You are on page 1of 38

MORFOLOGIE 6

Gerhard B. van Huyssteen

1 Inleiding 4.4 Affiksoïede


2 Beknopte historiese oorsig en invloedryke morfoloë 5 Morfologiese komposisiestrukture
3 Die terrein van die morfologie 5.1 Kombinasieprosesse
5.2 Reduksieprosesse
4 Morfologiese komponentstrukture
5.3 Omskakelingsprosesse
4.1 Morfeem en woord
5.4 Versmeltingsprosesse
4.2 Onafhanklike eenhede
6 Vooruitskouing
4.3 Afhanklike eenhede

1 INLEIDING
Is ’n hondehok ’n hok vir honde?1 Of is dit ’n hok vir ’n hond? Indien laasgenoemde,
hoekom sê ons dan hondehok? Of as dit eersgenoemde is, is ’n eendekamp dan ’n
kamp vir ’n eend? Of eerder iets waar eende aangehou word? En as ons praat van
hondebloed, moet ons dan praat van eendbloed, of tog wel van eendebloed?
Naas hondehok (en hondeoor, hondesiekte en hondeweer) ken ons in Afrikaans
ook nog hondsgetrou, hondsdolheid en hondstong, sowel as hondlelik, hondmak en
hondhaai. Dit lyk dus asof hond as eerste deel in ’n woord soms ’n -e- agteraan kry
(hondehok), soms ’n -s- (hondsgetrou) en soms nie een van die twee nie (hondlelik).
Sodra jy dink dat jy dalk sistematiek sien, dan vind jy naas hondetand ook hondstand
(beide beteken “tand van ’n hond”) en naas hondstrou ook hondgetrou (beide met die
betekenis “getrouheid soos die van ’n hond”). Die vraag is of daar enige sistematiek in
die voorkoms van hierdie sogenaamde tussenklanke is.
Hierdie vraag, en vele ander soortgelykes, is die soort vrae wat op die terrein van
die morfologie lê. In leketerme kan ons sê morfologie is die beskrywing en bestu-
dering van die struktuur en sistematiek van komplekse woorde soos honde (hond-e),
hondmak (hond+mak) en hondetand (hond-e+tand). Waar die fonologie geïnteres-
seerd is in die feit dat die “d” in hond uitgespreek word as [t], en waar die sintak- 177
sis die voorkoms van hond in frases en sinne bestudeer (soos byvoorbeeld dat
hond ’n naamwoord is in die hond blaf), en waar die leksikologie geïnteresseerd
is in simplekse woorde (soos hond) of vaste uitdrukkings en idiome (soos hond se
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

gedagtes), is die morfologie juis gemoeid met daardie vlak tussen klanke en frase, te
wete die woordstruktuur (soos dat hond-e uit twee dele bestaan).
Die doel van hierdie hoofstuk is om ’n paar basisbegrippe in die morfologie te
definieer en dit te illustreer aan die hand van Afrikaanse voorbeelde. Die doel is om
’n “gereedskapstel” (begrippe, konvensies, voorbeelde, ensovoorts; sien ook Schmid,
2011: 95) te bied vir die beskrywing van Afrikaanse morfologiese konstruksies. Behalwe
dat die omvang van ’n hoofstuk soos hierdie ’n mens nie toelaat om eers naastenby die
belangrikste temas in die morfologie aan te raak, of om enigsins teoretiese onderwerpe
te verken nie, laat dit ’n mens ook min ruimte om interessante of belangrike Afri-
kaanse morfologiese konstruksies te bespreek. Hiervoor word die leser na die werke
van invloedryke morfoloë wat in die volgende afdeling bespreek word, verwys. Uiter-
aard bied talryke internetbronne ook goeie afskopplekke.
In afdeling 3 word die terrein van die morfologie en wat morfologie is, in meer
detail bespreek. Daar sal aangetoon word dat morfologiese komponentstrukture (dit is
woordonderdele) met mekaar kombineer om morfologiese komposisiestrukture (dit is
komplekse woorde) te vorm; in afdeling 4 word die belangrikste komponentstrukture
bespreek, terwyl afdeling 5 na enkele prototipiese komposisiestrukture (soos fleksie,
afleiding en samestelling) in Afrikaans kyk. In afdeling 6 word enkele temas vir toe-
komstige navorsing bespreek. Benewens die gegewens van bronne waarna in die loop
van hierdie hoofstuk verwys word, is daar in die hoofstuk se bronnelys (afdeling 7)
ook ’n spesifieke afdeling van bronne wat van 1989 tot 2016 gepubliseer is; dié dien
as aanvulling tot die uitstekende lys van Afrikaanse morfologiebronne wat Combrink
(1990a: 427–435) aanbied.

2 BEKNOPTE HISTORIESE OORSIG EN INVLOEDRYKE MORFOLOË


Die term morfologie word toegedig aan die Duitse digter, romanskrywer, dramaturg
en filosoof, Johann Wolfgang von Goethe (1749–1832), wat die term aan die einde
van die 18de eeu in ’n biologiese konteks gebruik het. Die term kom uit Grieks en
verwys na die “studie van vorm”; so byvoorbeeld kry ons selmorfologie in die bio-
logiese wetenskappe, morfologiese analise van artefakte in argeologie, morfologiese
klassifikasie van sterrestelsels in astronomie, ensovoorts. Al het Pāṇini reeds in die
sesde eeu v.C. die morfologie van Sanskrit beskryf, word dié term vir die eerste keer
in 1859 in ’n linguistiese konteks gebruik deur die Duitse linguis August Schleicher
(Salmon, 2000: 15). Hoewel die studie van woordstruktuur ’n baie ou tradisie is, het
moderne morfologie sy wortels in die werk van die Amerikaanse strukturaliste (waar-
onder Leonard Bloomfield, 1933, Eugene Nida, 1949 en Charles F. Hockett, 1958),
terwyl dit eers werklik sedert die 1970’s begin floreer het (Bauer, 2003: 5).
Breedweg beskou, kan drie algemene paradigmas in morfologieteorie onderskei
178 word, te wete:
• morfeem-gebaseerde morfologie (“Item-and-Arrangement”-benadering)
• lekseem-gebaseerde morfologie (“Item-and-Process”-benadering)
• woord-gebaseerde morfologie (“Word-and-Paradigm”-benadering)
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Die eersgenoemde twee benaderings het veral vóór die 1970’s hoogty gevier, terwyl
laasgenoemde oor die afgelope 40 jaar morfologieteorie domineer het (Booij, 2010: 3).
Spencer (1991: 49–53) gee ’n bondige en toeganklike oorsig oor dié drie benaderings,
terwyl Beard (1995: 1–18) ’n breër oorsig oor die geskiedenis van morfologieteorie
(ten minste tot 1995) bied. In hierdie hoofstuk word die konvensies en uitgangspunte
van die kognitiewe grammatika (Langacker, 2008) en konstruksiemorfologie (Booij,
2010) in ’n groot mate gevolg, en die hoofstuk kan dusdanig as deel van ’n woord-
gebaseerde benadering tot Afrikaanse morfologie beskou word.
Binne die bestek van ’n hoofstuk soos hierdie is dit onmoontlik om erkenning te
gee aan al die invloedryke morfoloë wat hierdie dissipline oor die afgelope dekades
help vestig het. ’n Mens moet egter ten minste kennis dra van die werk van prominente
morfoloë wat in Engels gepubliseer het, soos byvoorbeeld (in alfabetiese volgorde):
Stephen Anderson, Mark Aronoff, Harald Baayen, Laurie Bauer, Robert Beard,
Geert Booij, Joan Bybee, Andrew Carstairs-McCarthy, Wolfgang Dressler, Martin
Haspelmath, Francis Katamba, Rochelle Lieber, Peter Matthews, Ingo Plag, Sergio
Scalise, Andrew Spencer, Richard Sproat, Pavol Štekauer, Gregory Stump, David Tug-
gy en Arnold Zwicky.
Talle inleidende (e-)boeke oor die morfologie is beskikbaar; hier is ’n drietal wat die
moeite werd is om as vertrekpunte te gebruik:
• Aronoff, M. & Fudeman, K. 2011. What is morphology? 2nd edition. Hoboken, NJ:
Wiley-Blackwell.
• Booij, G. 2012. The grammar of words: an introduction to linguistic morphology.
3rd edition. Oxford: Oxford University Press.
• Lieber, R. 2010. Introducing morphology. Cambridge: Cambridge University Press.

Laurie Bauer se A glossary of morphology (2004) is ook onontbeerlik vir enige student
of navorser wat geïnteresseerd is in morfologie. ’n Meer omvattende ensiklopedie is
die twee volumes Morphologie / Morphology (2004) wat deur Booij, Lehman en Mug-
dan saamgestel is (met sommige gedeeltes in Engels en sommiges in Duits). Die twee
belangrikste vaktydskrifte is Word structure (Edinburgh University Press) en Morphol-
ogy (Springer; voorheen Yearbook of morphology).
As die moderne morfologie internasionaal ’n relatief jong en klein studieterrein is,
dan geld dit des te meer vir Afrikaans. Combrink (1990a: 427–435) gee ’n omvattende
bibliografie van alle publikasies oor die Afrikaanse morfologie (of losweg verband-
houdende publikasies, uitgeslote publikasies uit die rekenaarlinguistiek) tot en met
Julie 1989; hy lys ’n totaal van 213 publikasies, waarvan die oudste uit 1932 dateer en
handel oor die gebruik van die verkleinwoord in Afrikaans (Hoge, 1932). ’n Soektog
op die Digitale bibliografie van die Afrikaanse taalkunde (http://collections.nwu.ac.za/
dbtw-qpd/textbases/dbathtm) bring aan die lig dat 49 publikasies oor die Afrikaanse
morfologie vanaf 1990 tot 2016 verskyn het, met ’n verdere dertien wat verband hou
met Afrikaanse rekenaarmorfologie (“computational morphology”). ’n Lys van hierdie 179
resente publikasies verskyn aan die einde van hierdie hoofstuk (afdeling 7.1).
Die twee belangrikste (en omvattendste) publikasies oor die Afrikaanse morfologie is
sekerlik Willem Kempen se Samestelling, afleiding en woordsoortelike meerfunksiona-
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

liteit in Afrikaans (1969) en Johan Combrink se Afrikaanse morfologie: capita exem-


plaria (1990a); hierdie twee werke kan sonder meer as dié standaardwerke oor die Afri-
kaanse morfologie beskou word. Naas die werk van dié twee skrywers, kan die bydraes
van die volgende Afrikaanse morfoloë / taalkundiges ook as vertrekpunte vir verdere
studie dien (in alfabetiese volgorde): Rudie Botha, Anna Coetzee, Jac Conradie, Gert
de Klerk, Meyer de Villiers, Alf Jenkinson, Francois Odendal en Marthinus Posthumus.
Ten slotte moet opgemerk word dat daar ’n lang tradisie in die Nederlandse mor-
fologie bestaan, met name soos Harald Baayen, Geert Booij, Anton Reichling, Henk
Schultink, M.C. van den Toorn, C.B. van Haeringen, Jaap van Marle en Ariane van
Santen as prominente leiers. Benewens dele uit die Algemene Nederlandse spraak-
kunst (http://ans.ruhosting.nl/e-ans/index.html), bied die volgende drie publikasies ’n
goeie blik op die Nederlandse morfologie:
• Booij, G. 2002. The morphology of Dutch. Oxford: Oxford University Press.
• Booij, G. & Van Santen, A. 1998. Morfologie: de woordstructuur van het Neder-
lands. 2de druk. Amsterdam: Amsterdam University Press.
• De Haas, W. & Trommelen, M. 1993. Morfologisch handboek van het Nederlands.
’s-Gravenhage: SDU Uitgeverij.

3 DIE TERREIN VAN DIE MORFOLOGIE


In die inleiding hierbo het ons morfologie voorlopig gedefinieer as die beskrywing
en bestudering van die struktuur en sistematiek van komplekse woorde. Meer pre-
sies sou ons kon sê morfologie is die studie van die vorm-betekenissisteem van kom-
plekse (Combrink, 1990a: 13; De Klerk, 1968: 169; Aronoff & Fudeman, 2005: 1–2;
Haspelmath, 2002: 2–3). Uit hierdie definisie moet ons twee konsepte beter verstaan:
(a) komplekse (dit is gelede woorde); en (b) vorm-betekenissisteem.
Eerstens, ’n kompleks (ook genoem gelede woord) is ’n woord wat ’n interne
morfologiese struktuur het en dus uit meer as een deel of lid (vandaar die adjektief
“gelede” in “gelede woord”) bestaan (Bauer, 2004: 32). Voorbeelde van komplekse
sluit in tafels (tafel-s), tafeltjie (tafel-tjie), tafelblad (tafel+blad) en kombuistafelpoot
(kombuis+tafel+poot). Teenoor ’n kompleks staan ’n simpleks (oftewel ongelede
woord), ’n woord wat geen morfologiese struktuur het nie (Bauer, 2004: 95); dit sluit
voorbeelde in soos tafel, blad en kombuis. Die onderskeid tussen komplekse en sim-
plekse moenie verwar word met die onderskeid tussen meerlettergrepige woorde
(dit is woorde wat uit meer as een lettergreep bestaan, soos tafel bestaan uit “ta” en
“fel” of kombuis uit “kom” en “buis”) en eenlettergrepige woorde (dit is woorde wat
uit slegs een lettergreep bestaan, soos blad en poot) nie (Van Schoor, 1983: 350). Oor
die algemeen gesien, is meerlettergrepige en eenlettergrepige woorde nie per se van
belang in die morfologie nie.
Tweedens, taal is ’n simboliese tekensisteem, waar woorde ’n bepaalde vorm het
(genoem die fonologiese pool, ook ortografiese of realiseringspool; byvoorbeeld
180 klanke soos [swεm], of letters soos “s-w-e-m”), asook ’n geassosieerde betekenis
(genoem die semantiese pool, ook konseptualiseringspool; byvoorbeeld ’n mentale
beeld van iets of iemand wat voortbeweeg deur water). As ons die vorm in gewone
kleinletters ([swem]) en die betekenis in klein hoofletters ([swem]) skryf, kan ons die
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

simboliese teken (oftewel woord) swem soos in voorbeeld (1) voorstel, waar die sim-
bool  die ooreenkoms tussen die realiserings- en konseptualiseringspool aandui (dit
is die simboliese verhouding), en die i optree as indekseringsteken om aan te toon dat
[swem] en [swem] na dieselfde woordi verwys.2
  1   [swem]  [swem]
i i

