You are on page 1of 5

Afrikaans Taal Opsommings Gr5:

Opsommings:
 Onderstreep die hoofgedagtes in die stuk.
 Skryf al die hoofgedagtes op rofwerk papier neer.
 Tel die woorde. As dit te veel is kyk of jy nie die woorde kan minder
maak nie.
 Skryf nou die finale weergawe in jou werkboek/ opsom boek neer.
Ontkennende vorm:
 In Afrikaans gebruik ons meestal DUBBEL NIE.
Bv.: Die swaeltjies trek weg. Die swaeltjies trek nie weg nie.
 Sekere woorde verander
- Iemand – niemand … nie.
- Altyd – nooit … nie
- Moet – moenie … nie
- Al ooit – nog nooit … nie
- Iets – niks … nie
- Nog – nie meer … nie
- Êrens – nêrens … nie
- Een – geen … nie
- ooit – nooit … nie
Sinsoorte:
Soort sin Leestekens Voorbeeld
Stelsin Punt (.) Die voëltjie eet saad.
Vraagsin Vraagteken (?) Waarheen trek die swaeltjies?
Uitroepsin Uitroepteken (!) Die papegaai vlieg weg!
Bevelsin Uitroepteken / Punt (! Of .) Gaan maak die hok skoon!
Gee vir die voëeltjies water.

