You are on page 1of 2

TOKS VAN DER LINDE SE

BILTONGPOT

TOKS VAN DER LINDE SE BILTONGPOT


Toks van der Linde, oud-springbok en sportkommentator het
hierdie pot vir Pasella voorberei. Dis sy gunstelingresep.
(Bedien 10)
3 uie, gekap
1 pakkie vars sampioene, opgesny
1 pakkie spek, opgesny
1 pakkie frankfurter worsies, opgesny
1 pakkie kaasworsies, (cheese grillers), opgesny
1 pak skroefnoedels
1 pakkie Tastic sampioenrys
1 pakkie Tastic Spaanse rys
720 g gekerfde beesbiltong
250 g gerasperde kaas

Maak ‘n swart pot warm oor die vuur en braai die uie en
sampioene in olie.
Geur met sout. Gooi spek by en braai 2 minute, voeg dan
worsies by.
Braai 5 minute. Gooi skroefnoedels en rys by en een ketel
kookwater.
Maak pot toe en prut 20 minute (hou ‘n oog en gooi nog water
by indien
nodig). Gooi biltong oor, maak deksel toe en stoom 5 minute.
Maak oop
en roer pot deur, kyk net dat dit nie droogkook nie. Gooi
gerasperde
kaas bo-oor en laat staan 5 minute. Eet en geniet!

Foto en resep geplaas deur Corne van der Merwe


2de foto: Odehlia Engelbrecht‎

You might also like