Om dit korter voor te stel, kan ons ook sê [[swem] / [swem]] is ’n representasie van swem,
waar die skuinsstreep dieselfde funksie vervul as die pyltjie in voorbeeld (1). Wanneer
ons na woorddele wil verwys, kan ons dieselfde konvensie gebruik; so byvoorbeeld is
[[pst] / [ge...]] ’n representasie van die verledetydsmorfeem ge-, waar pst = past (dit is
verlede tyd).3 Ons interpreteer hierdie voorstelling dus soos volg: die prefiks ge- (wat
nie op sy eie kan staan nie – daarom “...”) het die betekenis verlede tyd.
So ’n vorm-betekenispaar (oftewel konstruksie) kan op enige vlak van abstrakt-
heid voorgestel word. [[pst] / [ge...]] en [[swem] / [swem]] is volledig gespesifiseer in
terme van vorm én betekenis – hulle het beide ’n duidelike vorm (ge- en swem) en
albei beteken iets (ge- wys dat iets iewers in die verlede plaasgevind het, en swem
verwys na die handeling om in water voort te beweeg).
Dit is nou vir ons moontlik om te sê dat ’n morfologiese konstruksie (as voorbeeld
van ’n grammatikale konstruksie) ’n komplekse simboliese struktuur is (dit bestaan uit
twee of meer vorm-betekenispare) wat gevorm word deur die kombinering van mor-
feme en / of groter uitdrukkings. Ons beskryf sulke morfologiese konstruksies in terme
van die dele waaruit dit bestaan (genoem die komponentstrukture; sien afdeling 4),
die manier waarop hierdie dele met mekaar kombineer, asook die uiteindelike resultaat
van hierdie kombinasieproses (genoem die komposisiestruktuur; sien afdeling 5).
Die term “morfologiese konstruksie” word dan gebruik om na hierdie hele ensemble
te verwys: die komponentstrukture, die wyse van komposisie / integrasie en die resul-
terende komposisiestruktuur (Langacker, 2008: 164–167).
Vergelyk byvoorbeeld die voorstelling van die morfologiese konstruksie swem-
badjie in Figuur 6.1, waar v ’n werkwoord (verbum4) is, n ’n naamwoord (nomen)
is, en dim op verkleining (voortaan diminutief) dui. As ons swembadjie wil beskryf,
dan sê ons dat dit uit drie komponentstrukture bestaan, te wete die werkwoord swem,
die naamwoord bad en die diminutiefaanduidende -jie. Dan moet ons iets sê oor die
wyse van komposisie: Die stamme swem en bad verbind eers met mekaar (in plaas
van byvoorbeeld bad en -jie) om die naamwoord swembad te vorm, waarna swembad
met -jie verbind om vir ons die resulterende komposisiestruktuur swembadjie (wat ’n
naamwoord is) te gee.

[[N]/[swembadjie]] komposisiestruktuur

wyse van komposisie konstruksie


[[N]/[swembad]]
181
[[V]/[swem]] [[N]/[bad]] [[DIM]/[...jie]] komponentstrukture

Figuur 6.1 
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

’n Morfologiese konstruksie bestaan dus uit die komponentstrukture, die wyse van
komposisie én die uiteindelike komposisiestruktuur.
Indien daar nie van grafiese voorstellings soos in Figuur 6.1 gebruik gemaak word
nie, kan die wyse van verbinding ook met behulp van blokhakies aangedui word. So
byvoorbeeld kan swembadjie volledig voorgestel word soos in voorbeeld (2), waar die
“+”-simbool tussen twee woorde wat alleen kan staan, gebruik word en die “-”-sim-
bool voor ’n nie-alleenstaande deel. Om dit makliker leesbaar te maak, kan ons dit
voorstel soos in voorbeeld (3), waar die linkerkant ’n representasie van die vorm (die
fonologiese pool) en die regterkant die betekenis (semantiese pool) van die morfo-
logiese konstruksie is. In internasionale literatuur sal ’n mens in sommige kontekste
swembadjie soos in voorbeeld (4) voorstel deur gebruik te maak van sogenaamde in-
terliniêre morfeemvertaling waar die woorde en betekenisse in Engels vertaal word
(Comrie et al., 1993).
  2   [[[[v] / [swem]]+[[n] / [bad]]]-[[dim] / [tjie]]]
  3   [[[swem]V[bad]N]Ni jie]Nj  [dim van semNi]Nj
  4   swem+bad-jie
swim+bath-dim
“small swimming pool”

Reëlmatighede in die vorming van grammatikale konstruksies word in die gramma-


tika as konstruksieskemas voorgestel, dit is ’n skematiese simboliese montering
(“assembly”) wat enige vorm van gemeenskaplikheid in ’n stel komplekse simboliese
uitdrukkings verteenwoordig (Langacker, 2008: 167). As ons byvoorbeeld die verle-
detydskonstruksie in Afrikaans wil beskryf, veralgemeen ons oor spesifieke gevalle
heen (byvoorbeeld geswem, gespeel, gewerk, geloop) om die konstruksieskema (ook
genoem ’n patroon / templaat / reël)5 te identifiseer. So ’n konstruksieskema kan dan ge-
formuleer word as [[[pst]-[proses]] / [[ge...]-[...]]], oftewel soos dit in konstruksiemor-
fologie (Booij, 2010) voorgestel word:
  5   [ge [x] ]  [pst van prosesi]j
Vi j

waar [x] enige werkwoord kan wees en die geheel j die verlede tyd (pst) van daardie werk-
Vi
woord (proses) uitdruk. Sulke konstruksieskemas dien dan as template vir die konstruering
en evaluering van ongekende uitdrukkings. Deur van hierdie templaat gebruik te maak
weet ons dat die verledetydsvorm van die werkwoord google dan gegoogle sal wees.
Om te illustreer hoe ons konstruksieskemas moet “lees”, vergelyk die konstruk-
sieskema vir samestellings (voortaan komposita) soos boekwinkel (Booij, 2010: 51).
  6   [[a]Xk [b]Yi ]Yj  [semi met verhouding r tot semk]j
  | |
[αE] [αE]
182
Hierdie konstruksieskema kan soos volg gelees word:
• Op die fonologiese pool (aan die linkerkant van die pyltjie): In ’n samestelling
verbind twee komponente [a] en [b]. [a] kan enige woordsoort wees, kom ons sê x,
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

en [b] kan enige woordsoort wees, kom ons sê y. As [a] en [b] verbind, dan gaan
die geheel (die komposisiestruktuur) dieselfde woordsoort hê as [b], te wete y. Ons
sien dus dat [b] en die komposisiestruktuur dieselfde woordsoorteienskappe deel
(dit is y), asook alle ander subklaseienskappe (byvoorbeeld geslag, of die feit dat
dit ’n attributiewe -e moet kry, ensovoorts; ons dui hierdie subklaseienskappe aan
met [αE] (waar E = eienskap). Dus: [b] se subklaseienskappe is gelyk aan [αE],
en die komposisiestruktuur se subklaseienskappe is gelyk aan [αE]. As [b] dus nie
meervoud kan neem nie, dan kan die geheel ook nie meervoud neem nie.
Kom ons maak dit konkreet: In ’n samestelling verbind twee komponente [boek]
en [winkel]. [boek] se woordsoort is in dié geval n, en [winkel] se woordsoort is in
dié geval ook n. As [boek] en [winkel] verbind, dan gaan die geheel (die kompo-
sisiestruktuur) dieselfde woordsoort hê as [winkel], te wete n. Ons sien dat [winkel]
en die komposisiestruktuur dieselfde woordsoorteienskappe deel (dit is n), asook
alle ander subklaseienskappe (byvoorbeeld dat dit ’n konkrete n is en dus meervoud
kan neem; ons dui hierdie subklaseienskappe (hipoteties) aan met [αKonkreet]. Ons
stel dan [winkel] se subklaseienskappe gelyk aan [αKonkreet], en [boekwinkel] se
subklaseienskappe gelyk aan [αKonkreet]. As [winkel] meervoud kan neem, dan
kan [boekwinkel] ook meervoud neem.
• Op die semantiese pool (regterkant van die pyltjie): In die samestelling staan die
betekenis van die regterkantste komponent in die samestelling (dit is [b] se beteke-
nis: semi) in ’n bepaalde verhouding (r) tot die betekenis van die linkerkantste kom-
ponent (dit is [a] se betekenis: semk). Die geheel (komposisiestruktuur) het ook dan
’n eie unieke betekenis: j.
Weereens meer konkreet: In die samestelling staan die betekenis van die regter-
kantse komponent in die samestelling (naamlik [winkel] se betekenis: koopplek)
in ’n bepaalde verhouding (vir) tot die betekenis van die linkerkantste komponent
(naamlik [boek] se betekenis: leesware). Die geheel ([boekwinkel]) het ook dan
’n eie unieke betekenis wat méér is as net die betekenis van die dele, byvoorbeeld
koopplek vir leesware, geskenke en skryfbehoeftes.

In die morfologie gebruik ons konstruksieskemas om produktiewe prosesse en gram-


matikale patrone in taaldata te beskryf – in dié sin is konstruksieskemas dus niks an-
ders as beskrywende hulpmiddels nie. Let daarop dat die manier waarop reëlmatighede
in die data voorgestel word van teorie tot teorie wissel en dat dit in verskillende teo-
rieë ander name (byvoorbeeld reëls) kan hê; in konstruksiemorfologie en kognitiewe
grammatika word die term konstruksieskema gebruik.

4 MORFOLOGIESE KOMPONENTSTRUKTURE
4.1 Morfeem en woord
Daar is ’n lang tradisie (en vele voortslepende debatte) in die morfologie om die kon-
septe morfeem en woord teoreties te definieer (Beard, 1995: 1). Vir die doeleindes 183
van hierdie hoofstuk sien ons morfeme en simplekse as komponentstrukture, en kom-
plekse as die resulterende komposisiestrukture. Boaan Figuur 6.2 word aangedui dat
’n morfeem plus ’n morfeem ’n komplekse woord skep. (Sommige van die konsepte
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

en afkortings in Figuur 6.2 mag op hierdie stadium nog onbekend wees; dit word alles
deur die loop van die hoofstuk verduidelik.)
’n Morfeem is die kleinste simboliese eenheid in die taalsisteem en sluit voorbeelde
soos hart, hardloop, ge-6 en -jie in.7 Klanke soos [ɦ], [a], [r] of [t] is wel kleiner een-
hede as hart, maar klanke het normaalweg nie betekenis nie en is dus nie simboliese
eenhede nie (dit is hulle het vorm, maar nie betekenis nie). Morfeme, daarenteen, spe-
sifiseer wel op die een of ander manier betekenis, selfs al is dit redelik abstrak. So sou
ons kan sê dat ge- aandui dat ’n proses iewers in die verlede plaasgevind het, terwyl
-jie weer dui op ’n klein weergawe van een of ander ding.
’n Morfeem soos -e is interessant, aangesien dit uit slegs een klank bestaan (en dus
lyk op klanke soos [ɦ] en [a]), maar wat ’n verskeidenheid van betekenisse kan hê.
Soms dui dit op die meervoud (hart-e), soms op ’n ding (vertrou-e of groen-e in Kan
ek die groene kry?), soms dat iemand ’n vrou is (kaptein-e), ensovoorts. Die betekenis
kan egter ook besonder skematies en abstrak wees, soos wanneer dit as ’n grammati-
kale merker optree.
Dink byvoorbeeld aan die infinitiefvorm van sekere werkwoorde (drink-e soos in
iets te drinke), of wanneer dit by sommige adjektiewe (ook genoem byvoeglike naam-
woorde) gevoeg word as dit voor ’n naamwoord staan (interessant-e in interessante
mense). Alle grammatikale morfeme is gevolglik ook betekenisvol en funksioneer in
groter sintaktiese konstruksies juis as gevolg van hulle (abstrakte) betekenisse (Tug-
gy, 2005: 235). Morfeme is dus altyd betekenisvol: van konkrete, omskryfbare bete-
kenisse, soos in die geval van hart en hardloop, tot abstrakthede wat slegs grammati-
kaal betekenisvol is, soos in die geval van die attributiewe -e.8
’n Woord kan gedefinieer word as ’n simplekse of komplekse simboliese eenheid in
die taalsisteem wat groter as ’n klank / sillabe en kleiner as ’n frase is (Evans & Green,
2006: 485). Woorde kan simplekse strukture – dieselfde as morfeme – wees, of kom-
plekse strukture wat bestaan uit verskeie morfeme (Evans, 2007: 28). ’n Woord soos
[[hart] / [hart]] kan nie verder verdeel word in kleiner onderdele nie en is dus ’n sim-
plekse simboliese struktuur. In Figuur 6.2 word simplekse dan ook aangedui as ’n tipe
morfeem, naamlik as ’n onafhanklike eenheid. Daarenteen is hart-e en hart+kramp
beide komplekse wat elk uit twee simplekse simboliese eenhede bestaan (dit is onder-
skeidelik [[[hart] / [hart]]-[[pl] / [...e]]] en [[[hart] / [hart]]+[[kramp] / [kramp]]]).
Ten einde ’n woord nader te probeer beskryf, kan ons sekere kriteria vir woord-
status probeer identifiseer. Dis belangrik om te onthou dat hierdie kriteria nie as abso-
lute kriteria beskou word nie, maar eerder as maatstawwe om die prototipiese woord te
probeer identifiseer en definieer. Haspelmath (2011) toon breedvoerig aan dat daar nie
’n lys van kriteria opgestel kan word waarmee ’n mens ’n woord oor tale heen, in beide
morfologie en sintaksis, kan identifiseer en definieer nie. ’n Universele definisie van
’n woord blyk dus onmoontlik te wees. As riglyn kan ons egter sê dat ’n prototipiese
woord ’n (relatief) stabiele, promiskue fonologiese struktuur met integriteit het, wat
met ’n (relatief) stabiele semantiese struktuur geassosieer word (Taylor, 2002: 173–
184 175). ’n Woord is ook fonologies en semanties onafhanklik. Elk van hierdie kriteria
kan soos volg verduidelik word:
• ’n Prototipiese woord soos brug is fonologies stabiel aangesien dit die betekenis
[brug] behou, ongeag of dit uitgespreek word as [brœx] of [brəx].
Komponentstruktuur Komponentstruktuur Komposisiestruktuur
(morfeem)
+ (morfeem)
= (kompleks)

4.3 4.4 4.2 4.2.3


Afhanklike Onafhanklike
Affiksoïed Multiwoordeenheid
eenheid eenheid

4.3.3 4.3.2 4.3.1 4.2.1 4..2.2


Paramorfeem Affiks Wortel Vrye stam Gereduseerde stam

Onveranderd Onveranderd
Zeromorfeem Skimstam Interfiks Sirkumfiks Prefiks Suffiks
Allomorf Allomorf
Afleiding Fleksie Allomorf plus Allomorf plus

NMLZ PL Allomorf minus Allomorf minus

VBZ DIM

ADJZ CMPR

ADVZ SUPL

CN ATTR

PRTT.GEN

PST
Onveranderd
PTCP
Allomorf
INF
Allomorf plus
Figuur 6.2
RLCT
Morfologiese komponentstrukture Allomorf minus
in Afrikaans
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

185
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

• Dit het fonologiese integriteit deurdat die woord nie opgebreek kan word deur
ander taalmateriaal (soos morfeme of ander woorde) nie, of dat die verskillende
dele nie in ’n ander volgorde kan verskyn nie. Ons kan met ander woorde sê dat
dit nie uiteenplaasbaar en omstelbaar is nie. ’n Burg is iets anders as ’n brug, wat
daar-op dui dat beide woorde is. Daarteenoor is Piet se bruggie naastenby dieselfde
as die bruggie van Piet, wat daarop dui dat dié twee dele nie woorde is nie, maar
eerder frases.

