You are on page 1of 13

GRAAD 12 18

KONTANTVLOEISTATE

Die kontantvloeistaat word vereis deur die maatskappye wet as deel van ‘n maatskappy se
gepubliseerde finansiële state.

Die kontantvloeistate is ‘n instrument om die likiditeit van die maatskappy te analiseer. Dit
wys hoekom daar ‘n verandering in die bankrekening was van een jaar na die volgende jaar.
Gebruikers van die finansiële state wil gewoonlik antwoorde hê op die volgende vrae:
 Hoe is die fondse wat verkry is met die uitreik van aandele aangewend?
 Hoekom was dit nodig om geld te leen?
 Hoe was die maatskappy instaat om hul lenings terug te betaal alhoewel hulle ‘n
verlies gemaak het?
 Hoekom is daar ‘n oortrokke bank alhoewel die verkope toegeneem het?

Wat is ‘n kontantvloeistaat?

‘n Kontantvloeistaat identifiseer die invloei en uitvloei van kontant in ‘n besigheid vir ‘n


spesifieke periode. Dit doen verslag van die maatskappy se kontant bewegings van ‘n jaar
tydperk in die verlede en gee antwoorde tov hoe die kontant gegenereer en gebruik is.
Die staat word op ‘n kontantbasis opgestel.

Die staat sal aandui hoe die kontant beweeg het - of die banksaldo
toegeneem of afgeneem het gedurende die finansiële periode.

Dink altyd kontant

Wat is kontant?

Kontant sluit die volgende in:


 Kontant in die bank (oortrokke bank negatiewe inpak op kontant)
 Kontant op hande nl Kleinkas en wisselgeld
 Korttermyn deel van vaste deposito’s.

Wat verskyn nie in die kontantvloeistaat nie?

Alle nie-kontant items


 waardevermindering
 oninbare skuld en voorsiening vir oninbare skuld aansuiwering
 korting toegestaan en korting ontvang
 wins of verlies met verkoop van bates (vir kontantvloeistaat vrae hanteer ons
bateverkope teen drawaarde en nie met ‘n wins of verlies verkoop nie)

Rekeningkunde Gr 12 – CAPS kontantvloeistate 1


Kontantvloeistate gee inligting tov:

- Was genoegsame kontant genereer uit bedrywighede om rente, dividend en


inkomstebelasting te betaal?
- Waarvoor is die geld verkry uit die addisionele lening gebruik?
- Hoe is die uitbreidings aangewend?
- Hoekom het die banksaldo van ‘n gunstige saldo aan die begin van die jaar verander na
‘n oortrokke saldo aan die einde van die jaar?

Kontantvloeistate gaan oor die invloei


en uitvloei van kontant

FORMAAT

Die aktiwiteite van ‘n maatskappy kan in 3 kategorieë verdeel word

Bedryfsaktiwiteite
Beleggingsaktiwiteite
Finansieringsakiwiteite

Komponente van die


kontantvloeistaat

Kontantvloei uit Kontantvloei uit Kontantvloei uit


bedryfs- beleggings- finansierings-
aktiwiteite aktiwiteite aktiwiteite

Hoof bron van inkomste Kontantvloei agv: Kontantvloei agv:


is die kontant genereer
uit bedryfsaktiwiteite  Koop en verkoop van  Die uitreik(verkoop) en
vaste bates terugkoop van aandele
Kontantvloei agv:  Verandering in vaste  Opbrengs met aangaan
deposito’s (Aangaan van van lening of
 Koop en verkoop van belegging of Opbrengs met terugbetaal van lening
voorraad verval van belegging)
 Ontvang van debiteure
 Betalings aan
krediteure
 Betaling van uitgawes

Rekeningkunde Gr 12 – CAPS kontantvloeistate 2


Inligting vir die kontantvloeistate word soos volg in die finansiële state gevind:

INKOMSTESTAAT
Verkope Xxx
Koste van verkope (xx)
Bruto wins Xxx
Ander bedryfsinkomstes Xxx
Xxx
Xxx
Bruto bedryfsinkomste Xxx
Bedryfsuitgawes (xxx) Bedryfsaktiwiteite
Xxx
Xxx
Xxx
Xxx
Bedryfswins/(verlies) Xxx
Rente inkomste # Xx
Wins/(verlies) voor rente uitgawe Xxx
Rente uitgawe # (xx)
Netto wins voor belasting Xxx

