You are on page 1of 12

SUURLEMOEN MEMORANDUM – JACO JACOBS

Hoofstuk 1 – Mozart met lipstick


1. Waar het die storie van Zane en Mozart en die lipstiffie begin?
Toe Zane dit voor skool opgetel het.
2. Watter vak gee mnr. Marx?
Musiek
3. Hoe het die verhouding tussen mnr. Marx en juf. Pienaar blykbaar begin?
Toe hulle mekaar gesoen het tydens die skoolsokkie.
4. Wat beteken: staccato, pianissimo en legato?
Kort en vinnige note Baie sag Vloeiend
5. In watter taal is die woorde op mnr. Marx se bord geskryf?
Italiaans
6. Hoekom is die Mozart-beeldjie vir mnr. Marx so spesiaal?
Dit was baie duur en hy het dit in Oostenryk gekoop.
7. Hoe reageer mnr. Marx toe hy die lipstiffie op die beeldjie sien?
Hy was kalm.

Hoofstuk 2 – Orkesoefening
1. Gee die korrekte Afrikaanse woord vir “calculator”.
Sakrekenaar
2. Wanneer het Zane en Tiaan vriende geword?
In graad drie.
3. Waarom het Tiaan gehoop hulle kry mnr. Marx alleen in sy klas?
Sodat mnr. Marx hulle kan “uitvreet” en “strafwerk” gee en “klaarkry daarmee”.
4. Wat het gebeur toe Tiaan en Zane by die klas aankom?
Daar was orkesoefening en almal het opgekyk.
5. Waarvoor gee mnr. Marx vir Tiaan en Zane krediet?
Hulle het vir hom ‘n inleiding gegee vir sy les.
6. Hoe het die orkes gereageer toe hulle die versierde beeldjie sien?
Almal het gelag.
7. Waarom was Tiaan so verbaas toe mnr. Marx al die tipes rock opnoem?
Hy het glad nie verwag dat hy al die verskillende rock-tipes sal ken nie.
8. Hoekom is Tiaan verbaas dat Frik in die skoolorkes is?
Mens verwag nie rugbyspelers by ‘n orkes nie.
9. Hoekom het mnr. Marx vir Tiaan en Zane na sy klas toe laat kom?
Hy wou hulle inlig oor die Rumoer-kompetisie.

Hoofstuk 3 – Pause. Rewind


1. Van watter soort musiek hou Tiaan en van watter musiek hou hy nie?
Nie van die musiek wat hulle op skool leer nie. Die musiek wat jou op ‘n trip sit.
2. Waarom dink Tiaan mens kan nie na hulle verwys as ‘n band nie?
Hulle het nog nooit ‘n regte gig gespeel nie en hulle het nie nog mense vir die
band probeer kry nie.
3. Waarvoor het Zane en Tiaan probeer adverteer?
Vir ‘n drummer.

Hoofstuk 4 – Play
1. Tiaan en Zane ervaar die orkesoefening baie verskillend. Verduidelik.
Tiaan is verleë, maar Zane geniet die aandag.
2. Mnr. Marx probeer hulle help met die hou van die oudisies. Watter voorstel maak hy?
Hy bied die leë klaskamer aan vir oudisies.
3. Verduidelik wat ironie beteken.
Dit is wanneer die teenoorgestelde gebeur as wat ‘n mens verwag.
4. Waarom is hierdie optrede van mnr. Marx baie ironies?
Hulle het gedink hy gaan met hulle raas, maar toe bied hy die klaskamer aan en
vertel hulle van die kompetisie.

Hoofstuk 5 – Selfpotret
1. Hoekom skrik Tiaan toe Zane in die kamer instap en agter hom praat?
Tiaan was besig om foto’s van homself te neem.
2. Gee 2 redes waarom Zane so opgewonde is oor die oudisie.
Want hulle gaan vir die battle of the bands-kompetisie inskryf en Liezl het vir
hom gesmile.
3. Hoekom rol Tiaan sy oë?
Want hy sê vir Zane dat Liezl nie vir hom gesmile het nie, maar hom uitgelag het.