Daar is twee uitsonderings op hierdie kriterium. Die eerste het betrekking op die inge-
wikkelde saak van die sogenaamde skeibare, saamgestelde werkwoord (ook genoem
’n samekoppeling, deeltjiewerkwoord of partikelwerkwoord), soos af+skryf,
neer+skryf, op+skryf, in+skryf, oor+skryf, ensovoorts. Hierdie woorde kan soms
geskei en soms in ’n ander volgorde aangebied word, sonder dat die betekenis ver-
ander (vergelyk byvoorbeeld Om dit neer te skryf, is moeilik of Hy skryf dit neer).
Aan die ander kant laat dit toe dat ander materiaal in die middel van die woord
ingevoeg word (byvoorbeeld Hy het dit neergeskryf). Vergelyk Booij (2010: 118–
145), en Booij en Van Santen (1998: 163–168) en Du Plessis (1972) vir ’n uitgebrei-
de bespreking van die kompleksiteit van dié fenomeen.

Die tweede uitsonderingsgeval het betrekking op vloekwoordinlywing (Feinau-


er, 1981). Ten spyte van die feit dat ons in Afrikaans maklik kan verwys na ’n
flambo-bleddie-jante brug-bleddie-speler, is en bly flambojant en brugspeler beide
woorde in Afrikaans. Meer hieroor in afdeling 5.1.3.

• Die fonologiese struktuur is ‘promisku’ in die sin dat dit saam met ’n groot verskei-
denheid ander woorde kan voorkom, hetsy in komposita (soos brug+speler) of in
frases (onder die brug). Affikse, daarenteen, is minder promisku – so byvoorbeeld
verbind [[dim] / [...ie]] slegs aan bepaalde tipes konkrete naamwoorde.

• Die fonologiese struktuur van ’n woord word geassosieer met ’n (relatief) stabiele
semantiese struktuur in die sin dat die betekenis van die woord brug naastenby die-
selfde in verskillende kontekste is (tipies [kaartspel] of [konstruksie]).

• Woorde soos brug en brugspeler en selfs is en kan is fonologies en semanties on-


afhanklik – hulle kan alleen staan in taalgebruik sonder om afhanklik te wees van
ander taalmateriaal. ’n Morfeem soos [[dim] / [...ie]] is daarenteen fonologies af-
hanklik van ’n woord (tipies ’n konkrete naamwoord) om in taalgebruik te kan
voorkom. Die ellips (“...”) in die representasie dui op hierdie fonologiese afhank-
likheid.

Laasgenoemde kriterium (onafhanklikheid) is dan ook een van die belangrikste kri-
teria wat gebruik word om tussen verskillende morfeme te onderskei. In Figuur 6.2
word drie hoofsoorte morfeme onderskei: onafhanklike eenhede (soos brug), afhank-
186 like eenhede (soos -ie) en sogenaamde affiksoïede, dit is morfeme wat iewers tussen
afhanklike en onafhanklike eenhede lê (byvoorbeeld hond- in hondmoeg, hondsleg of
hondnaar, of -arm in kaliarm, loodarm of stikstofarm). Elk van hierdie tipes en hulle
subtipes word in die res van hierdie afdeling bespreek.
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

4.2 Onafhanklike eenhede
4.2.1 Vrye stamme
’n Vrye stam (ook genoem leksikale morfeem) is ’n fonologies en semanties onaf-
hanklike eenheid wat korreleer met ’n simpleks, en die betekeniskern van ’n kompleks
vorm, soos byvoorbeeld brug, hart, lessenaar, swem, hardloop, ensovoorts. Let op dat
woorde wat, diachronies gesien, dalk voorheen komplekse was, soos lessenaar, hard-
loop, skoenlapper, paddastoel, appelkoos en nagmerrie, sinchronies as vrye stamme
gesien word. Al hierdie voorbeelde word vrye stamme genoem om dit te onderskei van
afhanklike stamme. Dit word onveranderd in komplekse gebruik en is dus onveran-
derde vrye stamme wanneer dit in sulke komplekse gebruik word (byvoorbeeld
hart-e, hart-jie, hart+seer, ensovoorts).
As gevolg van sekere morfonologiese prosesse kan dit gebeur dat ’n vrye stam binne
bepaalde morfologiese kontekste ’n ander fonologiese of grafemiese vorm (skriftelike
vorm) kan hê. Ons noem so ’n veranderde vorm of variant ’n allomorf. Ten opsigte
van fonologiese variante kan ons byvoorbeeld dink aan afgod wat uitgespreek word
as [afxɔt], maar in die meervoud word die [ɔ] ’n [o:] en die [t] ’n [d] om vir ons [af-
xo:də] te gee. Soms word hierdie fonologiese veranderinge ook in die grafemiese vorm
gereflekteer. Die meervoud van wolf is wolw-e en ons kan dus sê dat wolw- ’n allomorf
is van wolf; dink ook aan sterw- in sterw-e as allomorf van sterf, of stow- in stow-e as
allomorf van stoof.
As gevolg van historiese fonologiese prosesse, het dit ook gebeur dat sekere sim-
plekse van Germaanse herkoms hulle finale -t of -d in Afrikaans verloor het. Dink
byvoorbeeld aan die Afrikaanse gas teenoor die Nederlandse gast, of die Afrikaanse lei
teenoor die Nederlandse leid(en). Wanneer vrye stamme soos gas en lei met sommige
morfeme verbind, word hierdie diachroniese allomorfe gebruik: een gas, maar twee
gast-e, of lei teenoor leid-ing.
’n Belangrike beginsel van die Afrikaanse ortografie (dit is die skriftelike realise-
ring van ’n woord) is dat, as ’n stam uitgaan op ’n kort, beklemtoonde [a], [ɛ], [ɔ], [ə]
of [œ] plus ’n konsonantletter, daardie konsonant verdubbel word (reël 11.26 in die
Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) (Taalkommissie, 2009: 71; sien ook reëls
11.28 en 11.29 vir ander kontekste waar so ’n verdubbeling ook gebeur). Die meervoud
van bal is dus ball-e, van hek hekk-e, van pot pott-e, ensovoorts. Vorme soos ball-,
hekk- en pott- word in Figuur 6.2 allomorf plus genoem. Dié term is nie ’n algemeen
gebruikte term nie, maar word hier gebruik om spesifiek prominensie te gee aan die
produktiewe ortografiese proses van konsonantverdubbeling.
Teenoor allomorf plus staan allomorf minus, wat eweneens ’n ongebruiklike term
is, maar wat hier gebruik word in terme van reël 18.2 in die AWS (Taalkommissie,
2017) vir gevalle waar die klanke [ɑ:], [e], [o] en [y] in ’n oop begin- of binnelet-
tergreep van ’n kompleks met ’n enkele vokaalletter (a, e, o of u) weergegee word.
In skap-e is skap- dus ’n allomorf minus, soos ook del- in del-er, bom- in bom-e, of
minut- in minut-e.
187
4.2.2 Gereduseerde stamme
As gevolg van reduksieprosesse in Afrikaans (sien afdeling 5.2) kry ons afkortings
(byvoorbeeld a.g.v. vir as gevolg van, of b.v.p. vir been voor paaltjie), akronieme
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

(byvoorbeeld ATKV vir Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging, of Saskok vir Suid-Afri-


kaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee) en knipsels (byvoorbeeld avo vir
avokadopeer, of admin vir administrasie) wat ook as fonologies en semanties onaf-
hanklike eenhede optree. Wanneer sulke afkortings, akronieme en knipsels as deel
van komplekse optree, word dit benoem as gereduseerde stamme. Voorbeelde sluit
in b.v.p.’s (soos in Kallis kon spog met drie b.v.p.’s, as inkorting vir b.v.p.-beslissings),
of ATKV-oord, of admingebou. Gereduseerde stamme kan afgelei wees van simplekse
(byvoorbeeld alg. vir algebra, of iem. vir iemand), komplekse (byvoorbeeld drs. vir
doktors, of mynw. vir mynwese), eiename (Nampo vir Nasionale Mielieprodusente-
organisasie) of multiwoordeenhede (r.p.m. vir rewolusies per minuut).

4.2.3 Multiwoordeenhede
Wanneer meer as een simpleks sintakties met mekaar verbind, kry ons multiwoor-
deenhede soos been voor paaltjie, of ter aarde bestel, of op die stoep sit, of kry my jam-
mer. Sommige outeurs (De Haas & Trommelen, 1993: 3; Taalkommissie, 2017) sien
woordgroep as sinoniem vir multiwoordeenheid – al die genoemde voorbeelde sal dus
volgens hulle woordgroepe wees. Ander outeurs tref weer ’n onderskeid tussen woord-
groepe en frases, waar woordgroepe vaster verbindings is (met ander woorde, sterker
geleksikaliseerd is), terwyl frases losser verbindings is (vergelyk die bespreking in
Booij & Van Santen, 1998: 214). Voorbeelde soos been voor paaltjie en ter aarde be-
stel sal hiervolgens tipies woordgroepe wees omdat dit dikwels in hierdie kombinasie
met ’n spesifieke betekenis voorkom, terwyl op die stoep sit en kry my jammer frases
is (dit wil sê die spesifieke kombinasies kom minder voor en die betekenis kan afgelei
word uit die onderdele).
In Figuur 6.2 word die onderskeid tussen woordgroep en frase nie behou nie, maar
word beide gesien as voorbeelde van multiwoordeenhede. Sulke multiwoordeen-
hede kan as basis dien vir afleidings (byvoorbeeld op-die-stoep-sittery), samestellen-
de afleidings (byvoorbeeld teraardebestelling) of komposita (byvoorbeeld been-voor-
paaltjie-beslissing of kry-my-baie-jammer-gesig). Die feit dat multiwoordeenhede
prototipies as basis dien vir reduksievorme word in Figuur 6.2 gereflekteer met ’n stip-
pellyn tussen multiwoordeenheid en gereduseerde stam; die stippellyn tussen multi-
woordeenheid en onafhanklike eenheid dui daarop dat simplekse prototipies as basis
dien vir multiwoordeenhede.

4.3 Afhanklike eenhede
Teenoor onafhanklike eenhede staan afhanklike eenhede, en ons onderskei hier-
onder wortels, affikse en paramorfeme. Hierdie morfeme het dit almal met me-
kaar gemeen dat hulle nie onafhanklik in Afrikaans voorkom nie, maar altyd in
verbinding met ander morfeme.
188
4.3.1 Wortels
Wortels word ook soms afhanklike stamme genoem (De Klerk, 1968: 710; sien ook
Booij & Van Santen, 1998: 24–25). ’n Wortel is ’n fonologies afhanklike en semanties
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

onafhanklike komponent, wat altyd die betekeniskern van ’n kompleks vorm. Die oor-
grote meerderheid wortels kom uit Afrikaans se woordeskat van klassieke herkoms
(die sogenaamde uitheemse stratum), soos elektr- in elektr-ies, elektr-isi-teit, elektr
-on, elektr-isi-ën, ensovoorts, of sekretar- in sekretar-is, sekretar-esse, sekretar-i-aat,
sekretar-i-eel, ensovoorts.
’n Handjievol kom ook voor in woorde van Germaanse herkoms (die sogenaamde
inheemse stratum), soos -bruik- in ge-bruik, bruik-baar, bruik-leen, ensovoorts, of
-send- in ver-send, send-e-ling, beeld+send, ensovoorts. Vergelyk ook lood- in lood-s,
wat diachronies verwant is aan leid-/ lei, of -paal in be-paal, wat diachronies verband
hou met peil.
Onder wortels word ook spesifiek konfikse (ook genoem tegnostamme (Combrink,
1990a: 27); of neoklassieke wortels; in Engels soms genoem “combining forms” of
“neo-classical roots”) ingesluit. Konfikse is dikwels moeilik te onderskei van affikse,
maar ons onderskei hulle tog van affikse op grond van die feit dat hulle semanties meer
gewig dra as affikse. Voorbeelde van aanvangskonfikse sluit in bio- in bio+diesel, teg-
no- in tegno+logie, of Serwo- in Serwo-+Kroaties, terwyl voorbeelde van slotkonfikse
insluit -grafie in bio+grafie, -logie in bio+logie, of -noom in bio+noom (vergelyk ook
Bauer, 1983: 213). Dit gebeur soms dat konfikse as selfstandige woorde ontwikkel,
soos byvoorbeeld kilo in Ek het een kilo tydens die vakansie opgetel. In so ’n geval
word kilo dan gesien as ’n gereduseerde stam (dus as onafhanklike eenheid; sien 4.2.2).
’n Voorbeeld van ’n allomorfiese wortel is aks- in aks-ie, as variant van akt- in
akt-eur. Die -krat- in demo+krat-ies (as variant van -kraat), of die -graf- in leksiko+
graf-ies (as variant van -graaf) is voorbeelde van allomorf minus, terwyl -gramm- in
pro-gramm-e (as variant van pro-gram) as voorbeeld van allomorf plus gesien kan
word.

4.3.2 Affikse
Die term affiks word as oorkoepelende benoemer gebruik vir afhanklike komponente
wat verpligtend aan ’n stam moet verbind en wat nooit die meeste semantiese gewig in
’n kompleks dra nie. Prefikse verbind aan die linkerkant van ’n stam, suffikse aan die
regterkant, en sirkumfikse gelyktydig aan die linker- en regterkant. Volgens Combrink
(1990a) is daar in Afrikaans nagenoeg 70 prefikse, 250 suffikse en 15 sirkumfikse.
In Tabel 6.1 word enkele prototipiese voorbeelde van elk gegee; vergelyk Combrink
(1990a: 37–50) en Kempen (1969: 403–590) vir uitgebreide lyste van voorbeelde.

