You are on page 1of 3

‘Kunsmatige Intelligensie neem oor’

netwerk24.com/amp/netwerk24/za/paarl-post/nuus/kunsmatige-intelligensie-neem-oor-20230405-2

07 Apr.

Jp Myburg

Kunsmatige Intelligensie is die nuwe gonswoord wat wêreldwyd opvlam en mense aan
die praat het.

Kunsmatige Intelligensie (KI) is die nuwe gonswoord wat wêreldwyd opvlam en mense
aan die praat het.

1/3
Toepassings soos ChatGPT en BingChat is verlede jaar vrygestel en verander die
tegnologiese landskap by die dag.

ChatGPT is ’n toepassing wat deur OpenAI gebou en geskryf is. Deur die GPT-taalmodel
te gebruik, kan dit jou vrae beantwoord, inhoud skryf, e-posse opstel, ’n gesprek voer,
webkode in verskillende programmeertale verduidelik, natuurlike taal na webkode vertaal,
en meer – alles geskoei op die gesprek wat jy met die toepassing voer.

Dr. Antoinette van der Merwe, senior direkteur: leer- en onderrigverryking by die
Universiteit Stellenbosch, het bevestig dat KI hier is om te bly en dat studente dit al hoe
meer gaan gebruik namate dit verbeter.

Sy het die “veg-of-vlug”-reaksie beskryf wat baie akademiese inrigtings in reaksie op


ChatGPT het. Sy het opgemerk dat sommige universiteite reeds hierdie tegnologie
verbied het.

“Ander sal probeer om dit te probeer uitoorlê of dit probeer ‘uitvang’ en probeer om beter
opsporingsagteware in werking te stel. Ek dink dit is ’n natuurlike reaksie op hierdie
opskudding. Studente vandag moet voorbereid wees op ’n toekoms waarin skryf met KI
reeds besig is om noodsaaklik te word. Net soos woordverwerkingfunksies soos spel- en
taaltoetsers aanvaarbaar geword en by skryfpraktyke geïntegreer is, gaan dieselfde met
teksskeppers gebeur. Ek redeneer dus ons moet onderrig, leer en assessering
heroorweeg, herdink en herfokus sodat ons ons gegradueerdes met die nodige
vaardighede kan toerus om verantwoordelik met KI om te gaan,” het Van der Merwe
gesê.

Die ChatGPT-verskynsel is deur die nuutaangestelde voorsitter van die departement


joernalistiek, prof. Herman Wasserman, bekend gestel. Hy het sommige van die etiese
dilemmas aangeraak waaraan die gewilde, nuwe kunsmatige intelligensietegnologie die
media en die akademiese landskap blootstel.

Netelige vrae wat met plagiaat, privaatheid, sensuur, regverdigheid en KI se invloed op


ongelykheid verband hou, is ook deur deelnemers geopper.

“Hoewel dit ietwat van ’n cliché is dat ons studente oplei vir beroepe wat nog nie bestaan
nie, is dit skrikwekkend waar wanneer ons in ag neem dat die joernalistiekstudente wat
vanmiddag hier sit, miskien aanstaande jaar, wanneer hulle tot die werksmark toetree,
met persverklarings te doen sal kry wat deur ’n kletsbot uitgeryg is wat nie verlede jaar
hierdie tyd bestaan het nie,” het Wasserman opgemerk.

Hul meen ook dat hierdie nie net ’n uitdaging by universiteite gaan voortbring nie, maar in
verskeie bedrywe.

Prof. Bruce Watson van die sentrum vir KI-navorsing in die skool vir datawetenskap en
rekenaardenke – wat homself ’n KI-optimis noem – het verduidelik hoe die KI agter
ChatGPT werk. Volgens hom is dit moeilik om die uitwerking wat ChatGPT op ons
alledaagse lewe gaan hê te oordryf.

2/3
“Maar dit is belangrik om te onthou dit is nie ’n wese met bewussyn nie en het ook geen
hoop om te wees nie. Dit is net ’n massiewe model wat kan voorspel wat die volgende
woord moet wees op grond van wat dit geleer het. Dit het geen gevoelens, oorspronklike
gedagtes of kapasiteit vir outentieke terugvoer nie. Maar die implikasie is steeds enorm.
KI is reeds buitengewoon vaardig in die skryf van kort grepe en in die skep van werkende
programme en skadelike programmatuur soos rekenaarvirusse.”

Twee navorsers van Research ICT Africa, dr. Scott Timcke en Zara Schroeder, het saam
’n aanbieding gedoen oor die implikasies van KI vir ’n land soos Suid-Afrika waar
ongelykheid en ekonomiese uitsluiting steeds groot hindernisse is.

“Geen tegnologiese produk is neutraal nie,” het Timcke opgemerk.

Hoewel KI die potensiaal het om ’n instrument te wees wat bekostigbare opvoedkundige,


mediese en regsinligting en advies aan die armes kan verskaf, sal die maksimalisering
van wins waarskynlik sosiale beskerming troef, het hy gesê. Die keersy van sulke
tegnologiese vooruitgang is dat slegs ryk mense in die toekoms dalk toegang tot menslike
spesialiste sal kan hê, terwyl armes op masjiengegenereerde kundigheid sal moet
staatmaak.

3/3

You might also like