Tydsvorme:
 Teenwoordige tyd: Die swealtjie trek.
 Verlede tyd: Die swaeltjie het getrek.
 Toekomende tyd: Die swaeltjie sal trek.
Skryf en aanbied:
Hoofletters:
 Aan die begin van ‘n sin.
 Eiename
 Name van plekke, riviere, berge.
Leestekens:
Leestekens help ons om sinne beter te verstaan en makliker te lees.
 Punt – einde van ‘n sin en na sommige afkortings.
 Komma – tussen 2 of meer selfstandige naamwoorde en voor die
voegwoorde maar en want.
 Vraagteken – aan die einde van ‘n vraagsin
 Uitroepteken – na bevele, uitroep of woorde wat mense se gevoel
uitbeeld.
Kappies: Word op ‘n vokaal geplaas om ‘n lang klank aan te dui: nêrens.
Deeltekens: Dit dui ‘n ekstra lettergreep aan (le-ë), of as ‘n word verkeerd
uitgespreek kan word: geëet.
Lettergrepe:
OOP lettergreep – eindig op ‘n vokaal.
GESLOTE lettergreep – eindig op ‘n consonant.
Klankgrepe: ‘n word word opgedeel soos mens dit HOOR bv: papegaai -
pa/pi/gaai.
Afkortings:
Dit wil sê d.w.s Meneer Mnr.
Mevrou Mev. Ensovoorts Ens.
Maandag Maan. Asseblief Asb.
Dominee Ds. G Gram
Kg Kilogram Ml Milliliter
L Liter Cm Sentimeter
M Meter Mm Millimeter
Ha Hektar R rand
C Cent
Koppelteken:
 Opeenhoping van klinkers – see-eend
 Verbinding wat op – hulle eindig – ma-hulle
 Herhalings – gou-gou
 As weglatingsteken om herhaling uit te skakel – appel- en peertert.
Woordvorming:
 Stam – die deel van ‘n word wat alleen kan staan (met betekenis) – bak
 Voorvoegsel – word voor die stamwoord en kan nie alleen staan nie –
ge+ bak
 Agtervoegsel – word agter die stamwoord geplaas en kan nie alleen
staan nie – bak + ke
Sinoniem: Woord met dieselfde betekenis (SELFDE)
Antoniem: Woord met die teenoorgestelde betekenis (ANDERS)
Vokaalgroep 1: Woorde wat met ie, eu, oe, ei, y, ou, ui, aai, oei, ooi en eeu in
die middel en geen/een konsonant aan die einde het nie. KRY –e by in
meervoud. Bv. Meeu – meeue, boek, boeke.
Vokaalgroep 2: Woorde met aa, ee, oo en uu in die middel en een consonant
aan die einde, verloor 1 van die klinkers en KRY –e aan die einde by
meervoud. Bv. Foon – fone, been- bene.
Vokaalgroep 3:Woorde met a,e,I,o,u in die middel en consonant aan die einde,
Verdubbel in die meervoud en kry –e by. Bv. Vis – vise, mes- messe.
Enkelvoudige sin: ‘n sin met 1 onderwerp, 1 werkwoord en ‘n voorwerp.
Onderwerp – Wie of wat doen die werk.
Gesegde – Wat word gedoen (werkwoord)
Voorwerp – Met wie of wat word dit gedoen?
Veelvoudige sin/ saamgestelde sin: Sin met 2 of meer hoofsinne wat met ‘n
VOEGWOORD (en, want, maar ens.) verbind word.
Woordsoorte:
 Selstandige naamwoord: Woord wat alleen staan. Jy kan aan dit vat en
voel.
 Voornaamwoorde: word gebruik in plek van ‘n selfstandige naamwoord
of Eienaam.
- Persoonlik – ek, my, jy, sy, u, hulle, ons.
- Besitlik – myne, ons s’n, hare, syne, julle s’n.
- Onpersoonlik – dit, daar.
 Byvoeglike naamwoord: Verduidelik die selfstandige naamwoord.
 Lidwoord: Die en ‘n
 Werkwoord: “doen” word.
- Hoofwerkwoord: Dit is die hoof word en kan alleen gebruik word.
- Hulpwerkwoord: Kan nie alleen in ‘n sin gebruik word nie en HELP
die hoofwerkwoord.
 Van Tyd – (dui tyd aan) het, sal
 Van wyse – (dui wyse aan) moet/ moes/ kan/ kon/ wil/
wou/mag
 Van plek – (dui aan waar) daar, hier.
 Bywoord: Verduidelik die werkwoord.
 Voegwoorde: Sinne aan mekaar sit( bymekaar voeg).
- Daar kom altyd ‘n komma voor WANT en MAAR
- Die hoofletter van die 2de sin val weg, behalwe as dit ‘n EIENAAM
is.
- Die woordorde van sin 2 kan verander.
- BV. Sodra, tensy, nadat, terwyl, omdat, sodat, soos, daarom.
Meervoud – meer as een
Verkleining: klein.
Idiome:
Hy eet met lang tande Die kos is nie vir hom lekker nie.
Die kool is nie die sous werd nie. Dit was nie die prys/ moeite werd
nie.
Op eiers loop Versigtig wees
Hy eet alles vir soetkoek op Hy glo enige iets
Verkoop iets vir ‘n appel en ‘n ei. Jy verkoop dit vir baie min.
Alliterasie: (gee ritme) – Herhaling van konsonante – boeta Ben blaas blou
borrels en bars dit weer.

Assonansie: (gee ritme) – Herhaling van vokale. – Eddie Eend eet elke aand
een eetlepel ertjies.

Rympatrone:
 Paarrym – AABB
 Kruisrym – ABAB
 Omarmde rym – ABBA
 Gebroke rym – ABCD
Beeldspraak:
 Vergelyking: Vergelyk iets met iets anders MET SOOS! BV. Jy is so dom
soos ‘n aap.
 Metafoor: Vergelyking word getref SONDER DIE WOORD SOOS! BV.
Marie is ‘n mal kat
 Personifikasie: Lewende eienskappe aan ‘n lewelose voorwerp/ ding te
gee.Bv. Die sterre knipoog vir my.
Letterlik: Dit gebeur regtig so (Hy het, met geen vrees, die boom tot bo
geklim.)
Figuurlik: Kan nie regtig gebeur nie. (Sy het in my hart in geklim).

KEN JOU ALFABETIESE VOLGORDE:

ABCDEFGHIJKLMNOPQRSTUVWX
Y Z.

You might also like