Hoofstuk 6 – Kennisgewings
1. Waarom is Tiaan nie beïndruk met Zane se pogings om die oudisie te adverteer nie?
Daar was ‘n spelfout op en Zane het hom nie gevra vir sy opinie nie. Daar was
ook geen datum op nie.

Hoofstuk 7 – Zane se verdiende loon


1. Hoekom is Tiaan spyt dat sy pa ‘n dokter is?
Want hy kan nie skoolsiek speel nie.
2. Wat het Zane gedoen wat Tiaan verras het?
Hy het met mnr. Marx gereël om die drum kit te leen.
3. Watter eienskap van Zane kom dus hieruit na vore?
Hy is verantwoordelik.
4. Hoekom kom Zane nie agter dat daar nog niemand vir die oudisie opgedaag het nie?
Hy staar net na Liezl.
5. Met watter nuwe plan kom Zane vorendag?
Hy het vir die orkeskinders genooi vir die oudisie.
Hoofstuk 8 – Oudisies
1. Hoekom dink Tiaan die hele situasie is ‘n klasgrap?
Omdat die hele orkes vir hulle kyk. Party lyk verveeld en die ander lyk of hulle
gaan uitbars van die lag.
2. Hoe weet jy as leser dat die situasie nie ‘n klasgrap ten koste van Zane en Tiaan is
nie?
Want daar was kinders wat die oudisie afgelê het.
3. Watter voorstel maak Liezl?
Dat Tiaan en Zane eers vir hulle moet speel en hulself bewys.
4. “Die elektriese kitaar is soos ‘n tweede hoofsanger.” Watter soort beeldspraak is dit?
Vergelyking.
5. Teen watter agtergrond of milieu speel hierdie gebeure af?
In die musiekklas by die hoërskool.

Hoofstuk 9 – Casanova op sy knieë


1. Noem een belangrike eienskap van ‘n Casanova.
Hy draai meisies om sy pinkie. Meisies hou gewoonlik van hom.
2. Wie is die Casanova in die verhaal?
Zane
3. Die “band” het op die stadium twee probleme. Noem die probleme.
Hulle het nie ‘n naam of oorspronklike liedjies nie.

Hoofstuk 10 – Die Gids


1. Wat is in die Gids aangeteken?
Alles wat Zane en Tiaan oor meisies weet.
2. Wat was die swart Croxley-boekie se oorspronklike doel?
Vir Tiaan se ma se resepte.
3. Skryf een belangrike verskil m.b.t. verhoudings en meisies tussen Tiaan en Zane neer.
Motiveer jou antwoord deur ‘n aanhaling op bl. 35.
Tiaan is skaam vir meisies, maar Zane is glad nie skaam nie.
“My eie ervaring met meisies is maar beperk.”

Hoofstuk 11 – Wat’s in ‘n naam?


1. Bongi is baie gefrustreerd oor die band se besluiteloosheid en swak administrasie. Hoe
lank is sy bereid om vir eers aan te sluit?
Een maand.
2. Waarom dink jy moet die band ‘n Afrikaanse naam hê?
Hulle gaan aan ‘n Afrikaanse kompetisie deelneem.
3. Wat is die boodskappie wat Bongi op die suikerpakkie sien?
“If life keeps handing you lemons, make lemonade.”
4. Op watter naam is daar uiteindelik besluit?
Suurlemoen!
5. Watter een van die vier karakters sou jy beskou as die een met die sterkste
persoonlikheid? Gee twee redes.
Bongi. Sy neem elke keer die besluite en sit vir Frik van Tonder dadelik op sy
plek.

Hoofstuk 12 – Suur
1. Wat is Liezl se kosbaarste besitting?
Haar ou lapkat - Pandora
2. Wat is Tiaan se diepste geheim?
Hy kan glad nie dans nie.
3. Hoe beskryf Bongi haarself in vyf woorde? Stem jy saam met haar stelling?
Ek, Vat. Nie. Nonsens. Nie.

Hoofstuk 13 - Lawaai
1. Waarom was dit nie ‘n wyse besluit van die band om in Tiaan-hulle se garage te oefen
nie?
Hulle het nie eers sy ma-hulle se toestemming gevra nie.