Inkomstebelasting (xx) Word afsonderlik getoon


Netto wins na belasting vir die jaar Xxxx

# Rente inkomste en uitgawe word apart op die kontantvloeistaat getoon

BALANSSTAAT

BATES Beleggings-
Investing
NIE-BEDRYFSBATES Xxxxx aktiwiteite
activities
Vaste bates 3 Xxxxx
Finansiële bates
Vaste deposito xxxxx
BEDRYFSBATES Xxxxx
Voorraad 4 Xxx
Handels en ander debiteure 5 Xxxx
Kontant en kontantekwivalente 6 Xxxx
TOTALE BATES XXXXX

Finansierings-
EKWITEIT EN LASTE
aktiwiteite
AANDEELHOUERSEKWITEIT Xxxxx
Gewone aandelekapitaal 7 Xxx
Behoue inkomste 8 Xxx

NIE-BEDRYFSLASTE Xxxx
Lening: Bank naam of Verbanlening: BN Xxxx
BEDRYFSLASTE Xxxxx
Handels en ander krediteure 9 Xxx
Oortrokke bank Xxx
Korttermynlening Xxxx
TOTALE EKWITEIT EN LASTE XXXXX

Rekeningkunde Gr 12 – CAPS kontantvloeistate 3


FORMAAT VAN DIE KONTANTVLOEISTAAT

SONSKYN BEPERK
KONTANTVLOEISTAAT VIR DIE JAAR GEëINDIG
28 FEBRUARIE 2015
Notas R
Kontant uit bedryfsaktiwiteite 37 836
Kontant genereer uit bedryfsaktiwiteite 1 173 796
Rente betaal (15 960)
Dividende betaal *3 (69 120)
Belasting betaal *4 (50 880)

Kontant uit beleggingsaktwiteite (186 984)


Aankoop van nie-bedryfsbates *5 (192 000)
Opbrengs uit verkoop van nie-bedryfsbates 5 016
Beleggings verval 0
Beleggings aangegaan 0 Balanserende
syfer
Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite 48 000
Opbrengs uit die uitreik(verkoop) van aandele 38 000
Terugkoop van aandele 0
Opbrengs uit langtermynlening aangegaan 30 000
Terugbetaling van langtermynlenings (20 000)
Netto verandering in kontant en kontantekwivalente 2 (101 148)
Kontant en kontantekwivalente - begin van jaar 2 112 808
Kontant en kontantekwivalente – einde van jaar 2 11 660

Die netto verandering in kontant is die rede waarom ‘n


kontantvloeistaat opgestel word – is daar ‘n toename of
afname in kontant vir die jaar?

NOTAS TOT DIE KONTANTVLOEISTAAT


NOTA 1
Rekonsiliasie tussen wins voor belasting en kontant genereer uit
bedrywighede
Wins voor belasting 162 000
Verandering agv: 27 768
Rente uitgawe 15 960
Waardevermindering 11 808
Bedryfswins voor verandering in bedryfskapitaal 189 768
Verandering in bedryfskapitaal (15 972)
(Toename) / afname in voorraad (12 516)
(Toename) / afname in handels en ander
34 624
Ontvangbares
Toename / (afname) in handel en ander
(38 080)
Betaalbares
Kontant genereer uit bedryfsaktiwiteite 173 796

Rekeningkunde Gr 12 – CAPS kontantvloeistate 4


NOTA 2
NETTO
2. Kontant en kontantekwivalente 2015 2014
VERANDERING
Bank ** (101 748) 10 360 112 108
Wisselgeld 300 800 500
Kleinkas 300 500 200
(101 148) 11 660 112 808

Die netto verandering in kontant en kontantekwivalente sal ‘n invloei (styging/toename in


kontant) of ‘n uitvloei (daling/afname in kontant) vir die finansiële jaar toon.
** Indien ‘n oortrokke bank, word syfers in hakies getoon bv. (R1 000) - (uitvloei van fondse)

NOTA 3
3. Dividende betaal
Saldo aan die begin van die jaar (25 920) Uitvloei altyd in hakies
Dividende vir die jaar (64 800) Uitvloei altyd in hakies
Saldo aan die einde van die jaar 21 600 Nie in hakies (o/b aan invloei kant)
Dividende betaal (69 120)

NB: Die nota kan ook eerste die dividend vir die jaar en dan die beginsaldo toon
OF

AANDEELHOUERS VIR DIVIDENDE


Bank 69 120 Saldo a/b 25 920
o/b Dividende (vir
Saldo 21 600 64 800
die jaar)
90 720 90 720
Saldo a/b 21 600

NB: Rekening slegs vir berekening doeleindes daarom toon geen datums, folio’s en korrekte
rekening naam nie. Dividende (vir die jaar) is jou tussentydse en finale dividende saam.
Korrekte rekening naam as kontra sal wees dividende op gewone aandele.

