You are on page 1of 8

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK en GRAAD Lewensoriëntering Graad 10


KWAARTAAL 3 Week 3 Les 3
ONDERWERP Selfontwikkeling in die samelewing
• Emosionele veranderinge: volwassewordende persoonlikheid, diepte en beheer van emosies,
gevoelens van onveiligheid, veranderende behoeftes, belangstellings, gevoelens, religie, waardes en
seksuele belangstelling
• Sosiale veranderinge: verhouding met gesin, interaksie met sosiale groepe, behoefte aan
groepsaanvaarding en afhanklikheid van portuurgroep, beweging na beroepsmark en verhoogde
verantwoordelikhede
• Hantering van verandering: belangrikheid van kommunikasie en om vriende te maak
• Die gevolge van COVID-19 op gevestigde norme in die gesinslewe
DOEL VAN LES:

1.Hoe emosionele en sosiale veranderinge die adolessent beïnvloed

2. Ontwikkeling van persoonlikheid

3. Hoe om emosies te bestuur en te beheer


Aan die einde van die les behoort
ons die volgende te verstaan 4. Hoe behoeftes en belangstellings verander

5. Verhoudings en kommunikasievaardighede

6.Eise gestel aan ontwikkelende adolessente

BRONNE Papier Bronne Digitale Bronne


Verskillende handboeke, werkboeke, Internet:Artikels en videos
notaboek, leederwerkboeke ;Fokus Word na verwys in hierdie les.
Lewensoriëntering bl. 171-172
Alle ander handboeke
COVID- 19- Boekie
Kyk die video
INLEIDING https://www.youtube.com/watch?v=lqXtZhKjUZc

Noem die veranderinge waarmee jy jouself kan identifiseer.


EMOSIONELE VERANDERINGE
 Adolessente word geasossieer met energie uitbarstings
en golwe van sterk emosies.
Waarom dink jy is dit so moeilik om emosionele veranderinge gedurende adolessensie te hanteer?

SOSIALE VERANDERINGE
 Vriende maak en aanvaarding word belangrik
 Nuwe vriendskappe wat in hoërskool gesluit word lei tot ‘n verandering in vriendekring
Hoe kan nuwe vriende en jou assosiasie met verskillende groepe jou persoonlike groei bevorder?

Skryf die veranderinge hier:


………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

……………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………….
KONSEPTE EN VAARDIGHEDE Lys sommige van die emosies wat jy
gedurende die INPERKINGSTYD ervaar
https://www.youtube.com/watch?v=ACQ-QAJ7SDc

Emosies is gevoelens
soos geluk, liefde, Emosioneel (gevoelens)
vrees, woede of haat, • Emosionele ontwikkeling is dikwels stormagtig en
wat veroorsaak kan konflikterend
word deur die situasie • Adolessente probeer om hul identiteit en onafhanklikheid te
vestig
wat jy in is of die mense
• Hulle reageer alhoemeer op portuurgroepinvloede
met wie jy is. Emosies is
• Hul emosies is onvoorspelbaar en dis moeilik om vas te stel
daardie deel van 'n wat hul gelukkig maak en wat hulle irriteer
persoon se karakter • Hulle is, veral die meisies, geneig tot gemoedsveranderinge en
wat bestaan uit hul is baie impulsief
gevoelens, in • Hulle is simpatiekgesind vir die teenoorgestelde geslag
teenstelling met hul
denke. Emosionele veranderinge
• Reageer meer op belonings en stres
• Meer emosioneel en dit maak hulle oop om seer te kry of in
gevaarlike situasies te beland.
• Seuns is ook seksueel aktief en word meer agressief
•Dogters word meer selfbewus as gevolg van die veranderinge
Emosionele wat hulle ondergaan en dit skep ‘n gevoel van onsekerheid.
veranderinge-
behels veranderinge Gedurende die COVID -19- INPERKING het baie van julle
in hoe jy voel oor moontlik probleme ondervind om jul emosies te bestuur of om
sekere dinge en hoe sonder vriende te verkeer. Jy sou maniere en middele moes vind
jy dink oor sekere om in 'n huis te woon waar die atmosfeer moeilik is, maar die
gesin moes maniere vind om hulself besig te hou. Sonder sosiale
dinge
bande met die buitewêreld het die gesin speletjies gevind om te
speel, saam geoefen, films gekyk, gekook en skoolwerk is
gedoen ... jou ouers of ander volwassenes in die huis het jou
onderwysers geword of van hulle moes ook van die huis af werk.
Hoe het jy dit reggekry? Wat het jy gedoen?
Is jy daarvan bewus dat daar hulplyne is wat gekontak kan word
indien jy of 'n vriend dit wil doen?
Sosiale veranderinge