Tabel 6.1 Prototipiese prefikse, suffikse en sirkumfikse

Prefikse Suffikse Sirkumfikse


anti- anti-depressant -aar dien-aar be-...-s be-tyd-s
ge- ge-speel -e oulik-e ge-...-d ge-ïnteresseer-d
ver- ver-bou -loos reuk-loos be-...-e be-ampt-e 189

Soos in die geval van vrye stamme en wortels kan ons by affikse ook allomorfie
waarneem. So byvoorbeeld is -iew- ’n allomorf van -ief in administr-at-iew-e, of im-
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

’n allomorf van in- in im-mor-eel. Ons kry gevalle van allomorf plus in -inn- soos in
held-inn-e, of -skapp- soos in agent-skapp-e, en allomorf minus in -nar- soos in ampt-
e-nar-e, of -sam- soos in buig-sam-e.
’n Belangrike onderskeid wat by affikse getref moet word, is die onderskeid tussen
fleksie en afleiding. Oor dié onderwerp is al baie geskryf in sowel die internasionale
literatuur as in Afrikaans, en tot vandag toe is daar nog geen eenstemmigheid oor
wat presies die onderskeid is nie. Stump (2005) kom tot die gevolgtrekking dat ons
waarskynlik “... a thorough rethinking of the relation of inflection to word-formation
within the coming decade” sal sien. Dit is egter hier voldoende om van die algemene
standpunt uit te gaan dat die onderskeid tussen fleksie en afleiding nie absoluut is nie,
maar eerder op ’n kontinuum gesien moet word (vergelyk byvoorbeeld Booij, 2007;
Bybee, 1985; Tuggy, 1985).
Afleiding word gesien as ’n woordvormingsproses waar nuwe woorde gevorm
word deur middel van affiksering (dit is deur affikse aan ’n stam te verbind), terwyl
fleksie gedefinieer kan word as die morfologiese markering van eienskappe op ’n
woord wat ’n aantal vorme (grammatikale woorde) van daardie woord tot gevolg het
(Booij, 2007). Fleksie neem dus as invoer ’n woord en gee as afvoer ’n vorm van
dieselfde woord wat gepas is binne ’n bepaalde grammatikale konteks, terwyl verskil-
lende nuwe woorde gevorm word deur die proses van afleiding.
Ons kan skol-e en skool-tjie beskou as twee verskillende geflekteerde vorme van die
woord skool; geeneen van hierdie twee vorme het hulle eie inskrywings (lemmas) in ’n
Afrikaanse woordeboek soos die Handwoordeboek van die Afrikaanse taal (HAT) nie.
In plaas hiervan word albei vorme onder die inskrywing vir die lemma skool genoem.
Daarteenoor kan skool-agtig, skool as werkwoord, en skool-s beskou word as produkte
van afleiding, aangesien dit nuwe lemmas tot gevolg het.
In Groenewald en Van Huyssteen (2008) word aangetoon dat daar in die literatuur
geen eenstemmigheid is oor die kriteria vir fleksie nie. In Tabel 6.2 word ’n opsom-
ming gegee van kriteria vir fleksie wat deur enkele leidende teoretici geïdentifiseer
is en waaruit duidelik blyk dat daar geen klarigheid is oor watter kriteria vir fleksie
aangelê moet word nie. Ook uit die Afrikaanse taalkundeliteratuur blyk dit dat die
kriteria vir fleksie in Afrikaans steeds ’n kontroversiële saak is (Jenkinson, 1993; Sa-
vini-Beck, 1993). Hierteenoor verwerp Combrink (1974: 29–30) die term fleksie vir
Afrikaans geheel en al wanneer hy skryf:

Die term “fleksie”, soos dit tot dusver in die tradisionele en strukturele beskry-
wings van Afrikaans gebruik is, is ’n nikswerd Latinisme. Die onderskeidings
van afleidings en sogenaamde fleksievorme dek nie die feite van Afrikaans nie en
het buitendien geen verdere toepassing wat insiggewend of selfs net interessant
is nie ...

Om praktiese redes is die eenvoudigste kriterium dat fleksie nie die woordsoort-
kategorie van ’n woord verander nie, terwyl afleiding wel die woordsoort kan ver-
190 ander. In voorbeelde soos skool, skol-e en skool-tjie is almal naamwoorde, ter-
wyl skool-s (afgelei van skool) ’n adjektief is. Die uitsondering op hierdie reël
is die deelwoord (partisipium), wat byna deurgaans in die internasionale lite-
ratuur as fleksie beskou word (Butler, 2014), maar waar die woordsoort wel soms
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Tabel 6.2 Kriteria vir fleksie

Aronoff &
Booij Booij Bauer Tuggy Stump Sproat
Fudeman
(2007) (2006) (2003) (1985) (2005) (1992)
(2005)
Fleksie is ten volle produktief x x x x
Fleksie is periferaal in verge-
lyking met afleiding (dit is: x x x x x
fleksie kom ná afleiding voor)
Fleksie gebruik ’n geslote stel
x
affikse
Fleksie verander nie woord-
x x x x x x
soortkategorie nie
Fleksie is relevant tot die
x x x x x x
sintaksis / grammatika
Fleksie is verpligtend x x
Die paradigma is essensieel
x x x x
tot fleksie
Geflekteerde vorme kan
nie deur monomorfemiese x
vorme vervang word nie
Fleksie is beperk in beteke-
x x
nisskopus
Fleksieaffikse het reëlmatige
x x x
betekenis
Fleksie veroorsaak geringe
x x
verandering in betekenis
Geflekteerde vorme word
oor die algemeen nie in die x x
leksikon gestoor nie
Bron: Groenewald & Van Huyssteen (2008)

verander (van werkwoord na adjektief of bywoord; byvoorbeeld ge-trek in Hy is ge-


trek, of ge-organiseer-d in Sy is goed georganiseerd, of huil-end en ras-end in Die
huilende babas maak die dagmoeder rasend).
Ook toon Groenewald en Van Huyssteen (2008) dat Afrikaanse taalkundiges dit
nie met mekaar eens is oor fleksiekategorieë in Afrikaans nie en dat hulle ook dikwels
van mening verander, soos geïllustreer word in Tabel 6.3. Let op dat Combrink (1974)
eksplisiet daardie fleksiekategorieë wat met ’n o-teken in die tabel gemerk is, verwerp
en dus geen fleksie in Afrikaans erken nie.
Op grond van hierdie kategorieë en met inagneming van die internasionale lite-
ratuur, sou ons wel die fleksiekategorieë in Tabel 6.4 vir Afrikaans kon identifiseer. Die
een idiosinkratiese kategorie wat ek toevoeg (en waarvan ons nie in die literatuur lees
nie), is die reliktekategorie (rlct), wat ons gebruik vir versteende fleksie-uitgange 191
wat in vaste uitdrukkings oorleef het. ’n Mens hoop dat teoretiese debatvoering in
die Afrikaanse taalkunde in die toekoms meer lig op die onderskeid tussen fleksie en
afleiding in Afrikaans sal werp.
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

Tabel 6.3 Fleksiekategorieë vir Afrikaans

Post- De Post- De Jen- Jen- Du Toit Van Baden- Com-


humus Klerk humus Villiers kinson kinson (1982) Schoor horst brink
(1964) (1968) (1968) (1983) (1983) (1986) (1983) et al. (1974)
(1992)

PL x x x x x x x o

DIM x x x x o

CMPR x x x x x x x o

SUP x x x x x x x o

PST x x x x x x o

PART x x o

ATTR x x x x x x o

GEN x x x x o

INF x o

NEG o

TR x

Bron: Groenewald & Van Huyssteen (2008)

Tabel 6.4 Voorbeelde van fleksie in Afrikaans

Kategorie Afkorting Voorbeelde

Pluralis (meervoud) PL tafel-s, hond-e, med-ici, stad-ia, kwajong-ens

Diminutief (verkleining) DIM tafel-tjie, hond-jie, boom-pie, kass-ie

Komparatief (vergelykende trap) CMPR interessant-er, lelik-er

Superlatief (oortreffende trap) SUPL interessant-ste, lelik-ste

Attributief ATTR interessant-e persoon of lelik-e meisie

Deelsgenitief PRTT.GEN iets interessant-s of iemand lelik-s

Imperfektum (verlede tyd) PST ge-skop, om-ge-kantel

Partisipium (deelwoord) PART ge-kwalifiseer-d, tuimel-end

Infinitief INF iets te drink-e of iets te et-e

Relikte RLCT steen des aanstoot-s, in dier voeg-e

Gebaseer op die woordsoort wat gevorm word deur die afleidingsproses, onderskei ons
vier kategorieë van afleidingsaffikse, te wete naamwoordvormer (wat naamwoorde
192 vorm; nmlz), werkwoordvormers (wat werkwoorde vorm; vbz), adjektiefvormers
(wat adjektiewe vorm; adjz) en bywoordvormers (wat bywoorde vorm; advz).9 In Ta-
bel 6.5 word prototipiese voorbeelde van elk gegee, verder ingedeel volgens inheemse
of uitheemse stratum. Stratuminligting is van besondere belang vir afleidingsaffikse,
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

veral met betrekking tot die verbindingsmoontlikhede (oftewel promiskuïteit) met an-
der morfeme.
Ons kan byvoorbeeld veralgemenend sê dat uitheemse affikse (byvoorbeeld -êr)
slegs met uitheemse stamme verbind (byvoorbeeld in element-êr, prim-êr, sekond-êr,
ensovoorts), terwyl inheemse affikse (byvoorbeeld her-) met beide inheemse en uit-
heemse stamme verbind (byvoorbeeld her-skryf (inheems) of her-organiseer (uit-
heems) (Booij, 2002: 95). Sommige affikse is ongemerk ten opsigte van stratuminligting
en word gesien as hibriede (Booij, 2002: 96). Dink byvoorbeeld aan -eer in Afrikaans
wat ewe maklik met inheemse stamme (byvoorbeeld fout-eer, drein-eer, blokk-eer,
ensovoorts) as met uitheemse stamme (byvoorbeeld kommun-ik-eer, formul-eer,
moral-is-eer, ensovoorts) verbind.
Hiernaas kan ons ook ’n spesiale kategorie van kategorie-neutrale (cn) afleidings-
affikse onderskei wat nie die woordsoort van die stam verander nie. Hierdie affikse dui
dikwels op negatiwiteit (on-moontlik, mis-daad, wan-hoop, a-seksueel; neg), incho-
atiwiteit (ont-staan, ont-dooi; inch), intensiwiteit (oer-oud, aarts-vreemd, ver-slaap,
be-hamer; ints) en kousatiwiteit (be-vaar, be-gaan; caus). By hierdie reeks sou ons
ook nog die vroulikepersoonsvormer (kelner-in, werk-ster, orrelist-e; f) en die gene-
risiteitsuffiks (die -e in Ek hou van hond-e, waar dit nie beteken dat ek van verskillende honde
hou nie, maar eerder van die soort Hondagtiges, Canis lupus familiaris; gnr), kon voeg.

Tabel 6.5 Voorbeelde van afleidingsuffikse

NMLZ inheems -heid (skynheilig-heid)

uitheems -isme (snob-isme)

VBZ inheems -ig (kruis-ig)

uitheems -eer (prospekt-eer)

ADJZ inheems -agtig (skouspel-agtig)

uitheems -iel (stab-iel)

ADVZ inheems -weg (stil-weg)

uitheems -abel (respekt-abel)

NC inheems nie- (nie-nakoming)

uitheems a- (a-sosiaal)

4.3.3 Paramorfeme
Die laaste kategorie wat onder afhanklike eenhede in Figuur 6.2 onderskei word, is
sogenaamde paramorfeme, dit is afhanklike morfeme wat in verskillende opsigte
eintlik nie ten volle aan die definisie vir morfeme voldoen nie. Zeromorfeme het
byvoorbeeld geen vorm nie (daarom “zero-”, voorgestel met die “ø”-simbool), maar
wel betekenis. Dink aan die verledetydsmorfeem ø in [[[pst]-[beplan]] / [[ø]-[beplan]]] 193
(soos in Sy het die vakansie deeglik beplan), die meervoudsmorfeem ø in [[[jaar]-
[pl]] / [[jaar]-[ø]]] (soos in drie jaar lank), of gevalle van sogenaamde zeroafleiding,
soos die ø in [[[google]-[vr]] / [[google]-[ø]]] (byvoorbeeld Sy google elke dag).10
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

’n Skimstam is eintlik die teenoorgestelde van ’n zeromorfeem, aangesien skim-


stamme vorm het, maar geen betekenis nie. Skimstamme lyk ook soos morfeme, maar
kom net in een of twee ander woorde voor. In Engels word skimstamme “cranberry
morphemes” genoem, aangesien cran- lyk soos ’n morfeem (dit verbind met -berry in
cran-berry), maar nie eintlik ’n volwaardige morfeem is nie (dit kom in geen ander
woord voor nie). In Afrikaans is boe- in boe-pens ’n goeie voorbeeld, asook tjoep- in
tjoep-stil, aal- in aal-bessie en wal- in wal-vis. Vergelyk Combrink (1990a: 28) vir nog
voorbeelde.
Die interfiks11 is ’n morfeem met minimale vorm en in beginsel eintlik sonder bete-
kenis, en dit kom voor tussen stamme in komposita (byvoorbeeld -e- in hond-e+oor, of
-s- in wild-s+boud), of tussen ’n stam en ’n suffiks (byvoorbeeld -e- in maand-e-liks),
of tussen ’n prefiks en ’n stam (byvoorbeeld -n- in a-n-organies). Volgens Combrink
(1990: 30) is daar sowat 30 interfikse in Afrikaans. Die status van al hierdie interfikse
is egter te bevraagteken.
As so ’n interfiks byvoorbeeld wél betekenis het, kan dit nog as interfiks gesien
word? ’n Eendekamp is redelik duidelik ’n kamp vir eende (en nie vir ’n eend nie);
is die -e- daar dus liewer ’n meervoudsmorfeem as ’n interfiks? En is ’n hondehok ’n
hok vir ’n hond, vir meer as een hond, of vir honde as tipe dier? Op hierdie stadium
is daar nog geen duidelike navorsing vir Afrikaans gedoen om die een of die ander
interpretasie te bevestig nie. In hierdie hoofstuk huldig ek dus die standpunt dat dit
wel as interfikse gesien kan word, aangesien die betekenis onduidelik / vaag is. Meer
navorsing sou ander perspektiewe kon oplewer.

