You are on page 1of 2

Luister na wat’s in die hart van ’n kind

’N Klank van suiwere bestaan


Luister die lied wat dit stuur op die wind
Jy hoor en jy verstaan

Die lyding die kwaad, al die hartseer en pyn


Is vertrou aan die wind en die see
Gelei deur die kind wat soos sonopkoms skyn
Wie verlede laat verkwyn.

Die dag is nuut


’N Moeder sing
’N lied van warm somer
Wat ’n nuwe aarde bring

Die son weerkaats


’n Waterstroom
En wys ’n kind die/’n wereld
Soveel beter as haar droom.

Die warm wind sal waai


Die sonneblom sal draai.
’n Baba lam
Sal self sy melk gaan drink
Van sy ma.

En almal sien die wonder


’n Lied van somer.

Ek lig my oë
’n Swaeltjie sweef
Sy volg haar hart na lande
Om die somers te beleef.

Die bome buig.


Die water skei.
Die donderweer en weerlig;
’n Reënboog oor die vlei.

Die warm wind sal waai


Die sonneblom sal draai.
’n Baba lam
Sal self sy melk gaan drink
Van sy ma.

En almal sien die wonder


Hoor my stem
Ek sing die lied van somer.
Almal sien die wonder
Hoor my stem
Ek sing die lied van somer.
Almal sien die wonder
’n Lied van somer.

You might also like