You are on page 1of 7

Werkwoordtye

NB – Die tyd van ‘n sin word bepaal deur die werkwoord/gesegde in ‘n


sin en kan ook deur bywoorde van tyd bepaal word bv. gister, vandag,
volgende jaar, laasweek, ens.

Daar is drie werkwoordtye:


1.Verlede tyd – In die verlede (aksie het reeds gebeur) en kry
hulpwerkwoord “het”of “was’ voor die werkwoord en die
hoofwerkwoord kry die voosetsel ge-
bv. Ek het gespeel. Hy was laat gewees. Woorde soos “sou”,“wou” en
“moes” kan ook gebruik word.

Onthou: werkwoorde wat met ge-, ver-, ont- her-, er, en be- begin, kry NIE die
voorsetel ge- nie, maar SLEGS die hulpwerkwoord “het” of “was” bv. Ek het
verjaar. Hy was betaal.
2. Teenwoordige tyd – Aksie is tans besig om te gebeur. Koppelwerkwoord
“is” word soms gebruik en die hoofwerkwoord is aktief, bv. Ek is besig met
my huiswerk. Ek is bang. Hy leer. Sy eet.

3. Toekomstige tyd – Aksie moet nog gebeur. Hulpwerkwoorde “sal”of


“gaan”word meestal gebruik en woorde soos “moet” en “wil”kan ook gebruik
word, bv. Ek moet leer. Ek gaan speel. Ek wil huiswerk doen.
WERKWOORDE

Werkwoorde = druk ‘n handeling uit, m.a.w. dis ‘n “doen woord”.

Soorte werkwoorde:

Hoofwerkwoorde

1. Selfstandige werkwoord
• Staan alleen as ‘n gesegde in ‘n sin of bysin
• Dis die hoof “doen woord” bv. Ek slaap nou.

2. Koppelwerkwoorde
• Staan ook alleen as ‘n gesegde in ‘n sin, maar is nie selfstandig nie.
• Moet koppel aan ‘n selfstandige naamwoord, ‘n voornaamwoord of ‘n
byvoeglike naamwoord in ‘n sin.

• bv. Hy (vnw.) is (koppelww.) groot (b.nw.).


Hulle (vnw.) word moeg (b.nw.).
Die honde (s.nw.) was stout (b.nw.).
3. Hulpwerkwoorde
• Tree altyd saam met die hoofwerkwoord op (Hy help die werkwoord).

Hulpwerkwoord van tyd: Dui tyd aan bv. Hy het gerus. (verlede)
Hy sal/gaan rus. (toekomend)

Hulpwerkwoord van vorm: Slegs word + is bv. Ek word gestraf.


Ek is gestraf.
(lydend + bedrywend)

Hulpwerkwoord van wyse: Hoe jy iets doen = kan/mag/moet/wil


bv. Ek kan leer.
Ek mag leer.
Ek moet leer.
Ek wil leer.

4. Oorganklike en onoorganklike werkwoorde

• Werkwoorde wat ‘n direkte voorwerp het wat na hom volg = oorganlik


bv. Ek eet my kos (voorwerp)
Hy gooi die bal (voorwerp)

• Werkwoorde wat geen direkte voorwerp het wat volg nie = onoorganklik
bv. Ek eet stadig.
Hy gooi hard.
5. Infinitief
• Die onverboë vorm van die werkwoord na “om” of “om te”.
• Verrig nie die funksie van ‘n werkwoord nie.

bv. Ek hou daarvan om te lees.


Om te eet is lekker.
Dit is belangrik om jou werk te doen.

6. Skeibare en onskeibare werkwoorde (deeltjiewerkwoorde)

Skeibare werkwoorde
• ‘n werkwoord + ‘n deeltjie
• Kan geskei word van mekaar in ‘n sin
• kan ‘n ge- in die middel van die woord kry in verlede tyd

bv. in + trek = intrek; ingetrek


oop + maak = oopgemaak
om + geslaan = omgeslaan

Onskeibare werkwoorde
• KAN NIE met ge- geskei word in verlede tyd of in ‘n sin nie
• Kry “het” voor die werkwoord in verlede tyd.

bv. misbruik = het misbruik


weerlê = het weerlê
Deelwoorde
• Is ‘n afgeleide vorm van ‘n werkwoord en is NIE ‘n woordsoort nie.
• Dit tree op as ‘n selfstadige naamwoord, byvoeglike naamwoord of bywoord

Daar is 3 soorte deelwoorde:

1. Teenwoordige deelwoord (onvoltooide) = aksie vind steeds plaas

= Werkwoord + agtervoegsel –de & -end/-ende

bv. help(ww) + -end(e) = helpend(e) byvoeglike naamwoord


staan + -de = staande bywoord
sing + -end(e) = singend(e) bywoord/byvoeglik
beweeg + end(e) = bewegend(e) bywoord/byvoeglik

2. Swak verlede deelwoord (voltooide) = askie is voltooi

= Werkwoord + voorvoegsel ge- & agtervoegsels –de/-te/-e

bv. ge- + pos (ww) + -te = geposte


ge- + koop (ww) + -de = gekoopde
ONTHOU : Werkwoorde wat begin met be-/ge-/er-/her-/ont/ver- kry NIE ge- in die verlede
tyd nie

bv. swak verlede (voltooide) erken = erkende, nie geerkende nie!!

3. Sterk verlede deelwoord

= Werkwoord + voorvoegsel ge-/be-/er-/her-/ont-/ver- + agtervoegsel –e +


klinkerwisseling

bv. ge- + sluit (ww) + -e + klinkerwisseling = geslote (van sluit)


be- + trek (ww)+ -e + klinkerwisseling = betrokke (van trek)

You might also like