4.4 Affiksoïede
Ten slotte, in Figuur 6.2 word daar naas afhanklike en onafhanklike eenhede ook nog
melding gemaak van affiksoïede (ook genoem half-affikse; sien Meesters, 2004: 40–
41). Affiksoïede is komponentstrukture wat onafhanklike eenhede (simplekse) is, maar
wat soos affikse begin lyk wanneer dit in komposita ’n gespesialiseerde betekenis be-
gin kry. Hulle is dus nog nie affikse nie, maar is in die proses van grammatikalise-
ring (vergelyk Breed, 2012) waarskynlik besig om affikse te word.
Dink hier aan gevalle met hond-: In hond-s+getrou kan ons nog sê dat die kom-
positum “so getrou soos ’n hond” beteken, maar hond+moeg beteken “baie moeg”,
hond+siek “baie siek” en hond+snaaks “baie snaaks”. Ons kan dus sê dat hond- in
komposita sistematies ’n gespesialiseerde betekenis begin kry en dat dit as intensi-
veringsprefiks funksioneer. Ander voorbeelde van affiksoïede sluit in dol- in dol+graag,
dol+verlief, dol+gelukkig, of wel- in welvaart, welriekend, weldeurdag, of kuns- in
kunsbeen, kunstande, of sekresievorme (Schmid, 2011: 130) soos die Engelse -gate in
Nkandlagate, Camillagate, Bladegate, ensovoorts.
Die posisie van affiksoïede in Figuur 6.2 dien ook as illustrasie om ’n belangrike
tekortkoming van taksonomieë soos hierdie te illustreer. Affiksoïede kan eintlik nie
gesien word as ’n afsonderlike kategorie met duidelike grense nie – dit is juis ’n ver-
194 skynsel wat iewers tussen die ander kategorieë val, nader aan onafhanklike eenhede
as affikse.
In die geval van Figuur 6.2 is die taksonomie gewoon ’n hulpmiddel wat ons help
om al die inligting beter in kaart te bring. Dit skep dus misleidend die indruk van
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

diskrete kategorieë en kategoriegrense, terwyl taalverskynsels eintlik vae grense het


en dikwels eerder op ’n kontinuum voorgestel moet word (Schmid, 2011: 93–94).
Dit geld des te meer in die volgende afdeling, waar ’n taksonomie van komposisie-
strukture voorgestel word (sien Figuur 6.3).

5 MORFOLOGIESE KOMPOSISIESTRUKTURE
In die inleiding tot hierdie hoofstuk het ons gesê dat die morfologie die ontstaan van
komplekse woorde bestudeer. As sodanig is ons geïnteresseerd in woordvormingspro-
sesse (“word-formation”) en nie noodwendig in ander prosesse waardeur die woorde-
skat uitgebrei word nie.
So byvoorbeeld word nuwe woorde (neologismes) van tyd tot tyd deur nuutskep-
ping gemaak. In sulke gevalle is dit die kombinasie van klanke wat meestal ’n simpleks
tot gevolg het en daarom het ons in die morfologie nie eintlik so ’n groot belangstel-
ling in nuutskepping nie. Nuutskeppings word dikwels gebaseer op klanknaboot-
sing (byvoorbeeld ghoef, boggom, doef-doef(-musiek), tjoek-tjoek, ensovoorts), of is in
sommige gevalle die produk van een of ander bemarkingsveldtog (dink byvoorbeeld
aan Ayoba, wat oënskynlik geen ekwivalent in enige taal het nie).
Deur die wysiging van ’n grondwoord se klanke of struktuur kan nuwe woorde ook
gevorm word. Hier kan ons veral drie prosesse onderskei, te wete:

• Volksetimologie, dit is die proses waardeur ’n woord gevorm word op die basis
van ’n ingedinkte of verbeelde ander woord (gewoonlik uit ’n ander taal). Die
woord katjiebotter vir “grondboontjiebotter” is waarskynlik ’n vervorming van die
Maleise katjang (“grondboontjie”) + Nederlandse boter (“botter”) en het niks met
die produsent Black Cat te doen nie. So ook kom spinnerak uit die Nederlandse
spinnerag, waar ’n spin ’n spinnekop en ’n rag ’n netwerk is; om spinnerak dus op
een of ander wyse as kompositum te ontleed, sou futiel wees.
• Verdraaiing, dit is die verandering van klanke of woorddele om krag- en skelwoor-
de of taboewoorde te vermy. So byvoorbeeld is blikskottel of bliksement verdraai-
ings van bliksem, of maggies, magistraat en mapstieks verdraaiings van allemagtig
(as verwysing na God), net soos ook gits (<Gods) en jissie of jislaaik (<Jesus).
• Transliterasie, dit is die omsetting van een skrifsisteem na ’n ander. Daar is talle
voorbeelde van getranslitereerde woorde wat in Afrikaans gebruik word, byvoor-
beeld glasnost en perestroika (uit Russies), sjiek (uit Frans), kurrikulum (uit Latyn),
of informele slengwoorde soos enniewei (<anyway), oukei (<okay) en naais (<nice)
uit Engels. Naas transliterasie is daar ander leenprosesse waarmee die woordeskat
van ’n taal uitgebrei kan word. Met betrekking tot morfologie moet ’n mens veral
ook kennis neem van leenmorfologie, waar die morfologie uit die brontaal oorge-
neem word in Afrikaans. ’n Woord soos werkswinkel is nie ’n oorspronklike Afri-
kaanse kompositum nie, maar die woord én sy morfologiese struktuur is oorgeneem
uit die Engelse “workshop”. 195

Geen van hierdie prosesse van nuutskepping of wysigings (of nog ander, aangedui met
die stippelblokkie in Figuur 6.3) staan sentraal in die bestudering van die morfologie
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

van ’n taal nie. Dit is egter wel noodsaaklik om bewus te wees van prosesse soos hier-
die, ten einde uitleg te kan gee van moontlike historiese prosesse, of om fyn te trap vir
foutiewe analises.
In die volgende afdeling word ’n breë oorsig gegee oor die woordvormingspro-
sesse wat algemeen en produktief in Afrikaans voorkom om komposisiestrukture te
skep, te wete kombinasieprosesse (afdeling 5.1), reduksieprosesse (afdeling 5.2), om-
skakelingsprosesse (afdeling 5.3) en versmeltingsprosesse (afdeling 5.4). Vergelyk die
taksonomiese voorstelling in Figuur 6.3, wat weereens – soos Figuur 6.2 – slegs as ’n
heuristiese hulpmiddel gesien moet word. Eweneens moet die grenslyne tussen die
kategorieë in die meerderheid van gevalle gesien word as vaag en dinamies; lidmaat-
skap word nie bepaal deur alles-of-nikswaardes nie.

5.1 Kombinasieprosesse
Kombinasieprosesse behels dat komposisiestrukture gevorm word deur komponent-
strukture op verskillende wyses met mekaar te kombineer. Dit sluit in affiksering,
samestelling, vloekwoordinlywing en reduplikasie.

5.1.1 Affiksering
Affiksering is die mees algemene proses van kombinasie, en soos ons in die vorige
afdeling gesien het, kan affiksering plaasvind deur middel van prefikse, suffikse of
sirkumfikse, om afgeleide of geflekteerde vorme te skep. Let op dat fleksie nie as
’n woordvormingsproses gesien word nie, maar dat dit eerder gesien word as ’n
proses waardeur verskillende grammatikale woordvorme geskep word; nogtans is ge-
flekteerde vorme ook komplekse komposisiestrukture en word dit daarom in hierdie
taksonomie ingesluit.
By fleksie kan ons ’n addisionele gespesialiseerde proses onderskei, naamlik sup-
plesie. Supplesie is die proses waardeur ’n woord wat etimologies gesproke nie ver-
band hou met die grondwoord nie, optree as die woord se meervoud, verledetydsvorm,
ensovoorts (Bauer, 2004: 98). Die beste voorbeelde in Afrikaans is beter en beste as
die komparatief- en superlatiefvorme van goed, asook veel as supplesievorm van baie.
Vergelyk ook wees en was as supplesievorme van is, of ambagslui as meervoud van
ambagsman.
In ’n paar uitsonderlike gevalle sou ’n mens ook sommige afleidings as supplesie-
vorme kan beskou (met ander woorde dat supplesie nie suiwer ’n fleksieproses is nie);
vergelyk byvoorbeeld dat ’n inwoner van Madrid ’n Madrileen is, of iemand wat van
Monaco kom ’n Monegask is. Vir beide hierdie gevalle sou ander argumente ook kon
geld en bly dit debatteerbaar of ’n mens dit as supplesievorme moet beskou.

5.1.2 Samestelling
Naas affiksering is samestelling die mees produktiewe woordvormingsproses in Afri-
196 kaans. Samestelling kan gedefinieer word as die proses waardeur ’n kompleks ge-
vorm word wat uit ten minste twee stamme (inklusief gereduseerde stamme) of wortels
bestaan. Dink aan voorbeelde waar twee vrye stamme verbind, soos boom+wortel,
geel+wortel of geel+rys, teenoor gevalle waar twee wortels verbind, soos bio+logie,
Woordeskatuitbreiding

Woordvormingsprosesse Nuutskeppingsprosesse Wysigingsprosesse

5.3 5.2 5.4 5.1


Omskakelingsprosesse Reduksieprosesse Versmeltingsprosesse Kombinasieprosesse Volksetimologie Verdraaiing Transliterasie

5.2.2 5.2.3 5.2.1 5.1.3 5.1.2 5.1.3 5.1.1


Inkorting Truvorming Afkorting Reduplikasie Samestelling Vloekwoordinlywing Affiksering

Knipsel met Knipsel sonder Letterklank- Letternaam- Afleiding Fleksievorm Supplesievorm


Egte
inagneming van inagneming van woord woord
afkorting
morf. struktuur morf. struktuur (Akroniem) (Akroniem)

5.1.2.4 5.1.2.2 5.1.2.3 5.1.2.1


Onderskikkende Attribuut- Apposisie- Neweskikkende Samestellende Samestellende Samekoppeling

vlak
kompositum kompositum kompositum kompositum kompositum afleiding

Semosintaktiese
hiërargies 5.1.2.5 taalspesifiek/marginaal

Verbum- Basis- Frase- (Neo-) Frase- Basis- Frase- Basis- Basis- Frase- Frase- Basis- Basis-
neksus- klassieke

vlak
kompositum kompositum kompositum kompositum kompositum kompositum kompositum kompositum kompositum kompositum kompositum kompositum kompositum

Morfosintaktiese
Eksosentries Endosentries Eksosentries Endosentries Endosentries Endosentries Endosentries

vlak

Morfo-
semantiese
Figuur 6.3 Morfologiese komposisiestrukture in Afrikaans
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

197
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

bio+graaf of bio+skoop. Dit gebeur ook dat een wortel met ’n vrye stam verbind, soos
eko+park, tele+bemarking en hidro+plaas, of ’n gereduseerde stam met ’n vrye stam,
soos Sanlam+polis en ANC+lid.
Prototipies is een van die twee stamme in die kompositum die kern (dit is die deel
wat die hoofbetekenis en woordsoort bepaal) en die ander een die bepaler (dit is die
deel wat uitbrei op die betekenis van die kern). In Afrikaans is die regterkantste deel
van ’n kompositum in die meeste gevalle die kern. So is ’n boomwortel ’n soort wortel,
en telebemarking ’n spesifieke soort bemarking. Uitsonderings hierop is gevalle van
saamgestelde ampsbenamings waar die eerste deel die kern en die tweede deel die be-
paler is, soos byvoorbeeld direkteur-generaal (’n soort direkteur en nie ’n soort gene-
raal nie) of landmeter-generaal (’n soort landmeter).
Die konsep van ’n kern is noodsaaklik vir ’n ander belangrike onderskeid wat getref
word tussen komposita, naamlik tussen endosentriese en eksosentriese komposita.
’n Endosentriese kompositum is ’n kompositum waarvan die kern ingesluit is in die
woord, soos in al die voorbeelde wat hierbo genoem is. In boom+wortel is wortel die
kern, en ons sê dus ’n boomwortel is ’n soort wortel; daarom is boomwortel ’n en-
dosentriese kompositum.
In sommige gevalle is die kern buite die woord geleë, en dan is dit eksosentries.
’n Maan+haar is byvoorbeeld nie ’n soort haar nie, maar wel ’n soort leeu (volwasse
leeumannetjie); ’n rooi+kop is nie ’n soort kop nie, maar wel ’n persoon met rooi
hare. Albei gevalle is dus gevalle van eksosentriese komposita – die kern lê buite die
komposita.
Een van die kwessies wat nog nie werklik na bevrediging in die morfologie opgelos
is nie, is die klassifisering van komposita: Watter soorte komposita kry ons en hoe
onderskei ons tussen die verskillende soorte? Baie van die terme word verskillend
deur verskillende outeurs gebruik, terwyl dieselfde outeurs selfs soms dieselfde term
op verskillende maniere aanwend. In ’n inleidende hoofstuk soos hierdie moet ons
volstaan met ’n breë oorsig en moet verfynings en veranderings aan ’n taksonomie (of
ander tipe voorstelling) in toekomstige navorsing uitvoerig hanteer word.
Vir die doeleindes van hierdie hoofstuk gebruik ek die aangepaste weer-
gawe van Van Huyssteen en Verhoeven (2014) wat gebaseer is op die uni-
versele taksonomie vir komposita wat Scalise en Bisetto (2009) opgestel het.
Dié word vervat in Figuur 6.3 as die vier hooftipes komposita, naamlik newe-
skikkende komposita (afdeling 5.1.2.1), attribuutkomposita (afdeling 5.1.2.2), appo-
sisiekomposita (afdeling 5.1.2.3) en onderskikkende komposita (afdeling 5.1.2.4).
Daarnaas bespreek ek kortliks enkele randverskynsels wat op die grens lê tussen ver-
skillende soorte morfologiese prosesse en ander sintaktiese prosesse, soos samestel-
lende afleiding, samestellende samestelling en samekoppeling (afdeling 5.1.2.5).

