Download

You might also like

You are on page 1of 11

My siel, Pa: Marie van Rensburg

Titel
• Die titel dui daarop dat die spreker 'n kind is wat sy pa
in die gedig direk gaan aanspreek. "My siel"verwys na
die spreker se eie identiteit. Die titel sluit aan by die
refrein wat aan die einde van elke strofe herhaal word.
1 Hoeveel ekstra vakke Pa? a-assonansie (hele gedig)
2 Dux-leerling? Is dit wat Pa vra? "prestasie" word eerste geplaas
(inversie/parentese) omdat dit
3 Die prestasies, Pa, al is dit top, vir die pa die belangrikste is .
memetafoor
4 galgtou oor my kop. Die spreker ervaar die druk as 'n bedreiging
5 En my siel, Pa ... (metafoor))
6 Kan ek 'n klein-klein stukkie terug vra?
Vra net ’n gedeelte terug; pa het sy hele siel ingepalm

Die strofe begin met die aanspreekvorm "Pa" gevolg


deur 'n retoriese vraag wat op die akademie fokus.
AI doen die spreker hoe goed, verwag sy pa altyd
meer en sal hy nooit tevrede wees nie.

Die beskuldiging in die vorm van 'n refrein word


herhaal. Die woord "Pa” word vier keer herhaal,
wat 'n uitheffing is van die aanklag teen die pa.
7 Pa, hoeveel eerstes by die wenpaal,
8 rekords moet ek nog behaal? Paarrym hele gedig behalwe r.19/20
9 Hoeveel keer op die rostrum, Pa,
10 met 'n Achilleshiel wat pla? Denotasie/konnotasie
11 Maar my siel, Pa ... Ellips... leser moet self ’n afleiding maak.
12 kan ek 'n klein-klein stukkie terug vra?
Hier word ook met "Pa" begin, maar die retoriese vraag fokus op atletiek:
Hoeveel keer verwag die pa dat hy'n eerste plek moet behaal en op die
rostrum moet staan, selfs al het hy'n besering (r. 10)? Die beskuldiging in
die vorm van 'n refrein word herhaal. "Pa" word drie keer herhaal.

Achilles – Griekse mitologiese figuur, wat in die Trojaanse oorlog


gesneuwel het a.g.v. ’n pylwond in sy hak, ʼn kwesbare plek.
Pa, hoeveel eerstes by die wenpaal,
rekords moet ek nog behaal?
13 Pa, S.A.-skolespan speel ek al twee jaar,
14 Pa se Cravenweek is geëwenaar.
15 Hoe hoog moet die turksvy-kind in die lynstaan spring
16 om Pa eer te bring? enjambement

17 Maar my siel, Pa ...


18 kan ek 'n klein-klein stukkie terug vra?
Die strofe begin soos die voriges, maar fokus op rugby: Hy het behaal wat
moontlik is – die S.A.-skolespan (2x ); Cravenweek gespeel (met die S.A.-
skolespan het hy beter gevaar as sy pa). Steeds voel die spreker dat dit nie vir
sy pa genoeg is nie, want hy verwys na homself metafories as die "turksvy-
kind" (figuurlik beteken "turksvy" 'n netelige kwessie). Hy het dus vir sy pa 'n
netelige kwessie geword omdat hy nie goed genoeg presteer om sy pa te laat
goed Iyk en voel nie. Die beskuldiging in die vorm van 'n refrein word herhaal.
Turksvy – ’n vetplant wat in
veral droë/dorre gebiede groei
– dit kry min water. Het baie
fyn, amper onsigbare dorings.
As jy daaraan vat, sit die
dorings in jou vlees vas,
moeilik om uit te trek/te
verwyder.
19 Pa, is Pa ooit tevrede met die ewebeeld,
20 wat oor my vou soos 'n donker kleed?
21 Pa is mos my proto, vergelyking
22 ek maar Pa se foto!
paarrym
23 Maar my siel, Pa ...
24 kan ek 'n klein-klein stukkie terug vra?

Hy het sy pa se ewebeeld geword, maar steeds is dit nie goed genoeg nie. Hierdie
hele kwessie het "soos 'n donker kleed" geword (vergelyking), d.w.s. dit maak hom
depressief.
R.21 "proto": 'n prototipe is die oorspronklike voorbeeld/model.
Die beeldspraak (metafoor) in r. 21-22 beklemtoon hy sy besef dat hy só gestreef het
om sy pa tevrede te stel dat hy 'n "foto" (afbeelding) van sy pa geword het.
• Uiterlike bou: Vier strofes bestaande uit ses reëls elk (sestette), met paarrym.
• 'n Refrein van twee versreëls word aan die einde van elke strofe herhaal.
• Innerlike bou: Elke strofe begin en eindig met die aanspreekvorm "Pa" gevolg
deur'n retoriese vraag, wat eintlik 'n beskuldiging is gerig teen die pa. Elk van
die eerte drie strofes fokus op 'n ander gebied waar die spreker presteer:
strofe 1 akademie, strofe 2 atletiek, strofe 3 rugby. Die laaste strofe handel
oor die verhouding tussen pa en seun.
• Die refrein is ook in die vorm van 'n retoriese vraag wat aan die pa gerig word.
• Dit herhaal die titel gevolg deur 'n ellips wat spanning skep voor die spreker
se beskuldiging volg: "Pa" is besig om 'n deel van sy seun se siel vir homself
toe te eien. Die hiperbool "klein-klein" help om die ironie te beklemtoon: hy
vra net'n deeltjie van sy siel terug, want dit voel vir hom of sy pa alreeds sy
hele siel ingepalm het.
So moet dit eintlik wees...

Tema?

Boodskap?

You might also like