You are on page 1of 7

Enkelvoudige en saamgestelde sinne

NB - Die verskil tussen enkelvoudige en saamgestelde sinne, is die hoeveelheid


gesegdes of werkwoordstukke wat in die sin is.

Enkelvoudige sinne: Het slegs een gesegde/werkwoordstuk.

Saamgestelde sinne: Het twee of meer gesegdes/werkwoordstukke.


Wat presies is ‘n gesegde/werkwoordstuk?

NB - ‘n Gesegde kan wees:

1. ‘n Hoofwerkwoord in ‘n sin, bv. Slaap


2. ‘n Hulpwerkwoord gekoppel aan ‘n hoofwerkwoord saam , bv.
het geslaap
sal slaap
gaan slaap
moet slaap ALMAL = EEN gesegde (hulpww. + hoofww.)
wil slaap
kan slaap

3. ‘n Koppelwerkwoord in ‘n sin (koppelwerkwoorde kan alleen as ‘n gesegde


in ‘n sin gesien word, maar ONTHOU: hulle is nie
selfstadig nie want dit beteken niks op hul eie nie)

Bv. Die seun is rustig. NB – ‘n Koppelwerkwoord


Ons gaan bekend word. moet aan ‘n s.nw., vnw. of
Ek was gister baie lui. b.nw. gekoppel word om ‘n
koppelwerkwoord te wees.
Enkelvoudige sinne (slegs een gesegde):

• Ek slaap rustig op die bank. Sin met slegs een hoof-


• Sy doen haar huiswerk. werkwoord = ENKELVOUDIG
• Hulle eet van gisteraand se kos.

• Ek is baie honger.
• Hy was verlief op haar. Sin met ‘n koppelwerkwoord =
• Ons word moeg. ENKELVOUDIG

• Hy het geslaap = 1 gesegde: het geslaap (hulpww. + hoofww.)

• Ons sal volgende week kamp = 1 gesegde: sal kamp (hulpww. + hoofww.)

• Ek moet my huiswerk doen = 1 gesegde: moet doen (hulpww. + hoofww.)


Saamgestelde sinne (twee of meer gesegdes):

1 2
• Hy het geslaap omdat hy baie moeg was = 2 gesegdes:
het geslaap (hulpww. met ‘n hoofww.) + was (‘n koppelww.)

1 2
• Ons speel lekker buite terwyl almal slaap = 2 gesegdes:
speel + slaap (2 hoofwerkwoorde)

1 2 3
• Ek sal moet hardloop as ek betyds wil wees vir skool, anders raas die juffrou met my =
3 gesegdes:
sal moet hardloop (2 hulpwwe. met ‘n hoofww.) + wil wees (hulpww.
met ‘n hoofww.) + raas (1 hoofww.)
OEFENING:

Sê of die volgende sinne enkelvoudig of saamgesteld is en skryf die


gesegdes neer.

1. Die man in die blou kar, ry vining om die blok.


2. Die rugbyspan is geklee in groen en geel rugbytruie.
3. Alle graad 9 leerders gaan in die saal wees om vakkeuses te maak.
4. Dit was gister baie warm toe ons atletiek geoefen het.
5. Jy moet vandag jou baadjie aantrek aangesien hulle voorspel het dat dit
baie koud gaan wees.
MEMORANDUM:

1. Enkelvoudig – gesegde = ry (hoofww.)

2. Enkelvoudig – gesegde = is (koppelww.)

3. Saamgesteld – gesegdes = gaan wees (hulpww. + hoofww.) +


(om te) maak (hoofww.)

4. Saamgesteld – gesegdes = was (koppelww.) + het geoefen (hulpww. hoofww.)

5. Saamgesteld – gesegdes = moet aantrek (hulpww. + hoofww.) +


het voorspel (hulpww. + hoofww.) +
gaan (koppelww.) + wees (koppelww.)
Bladsy 259 G - ENKELVOUDIGE EN SAAMGESTELDE SINNE

1.1 Saamgesteld. Gesegdes = kan gebruik (hulp+hoof); afvuur (hoof)


1.2 Enkelvoudig. Gesegdes = speel (hoof)
1.3 Enkelvoudig. Gesegdes = is geklee (hulp+hoof)
1.4 Saamgesteld. Gesegdes = speel (hoof) ; is (koppel - sinne word geskei met
betreklike voornaamwoord “wat”)
1.5 Saamgesteld. Gesegdes = word uitgelê; word gemaak (hulp+hoof)

2. is gewild = gesegde 1 (hulp+hoof)


moet kry = gesegde 2 (hulp+hoof)

You might also like