5.1.2.1 Neweskikkende komposita
198 ’n Neweskikkende kompositum is ’n endosentriese of eksosentriese kompositum
waarvan beide komponente gelyk gestel word om na ’n enkele referent te verwys,
en waarvan beide komponente die kern van die kompositum is. So byvoorbeeld kan
ons sê Etienne Leroux (die referent) was ’n skrywer-boer: Hy was gelyktydig skry-
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

wer én boer en daarom word beide komponente in die neweskikkende kompositum


gelyk gestel. Net so is Breyten Breytenbach ’n skilder-digter of Joan Hambidge ’n
skrywer-kritikus. Daar is dus ’n hoë vlak van ooreenstemmende eienskappe in die
semantiese struktuur van beide komponente: In bostaande gevalle is dit telkens ’n
beroep / ambag / nering (skrywer, digter, boer, skilder, kritikus).
Die grammatikale eienskappe (veral byvoorbeeld die woordsoort) toon ook baie
hoë vlakke van ooreenkoms: In die voorbeelde is al die komponente naamwoorde wat
na persone verwys. Die komponente is daarom sintakties gesproke eintlik identies.
Ander voorbeelde sluit in blou-groen (“blou en groen”, teenoor blougroen “blouerige
groen”), konkaaf-konveks, doofstom, bo-op en suster-hulle. Hierdie voorbeelde sou
almal gesien kon word as endosentriese neweskikkende komposita, terwyl Scalise en
Bisetto (2009: 46) Oostenryk-Hongarye, ma-kind, Bosnië-Herzegowina, ensovoorts as
voorbeelde van eksosentriese neweskikkende komposita noem.
In navolging van Booij (2010: 51) se skema vir nominale komposita (sien voorbeeld
(6) hierbo), kan die volgende algemene konstruksieskema vir endosentriese newe-
skikkende komposita geformuleer word, waar “x” ’n naamwoord (n), werkwoord (v),
of adjektief / bywoord (a) kan wees:
  7   [ [a]Xi [b]Xj]Xk  [semi en semj]k

5.1.2.2 Attribuutkomposita
In attribuutkomposita is daar ’n passing van die bepaler op ten minste een van die
ensiklopediese eienskappe van die kern, of, soos Scalise en Bisetto (2009: 49) dit stel:
“... it has the sole function of specifying a trait of the ... head.” In dié sin het dit dus ’n
adjektiwiese funksie: As die bepaler ’n naamwoord is, dan druk daardie naamwoord ’n
bepaalde kwaliteit uit, eerder as iets konkreets.
Tipiese voorbeelde is intensiewe vorme van adjektiewe (byvoorbeeld hond-
s+ge-trou), waar die bepaler (hond) ’n prototipiese eienskap getrou het, wat oor-
eenstem met die kern (getrou). Ander prototipiese voorbeelde van endosentriese at-
tribuutkomposita sluit in ys+koud (n+a) blou+draad (a+n) en rooi+warm (a+a). Ons
kan die volgende algemene konstruksieskema vir endosentriese attribuutkomposita
formuleer waar "x" gewoonlik ’n naamwoord of adjektief is:
  8   [[a]Xi [b]Xj]Xk  [semj het ’n kwaliteit soos semi]j

Alhoewel Scalise en Bisetto (2009) Engelse gevalle soos blue-eyed en near-sighted


ook as gevalle van endosentriese attribuutkomposita beskou, beskou ek dit eerder as
samestellende afleiding, soos hieronder in afdeling 5.1.2.5 bespreek sal word. Gevalle
van eksosentriese attribuutsamestellings sluit in rooi+kop (persoon), bak+kop (slang),
wys+neus (persoon), ensovoorts.

5.1.2.3 Apposisiekomposita 199
Naas attribuutkomposita kan apposisiekomposita geïdentifiseer word, wat ons
definieer as endosentriese komposita waarvan een komponent (die bepaler) ’n ken-
merk van die ander komponent (die kern) beskryf deur middel van ’n selfstandige
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

naamwoord (’n apposisie) wat optree as eienskap. In teenstelling met ’n attribuut-


kompositum waar die bepaler ’n kwaliteit aan die kern gee, ken die bepaler hier ’n
kenmerk toe aan die kern. Vele n+n-komposita val in hierdie kategorie; vergelyk
byvoorbeeld treffer+liedjie (“liedjie met die kenmerk treffer”), gunsteling+boek, sleu-
tel+woord, ensovoorts.
’n Klompie intensiewe vorme met ’n werkwoord as eerste komponent (dit is v+a),
val ook in die kategorie, aangesien die werkwoord ’n kenmerk toeken aan die adjek-
tief. Vergelyk byvoorbeeld kraak+vars (“so vars dat dit eintlik kraak”) of druip+nat
(“so nat soos iets / iemand wat druip”). Alle apposisiekomposita is endosentries; verge-
lyk die konstruksieskema in voorbeeld (9), waar "x" ’n werkwoord, naamwoord of
adjektief kan wees.
  9   [[a]Xi [b]Xj]Xk  [semj het ’n eienskap soos semi]k

5.1.2.4 Onderskikkende komposita
Onderskikkende komposita is endosentriese of eksosentriese komposita waarvan die
interpretasie van die kompositum afhang van die moontlikheid om die verskillende
ensiklopediese inligtingsdele in die argumentstruktuur (Plag, 2003: 149) van die twee
komponentstrukture met mekaar in assosiasie te bring. Met ander woorde, komponent
A pas in ’n semantiese rol (of ’n leë gleuf) in die argumentstruktuur van komponent
B, byvoorbeeld as agent, onderwerp, instrument, deel, plek, ensovoorts, maar nooit as
eienskap nie.
Dit is egter baie belangrik om daarop te let dat hierdie verhouding een van ver-
vulling is: As komponent B (die kern; byvoorbeeld koek) uit bestanddele bestaan, dan
moet komponent A (die bepaler; byvoorbeeld sjokolade) as bestanddeel kan optree. Op
dié wyse vervul A dus ’n semantiese gleuf van B.
Ons onderskei vier tipes onderskikkende komposita, te wete basiskomposita (in
Engels “ground compounds”, ook genoem “root / primary compounds”), verbum-nek-
suskomposita (ook genoem “syntactic / secondary compounds” in Engels), frasekom-
posita (“phrasal compounds” in Engels) en (neo)klassieke komposita (“neo-classical
compounds”).
In die geval van basiskomposita is die komponente normaalweg basisvorme, dus
nie afleidings of geflekteerde vorme nie. Prototipiese endosentriese voorbeelde sluit
in tafel+poot (n+n), stof+suig (n+v) en stryk+plank (v+n). Eksosentriese voorbeelde
sluit in maan+haar (n+n), boek+staaf (n+v) en suip+lap (v+n). Die konstruksie-
skema in 9 kan as voorbeeld van ’n tipiese basiskompositum beskou word.
’n Verbum-neksuskompositum is ’n tipe onderskikkende kompositum waar die kern
van die kompositum altyd ’n gedeverbaliseerde naamwoord of adjektief is wat as onaf-
hanklike woord gebruik word (met ander woorde ’n naamwoord of adjektief wat afgelei
is van ’n werkwoord, soos byvoorbeeld snyer of vegter). Dit is belangrik dat die morfo-
logiese afleiding duidelik sigbaar moet wees in die geval van werkwoord-neksuskompo-
200 sita; gevalle soos draai+bal, skaats+plank en swem+bad word dus as basiskomposi-
ta gesien. Voorbeelde van eksosentriese verbum-neksuskomposita sluit in sakkeroller
(wat nie ’n tipe roller is nie) en trapsuutjies ( wat nie ’n tipe “suutjies” is nie), terwyl
prototipiese endosentriese voorbeelde insluit:
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

10 [[a]N [[b]V sufNMLZ]N]N (byvoorbeeld gras+sny-er, grens+vegt-er,


weer+voor+spell-ing)
11 [[a]N [[b]V sufADJZ]A]A (byvoorbeeld hand+ge-maak-t-e;
munisipaliteit-s+beheer-d-e)
12 [[a]V [[b]V sufNMLZ]N]N (byvoorbeeld eet+stak-ing, rits+sluit-er)
13 [[a]A [[b]V sufNNKZR]N]N (byvoorbeeld kaal+nael-er, groot+prat-er)

Die derde tipe onderskikkende komposita is frasekomposita. ’n Frasekompositum


kan gedefinieer word as ’n kompositum waarvan minstens óf die kern óf die bepaler ’n
multiwoordeenheid (woordgroep / frase) is. Dit sluit voorbeelde in soos sout-en-peper-
stel, bek-en-klouseer, been-voor-paaltjie-beslissing, doen-dit-self-boek, traak-my-nie-
houding en help-my-fris-lyk-hempie. Let op dat gevalle soos wag-’n-bietjie nie verwar
moet word met eksosentriese frasekomposita nie – dit is eerder ’n geval van inkorting
op basis van ’n frasekompositum (<wag-’n-bietjie-boom).
In die vierde plek onderskei ons (neo)klassieke komposita, waar ten minste een
(of albei) van die dele ’n wortel uit die klassieke stratum is. Vergelyk voorbeelde soos
fono+logie, biblio+fiel, eko+diesel of Euro+sone; eersgenoemde twee voorbeelde kan
gesien word as klassieke komposita, terwyl laasgenoemde gesien kan word as neo-
klassieke komposita op grond van die feit dat dit verbind met moderne, nieklassieke
woorde.

5.1.2.5 Randverskynsels: samestellende afleiding, samestellende samestelling


en samekoppeling
Die grense tussen die morfologie en die sintaksis moet as vaag gesien word, soos
wat alle aspekte van die grammatika ’n invloed op mekaar het en onlosmaaklik deel
van mekaar is. Hierdie wisselwerking tussen die morfologie en sintaksis kan effektief
geïllustreer word aan die hand van enkele randverskynsels, te wete samestellende af-
leiding, samestellende samestelling en samekoppeling.
Samestellende afleiding (ook genoem woordgroepafleiding; in Engels “synthetic
compounding”) is ’n gespesialiseerde proses van afleiding en kan gedefinieer word as
die proses waardeur ’n nuwe woord gevorm word as samestelling deur middel van
afleiding plaasvind (Booij & Van Santen, 1998: 178), op basis van ’n multiwoord-
eenheid (een van die komponentstrukture van so ’n eenheid is ’n sintaktiese frase).
Waar ’n kompositum soos dienskontrak tot stand kom wanneer twee naamwoor-
de (diens en kontrak) met mekaar kombineer, en waar afleiding gevorm word as
die werkwoord skik met die afleidingsuffiks -ing kombineer om skikking te vorm,
vind dié twee prosesse gelyktydig plaas in die vorming van indiensneming (in
diens neem + -ing). In hierdie geval kan ons nie sê dat -ing eers met neem kombineer
om *neming te vorm, en dan daarna met diens (*diensneming), en dan met in vir in-
diensneming nie. 201
Ons sê liewer dat die proses van samestelling slegs plaasgevind het deur middel
van afleiding – samestelling en afleiding vind gelyktydig plaas. Een belangrike toets is
dat die regterkantse deel van so ’n samestellende afleiding meestal nie as selfstandige
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

woord gebruik kan word om die geheel te omskryf nie; ons kan byvoorbeeld nie sê
indiensneming beteken *“neming van in diens” nie.
Dieselfde kan ook geïllustreer word aan die hand van geelkleurig, waar -ig nie eers
met kleur verbind (*kleurig) en dan daarna met geel (geelkleurig) nie. Ons sien eerder
dat die multiwoordeenheid geel kleur met mekaar verbind deur die toedoen van die
suffiks -ig.
Ons kan die konstruksieskema vir samestellende afleidings soos geelkleurig for-
muleer soos in (14), waar -ig die frase pi (wat bestaan uit ’n adjektief (a = geel) en
naamwoord (b = kleur)) verbind in ’n samestellende afleiding. Die geheel beteken
“soos pi” (met ander woorde “soos geel kleur”).
14 [[[a]A[b]N]Pi ig]Aj  [soos semi]j

Op ’n nog meer abstrakte vlak sou ons kan sê dat ’n frase (pi) met behulp van een of
ander suffiks (suf; meestal -er, -ster, -ing en -ery) verbind om ’n woord te vorm met
woordsoort x, soos bepaal word deur die suffiks. Sien konstruksieskema 15.
15 [[a b]Pi sufk]Xj  [semk semi]j

Gevalle soos teraardebestelling ([[ter aarde bestel]ing]), besluitneming ([[besluit neem]


ing]) en laatslaper ([[laat slaap]er]) word dus alles deur hierdie skema gesanksioneer
(konstruksieskema 15 beskryf al hierdie konstruksies). Vergelyk Booij (2010: 48–50)
vir ’n soortgelyke beskrywing van samestellende afleidings in Nederlands.
Dit is belangrik om daarop te let dat gevalle soos boekrakagtig en natuurkundig
nie gesien word as samestellende afleidings nie, maar eerder as afleidings van reeds
bestaande samestellings. Die samestellings boek+rak en natuur+kunde word eers
gevorm en eers ná die proses van samestelling word ’n afleidingsuffiks (-agtig en
-ig onderskeidelik) toegevoeg. Hierdie gevalle verteenwoordig nie ’n spesiale woord-
vormingsproses nie, maar is gewoon afgeleide komposita.
Waar samestelling deur áfleiding plaasvind in die geval van samestellende aflei-
ding, vind samestelling plaas deur middel van sámestelling in die geval samestellende
komposita (ook genoem samestellende samestellings), soos onder+water+kamera,
vier+slaap+kamer+huis en blou+oog+kind, asook verhandelbare+dokumente+reg,
hoë+hak+skoen en vuurspuwende+berg+gids.
In laasgenoemde geval word die frase vuurspuwende berg saamgestel deur middel
van samestelling met gids. As ons aan die woord ’n binêre interpretasie wou gee (met
ander woorde berg+gids, en dan ?vuurspuwende+berggids), sou die kompositum met
ander woorde geïnterpreteer word as ’n berggids wat vuurspuwend is.
’n Ander interessante verskynsel in vele Germaanse tale is skeibare, saamgestel-
de werkwoorde soos op+skryf (Hy skryf dit in sy dagboek op), goed+keur (Sy keur
nie sy gedrag goed nie) en klavier+speel (Ek het jarelank klaviergespeel). Skeibare,
saamgestelde werkwoorde kom tot stand deur die proses van samekoppeling (De Haas
202 & Trommelen, 1993: 31; Booij & Van Santen, 1998: 226–229); ook genoem “pseu-
do-compounds” (Marchand, 1969) of “coupled verbs” (De Rooij-Bronkhorst, 1980)).
Anders as in die geval van gewone komposita waar twee vrye morfeme ook met
mekaar verbind om ’n nuwe woord te vorm, kan ’n samekoppeling wél deur middel
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

van sintaktiese en morfologiese prosesse geskei word. Vanuit dié perspektief is die
gevalle in voorbeelde (16) en (17) dus samekoppelinge, terwyl die gevalle in voorbeel-
de (18) en (19) komposita is:
16 oor+kom: Hulle sal môre oorkom vir tee; Hulle het gister oorgekom vir tee.
fees+vier: Sy sal volgende jaar wéér feesvier; Sy hou daarvan om elke jaar fees
17 
te vier.
18 oor+kom: Hy sal sy probleme oorkom; Hy het sy probleme oorkom.
stof+suig: Hy sal môre weer moet stofsuig; Hy het sy sitkamer gister ge-
19 
stofsuig.

