You are on page 1of 11

eerste worp

Vrae vir inskerping van kennis

Voltooi in jou skrif en merk self.


Waarna verwys die titel letterlik?

Antwoord: Die eerste gooi/


diskus gooi
Wat is die figuurlike betekenis van die
gedig?

Antwoord: Die Skepping


Noem een ding wat die spreker in die eerste deel van die gedig noem, wat
ons land nie het nie, of te min van het.

Antwoord:
• Ou katedrale
• Ou kastele
• Bevaarbare riviere
• Baie wolke
• Groot metropole
• Groot woude
• Geskiedenis met groot name
Waarom word die vanne van beroemde kunstenaars in
strofe 2 met kleinletters geskryf?

Antwoord: Hulle is slegs voorbeelde van beroemde


kunstenaars/ hulle verteenwoordig beroemde
kunstenaars/ sinekdogee wat meer voorbeelde van
kunstenaars verteenwoordig.
Watter woord lei die teenstelling in die
gedig in?

Antwoord: “maar”
Benoem die soort beeldspraak in reël 11
wat die kaal bome uitbeeld.

Antwoord: Personifikasie
Wat sal “storievertelname” wees?

Antwoord: Dit is plekname wat ‘n


verhaal het.
Haal een woord uit reël 17 aan wat aandui
dat ou fossiele of tekens van die
oerbeskawing in ons land voorkom.

Antwoord: “reste”
Watter herhalende voegwoord of polisindeton
kom in die tweede deel van die gedig voor, wat die
ryke natuurbesit van ons land beklemtoon?

Antwoord: “en”
Watter boodskap tref jy in hierdie gedig aan, ten
opsigte van ons houding teenoor ons eie land?

Antwoord: Ons waardeer nie ons eie land nie.

You might also like