2. Aan watter kompetisie gaan die band deelneem?


Rumoer-kompetisie
3. Behandel Zane sy meisies goed of sleg? Motiveer m.b.v. ‘n aanhaling op bl. 49.
Goed.”Hy sal nie met ‘n meisie mors nie.”

Hoofstuk 14 – Song
1. Dink jy dat Tiaan oor baie selfvertroue beskik? Motiveer.
Nee. Hy dink hy kan nie dans nie en hy sê party ouens, soos Zane, al die luck
het.
2. “Haar gesig voorspel moeilikheid.” (bl. 52) Van wie word hier gepraat?
Tiaan se ma.
3. Wat was die probleem?
Hulle geoefen in die garage het die bure se honde geweldig ontstel.

Hoofstuk 15 – Senuweebrakke
1. Waarom dink jy is die hoofstuk se titel “Senuweebrakke”?
Dit is figuurlik. Die bure se honde het ‘n senuwee-ineenstorting gehad.

Hoofstuk 16 - Klankdig
1. Wat is die korrekte Afrikaanse woord vir “nerd”? (bl. 54)
Bleeksiel.
2. Op watter voorwaarde kan die band die lokaal langs mnr. Marx se klas gebruik?
Hulle moet dit skoonmaak en uitverf.
3. Hoe voel die twee seuns oor die voorwaarde?
Nie lus nie, want hulle is lui.
4. Waarom is Zane van mening dat hy nie ‘n goeie liedjieskrywer sal maak nie?
Hy het 9 uit 20 vir sy opstel gekry.

Hoofstuk 17 – Operasie Orkeskamer


1. Wat was die groot probleem aangaande die orkeskamer?
Dit het baie erg gelyk en was vol stof en was eintlik ‘n stoorplek.
2. Wat bedoel Zane as hy sê Bongi was ‘n “slawedrywer”?
Sy laat hulle hard werk.

Hoofstuk 18 – Ma
1. Watter positiewe eienskappe van Liezl noem Zane op? (bl. 64)
“Sy lyk flippen mooi, sy’s snaaks, sy’s slim’ sy like musiek.”
2. Waarom is Tiaan en Zane se “Gids tot Meisies” kursief gedruk? (bl. 64)
Dit was die naam van die gids.

Hoofstuk 19 - Lemonade
1. Wat het Bongi vir hulle gebring om te drink?
lemonade
2. Wie begin die idee om ‘n liedjie oor lemonade te skryf?
Tiaan
3. Wat is Zane se reaksie op die eerste woorde van die lemonade-song? (bl. 68)
Hy lag … hy hou nie daarvan nie.

Hoofstuk 20 – Maak lemonade


Geen vrae nie.

Hoofstuk 21 – Net voor ons held in ‘n zombie verander


1. Waaruit kan ons aflei dat Tiaan en sy ma ‘n goeie verhouding het? (bl. 72)
Hy sit sy arm om haar skouer. Sy kan nie vir hom kwaad bly nie.
2. Waarom dink jy voel Tiaan depressief? (bl. 73)
Hy is verlief op Liezl en nou gaan s yen Zane fliek.

Hoofstuk 22 – Snuffelgids
1. Waaroor het Tiaan gedroom?
Hy het ‘n nagmerrie gehad dat hy in die koerant adverteer vir ‘n meisie.

Hoofstuk 23 – Chrome Bunny


1. Wat was die naam van die band waarvan mnr. Marx ‘n lid was?
Chrome buddy
2. Was die band bekend toe hy daarin gespeel het? Motiveer.
Nee, hy het slegs een cd gehad.

Hoofstuk 24 – Fast Forward


1. Vertaal die titel van die eerste hoofstuk van die boek wat Tiaan uitgeneem het in goeie
Afrikaans.
WAARSKUWING: Om in ‘n rock band (orkes) te wees kan uiters vervelig wees.
2. Met watter een van die karakters kan jy jouself identifiseer? Motiveer.
Eie antwoord