5.1.3 Vloekwoordinlywing en reduplikasie
Ten slotte onderskei ons onder kombinasieprosesse twee prosesse wat al redelik om-
vattend in Afrikaans beskryf is, te wete vloekwoordinlywing (vergelyk Feinauer,
1981) en reduplikasie (vergelyk Botha, 1988; Conradie, 2004; Den Besten, Luijks &
Roberge, 2003; Van Huyssteen & Wissing, 2007). Vloekwoordinlywing is die proses
waartydens ’n bisillabiese, adjektiwiese vloekwoord tussen twee lettergrepe (gewoon-
lik vóór die lettergreep wat hoofklem dra) in ’n woord ingevoeg word, meestal sonder
inagneming van die morfologiese struktuur van die woord; vergelyk byvoorbeeld
asse-bleddie-blief of fan-flippen-tasties.
Reduplikasie is die proses waartydens twee identiese komponentstrukture met me-
kaar kombineer om ’n nuwe vorm met ’n nuwe betekenis te vorm. So byvoorbeeld
beteken lag-lag “maklik” en klop-klop “aanhoudend klop”. Ons onderskei tussen egte
reduplikasies (soos gou-gou en die kinderspeletjie dokter-dokter), eggowoordredu-
plikasies waar die tweede woord naastenby klink soos die eerste woord (soos woer-war
en wielie-walie), en onomatopeïese reduplikasies (soos tjoef-tjoef en hoep-hoep).
Let wel dat reduplikasies ook ontleed sou kon word as neweskikkende komposita,
aangesien geen van die komponentstrukture as kern van die kompositum geïdentifi-
seer kan word nie. Waar neweskikkende komposita altyd ’n “en”- of “of”-interpretasie
het, het reduplikasie nooit een van dié twee interpretasies nie, maar eerder byvoor-
beeld “maklik” (speel-speel), “aanhoudend” (knip-knip), ensovoorts (vergelyk Van
Huyssteen, 2004).

5.2 Reduksieprosesse
Ons kan reduksie definieer as die proses waar woorde gevorm word deur middel van
weglating van morfeme of woorddele. Tradisioneel word daar nie veel aandag aan
reduksie as woordvormingsproses in inleidende (en selfs omvattende) boeke oor die
morfologie gegee nie, waarskynlik omdat mense nie aan verkorte / gereduseerde woord-
vorme dink as die resultaat van woordvormingsprosesse nie.
Oor die algemeen lê die navorsingsveld met betrekking tot reduksieprosesse ook 203
redelik braak (internasionaal en vir Afrikaans). Combrink (1990a: 55) sê ook dat dit ’n
verskynsel is wat veel meer algemeen is as wat ’n mens sou dink. In die digitale era
sien ons dit dikwels in SMS- en internettaal – dink aan voorbeelde soos d vir die, biqi
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

vir bietjie, LMGA vir lag my gat af, lkr vir lekker, ensovoorts. In Figuur 6.3 word ’n
onderskeid getref tussen afkorting, inkorting en truvorming.

5.2.1 Afkorting

Die proses van afkorting kan algemeen beskryf word as die proses waardeur ’n nuwe
woord gevorm word op basis van die beginletters van ’n woord of woordgroep. Vergelyk
byvoorbeeld egte afkortings soos prok. (<prokureur), dr. (<dokter) en a.g.v. (<as gevolg
van), teenoor akronieme (ook ’n resultaat van die algemene proses van afkorting) soos
VSA (<Verenigde State van Amerika) en PanSAT (<Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad). Egte
afkortings het twee kenmerkende eienskappe wat dit onderskei van akronieme:
• Egte afkortings word gewoonlik met punte geskryf. Hoofstuk 3 in die AWS
(Taalkommissie, 2017) gee talle reëls, riglyne en uitsonderings.
• Egte afkortings word nooit uitgespreek nie – die oorspronklike vorm waarop dit ge-
baseer is, bly die fonologiese beeld van die afkorting. As ons a.g.v. lees, sê ons nie
“a punt g punt v punt” nie, maar eerder “as gevolg van”. Die afgekorte vorm kom
dus slegs in geskrewe taal voor.

Akronieme is ’n uitsonderlike geval van afkorting, aangesien dit wel in geskrewe en


gesproke taal voorkom. ’n Akroniem wat volgens die alfabetname van die letters uit-
gespreek word, word ’n letternaamwoord genoem, soos byvoorbeeld BA ([be: ɑ:],
VLU ([fe: ɛl y], NWU, WNNR, ensovoorts. Wanneer dit as woord uitgespreek word,
word dit ’n letterklankwoord genoem, soos Avbob (<Afrikaanse Verbond Begraf-
nisondernemers Beperk), Sasol, Absa, ensovoorts.
Beide egte afkortings en akronieme kan as komponentstruktuur optree in reduk-
siekomposita. Vergelyk byvoorbeeld o.p.s.-+telling (<omwentelinge-per-sekonde-tel-
ling) of MScAgric-+graad (<Magister Scientiae Agriculturae-graad).

5.2.2 Inkorting
Ter wille van ekonomie in taalgebruik maak taalgebruikers dikwels in geskrewe en
gesproke taal gebruik van inkorting om iets korter en kragtiger te stel. Sodanige inkor-
ting kan geskied met of sonder inagneming van die grondwoord se morfologiese
struktuur. Combrink (1990a: 56–57) noem reduksies knipsels sonder inagneming
van morfologiese struktuur (in Engels “clippings”) en sluit voorbeelde in soos ad-
min (<administrasie), memo (<memorandum), dok (<dokter), prof (<professor), Potch
(<Potchefstroom), Liz (<Elizabeth), ensovoorts.
In ’n geval soos admin is die struktuur van die grondwoord ad-ministr-asie; deur
admin van administrasie te maak, word die morfologiese struktuur van die grond-
woord dus nie in ag geneem nie. Gevalle soos dié kom meestal voor in informele
geselstaal, asook in name vir mense en plekke.
204 Inkorting met inagneming van morfologiese struktuur (net “inkortings” genoem
deur Combrink, 1990a) kom daarenteen veel meer algemeen voor, ook in formele taal-
gebruik. Ons sien in Afrikaans dat die inkorting aan die linkerkant, regterkant of in die
middel van die woord / multiwoordeenheid kan plaasvind:
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

• Linkerkant: foon (<telefoon)


• Regterkant: wilger (<wilgerboom), Sasol (<Sasolburg)
• Middel: selfoon (<sellulêre telefoon), waspoeier (<wasgoedpoeier), langvraag
(<langantwoordvraag)

Combrink (1990a: 67) wys dat ’n mens daarop bedag moet wees om nie gevalle soos
speurhoof (<speurdienshoof) en rubberplantasie (<rubberboomplantasie) te analiseer
as komposita nie (dit is *speur+hoof of *rubber+plantasie). Om kernsentrale seman-
ties en sintakties te probeer ontleed (en die sistematiek daaragter te voorspel) sonder
om te weet dat kern- hier eintlik na kernkrag verwys, is ’n futiele oefening.

5.2.3 Truvorming
Truvorming (in Engels “back-formation”) is die proses waardeur ’n eenvoudiger woord
gevorm word uit ’n meer komplekse woord deur middel van weglating, op basis van ’n
verbeelde morfologiese struktuur van die grondwoord. Combrink (1990a: 56) verwys
dan ook hierna as “volksmorfologiese ontleding”, na aanleiding van volksetimologiese
vorme (in Engels “re-interpretation”). Vergelyk byvoorbeeld boskaas (“erg deurme-
kaar en groot haarkapsel”) as voorbeeld van ’n truvorm op basis van die oorspronklike
boskasie (“welige haargroei”):
20 b oskaas < boskasie (via die Nederlandse bosschage, uit die Oudfranse
bosc+age “klomp bome en bosse”)

Ons sien dat boskasie etimologies gesproke bestaan uit bosk-asie; hierdie selfde -asie
kry ons in ander Afrikaanse woorde soos plant-asie, pakk-asie, bag-asie, ensovoorts.
In ’n volksetimologiese ontleding word boskasie egter gesien as die diminutiefvorm
van boskaas, aangesien dit algemeen bekend is dat kaas se diminutiefvorm kasie is. As
ek dus wil oordryf om na ’n groot bos hare te verwys, dan gebruik ek die ingedinkte
basisvorm (boskaas) in plaas van die ingedinkte diminutiefvorm (boskasie).
Booij (2002: 163) wys daarop dat n+v-komposita soos stof+suig en beeld+hou
gevalle van truvorming is, aangesien komposita met ’n werkwoord as kern nie meer
’n produktiewe proses in Germaanse tale is nie. As ons egter gevalle soos hierdie as
truvorme ontleed, kan ons dit wel makliker verklaar.

5.3 Omskakelingsprosesse
Die proses van omskakeling word in Afrikaans ook transposisie (Botha, 1968: 103),
funksiewisseling of meerfunksionaliteit (Kempen, 1969) genoem, in Nederlands
“impliciete transpositie, conversie, of nulafleiding” (Booij & Van Santen, 1998: 30) en
in Engels “conversion” of “zero derivation”. Omskakeling is die proses waardeur ’n
woord van woordsoort verander sonder enige eksplisiete morfologiese verandering – 205
die woord word as ʼt ware omgeskakel van een woordsoort na ’n ander. Ons dink hier
aan gevalle soos in voorbeelde 21 en 22:
21 Hy gaan bankv sy geld by die naaste bankN.
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

22 LeesN is lekker.

Booij (2007: 5) stel dat “... conversion ... may be subsumed under derivation”, sonder
om dit zeroafleiding te noem; so vermy ’n mens dus die probleem om ’n vae zero-
morfeem te probeer identifiseer. Na aanleiding van ’n patroon wat Booij (2002: 135)
geformuleer het, kan ons die volgende konstruksieskema vir omskakeling identifiseer:
23 [[x]Ni]Vj  [proses waarby semi betrokke is]j

Ons kan dus sê om ’n soekterm te google is die proses waarby Google betrokke is, om
iemand te SMS is die proses waarby “short messaging service” betrokke is, ensovoorts.
Insgelyks, in die omgekeerde is lees in voorbeeld 22 die ding (“thing”) wat jy doen as
jy besig is om te lees.

5.4 Versmeltingsprosesse
Tydens versmelting word twee vrye morfeme met mekaar verbind deur gedeeltes van
elk te reduseer, voordat die dele gekombineer word. Hier is meestal sprake van re-
duksie sonder inagneming van morfologiese struktuur; vergelyk byvoorbeeld motel
(<motor+hotel), midbyt (<middagete+ontbyt), klong (<klein+jong) en stroois (<strooi
+huis).
Let op dat Combrink (1990a) die term reduksiesamestelling gebruik vir voorbeel-
de soos motel, en die term versmelting vir voorbeelde soos klong, knelter / knalter,
stroois en tarentaal. Volgens hom is die onderskeid tussen die twee dat gevalle soos
klong “natuurlik” is, terwyl gevalle soos midbyt doelbewus gemaak is. Myns insiens
is dit onnodig om dit te verreken in ’n taksonomie van woordvormingsprosesse. Ander
name hiervoor is splinterkomposita of samesmeltings in Nederlands, of “blends” of
“portmanteau words” in Engels (Meesters, 2004: 101–102).

6 VOORUITSKOUING
Hierdie inleidende hoofstuk tot die Afrikaanse morfologie dien om basiese hulpmid-
dels wat nodig is om morfologiese konstruksies te beskryf, aan die student en navor-
ser beskikbaar te stel. Dit sluit in ’n oorsig (taksonomie) van komponentstrukture
(Figuur 6.2), ’n oorsig (taksonomie) van komposisiestrukture (Figuur 6.3) en ’n re-
delik eenvoudige beskrywingskonvensie (konstruksieskemas). Hierdie hulpmiddels
behoort voldoende te wees om te begin om patrone in data te identifiseer en iets oor
hierdie patrone te sê. Hiermee word die deure hopelik vir ondernemende studente en
voornemende navorsers geopen om braakvelde in die Afrikaanse morfologie te ontgin.
Die hoofstuk word afgesluit met los aantekeninge oor moontlike navor-
singsvrae /-onderwerpe wat in die afsienbare toekoms in Afrikaanse morfologie aandag
206 sou kon geniet.

• Gegewe bostaande raamwerk, moet ’n groot aantal morfologiese konstruk-


sies nog in Afrikaans beskryf word. Dink byvoorbeeld aan die meervoudskon-
struksie, trappe van vergelyking, persoonsafleidings en adjektiverings van
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

binnelandse en buitelandse geografiese eiename (byvoorbeeld Antwerpen – Antwer-


pen-aar – Antwerp-s), samestellings met komplekse eiename (byvoorbeeld Dooie
See-rolle), die interfiks in Afrikaans, polimorfemiese konstruksies (byvoorbeeld
antikoperkabeldiefstaleenhede), die aard en ontwikkeling van affiksoïede, die siste-
matiek van reduksieprosesse in die algemeen en spesifiek in SMS-taal, ensovoorts.
• Bestaande beskrywings (byvoorbeeld van die reduplikasiekonstruksie, die diminu-
tiefkonstruksie, attributiewe adjektiewe, verskeie afleidingsaffikse, ensovoorts) kan
herbesoek word ten einde hipoteses te toets aan die hand van meer omvattende ko-
rpusse wat deesdae beskikbaar is.
• Die debat oor die onderskeid tussen fleksie en afleiding in Afrikaans is nog hoe-
genaamd nie beslis nie. Nuwe insigte uit nuwe teorieë en met nuwe data sou die
sieninge in afdeling 4.3.2 kon heroorweeg en herbeskryf. So byvoorbeeld moet daar
oorweeg word of die diminutief wel as fleksiemorfeem gesien moet word, of waar-
om rangtelwoordvormers (vier-de), vroulike uitgange (orrelist-e) of genusaandui-
ders (die hond-e in Ek hou van honde) nie in Tabel 6.4 aangedui word nie.
• Die klassifisering van komposita verdien ’n veel meer omvattende beskrywing as
wat in afdeling 5.1.2 gegee kon word. So byvoorbeeld moet die aard van en onder-
skeid tussen verskillende soorte onderskikkende komposita duidelik gemaak word,
die voorkoms van spesifieke soorte komposita moet aan die hand van korpusdata
beskryf word, ’n indeling op basis van woordsoortkategorieë moet gedoen word,
die rol van metaforiek en metonimie in die vorming van komposita moet ondersoek
word, ensovoorts. Ook moet die onderskeid tussen samestellende afleiding, same-
stellende komposita en samekoppelings duideliker gemaak word, ook liefs aan die
hand van korpusdata. Teoretiese insigte vanuit byvoorbeeld die konstruksiemorfo-
logie sou kon bydra om hierdie onderskeide duideliker te ekspliseer en modelleer.
• Komparatiewe en konstratiewe beskrywings met Nederlands en ander Germaanse
tale is ook ’n vrugbare terrein vir navorsing. So byvoorbeeld kan beskryf word
hoe Afrikaanse en Nederlandse komposita verskil en waarom, of in watter mate
watter Germaanse tale meer of minder reduksieverskynsels het, of die gebruik van
verskillende soorte konstruksies in verskillende tale om byvoorbeeld aspek uit te
druk, ensovoorts. Sulke tipes navorsing sal insig bied in die grammatikalisering of
leksikalisering van bepaalde konstruksies in die onderskeie tale, wat weer insig kan
bied in die ontwikkeling en groei van taal in die algemeen.
• Die rekenaarmatige modellering van vele morfologiese prosesse sou ook moontlik
nuwe insigte in die beskrywing van sulke prosesse kon bring. So byvoorbeeld kan
daar nog baie gedoen word om die semantiese verhoudings in verskillende soorte
komposita te modelleer (byvoorbeeld die verskil tussen etenstafel, kombuistafel en
houttafel), of om verskillende afleidingsprosesse (byvoorbeeld persoonsvormers) te
simuleer. Benewens modellering moet praktiese toepassings, soos byvoorbeeld ’n
volledige morfologiese ontleder, ook nog ontwikkel word. 207
• Bittermin psigolinguistiese navorsing is nog in en oor Afrikaans (en spesifiek Afri-
kaanse morfologie) gedoen. Deur in die voetspore van Nederlandse navorsers te
volg kan interessante komparatiewe studies gedoen word oor die interfiks, of oor
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

meervoudsvorming in Afrikaans. Die psigolinguistiese verbande tussen morfologie


en spelling (soos byvoorbeeld die invloed van die vasskryftradisie in Afrikaans op
konseptualisering) sou ook verken kon word. Ook sou daar byvoorbeeld deur psigo-
linguistiese navorsing vasgestel kon word wat die kognitiewe werklikheid (al dan
nie) van skemas is, wat uiteindelik meer insig kan bied in die menslike prosessering
van taal in die algemeen.

7 BRONNELYS

7.1 Morfologiebronne oor Afrikaans: Julie 1989–Oktober 2016


7.1.1 Beskrywende, teoretiese en toegepaste linguistiek
Breed, C.A. 2012. Die grammatikalisering van aspek in Afrikaans: ’n semantiese studie van perifrastiese
progressiewe konstruksies. PhD-proefskrif. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit.
Breed, C.A. 2016. Aspek in Afrikaans: ’n Teoretiese beskrywing. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(1):
62–80).
Butler, A.P. 2014. Die deelwoord in Afrikaans: perspektiewe vanuit ’n kognitiewe gebruiksgebaseerde
beskrywingsraamwerk. MA-verhandeling. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit.
Butler, A.P. 2016. Die deelwoord as ’n ánder vorm van die werkwoord. Tydskrif vir Geesteswetenskappe,
56(1): 81–101).
Carstens, A. 1990. Komposisionaliteitsbeginsel en die beskrywing van geleentheidskomposita. South Afri-
can Journal of Linguistics = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 8(3): 99–106, Aug.
Carstens, A. 1992. Kollokasies: vrye verbindings of lekseme? South African Journal of Linguistics = Suid-
Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 10(1): 1–11, Febr.
Carstens, A. & Swanepoel, P.H. 1993. Komposisionaliteit, motivering en die grammatika van Afrikaans.
South African Journal of Linguistics = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde. Supplement, 14: 1–78,
Apr.
Coetzee, A. 2001. Van morfologie tot sintaksis: taalvorme van die Bolandse wingerdwerkers. In Carstens,
A. & Grebe, H. (Reds.). Taallandskap: huldigingsbundel vir Christo van Rensburg. Pretoria: Van Schaik,
21–29.
Coetzee, A. 2002. Die 2002-AWS en grammatikale subkategorieë. Tydskrif vir Taalonderrig = Journal for
Language Teaching, 36(3–4): 377–385, Des.
Coetzee, A. & Kruger, J. 2004. Die Afrikaanse verkleinwoord 1: ’n morfo-semantiese grammatika. Tydskrif
vir Taalonderrig = Journal for Language Teaching, 38(2): 316–352, Des.
Coetzee, A.E. 1999. Woordstatus, spelling en betekenis. Tydskrif vir Taalonderrig = Journal for Language
Teaching, 33(4): 305–315, Des.
Coetzee, A.E. 2000. Reduksieprosesse: produktiewe woordvormingsmiddele in Afrikaans. Tydskrif vir
Taalonderrig = Journal for Language Teaching, 34(4): 311–322, Des.
Combrink, J.G.H. 1990a. Afrikaanse morfologie: capita exemplaria. Pretoria: Academica.
Combrink, J.G.H. 1990b. Inkorting van naamwoorde en naamwoordstukke. Pretoria: Kongresreferate Lin-
guistevereniging van Suider-Afrika.
Combrink, J.G.H. 1992. Die kader vir beskrywing van inkorting: repliek op Prinsloo se ander perspektief.
South African Journal of Linguistics = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 10(2): 81–89, Mei.
Conradie, C.J. 1992. Tempus in Afrikaanse Bybelvertalings. South African Journal of Linguistics = Suid-
208 Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 10(2): 60–67, Mei.
Conradie, C.J. 1998a. Preteritumverlies in vroeë Afrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 38(1): 6–20,
Mrt.
Conradie, C.J. 1998b. Tempusgebruik in Afrikaanse narratiewe. South African Journal of Linguistics =
Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 16(2): 37–43, Mei.
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Conradie, C.J. 2003. Voltooide deelwoorde in verklarende Afrikaanse woordeboeke. In Botha, W.F. (Red.).
’n Man wat beur. Stellenbosch: Buro van die WAT, 174–182.
Conradie, C.J. 2004. Ikonisiteit en Afrikaanse reduplikasie. Tydskrif vir Taalonderrig = Journal for Language
Teaching, 38(2): 334–348, Des.
Conradie, C.J. 2010. Het Nederlands en de standaardisering van het Afrikaanse werkwoordsysteem. In Van
der Wal, M. & Francken, E. (Reds.). Standaardtalen in beweging. Amsterdam: Stichting Neerlandistiek
VU, 67–83.
Conradie, C.J. 2012. The Dutch-Afrikaans participial prefix ge-: a case of degrammaticalization? In Keme-
nade, A. & De Haas, N. (Eds). Historical Linguistics 2009: Selected Papers from the 19th International
Conference on Historical Linguistics. Amsterdam: John Benjamins, 129–154.
Den Besten, H., Luijks, C. & Roberge, P.T. 2003. Reduplication in Afrikaans. In Kouwenberg, S. (Ed.). Twice
as meaningful. Reduplication in Pidgins, Creoles and other contact languages. (Westminster Creolistics
Series 8). London: Battlebridge, 271–287.
Jansen, C., Schreuder, R. & Neijt, A. 2007. The influence of spelling conventions on perceived plurality
in compounds: a comparison of Afrikaans and Dutch. Written Language & Literacy, 10(2): 185–194.
Jenkinson, A.G. 1991. Strukturalistiese en generatiewe benaderings tot die morfologie: ’n metodologiese
vergelyking. Acta Academica, 23(3): 120–138, Aug.
Jenkinson, A.G. 1993. Die probleem van fleksie en afleiding in Afrikaans. South African Journal of Linguis-
tics = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde. Supplement, 18: 100–122, Nov.
Klopper, R.M. 1989. Attributiewe adjektiewe in Afrikaans. South African Journal of Linguistics = Suid-Afri-
kaanse Tydskrif vir Taalkunde, 7(3): 105–111, Aug.
Lee, A.S. 1991. Die voegsel ‘-s’ in Afrikaans. Johannesburg: Taalburo van die SAUK.
Lubbe, H.J. 1993a. Die klempatrone van Afrikaans. South African Journal of Linguistics = Suid-Afrikaanse
Tydskrif vir Taalkunde, 11(2): 49–59, Mei.
Lubbe, H.J. 1993b. Klem in Afrikaans en die superswaar rym. South African Journal of Linguistics = Suid-
Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde. Supplement, 18: 78–99, Nov.
Lubbe, H.J. 1994. Leksikale fonologie as ’n beskrywingsraamwerk van fonologiese en morfologiese interak-
sie. South African Journal of Linguistics = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 12(4): 124–134, Nov.
Lubbe, J. 1996. Fonologiese en morfologiese interaksie in Afrikaans. South African Journal of Linguistics =
Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde. Supplement, 31: 113–137, Nov.
Otterman, S. 1993. Semantic interpretation of Afrikaans dimunitives. MA dissertation. Stellenbosch: Uni-
versity of Stellenbosch.
Perold, M. 1990. Die grammatikale funksie en semantiese waarde van die voorvoegsel be- in Afrikaans.
MA-verhandeling. Stellenbosch: Universiteit van Stellenbosch.
Prinsloo, A.F. 1992. Combrink se inkortingsreëls: ’n ander perspektief. South African Journal of Linguistics
= Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 10(2): 75–81, Mei.
Robbers, K.B.M. 1997. Non-finite verbal complements in Afrikaans: a comparative approach. PhD thesis,
University of Amsterdam. The Hague: Holland Academic Graphics.
Savini, M. 1992. On the (non-) discreteness of morphological categories with special reference to affix
categories in Afrikaans. PhD thesis. Pretoria: University of South Africa.
Savini-Beck, M. 1993. The old and the new: changing perspectives on the distinction between inflection
and derivation in Afrikaans. Acta Academica, 25(1): 30–48, March.
Savini-Beck, M. 1995. Constraints on affixation in Afrikaans: some preliminary findings. South African
Journal of Linguistics = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 13(1): 38–44, Feb.
Van Huyssteen, G.B. 2000. Die reduplikasiekonstruksie in Afrikaans: enkele aspekte van ’n kognitiewe
gebruiksgebaseerde beskrywingsmodel vir Afrikaans. PhD-proefskrif. Potchefstroom: PU vir CHO.
Van Huyssteen, G.B. 2004. Motivating the composition of Afrikaans reduplications: a cognitive grammar
analysis. In Radden, G. & Panther, K-U. (Eds). Studies in linguistic motivation. Berlin: Mouton de Gruyter,
269–292.
Van Huyssteen, G.B. 2016. Die ortografiese realisering van komposita met en afleidings van multiwoord- 209
eiename. LitNet Akademies (Geesteswetenskappe).
Van Huyssteen, G.B. 2010. (Re)defining component structures in morphological constructions: a cognitive
grammar perspective. In Michel, S. & Onysko, A. (Eds). Cognitive approaches to word-formation. Berlin:
Mouton de Gruyter, 97–126.
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

Van Huyssteen, G.B. & Wissing, D.P. 2007. Datagebaseerde aspekte van Afrikaanse reduplikasies. Southern
African Linguistics and Applied Language Studies, 25(3): 419–439.
Van Marle, J. 1994. De derivationele morfologie: een vergeten hoofdstuk uit de geschiedenis van het
Afrikaans. In Olivier, G. & Coetzee, A. (Reds.). Nuwe perspektiewe op die geskiedenis van Afrikaans:
opgedra aan Edith H. Raidt. Halfweghuis: Southern, 90–101.
Van Niekerk, A.E. 1989. Die leksikografiese hantering van komposita. MA-verhandeling. Stellenbosch:
Universiteit van Stellenbosch.
Van Niekerk, L. 2001. ’n Korpusanalise van Afrikaanse eksosentriese komposita. MA-verhandeling. Preto-
ria: Universiteit van Suid-Afrika.
Van Rensburg, F.I.J. 1994. Die gebruik van die verboë en die onverboë adjektief in Van Wyk Louw se poësie.
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 34(2): 77–89, Jun.
Waher, H. 1994. Vernederlandsing en die Afrikaanse afleidingsaffikse: getuienis uit Kaapse Moeslim-Afri-
kaans. In Van der Merwe, C., Waher, H. & Hambidge, J. (Samests.). Rondom Roy: studies opgedra aan
Roy H. Pheiffer. Rondebosch: Universiteit van Kaapstad, 112–122.

7.1.2 Rekenaarlinguistiek
Daelemans, W, Groenewald, H.J. & Van Huyssteen, G.B. 2009. Prototype-based active learning for lem-
matization. In Angelova, G., Bontcheva, K., Mitkov, R., Nikolov, N. & Nikolov, N. (Eds). Proceedings
of recent advances in natural language processing 2009. ISSN: 1313-8502. 14–16 September 2009.
Borovets, Bulgaria, 65–70.
De Stadler, L.G. & Coetzer, M.W. 1992. A morphological parser for Afrikaans. In Botha, R.P., Sinclair, M.
& Winckler, W. (Reds.). Taalwetenskap vir die taalprofessies = Linguistics for the language profession.
Stellenbosch: Departement Algemene Taalwetenskap, Universiteit van Stellenbosch, 439–448.
Fick, M. & Swanepoel, C.J. 2010. Afrikaanse lettergreepverdelingspatrone. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir
Natuurwetenskap en Tegnologie, 29(2): 48–65, Jun.
Groenewald, H.J. & Van Huyssteen, G.B. 2008. Outomatiese lemma-identifisering vir Afrikaans. Literator,
29(1): 65–91, Apr.
Pilon, S. 2005. Outomatiese Afrikaanse woordsoortetikettering. MA-verhandeling. Potchefstroom: NWU.
Pilon, S., Puttkammer, M.J. & Van Huyssteen, G.B. 2008. Die ontwikkeling van ’n woordafbreker en kom-
positumanaliseerder vir Afrikaans . Literator, 29(1): 21–41, Apr.
Puttkammer, M.J. & Van Huyssteen, G.B. 2006. Automatic text segmentation of Afrikaans using Memo-
ry-Based Learning. In: Proceedings of the 17th annual symposium of the Pattern Recognition Associ-
ation of South Africa. ISBN10: 0-620-37384-9; ISBN13: 978-0-620-37384-5. Pretoria: CSIR / Meraka.
Van Huyssteen, G.B. & Davel, M. 2010. Learning rules and categorization networks for language standard-
ization. In Proceedings of the North American Chapter of the Association for Computational Linguistics
(NAACL) Workshop on extracting and using constructions in computational linguistics. 6 June. Los
Angeles, 39–46.
Van Huyssteen, G.B. & Pilon, S. 2009. Rule-based conversion of closely-related languages: A Dutch-to-
Afrikaans convertor. In Nicolls, F. (Ed.). Proceedings of the 20th annual symposium of the Pattern Recog-
nition Association of South Africa. ISBN: 978-0-7992-2356-9. 30 November–1 December. Stellenbosch,
South Africa, 23–28.
Van Huyssteen, G.B. & Verhoeven, B. 2014. A Taxonomy for Afrikaans and Dutch compounds. In Proceed-
ings of the 25th International Conference on Computational Linguistics (COLING 2014): The First Work-
shop on Computational Approaches to Compound Analysis (ComAComA). ISBN: 978-1-873769-43-0.
21-–22 August. Dublin, Ireland, 31–40.
Van Zaanen, M., Van Huyssteen, G.B., