12. Vera: Wat het jou pa gedoen en gesê om die spanning te probeer verlig?
Barries:

1.1.13. Vera: As Paul die spanning verlig het, hoekom het jy dan vir Stef aan die bors gegryp?
Barries:

1.1.14. Vera: Jy't gesê Stef wou weet wat jy op die rotse gaan soek het. Wat was jou antwoord?
Barries:

1.1.15. Vera: Jou pa het jou gewaarsku om versigtig te wees. Waarteen het hy jou gewaarsku?
Barries:

You might also like