Hoofstuk 25 – Die taal van tuinkabouters

1. Hoekom het Tiaan vergeet waarom hy eintlik by Liezl is?


Hulle het begin gesels oor die tuinkabouter en hy het hom verluister en verkyk
aan Liezl.
2. Wat kan jy daaruit aflei?
Hy is verlief op Liezl.
3. Dink jy dat daar dalk by Tiaan ‘n mate van innerlike konflik bestaan?
Ja, hy is verlief op Liezl, maar Zane, sy beste vriend is ook. Hy wil graag vir Liezl
hê, maar wil nie sy en Zane se vriendskap bederf nie.
4. Watter voorwerp in Liezl-hulle se tuin het Tiaan se belangstelling gewek?
Die tuinkabouter.
Hoofstuk 26 – Girls only
1. Watter bewys is daar in hierdie hoofstuk dat Bongi weer die leiding neem?
Bongi het besluit hulle het genoeg geoefen vir die dag en toe Zane vir Liezl
gevra het of sy saam met hom gaan stap vir hom gesê s yen Liezl gaan koffie
drink.
2. Verduidelik wat met hierdie hoofstuk se titel bedoel word.
Bongi en Liezl gaan koffie drink en seuns word nie toegelaat nie.

Hoofstuk 27 – Eerste gig


1. Haal ‘n sin aan as bewys dat mnr. Marx nie gunstig op Zane se vraag oor sy
voormalige band reageer nie.
“Dit lyk vir ‘n oomblikof ‘n wolk oor meneer Marx se gesig trek.” (Onthou die
aanhalingstekens aan die begin en einde!)

Hoofstuk 28 – Elektrisiteit
1. Het Tiaan ‘n oproep van Liezl verwag? Motiveer jou antwoord.
Hy het probeer om nie verbaas te klink nie.
2. Waarom is Zane ietwat verontwaardig wanneer Tiaan ‘n skinkbord vir die koeldranke
uithaal?
Want Tiaan gebruik nooit ‘n skinkbord as hy alleen kom kuier nie.
3. Watter oorspronklike verband trek Liezl met ‘n suurlemoen en hoe wil sy hierdie idee
gebruik?
Dat ‘n mens elektrisiteit kan opwek met ‘n suurlemoen en hulle band gaan
elektries wees, d.w.s. uitstekend.

Hoofstuk 29 – Ingeprop
1. Hoe bewys mnr. Marx in hierdie hoofstuk dat hy die band se beste belange op sy hart
dra?
Hy het vir meneer Van Schalkwyk gesê dat hy vir hulle toestemming gegee het
om die plakkate op te sit, maar hy het ‘n leuen vertel om hulle uit die moeilikheid
uit te kry.
2. Watter raad gee mnr. Marx aan die band?
Dat hulle hulself op ‘n kasset moet opneem om te hoor hoe hulle klink..
3. Waarom is mnr. Marx bevoeg om vir die band raad te gee?
Want hy het self in ‘n band gespeel.
Hoofstuk 30 – Op tape
1. Hoe weet Tiaan dat Zane baie opgewonde is oor die band?
Dit was die eerste keer dat Zane so opgewonde is oor iets dat hy lus het om op
sy eie by die huis te gaan oefen.

Hoofstuk 31 – Psycho Bop en Willem


1. Hoe weet ons dat Bongi nie veel van Frik van Tonder se intellektuele vermoëns dink
nie?
Want sy het gesê dat selfs agterspelers (Frik is ‘n agterspeler) soms intelligente
geselskap nodig het.

Hoofstuk 32 – Skadebeheer
1. Waarna verwys die “skadebeheer” in die titel?
Frik en sy vriende het hulle demo tape wat nog nie gereed was om geluister te
word nie, vir Psycho Bob en Willem gegee om vir die skool te speel. Nou moet
hulle optree en vir Frik-hulle terugkry.

Hoofstuk 33 – Toilettreffer
1. Wat was die twee verrassings wat Tiaan in hierdie hoofstuk gekry het?
Iemand het een van hulle liedjies in die toilet geneurie.
Hulle liedjie “Maak lemonade” was nommer een op Psycho Bob en Willem
se show.

Hoofstuk 34 – Wiskunde en ‘n jackpot-vraag


1. Haal een woord aan as bewys dat Bongi en Liezl op die oomblik ‘n baie sterk band het.
“onafskeidbaar” (Onthou die aanhalingstekens!)
Hoofstuk 35 – Great
1. Waarom is hierdie hoofstuk se titel “Great” ironies?
Want Zane het onverwags op Tiaan en Liezl afgekom wat styf teenmekaar by die
rekenaar gesit het. Zane was ontsteld en Liezl skuldig. Niks was dus “great” nie.

