You are on page 1of 16

AANBIEDING VAN FINANSIËLE STATE OPSOMMING

FORMATE VAN DIE VERSKILLENDE STATE


STAAT VAN WINS OF VERLIES EN ANDER OMVATTENDE INKOMSTE
• Hierdie staat sluit alle inkomstes en uitgawes in wat van toepassing is op die
betrokke finansiële jaar.
• Enige inkomstes en uitgawes wat nie in die betrokke finansiële jaar val nie moet
deur middel van joernaalaansuiwerings uitgesluit word. Byvoorbeeld, inkomste
vooruitontvang, opgelope inkomste, vooruitbetaalde uitgawes en agterstallige
uitgawes (verwys na hoofstuk 10 in die handboek – gedoen in ACCS111).
• Inkomstes sluit in; verkope, huur inkomste, kommissie inkomste, rente inkomste,
dienste gelewer, wins uit verkoop van bate, ens.
• Uitgawes sluit in; koste van verkope, aankope van voorraad, verlies uit verkoop
van bate, water en elektrisiteit, versekering, telefoon, skryfbehoeftes, ens.
• FORMAAT:

BEST MAATSKAPPY OOIT


STAAT VAN WINS OF VERLIES EN ANDER OMVATTENDE INKOMSTE 2021
VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 2021 R
Netto verkope (Verkope – Verkoopsretoere en –toelae) 200 000
Koste van Verkope -80 500
Beginvoorraad 50 000
Plus Aankope 60 000
Min Aankoopsretoere -2 000
Plus Vraggeld 2 500
Min Eindvoorraad -30 000
Bruto Wins Verkope – Koste van Verkope = 119 500

Inkomste 7 800
Huur ontvang 7 500
Kredietverliese verhaal 300

Uitgawes -88 748


Kredietverliese 4 575
Herstelwerk 6 780
Algemene uitgawes 37 315
Salarisse 12 500
Depresiasie 26 928
Skryfbehoeftes 650

Finansieringskoste -4 415
Bank rente betaal -315
Rente op lening -3 600
Rente op belegging 500
Netto Wins Bruto wins + Inkomste – Uitgawes ± Finansieringskoste = 34 137
STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE & NOTAS TOT DIE FINANSIËLE STATE
• Die Staat van finansiële posisie bevat die ander drie elemente, naamlik Bates,
Laste en Ekwiteit.
• Onthou, Bates kan vêrder verdeel word in Bedryfsbates (byvoorbeeld; Handels en
ander debiteure, Voorraad, Kontant en kontantekwivalente, ens.) en Niebedryfsbates
(byvoorbeeld; Eiendom, aanleg en toerusting, Vaste deposito, belegging, ens.)
• Laste kan ook vêrder verdeel word in Bedryfslaste (byvoorbeeld; Handels en ander
krediteure, Bedryfsgedeelte van langtermyn lening, Oortrokke bank, ens.) en
Niebedryfslaste (byvoorbeeld; langtermyn lening, verband, ens.)
• Ekwiteit kan bestaan uit Kapitaal, behoue verdienste, wins vir die jaar, ens.
• Die aantekeninge tot finansiële state bestaan uit enige bykomende inligting wat
nodig is om redelike aanbieding te handhaaf. Elke aantekening word kruisverwys
na die betrokke item in die finansiële state. Met ander woorde ons gebruik die notas
om vir die gebruikers van die finansiële state te wys hoe het ons by die bedrae
uitgekom wat ons op die gesig van die staat verskyn.
• FORMATE:
BEST MAATSKAPPY OOIT
STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE 2021
SOOS OP 28 FEBRUARIE 2021 Aant. R

BATES
Niebedryfsbates: 321 812
Eiendom, aanleg en toerusting 2 284 312
Vaste deposito: 37 500

Bedryfsbates: 79 299
Voorraad 3 57 190
Handels- en ander debiteure 4 14 409
Kontant en kontantekwivalente 5 7 700

TOTALE BATES Niebedryfsbates + Bedryfsbates = 401 111

EKWITEIT EN LASTE
Ekwiteit: 271 696
Kapitaal 271 696

Niebedryfslaste: 67 500
Verband: Hardy Bank 6 67 500

Bedryfslaste: 61 915
Handels- en ander krediteure 7 54 415
Bedryfsgedeelte van langtermynlening 7 500