Verhoudings met ander


• Baie adolessente verkies om in die geselskap van hul vriende
Sosiale of portuurgroep te wees.
Veranderinge: • Hulle begin om nouer verhoudings buite die gesin te vorm
Wanneer daar • Tieners het verskillende menings as die van hul ouers en daar
veranderinge is in die is dus dikwels meningsverskille.
verhoudinge met • Vriende/maats is dikwels belangriker as die familie
familie en vriende • As jong adolessente het hulle nouer verhoudings met groepe
vriende van dieselfde geslag met wie hulle identifiseer; hulle
doen dieselfde dinge, trek dieselfde klere aan, ens.
• Wanneer hulle ouer word, begin hulle nouer bande te Maak ‘n lys van aktiwiteite deur tieners
ontwikkel met die teenoorgestelde geslag, romantiese wat aangemoedig is as gevolg van
verhoudings ontwikkel en hulle begin uitgaan. groepsdruk.
__________________________________
Portuurgroepe _

__________________________________
• Vriende is belangrik vir jong adolessente.
_
• Hulle kan jou laat voel om dinge te doen waarmee jy nie
gemaklik is nie.
__________________________________
• Dit is die sogenaamde portuurgroepdruk.
_
• Jy doen dinge om in te pas.
• Jy is bang jy sal gespot of uitgesluit word. __________________________________
bv. jy trek aan op 'n spesifieke manier, rook of drink, _
probeer dwelms, draai stokkies of skerm vir vriende.
• Het jy dit oorgekom ... Ek is seker jy het? __________________________________
_
Jy kan groepsdruk oorkom:
• Wees getrou en eerlik met jouself __________________________________
• Besluit oor die keuses wat jy maak
• Dit moet goeie keuses wees wat 'n positiewe invloed op
jou toekoms sal hê.
• Maak seker dat mense bewus is van hoe jy voel en dink
... wees selfgeldend ... maak jouself hoorbaar
• Praat met iemand
• Maak seker dat jy vriende het wat soos jy is.

Wanneer jy begin werk het jy:

• Meer verantwoordelikhede
• Jy doen meer ervaring op
• Jy is verantwoordelik teenoor die span met wie jy werk
Groepsdruk • Jou familie mag afhanklik wees van jou salaris
• Nuwe vriende
Wanneer jy voel dat • Jy is nou in beheer van jou loopbaankeuses en jou doelwitte
dit nodig is om in te
pas. Jy doen dinge
wat mense en vriende Omgaan met verandering
van jou ouderdom
doen sodat hulle van Verandering sal regdeur jou lewe gebeur namate jy ouer word.
jou kan hou en jou Jy moet bewus wees van hierdie veranderinge en aanvaar dat
kan respekteer dit normaal is. Dit sal belangrik word om te kommunikeer met
diegene rondom jou vir ondersteuning.

Redes vir verandering

• Jy verander vriende om verskeie redes:


• Deel nie meer belangstellings nie
• Die vriend het verander en het 'n negatiewe invloed op jou.
• Opbreek: jy het nie meer gevoelens vir jou vriendin of kêrel nie
of omgekeerd
• Egskeiding of verlies van 'n geliefde
• Verhuis na ander dorpe, stede, skole
• Jy is in 'n ander klas as jou vriende
• Jou beste onderwyser verlaat die skool
• Die aktiwiteit waarvan jy hou word nie meer by jou skool
aangebied nie
• Sommige boeke wat jy geniet het om te lees raak vervelig en jy
verloor belangstelling
Die 7-aspekte van effektiewe
kommunikasie Kommunikasie help in die proses van verandering

1. volledigheid Soos jy groei, word jy meer onafhanklik. Jy ontwikkel jou eie


idees, begin jou eie aktiwiteite te beplan, bevraagteken die
2. bondigheid
meeste dinge oor hoekom en hoe dinge gedoen word. Dit kan
3. oorweging jou in konflik bring met volwassenes in jou lewe. Tydens die
INPERKING het dit toenemend belangrik geword om die
4. duidelikheid
belangrikheid van kommunikasie te besef. Jy het moontlik
5. vergunning verskillende soort emosies ondervind en het dit moeilik gevind
om met jou familie te kommunikeer, of jy moes aanpas by
6. konkreetheid
veranderinge om net met jou familie te wees.
7. korrektheid Sommige van die emosionele veranderinge sou angstigheid
gewees het; vrees; irritasie; frustrasie; spanning.
In hierdie veranderende tye kan families en volwassenes
rondom jou egter help as jy:

• Kommunikeer met hulle


“VERBALE KOMMUNIKASIE”
• Laat hulle weet dat jy in staat is om te sorg vir jouself
• Verbale kommunikasie • Deel jou planne met hulle
beteken kommunikasie • Vertel hulle waar jy sal wees
deur middel van die • Dit sê jy is verantwoordelik
• Wanneer jy onseker is oor die talle veranderinge en die
gesproke en geskrewe
bestaan wat jy ervaar, praat met jou ouers of 'n volwassene
woord. Dit impliseer dat
wat jy vertrou of jou vriende.
woorde gebruik word om • Word 'n goeie luisteraar
taal te vorm. • Maak jou gevoelens bekend sodat ander kan verstaan wat in
• Dit is die vermoë om jou lewe gebeur.
woorde te gebruik om te • Hou rekord ... skryf dit neer in 'n joernaal
kommunikeer
GAAN ONTWERP NOU ‘N SPELETJIE EN HET PRET met die
mense in die huis.
Kommunikasie op die internet (Sosiale Media)
Wees versigtig wat jy op sosiale media plaas! Weet jy dat dit
vir altyd daar sal wees?
▪ Moet nie iets uit woede plaas nie.
▪ As dit eers geplaas is, dan bly dit daar
▪ Jy mag dit later berou
LUISTERVAARDIGHEDE: ▪ Moenie jou persoonlike inligting plaas nie, bv. huisadres,
Gee my vyf: ‘n Tegniek wat telefoonnommer, eposadres, ens.
aktiewe luister bevorder
Voorkom dat jy misverstaan word
OЁ WAT KYK Moenie die volgende doen terwyl jy met iemand gesels nie: jou
ORE WAT LUISTER oë te rol, sarkasties te wees in jou kommentaar, gesigte te trek,
te sweer, lyk verveeld.
MOND IS GESLUIT Vriende kan:
▪ ‘n positiewe invloed in jou lewe hê
LIGGAAM IS REGOP ▪ Jou aan nuwe dinge of idees bekendstel soos musiek,
HANDE IS STIL vriende, idees, belangstellings,stokperdjies, sport
▪ Jou betrokke kry in hierdie aktiwiteite
▪ Jou laat voel dat jy deel is van ‘n groep
▪ Jou laat veilig voel omdat hulle jou verstaan.
▪ Jou laat onderhandel met ander
▪ Jou aanvaar soos jy is
▪ Jou verstaan
▪ Dit is belangrik dat jy goeie kommunikasievaardighede
ontwikkel, bv.luister- sowel as verbale vaardighede.
AKTIWITEITE/ ASSESSERING AKTIWITEIT

1. Skryf 'n kort paragraaf waarin jy die positiewe emosies deel wat jy as 'n adolessent ervaar, veral
gedurende hierdie tydperk van INPERKING en gee redes vir jou antwoord. (5 X 2) 10
2. 'n Vriend met wie jy opgegroei het, het na 'n ander skool gegaan en het probleme ervaar met mense
wat jou vriend daar ontmoet het. Gee jou vriend advies hoe om die groepsdruk en sosiale afknouery
van hierdie mense op sosiale media te hanteer. (2x2) 4
3. Verskaf ‘n definisie vir elk van die volgende:
3.1 emosionele veranderinge
3.2 sosiale veranderinge
3.3 doeltreffende kommunikasie
3.4 aktiewe luister (4 X 2) 8
4. Hoe het sosiale media jou in kontak met die buitewêreld gehou tydens die INPERKING? Is dit 'n
positiewe mediavorm in jou lewe? (2 X 2)
4
5. Wat is van die dinge wat jy en jou gesin gedoen het om julle self mee besig te hou en toon aan hoe
dit die familie sosiaal beïnvloed en emosioneel gehelp het?
(5x2) 10

Interessante leesstukke:
KONSOLIDASIE

https://www.wired.com/story/covid-19-is-hitting-teens-especially-hard/

https://www.gov.za/sites/default/files/gcis_documents/Advice%20to%20Parents%20ENGLISH%20%28web%
29.pdf

Jou skool/distrik het ‘n psigo-sosiale program wat jou en jou vriende kan help om die situasie te hanteer. Vra
jou onderwyser vir inligting hieromtrent.

WAARDES Begrip, verantwoordelikheid, ondersteuning, bewustheid, besluitneming, respek, empatie, liefde

You might also like