Rekeningkunde Gr 12 – CAPS kontantvloeistate 5


NOTA 4
4. Belasting betaal
Saldo aan die begin van die jaar Hakies as kt (las/kt is ‘n uitvloei)
(6 120) Geen hakie as dt (bate/dt ‘n
invloei)
Inkomstestaat bedrag (48 600) Uitvloei altyd in hakies
Saldo aan die einde van die jaar Dt saldo het hakies want saldo o/b
aan kt kant.
Geen hakies as kt saldo
3 840
want o/b dan aan dt kant wat invloei
kant is. Hierdie is dt kant o/b in
voorbeeld.(kt saldo – las)
Belasting betaal (50 880)

NB: Nota volgorde kan verskil. Saldo aan begin kan eerste getoon word en daarna die
Inkomstestaat bedrag of andersom
OF

SAID (INKOMSTEBELASTING)
Bank 50 880 Saldo a/b 6 120
Saldo o/b 3 840 Inkomstebelasting 48 600
54 720 54 720
Saldo a/b 3 840

NOTA 5
5. Vaste bates aangekoop
Grond en geboue 0
Toerusting 0
Voertuie 192 000
192 000

Of

Drawaarde aan begin


(Bate verkope)
(Wvm vir die jaar)
(Drawaarde aan einde)
Toevoegings(Bates betaal)

Rekeningkunde Gr 12 – CAPS kontantvloeistate 6


VERDUIDELIKING VAN NOTA NOMMER 1

Kontant genereer uit bedryfsaktiwiteite

Waardevermindering
Is ‘n nie-kontantitem. Die bankrekening is nie geraak nie. Geen kontantuitvloei nie.
Haal die waardevermindering uit die berekening deur dit terug te tel. (Dit was afgetrek as
deel van bedryfsuitgawes dus deur dit by te tel, kanselleer dit uit)

Rente op lening
Is ‘n finansieringskoste en nie ‘n bedryfsaktiwiteit nie.
Die bedrag word ook uit die berekening gehaal deur dit terug te tel, want dit was afgetrek in
die berekening van die netto wins. Jy kanselleer dit dus uit sodat dit nie deel van die
bedryfsaktiwiteit nota is nie, maar op die kontantvloeistaat afsonderlik in hakies getoon kan
word. Word afgetrek want dis ‘n uitvloei (betaal).

Belasting betaal en dividend betaal


Hierdie bedrae word ook op die kontantvloeistaat in hakies getoon. (Sien nota 3 en 4 vir die
berekening van bedrae wat gedurende die jaar werklik betaal is en ‘n kontant uitvloei is.)

Verandering in bedryfskapitaal

Inligting verkry uit die balansstaat

Bedryfsbates Uitgesluit:
Voorraad (toename) / afname SAID (inkomstebelasting)
Handels en ander debiteure (toename) / afname Aandeelhouers vir dividend

Hierdie items word


Bedryfslaste afsonderlik in nota 3 en 4
Handels en ander krediteure (afname) / toename getoon.

Bedryfskapitaal = Bedryfsbates – Bedryfslaste

Om ‘n toename of afname in bedryfskapitaal te bereken, moet die effek van die transaksie op
die bankrekening in aggeneem word bv

Dt Voorraad Kt Dt Debiteure Kt Dt Krediteure Kt


Toename Afname Toename Afname Afname Toename

Dt Bank Kt Dt Bank Kt Dt Bank Kt

Invloei Uitvloei Invloei Uitvloei Invloei Uitvloei

Rekeningkunde Gr 12 – CAPS kontantvloeistate 7


Voorraad
As voorraad toeneem – is daar ‘n uitvloei van
kontant
As voorraad afneem – is daar ‘n invloei van ‘n Uitvloei van kontant word
kontant in hakies getoon, bv
(R1 000)
Debiteure
As debiteure toeneem – is daar ‘n uitvloei van
kontant
As debiteure afneem – is daar ‘n invloei van
kontant

Krediteure
As krediteue toeneem – is daar ‘n invloei van
kontant
As krediteure afneem – is daar ‘n uitvloei van
kontant

AKTIWITEIT KVS1

1. Wat is die verskil tussen ‘n kontantbegroting en ‘n kontantvloeistaat?

Kontantbegroting

Kontantvloeistaat

Rekeningkunde Gr 12 – CAPS kontantvloeistate 8


2. Wat is die doel van ‘n kontantvloeistaat?

3 Lys VIER items wat nie ingesluit is in die kontantvloeistaat nie. Gee ‘n rede hoekom dit
nie ingesluit word in die kontantvloeistaat nie.