TOTALE EKWITEIT EN LASTE 401 111


Ekwiteit + Niebedryfslaste + Bedryfslaste =
BEST MAATSKAPPY OOIT
AANTEKENINGE TOT DIE FINANSIËLE STATE
VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARY 2021

1. Rekeningkundige beleid
Tensy ander aangedui, word die finansiële state volgens die historiese koste-grondslag opgestel in
ooreenstemming met Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde. Die rekeningkundige
beleid is, tensy anders aangedui, dieselfde as dié van die vorige jaar, en is soos volg:

1.1 Eiendom, aanleg en toerusting

Eiendom, aanleg en toerusting word aanvanklik teen kosprys erken. Grond en geboue word nie
gedepresieer nie. Aanleg en toerusting word teen kosprys min opgelope depresiasie gemeet.
Depresiasie word afgeskryf oor die verwagte nuttige lewensduur van aanleg en toerusting. Die
depresiasiekoerse en -metodes is soos volg:

Meubels: 15% per jaar op kosprys

Voertuie: 25% per jaar volgens die verminderdesaldo-metode

1.2 Voorraad

Voorraad word aanvanklik teen kosprys gemeet en daarna teen die laagste van kosprys en netto
realiseerbare waarde. Die eerste-in-eerste-uit formule word gebruik. Netto realiseerbare waarde is die
beraamde verkoopsprys in die normale verloop van sake min beraamde verkoopskoste.

1.3 Inkomste

Inkomste uit die verkoop van goedere behels totale netto gefaktureerde verkope.

1.4 Toelaag vir kredietverliese

Toelaag vir kredietverliese word teen 10% van uitstaande debiteure bereken.

2. Eiendom, aanleg en toerusting


2021 2021 2021 2021
R R R R
Grond en
geboue Meubels Voertuie Totaal
Drabedrag – begin van jaar: 191 500 46 406 73 125 311 031
Kosprys 191 500 56 250 97 500 345 250
Opgelope depresiasie – -9 844 -24 375 -34 219

Bewegings gedurende jaar:


Depresiasie – -8 438 -18 281 -26 719
Toevoegings - - - -
Verkope - - - -

Drabedrag – einde van jaar: 191 50037 968 54 844 284 312
Kosprys 191 50056 250 97 500 345 250
Opgelope depresiasie – -18 282 -42 656 -60 938
Grond en geboue, aangekoop op 1 Maart 200W, is op Erf 7683 in Durban geleë en is as
sekuriteit vir die verband gegee (verwys aant. 6).
3. Voorraad
Handelsvoorraad 57 000
Skryfbehoeftes (voorhande) 190
57 190

4. Handels- en ander debiteure


Handelsdebiteure 15 660
Min Toelaag: Kredietverliese -1 566
Advertensies vooruitbetaal 225
Kommissie inkomste ontvangbaar 90
14 409

5. Kontant en kontantekwivalente
Bank 7 325
Kleinkas 375
7 700

6. Rentedraende lenings
Die langtermynlening is verseker deur ’n verband oor grond en geboue.
Die kapitaalbedrag is in tien gelyke paaiemente op 28 Februarie elke
jaar betaalbaar. Rente teen 12% per jaar op die uitstaande saldo is
maandeliks betaalbaar.
Uitstaande lening 75 000
Min: Bedryfsgedeelte oorgeplaas na bedryfslaste -7 500
67 500

7. Handels- en ander krediteure


Handelskrediteure 42 985
Huur vooruitontvang 1 800
Agterstallige telefoon 260
Rente vooruitontvang 2 620
Agterstallige rente op lening 6 750
54 415

STAAT VAN VERANDERING IN EKWITEIT


• Ekwiteit verteenwoordig die eienaar se belang in die entiteit.
• Indien die entiteit die keuse uitoefen om ’n aparte staat van verandering in ekwiteit
op te stel, moet die volgende inligting getoon word:
 openingsaldo vir die finansiële periode (sluitingsaldo van die vorige periode);
 wins of verlies vir die huidige finansiële periode;
 onttrekkings vir die huidige finansiële periode; en
 sluitingsaldo vir die huidige finansiële periode.
• FORMAAT:

BEST MAATSKAPPY OOIT


STAAT VAN VERANDERINGS IN EKWITEIT 2021
VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARY 2021 R

Saldo aan begin van periode 226 000


Plus: Wins vir die periode 60 645
Min: Onttrekkings -14 949
Saldo aan einde van periode 271 696
Die totaal moet die selfde wees as die ekwiteit in die staat van finansiële posisie.

