You are on page 1of 5

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD Afrikaans Huistaal Graad 10


KWARTAAL 1 Week 4
ONDERWERP Morfologie (Woordvorming) Deel 2
DOEL VAN LES Die onderrig van Morfologie (samestellings, afleidings en samestellende
afleidings)
BRONNE Papierbronne Digitale bronne
Meer inligting oor Vind hieronder die skakel na die Graad 10
Morfologie is Afrikaans Huistaal Telematiese materiaal 2019:
beskikbaar in die
boekie: Telematiese https://wcedeportal.co.za/eresource/112951
Onderrigprojek 2019
Bronmateriaal Graad
10 Afrikaans Huistaal.
INLEIDING In Deel 1 van Morfologie het jy van morfeme, stamme, simplekse en
komplekse geleer. Kennis van die funksie en betekenis van voor- en
agtervoegsels help ons om komplekse en afleidings in taal te verstaan.
Kennis van stamme, voor- en agtervoegsels help ons om afleidings en
samestellings korrek te gebruik.

KONSEPTE EN Woordvormende prosesse Kan jy ..?


VAARDIGHEDE Die drie belangrikste prosesse waardeur nuwe woorde • die stam van
gevorm kan word is: Afleidings, Samestellings en ‘n woord
Samestellende afleidings. identifiseer?
1. Afleidings: • onderskei
Afleidings onstaan wanneer een of meer voor- en/of tussen ‘n
agtervoegsels aan ‘n stam gevoeg word om ‘n ander simpleks en ‘n
woord te vorm, bv. kompleks?
Voorvoegsel Stam Agtervoegsel Afleiding • die woordsoort
of betekenis
her- ken herken van ‘n woord
ver- slaap verslaap verander deur
storm -agtig stormagtig ‘n voor- of
dapper -heid dapperheid agtervoegsel
on- geluk -ig ongelukkig te gebruik?
be- man -ing bemanning
o Onthou: ‘n Woord is net ‘n afleiding as die woordsoort of
woordbetekenis verander.
(Gaan kyk weer na die voorbeelde hiervan in Deel 1 van
Morfologie.)

o Voor – en agtervoegsels word ook gebruik om ‘n woord se vorm te


verander bv. verledetydsvorm (gery), verkleiningsvorm (woninkie),
meervoudsvorm (motors), vergrotende - en oortreffende trap
(mooier, mooiste); die verboë vorm van die byvoeglike
naamwoord (lieflike dame). Wanneer jy ‘n woord só verander, is
dit NIE ‘n afleiding nie. Jy het dan net die vorm verander en nie
die woordsoort of woordbetekenis nie.

2. Samestellings
Samestellings word geskep wanneer twee of meer stamme saamgevoeg
word om ‘n nuwe woord te vorm.
Voorbeelde:

Stam Stam Stam Samestelling


reis agent reisagent
wild vleis wildsvleis
voet pad voetpad
berg fiets roete bergfietsroete
lang afstand atleet langafstandatleet
kind huis kinderhuis
kos skool kosskool
eet tyd etenstyd

o Die twee stamme van ‘n samestelling word ‘n kern en ‘n bepaler


genoem. Die bepaler brei die kern uit en staan eerste in die
samestelling. In die samestelling reisagent is reis die bepaler en
agent die kern. Die woorddeel reis beskryf (bepaal) hier van
watter soort agent gepraat word.
Voorbeelde:
My skootrekenaar is gister uit my motor gesteel. (skoot = bepaler;
rekenaar = kern)
Die seuns oefen op die rugbyveld. (rugby = bepaler; veld = kern)
o Soms is daar ‘n verbindingsklank tussen twee stamme,
byvoorbeeld wildsvleis (wild + s + vleis); kinderhuis (kind + er + huis);
etenstyd (eet + ens + tyd). Verbindingsklanke is nie morfeme nie
en word net ter wille van uitspraak gebruik.

Onthou samestellings het geen voor- of agtervoegsels


nie; dit het slegs stamme en in sommige gevalle ‘n
verbindingsklank.