Lys 4 items

Rede

Rekeningkunde Gr 12 – CAPS kontantvloeistate 9


4. Bereken die invloei (+) en uitvloei (–) van kontant vir 2015 (Sien die voorbeeld).

2015 2014
Vloei
Debiet Krediet Debiet Krediet
Grond en geboue 520 000 450 000 – 70 000
Gewone aandele
500 000 400 000
kapitaal
Voertuie 65 800 100 000
Toerusting 35 500 25 000
Handelsvoorraad 84 000 60 000
Debiteure 19 600 30 000
Krediteure 18 250 26 750
Langtermynlening 60 000 55 000
Vaste deposito 30 000 10 000
Opgelope uitgawe 3 000 5 000
Opgelope inkomste 1 000 7 000
SAID:
10 000 15 000
Inkomstebelasting
Bank 25 000 15 000

Rekeningkunde Gr 12 – CAPS kontantvloeistate 10


5. Verduidelik kortliks hoekom dit moontlik is vir ‘n besigheid om ‘n wins te toon vir die
jaar alhoewel die besigheid ‘n oortrokke bank saldo het.

6 Dui aan watter van die volgende is ‘n invloei of ‘n uitvloei van kontantfondse.

1. Toename in voorraad

2. Afname in voorraad

3. Toename in handels- en ander debiteure

4. Afname in handels- en ander ontvangbares

5. Toename in handels- en ander betaalbares

6. Afname in handels- en ander betaalbares

Rekeningkunde Gr 12 – CAPS kontantvloeistate 11


ANTWOORDE

AKTIWITEIT KVS1

1. Wat is die verskil tussen ‘n kontantbegroting en ‘n kontantvloeistaat?

Kontantbegroting

Verwag om kontant te ontvang en te spandeer in die toekoms – om te voorspel wat sal


gebeur

Kontantvloeistaat

 Wat werklik ontvang en spandeer is


 Lewer verslag oor wat gebeur het
 Fokus op historiese gebeure

2. Wat is die doel van ‘n kontantvloeistaat?

Die kontantvloeistaat is ‘n instrument om die likiditeitsposisie van die besigheid te ontleed.


Dit dui aan hoekom daar ‘n verandering in die saldo van die bankrekening van een jaar tot
die volgende jaar is.

3 Lys VIER items wat nie in die kontantvloeistaat sal verskyn nie. Gee ‘n rede.

Lys 4 items
 Waardevermindering
 Oninbare skuld
 Korting toegestaan en korting ontvang
 Wins of verlies met verkoop van vaste bate
 Voorsiening vir oninbare skuld aansuiwering
 Handelsvoorraadtekort of handelsvoorraadsurplus
Rede
Dit is nie-kontantitems.

Rekeningkunde Gr 12 – CAPS kontantvloeistate 12


4. Bepaal die invloei (+) en uitvloei (–) van kontant vir 2015 (Sien voorbeeld).

2015 2014
Vloei
Debiet Krediet Debiet Krediet
Grond en geboue 520 000 450 000 – 70 000
Gewone aandele
500 000 400 000 + 100 000
kapitaal
Voertuie 65 800 100 000 + 34 200
Toerusting 35 500 25 000 – 10 500
Handelsvoorraad 84 000 60 000 – 24 000
Debiteure 19 600 30 000 + 10 400
Krediteure 18 250 26 750 – 8 500
Langtermynlening 60 000 55 000 + 5 000
Vaste deposito 30 000 10 000 – 20 000
Opgelope uitgawe 3 000 5 000 – 2 000
Opgelope inkomste 1 000 7 000 + 6 000
SAID:
10 000 15 000 – 25 000
Inkomstebelasting
Bank 25 000 15 000 – 40 000

5. Verduidelik kortliks hoe dit moontlik is om ‘n wins vir die jaar te maak alhoewel die
besigheid ‘n oortrokke bankrekening het.

Wins verwys na die bedrag wat die inkomste die totale uitgawes van die besigheid oorskry.
Die totale inkomste en totale uitgawes dui nie die werklike bedrag ontvang of betaal aan nie
want dit word aangesuiwer om die bedrag wat ontvangbaar of betaalbaar is gedurende die
jaar aan te toon.

‘n Oortrokke bank verwys na die bedrag wat die totale uitvloei die totale invloei oorskry. Dit
verwys na die werklike kontant ontvang en betaal.

6 Dui aan watter van die volgende is ‘n invloei of uitvloei van kontantfondse
1 Toename in voorraad Uitvloei
2 Afname in voorraad Invloei
3 Toename in debiteure Uitvloei
4 Afname in debiteure Invloei
5 Toename in krediteure Invloei
6 Afname in krediteure Uitvloei

Rekeningkunde Gr 12 – CAPS kontantvloeistate 13

You might also like