Hoofstuk 36 – Stilstuipe
1. Wat beteken dit as Bongi vir Tiaan “voor stok kry”? Beskryf volledig.
Sy spreek hom aan.\

Hoofstuk 37 – Vuishou
1. Waarna verwys die woord “vuishou” in die titel? Word dit letterlik of figuurlik bedoel?
Verduidelik.
Wie gaan vir wie eerste aanvat. Figuurlik.
2. Hoe openbaar Bongi weer sterk leierseienskappe in hierdie hoofstuk?
Sy neem die leiding sodat hulle weer begin oefen.
3. Haal ‘n vergelyking op bl. 116 aan en verduidelik waarom dit effektief is.
“Die atmosfeer is so gespanne SOOS voor ‘n boksgeveg.” (Onthou die
aanhalingstekens.)

Hoofstuk 38 – Uitgeplug
1. Waarom het Bongi Sondagaand vir Tiaan gebel?
Om vir Tiaan te sê dat Liezl nie meer in die band wil wees nie.
2. Hoe lank was die proeftydperk om deel van die band te wees? (bl. 39)
Een maand.

Hoofstuk 39 – Bands wat hulle alie gesien het


1. Van die bands het ‘n “bakleiery” op ‘n mooier manier beskryf. Wat het hulle dit
genoem?
“Kreatiewe verskille”

Hoofstuk 40 – Meneer Marx


1. Wanneer en waar speel hierdie hoofstuk af?
Tydens eerste pouse in meneer Marx se klas.

Hoofstuk 41 – Psycho
1. Waarom sou hierdie hoofstuk begin met “Ek is relatief normaal.”?
Want hy doen nou iets wat glad nie normaal is nie.
2. Wat sou die rede wees dat Tiaan die klas vyf minute voor pouse verlaat het?
Want hy wou saam met Willem of Psycho Bob by die radiostasie ingaan.
3. Gee een woord vir “... ek voel hoe my gesig warm word.” (bl. 124)
“bloos”

Hoofstuk 42 – Gyselaarsdrama
1. Wie het die twee DJ’s gyselaar gehou?
Tiaan
2. Waarom het hy dit gedoen?
Hy wou vir Zane, Bongi en Liezl dwing om nog die aand in die band te speel
sodat die show kan aangaan.
3. Wat is twee dinge wat die DJ’s op bladsy 128 doen wat vir die leser wys dat hulle nie
kwaad is vir Tiaan nie?
Want hulle het “Maak lemonade” van Suurlemoen! gespeel en Psycho Bob het
vir Tiaan tjips gehou.
4. Op bladsy 131 sien Psycho Bob dat daar al tien minute van die Wiskundeperiode verby
is en hy is ingenome daarmee. Wat beteken “ingenome”?
Hy is in sy skik daarmee.
5. Het Tiaan geslaag in sy doel?
Ja, want Zane, Bongi en Liezl het ingestem om die aand in die band te speel.

Hoofstuk 43 – Suurlemoen! en Shakespeare bl. 133


1. Wat het Suurlemoen! en Shakespeare met mekaar in gemeen?
Tiaan, lid van Suurlemoen! het soveel drama veroorsaak en Shakespeare het
dramas geskryf.
2. “Dit klink … amazing!” Vervang “amazing” met ‘n gepaste Afrikaanse woord. bl. 135
Wonderlik / fantasties / ongelooflik.
3. Hoekom het Tiaan hoendervleis gekry toe Liezl begin sing het? bl. 145
Omdat dit vir hom so mooi was.

Hoofstuk 44 – Romeo en Juliet bl. 136


1. Waarom voel Tiaan dat alles nou soos ‘n anti-klimaks is?
Die optrede van Suurlemoen! was so opwindend en nou dra hulle alles in stilte
terug.
2. Bongi sê op bl. 137 dat Liezl mal is oor Tiaan. Waarom het Liezl dit nie vir Tiaan gewys
nie?
Omdat sy geweet het Zane hou ook van haar wou sy nie tussen Tiaan en Zane
gekom het nie.