OPSTEL VAN DIE FINANSIËLE STATE STAP VIR STAP


STAP 1: Kyk watter inligting word vir jou gegee en wat word van jou verlang.
• Kyk byvoorbeeld of is die entiteit ʼn diens entiteit of ʼn handelsentiteit. Dit sal die
formaat van die staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste bietjie
affekteer. As dit ʼn handelsentiteit is lyk die formaat presies soos die formaat van
die staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste soos hierbo
uiteengesit. Indien dit ʼn diens entiteit is los ons die deel van Verkope – Koste van
Verkope = Bruto wins uit en verwys slegs na dienste gelewer. Die res bly dieselfde.
(Sien opdrag 2 van Hoofstuk 12 in die handboek)
• Watter state moet jy opstel?
 Staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste
 Staat van finansiële posisie
 Staat van verandering in ekwiteit
 Aantekeninge tot die finansiële state
• Watter inligting word vir jou gegee in die vraag; addisionele inligting, saldo’s,
transaksies, wat is die jaar einde, wat is reeds in berekening gebring en wat is nog
nie in berekening gebring nie, ens.

STAP 2: Watter soort proefbalans is vir jou gegee? (Hoofstuk 10 in die handboek)
• Voor-aansuiweringsproefbalans: In die soort proefbalans is die aansuiwerings nog
nie in ag geneem nie en jy moet die joernale van die aansuiwerings skryf en in ag
neem voor dat jy die state opstel. Met ander woorde die bedra gegee in die Voor-
aansuiweringsproefbalans moet aangepas word met die aansuiwerings (+ of – by
die bedrae gegee) en dan kan jy die finansiële state opstel.
• Na-aansuiweringsproefbalans: In die soort proefbalans is die aansuiwerings reeds
in ag geneem en jy moet net seker maak hulle sê nie dalk in die addisionele inligting
dat daar byvoorbeeld ʼn transaksie gemis is of so nie. Met ander woorde, jy moet
net kyk dat alles reg in ag geneem is en indien wel kan jy die finansiële state opstel.
Indien nie, moet jy net die laaste goedjies in ag neem en dan die state opstel.
• Na-afsluitingsproefbalans: Die soort proefbalans is jou finale proefbalans en alle
inskrywings moet hier reeds in ag geneem wees, dus kan ek die bedrae net so
neem en die finansiële state opstel.

STAP 3: Skryf die formate van die state gevra volledig neer. Sien die formate hierbo
• Staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste
• Staat van finansiële posisie
• Staat van verandering in ekwiteit
• Aantekeninge tot die finansiële state

STAP 4: Aansuiwerings moet in ag geneem word as dit ʼn voor-aansuiwerings-


proefbalans is. Maak vir jouself langs elke aansuiwering notas of skryf vir jouself
die joernaal neer, dit help baie. Tipe aansuiwerings is as volg:

1. Eindvoorraad (Hfst 4)
Onthou ons werk met die periodieke voorraadstelsel en met die stelsel kan
ek net die eindvoorraad bepaal met die fisiese voorraad telling aan die einde
van die jaar. So ek moet kyk of sê hulle nie moontlik in die vraag dat die
eindvoorraad telling eers na die voor-aansuiweringsproefbalans opgestel is,
gedoen is nie.
As dit die geval is, is die joernaal wat ek sal moet skryf en items in die state
wat geaffekteer word as volg:
Dt Voorrad (SvFP)
Kt Koste van verkope (SvW/V)

Waar kom dit in die state?


