You are on page 1of 2

Afrikaans EAT Graad 9 Basislyn assessering–Taal_jan2021

AFRIKAANS EAT

BASISLYN ASSESSERING –TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

21 Januarie 2021

GRAAD 9

Eksaminator: Mev.I. Burgers Tyd: 20 min

Moderator: Mnr. R. Lewis Punte:15

___________________________________________________________________

Lees die onderstaande teks as inleiding en beantwoord die taalvrae wat volg.

BEKKIGE DIER

Eendag sien ʼn kêrel ʼn advertensiebord voor ʼn huis. Op die bord staan: “Pratende hond te
koop.” Hy lui die deurklokkie en die hond se eienaar maak sy verskyning en sê aan hom dat
die hond in die agterplaas is. Hy loop toe na die agterkant van die huis en daar sien hy ʼn brak
wat op ʼn polletjie gras sit.

Vraag 1: Woordstrukture

1.1 Kies die korrekte spelling van die woord tussen hakies. (1)

Hy het elke dag hondekos (ge-eet / geëet).

1.2 Gee die meervoud vir die onderstreepte woord. (1)

Hy lui die deurklokkie.

1.3 Kies die korrekte voorsetsel tussen hakies. (1)

Hy lui die deurklokkie en klop (op / aan) die deur.

1.4 Vervang die onderstreepte gedeelte met 'n gepaste voornaamwoord. (1)

Hy lui die deurklokkie en die hond se eienaar maak sy verskyning.

1.5 Gee die intensiewe vorm vir die woord tussen hakies. (1)

Hy sien ʼn brak wat op ʼn polletjie (groen) gras sit.

1.6 Gee die oortreffende trap vir die woord tussen hakies. (1)

Hy loop toe (vinnig) na die agterkant van die huis.


2|Page
Afrikaans EAT Graad 9 Basislyn assessering–Taal_jan2021

Vraag 2: Sinstrukture

2.1 Skryf die volgende sin oor in die korrekte woordorde. (STOMPI) (1)

(te sien) (vroeg daar) (is) (die man) (om die hond)

2.2 Benoem die sinsoort. (Kies die regte antwoord tussen hakies). (1)

'n Pratende hond ! (stelsin /vraagsin/ bevelsin /uitroepsin)

2.3 Verander die volgende sin na 'n vraagsin. (1)

Hy sien ʼn brak op die polletjie gras sit.

2.4 Skryf die sin oor in die teenwoordige tyd. (1)

Die eienaar wou sy pratende hond verkoop.

2.5 Skryf die sin oor in die verlede tyd. (1)

Die man moet tien rand vir die hond betaal.

2.6 Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies. (1)

Die hond kan praat. Jy kan niks glo wat hy sê nie. (maar)

2.7 Verander die sin van die direkte rede na die indirekte rede. (1)

Die man sê: "Ek wil die hond graag sien."

2.8 Skryf die sin oor in die ontkennende vorm. (1)

Die hond praat altyd die waarheid.

2.9 Skryf die sin oor in die lydende vorm. (1)

Die man het die hond gekoop.

Totaal : (15)

2|Page

You might also like