Hoofstuk 45 – Verf bl. 139


1. Watter bewys is daar dat die gesprek tussen Liezl se pa en Tiaan nie vloei nie?
Al die ellipse dui aan dat hulle nie vlot praat nie.
2. Watter belangrike ding sê Tiaan vir Liezl op bl. 142?
Hy het vir haar gesê dat hy mal is oor haar.
3. Waarom het Tiaan die tuinkabouter omgedraai?
Hy wou nie vir Liezl voor die tuinkabouter gesoen het nie.

Hoofstuk 46 – Zane bl. 144


1. Hoekom voel Tiaan soos ‘n verraaier toe hy voor Zane se kamervenster staan?
Omdat hy nou van Liezl af kom.
2. Wat bedoel Tiaan met die stelling op die post-it plakker? Met ander woorde: Hoe kon
hierdie Maandag die malste, beste en aakligste dag van sy lewe wees?
Malste: Hy het die twee DJ’s, Willem en Psycho as gyselaars gevange gehou.
Beste: Hy en Liezl het vir mekaar gesê dat hulle van mekaar hou en mekaar
gesoen.
Aakligste: Hy het vir Zane vertel dat hy en Liezl van mekaar hou. Hy voel baie
sleg daaroor omdat Zane eerste van Liezl gehou het.
Hoofstuk 47 - #241 bl. 146
1. Wat is volgens jou die belangrikste inskrywing wat Tiaan in die Gids lees?
#240 Partykeer gaan jou beste pêl die girl kry op wie jy verlief is.
Nou die belangrikste inskrywing:
#241 Partykeer moet jy hom daarvoor vergewe.

Hoofstuk 48 – Frik bl. 148


1. Verduidelik volledig waarom dit ironies is dat Bongi vir Frik van Tonder as Suurlemoen!
se grootste bewonderaar beskou.
Hy was beslis nie hulle grootste bewonderaar nie en hulle was baie kwaad vir
Frik omdat hy die tape van Suurlemoen! vir die DJ’s gegee het voordat dit
honderd present reg is.

Hoofstuk 49 – Koerantknipsels bl. 150


1. Hoe weet ons dat Suurlemoen! wat na die finaal deurdring, prioriteit in hierdie uitgawe
van die skoolkoerant geniet?
Omdat dit op die koerant se voorblad is.

Hoofstuk 50 – Rumoer bl. 151


1. Waarom nooi mnr. Marx die band uit na die Hog&Falcon?
Sy band “Chrome Bunny” gaan daar begin speel.

Hoofstuk 51 – Magic bl. 154


1. Waarmee vergelyk Tiaan sy senuweeagtigheid?
‘n Swerm mossies wat baklei.
2. Haal ‘n voorbeeld van klanknabootsing op bl. 154 aan.
“twang-geluid”
3. Watter ramp het Tiaan in die eindronde getref?
Een van sy kitaar se snare het gebreek.
4. Hoe weet ons dat Suurlemoen! ‘n kans het om te wen? Bl. 157
Toe hulle klaar gespeel het, het daar ‘n oorverdowende handeklap losgebars.

Hoofstuk 52 – Suurlemoen! bl.158


1. Op watter oorspronklike manier word aan die leser bekendgemaak dat Suurlemoen!
die wenner van die Rumoer-kompetisie is?
Tiaan het op ‘n post-it plakker geskryf: “ Mooiste woorde ooit gehoor: En die
wenner van vanjaar se Rumoer-kompetisie is … Suurlemoen!
2. Hoe kan ons aan Tiaan en Liezl se lyftaal sien dat hulle van mekaar hou?
Liezl soen vir Tiaan op die wang en Tiaan glimlag breed. Sy arm is ook om Liezl
se skouers.
3. Wie lyk die mees opgewonde en hoe kan ons dit sien?
Bongi wat die trofee omhoog hou.
4. Hoekom is Zane se aandag lankal nie meer by die kompetisie wat hulle gewen het nie?
Hy het ‘n mooi meisie aan sy sy.

_____________________________________________

You might also like