1. STAAT VAN WINS OF VERLIES EN ANDER OMVATTENDE INKOMSTE

Koste van Verkope -xxx


Beginvoorraad Xxx
Plus Aankope Xxx
Min Aankoopsretoere -xxx
Plus Vraggeld Xxx
Min Eindvoorraad -xxx

2. STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE

Bedryfsbates: xxx
Voorraad 3 ???

3. AANTEKENINGE TOT DIE FINANSIËLE STATE

3. Voorraad
Handelsvoorraad ???
Skryfbehoeftes xxx
xxx
2. Depresiasie (Hfst 6)
Jy moet altyd mooi lees en kyk of depresiasie vir die jaar reeds in ag geneem.
In ʼn voor-aansuiweringsproefbalans is dit heelwaarskynlik dat die
depresiasie nog nie in ag geneem is nie so dan moet ek dit in ag neem deur
die volgende joernaal te skryf:
Dt Depresiasie (SvW/V)
Kt Oplope depresiasie (SvFP – Nota vir EAT)

Waar kom dit in die state?


1. STAAT VAN WINS OF VERLIES EN ANDER OMVATTENDE INKOMSTE

Uitgawes -xxx
Kredietverliese xxx
Herstelwerk xxx
Algemene uitgawes xxx
Salarisse xxx
Depresiasie ???
Skryfbehoeftes xxx

2. AANTEKENINGE TOT DIE FINANSIËLE STATE

2. Eiendom, aanleg en toerusting


2021 2021 2021
R R R
Meubels Voertuie Totaal
Drabedrag – begin van jaar: xxx xxx xxx
Kosprys xxx xxx xxx
Opgelope depresiasie (xxx) (xxx) (xxx)

Bewegings gedurende jaar:


Depresiasie ??? ??? ???
Toevoegings xxx xxx xxx
Verkope xxx xxx xxx

Drabedrag – einde van jaar: xxx xxx xxx


Kosprys xxx xxx xxx
Opgelope depresiasie (xxx) (xxx) (xxx)
3. Toelaag vir kredietverliese (Hfst 7)
Hier is dit belangrik om te onthou die toelaag word gewoonlik bereken op die
uitstaande debiteure op jaar einde. Dus moet ek eers enige ander
aansuiwerings wat debiteur kon beïnvloed het, soos kredietverliese (oninbare
skuld) wat nog afgeskryf moet word of ʼn debiteur wat aangekoop het en die
transaksie is gemis in die voor-aansuiweringsproefbalans, in ag neem en dan
kan ek die toelaag vir kredietverliese bereken.
As hulle vir jou ʼn bedrag gee vir toelaag vir kredietverliese in die voor-
aansuiweringsproefbalans en daar is aansuiwerings wat die debiteure
beïnvloed het moet jy dit oorbereken en dan die aansuiwering in ag neem.
Byvoorbeeld:
So, die joernaal is as volg (verhoog):
Dt Kredietverliese (SvW/V)
Kt Toelaag vir kredietverliese (SvFP – Handels- en ander debiteure)

Joernaal as die toelaag moet verlaag:


Dt Toelaag vir kredietverliese (SvFP – Handels- en ander debiteure)
Kt Kredietverliese (SvW/V)

Waar kom dit in die state?


1. STAAT VAN WINS OF VERLIES EN ANDER OMVATTENDE INKOMSTE

Uitgawes -xxx
Kredietverliese (alle kredietverliese afgeskryf + toelaag) ???
Herstelwerk Xxx
Algemene uitgawes Xxx
Salarisse Xxx
Depresiasie Xxx
Skryfbehoeftes xxx

2. AANTEKENINGE TOT DIE FINANSIËLE STATE

4. Handels- en ander debiteure


Handelsdebiteure Xxx
Min Toelaag: Kredietverliese (Slegs die toelaag) -???
Advertensies vooruitbetaal Xxx
Versekering vooruitbetaal Xxx
xxx
4. Inkomste vooruitontvang (bedryfslas) (hfst 10)
Dit is inkomste wat reeds in die huidige jaar ontvang is maar, dis eers vir die
volgende tydperk. Dit kan dus nie in die huidige jaar se staat van wins of
verlies en ander omvattende inkomste in kom nie, want dit is nie inkomste
wat van toepassing is op die huidige periode nie. Ek moet dus die inkomste
uithaal by die staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste en
oordra na handels en ander krediteure as ʼn las in die staat van finansiële
posisie. Die joernaal is dus as volg:
Dt Inkomste (SvW/V)
Kt Inkomste vooruitontvang (SvFP – handels en ander krediteure)

Waar kom dit in die state? (Bv. as dit huurinkomste is)


1. STAAT VAN WINS OF VERLIES EN ANDER OMVATTENDE INKOMSTE

Inkomste xxx
Huurinkomste (Bedrag gegee in proefbalans – deel
???
vooruitontvang)
Kredietverliese verhaal xxx

2. AANTEKENINGE TOT DIE FINANSIËLE STATE

7. Handels- en ander krediteure


Handelskrediteure Xxx
Huurinkomste vooruitontvang (Slegs die deel
vooruitontvang) ???
Agterstallige telefoon Xxx
Rente vooruitontvang Xxx
Agterstallige rente op lening Xxx
xxx

5. Opgelope inkomste / inkomste ontvangbaar (bedryfsbate) (hfst 10)


Dit is inkomste wat in die huidige jaar verdien is maar nog nie ontvang is nie. Die
inkomste is van toepassing op die huidige periode en moet dus by getel word by
die inkomste in die staat van wins of verlies en ander omvattende inkomste. Ek
moet dus die inkomste ontvangbaar by tel by die inkomste gegee en ʼn bate skep
in die staat van finansiële posisie onder handels en ander ontvangstes, wat wys
ek moet nog die inkomste ontvang. Die joernaal is dus as volg:
Dt Opgelope inkomste (SvFP – Handels en ander ontvangstes)
Kt Inkomste (SvW/V)
Volg op volgende bladsy
Waar kom dit in die state? (Bv. as dit huurinkomste is)
1. STAAT VAN WINS OF VERLIES EN ANDER OMVATTENDE INKOMSTE

Inkomste xxx
Huurinkomste (Bedrag gegee in proefbalans + deel wat
???
ontvangbaar is)
Kredietverliese verhaal xxx

2. AANTEKENINGE TOT DIE FINANSIËLE STATE

4. Handels- en ander debiteure


Handelsdebiteure Xxx
Min Toelaag: Kredietverliese -xxx
Opgelope Huurinkomste (Slegs die agterstallige deel) ???
Versekering vooruitbetaal Xxx
xxx

6. Vooruitbetaalde uitgawes (bedryfsbate) (hfst 10)


Dit is uitgawes wat van toepassing is op die volgende periode maar wat reeds
in die huidige jaar betaal is. Dit kan dus nie in die huidige jaar se staat van
wins of verlies en ander omvattende inkomste kom nie, want dit is nie
uitgawes wat van toepassing is op die huidige periode nie. Ek moet dus die
uitgawe uithaal by die staat van wins of verlies en ander omvattende
inkomste en oordra na handels en ander ontvangstes as ʼn bate in die staat
van finansiële posisie. Die joernaal is dus as volg:
Dt Vooruitbetaalde uitgawes (SvFP – Handels en ander ontvangstes)
Kt Uitgawe (SvW/V)

Waar kom dit in die state? (Bv. as dit versekering is)


1. STAAT VAN WINS OF VERLIES EN ANDER OMVATTENDE INKOMSTE

Uitgawes -xxx
Kredietverliese Xxx
Versekering (Bedrag gegee in proefbalans – deel
???
vooruitbetaal)
Skryfbehoeftes xxx

. 2. AANTEKENINGE TOT DIE FINANSIËLE STATE

4. Handels- en ander debiteure


Handelsdebiteure Xxx
Min Toelaag: Kredietverliese -xxx
Versekering vooruitbetaal (Slegs Vooruitbetaalde deel) ???
xxx
7. Opgelope / agterstallige uitgawes (bedryfslas) (hfst 10)
Dit is uitgawes wat reeds deur die entiteit aangegaan is, maar nog nie betaal
is nie. Die uitgawes is van toepassing op die huidige periode en moet dus by
getel word by die uitgawe in die staat van wins of verlies en ander omvattende
inkomste. Ek moet dus die agterstallige uitgawe by tel by die uitgawe gegee
en ʼn las skep in die staat van finansiële posisie onder handels en ander
krediteure, wat wys ek moet nog die uitgawe betaal. Die joernaal is dus as
volg:
Dt Uitgawe (SvW/V)
Kt Opgelope uitgawe (SvFP – Handels en ander krediteure)