Wenk: Soms het die twee dele van ‘n woord niks met mekaar te doen nie
en lyk dit of dit uit twee stamme bestaan bv. in die woord skilpad. Die
woord skilpad is nie ‘n samestelling nie omdat die betekenisse van die
twee woorde skil en pad glad nie verband hou met die woord skilpad
nie.

3. Samestellende afleidings
‘n Samestellende afleiding is ‘n woord wat uit twee of meer stamme en
‘n voor- en/of agtervoegsel bestaan.
Voorbeelde:
o Gebruik altyd ‘n betroubare reisagentskap.

reis agent -skap


stam stam agtervoegsel

o Die sluitingsdatum vir die kompetisie is finaal.

sluit -ing datum


stam agtervoegsel stam

o Geraasbesoedeling is ‘n groot probleem in Kaapstad.

ge- raas besoedel -ing


voorvoegsel stam stam agtervoegsel

Onthou: ‘n Morfeem (voor- en agtervoegsel) het betekenis,


terwyl ‘n verbindingsklank nie betekenis het nie. Dit verbind
slegs twee stamme met mekaar.
AKTIWITEITE/ Lees en kyk na die onderstaande advertensie en beantwoord dan die
ASSESSERING vrae in jou werkboek. Probeer dit eers self beantwoord voordat jy die
memorandum raadpleeg. Jy kan ook ’n gesinslid vra om jou antwoorde
te toets.

1. Besoek vandag nog welcomehome.co.za om jou


verpersoonlikte ontwerpersboks te bestel!
2. Vul die (vraag + lys) vir jou spesifieke spasie in en ons
sal met jou in aanraking kom. Jy kan ons ook per e-pos
kontak by info@welcomehome.co.za.
3. ‘n Professionele (ontwerp) sal jou spesifieke boks vir
jou saamstel met pasgemaakte vloerplanne, sketse en
voorbeeldmonsters van materiale vir jou vloer,
toonbankoppervlakke, gordyne en oortreksels, sowel
as ‘n gepaste verfmoontlikheid en ‘n lys meubels wat jy
kan oorweeg om jou ruimte te omskep.

1. Skryf uit die advertensie-opskrif hierbo die volgende neer:


1.1 ‘n afleiding
1.2 ‘n simpleks
2. Vorm ‘n samestelling van die woorde tussen hakies: (vraag + lys).
3. Identifiseer die stamme in die volgende woorde:
3.1 binneshuise (opskrif)
3.2 voorbeeldmonsters (paragraaf 3)
3.3 toonbankoppervlakke (paragraaf 3)
4. Skryf die stam en voor- en agtervoegsels van die woord
verpersoonlikte (paragraaf 1) neer.
5. Vorm deur middel van afleiding ‘n persoonsnaam van die woord
tussen hakies in paragraaf 3.
6. Onderstreep die kern in die volgende samestelling: vloerplan.
7. Onderstreep die voorvoegsel in die woord e-pos en gee die
betekenis daarvan.
8. Dui telkens aan of die woord ‘n samestelling of ‘n samestellende
afleiding is.
8.1 gordynmateriaal
8.2 kombuisvloer
8.3 verfmoontlikheid
Memorandum 1.1 versierder
1.2 ontwerp/ japtrap/ boks
2. vraelys
3.1 binne + huis
3.2 voorbeeld + monster
3.3 toon + bank + oppervlak
4. stam: persoon
voorvoegsel: ver-
agtervoegsels: -lik; -te
5. ontwerper
6. vloerplan
7. e -pos: elektroniese
8.1 samestelling
8.2 samestelling
8.3 samestellende afleiding

KONSOLIDASIE Jy het nou verskillende maniere aangeleer om kreatief met woorde te


werk. Gebruik die kennis om jouself bondiger en doeltreffend in jou
skryfstukke en mondeling uit te druk.

By Morfologie moet jy die betekenis van morfeme leer. Gebruik die lysie
op bl.15 in die boekie Telematiese Onderrigprojek 2019 Bronmateriaal
Graad 10 Afrikaans Huistaal.
WAARDES Kreatiewe taalgebruik
Toegewydheid

You might also like