Waar kom dit in die state? (Bv. as dit versekering is)


1. STAAT VAN WINS OF VERLIES EN ANDER OMVATTENDE INKOMSTE

Uitgawes -xxx
Kredietverliese Xxx
Versekering (Bedrag gegee in proefbalans + deel
???
agterstallig)
Skryfbehoeftes xxx

2. AANTEKENINGE TOT DIE FINANSIËLE STATE

7. Handels- en ander krediteure


Handelskrediteure Xxx
Huurinkomste vooruitontvang xxx
Agterstallige versekering (Slegs die agterstallige deel) ???
Rente vooruitontvang Xxx
Agterstallige rente op lening Xxx
xxx

8. Ander aansuiwerings
Daar is ander aansuiwerings wat ons ook dalk in ag sal moet neem as ons ʼn voor-
aansuiweringsproefbalanse het. Hierdie aansuiwerings sluit in; foute in die
proefbalans, inskrywings wat gemis is in die gegewe proefbalans, inskrywings wat
eers aan die einde van die periode gemaak kan word (soos rente en bankkoste),
gelde ontvang van ʼn debiteur wie se skuld voorheen afgeskryf was, ens.
Kom ons kyk saam na ʼn paar van hierdie soort aansuiwerings. (Onthou daar kan
nog ander aansuiwerings wees, hierdie is slegs ʼn paar voorbeelde)
8.1 Foute in die proefbalans
Hierdie tipe aansuiwerings is byvoorbeeld as ek ʼn transaksie het vir
herstelwerk gedoen aan ʼn gebou en toe die transaksie te boek gestel is, is
die bedrag oorgeboek na grond en geboue inplaasvan na herstelwerk. Ek
moet dus die inskrywing uitskakel en die transaksie reg te boek stel. Die
joernaal is dus as volg:
Dt Herstelwerk (SvW/V)
Kt Grond en geboue (SvFP)

Waar kom dit in die state? (as ons die herstelwerk voorbeeld vat)
1. STAAT VAN WINS OF VERLIES EN ANDER OMVATTENDE INKOMSTE

Uitgawes -xxx
Herstelwerk (bedrag gegee in proefbalans + joernaal) ???
Telefoon Xxx
Depresiasie Xxx
Skryfbehoeftes xxx

2. STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE

BATES
Niebedryfsbates: Xxx
Eiendom, aanleg en toerusting (bedrag van die nota –
joernaal) ???
Vaste deposito: xxx

8.2 Inskrywings wat eers aan die einde van die periode gemaak word
Hierdie tipe aansuiwerings is byvoorbeeld soos bankkoste wat eers aan die
einde van die periode bepaal kan word en dan moet die inskrywing gemaak
word om die transaksie in die rekeningkundige rekords (in die geval state) aan
te teken. Die joernaal is dus as volg:
Dt Bankkoste (SvW/V)
Kt Bank (geld vloei uit) (SvFP)

Waar kom dit in die state? (as ons die bankkoste voorbeeld vat)
1. STAAT VAN WINS OF VERLIES EN ANDER OMVATTENDE INKOMSTE

Uitgawes -xxx
Bankkoste (bedrag gegee in proefbalans + joernaal) ???
Telefoon Xxx
Depresiasie Xxx
Skryfbehoeftes xxx
2. AANTEKENINGE TOT DIE FINANSIËLE STATE

5. Kontant en kontantekwivalente
Bank (bedrag gegee in die proefbalans – joernaal) ???
Kleinkas Xxx
xxx

8.3 Onttrekkings gemaak deur die eienaar


Hierdie tipe aansuiwerings sal ons moet in ag neem as die eienaar
ontrekkings uit die entiteit gemaak het nadat die voor-
aansuiweringsproefbalans opgestel was. Die joernaal is dus as volg: (As ons
sê die eienaar het kontant onttrek)

Dt Onttrekkings (SvVE)
Kt Bank (geld vloei uit) (SvFP)

Waar kom dit in die state? (As ons sê die eienaar het kontant onttrek)
1. STAAT VAN VERANDERING IN EKWITEIT

Saldo aan begin van periode Xxx


Plus: Wins vir die periode Xxx
Min: Onttrekkings -???
Saldo aan einde van periode xxx

2. STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE

Ekwiteit: ???
Kapitaal (bedrag gegee in proefbalans - onttrekkings) ???

3. AANTEKENINGE TOT DIE FINANSIËLE STATE

5. Kontant en kontantekwivalente
Bank (bedrag gegee in die proefbalans – joernaal) ???
Kleinkas Xxx
xxx
8.4 Debiteure wat as oninbaar afgeskryf moet word
Hierdie tipe aansuiwerings sal ons moet in ag neem as daar nog ʼn debiteur
is wat se skuld as oninbaar moet afskryf. Die joernaal is dus as volg:
Dt Kredietverliese (SvW/V)
Kt Debiteure (SvFP – Handels en ander ontvangstes)

Waar kom dit in die state?


1. STAAT VAN WINS OF VERLIES EN ANDER OMVATTENDE INKOMSTE

Uitgawes -xxx
Kredietverliese (bedrag gegee in proefbalans + joernaal) ???
Herstelwerk Xxx
Algemene uitgawes Xxx
Salarisse Xxx
Depresiasie Xxx
Skryfbehoeftes xxx

2. AANTEKENINGE TOT DIE FINANSIËLE STATE

4. Handels- en ander debiteure


Handelsdebiteure (bedrag gegee in die proefbalans –
joernaal) ???
Min Toelaag: Kredietverliese -xxx
Advertensies vooruitbetaal Xxx
Versekering vooruitbetaal Xxx
xxx

8.5 Verdere kapitaal bygedra deur die eienaar


Hierdie tipe aansuiwerings sal ons moet in ag neem as die eienaar nog kapitaal
in die entiteit ingestort het nadat die voor-aansuiweringsproefbalans opgestel
was. Die joernaal is dus as volg: (As ons sê die eienaar kontant bydra)
Dt Bank (geld vloei in) (SvFP)
Kt Ekwiteit / Kapitaal (SvVE + SvFP)

Waar kom dit in die state? (As ons sê die eienaar het kontant bygedra)
1. STAAT VAN VERANDERING IN EKWITEIT

Saldo aan begin van periode Xxx


Plus: Wins vir die periode Xxx
Plus: Bydra gedurende die jaar ???
Min: Onttrekkings -xxx
Saldo aan einde van periode xxx
2. STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE

Ekwiteit: ???
Kapitaal (bedrag gegee in proefbalans + joernaal) ???

3. AANTEKENINGE TOT DIE FINANSIËLE STATE

5. Kontant en kontantekwivalente
Bank (bedrag gegee in die proefbalans + joernaal) ???
Kleinkas Xxx
xxx

8.6 Terugsendings deur debiteur


Hierdie tipe aansuiwerings sal ons moet in ag neem as ʼn debiteur voorraad
terug gestuur het nadat die voor-aansuiweringsproefbalans opgestel was. Die
joernaal is dus as volg:
Dt Verkope (SvW/V)
Kt Debiteure (SvFP – Handels en ander ontvangstes)

Waar kom dit in die state?


1. STAAT VAN WINS OF VERLIES EN ANDER OMVATTENDE INKOMSTE

Netto verkope (Verkope gegee in proefbalans –


???
Verkoopsretoere en verkoopstoelae - joernaal)
Koste van Verkope -xxx

2. AANTEKENINGE TOT DIE FINANSIËLE STATE

4. Handels- en ander debiteure


Handelsdebiteure (bedrag gegee in die proefbalans –
joernaal) ???
Min Toelaag: Kredietverliese -xxx
Advertensies vooruitbetaal Xxx
Versekering vooruitbetaal Xxx
xxx
STAP 5: Neem die aansuiwerings nou in ag in die state en voltooi die state.

ONTHOU: DIE 5 ELEMENTE TOT REKENINGKUNDE

Dt Kt
- INKOMSTES +
- LASTE +
- EKWITEIT +
+ UITGAWES -
+ BATES -
+ ONTTREKKINGS -

You might also like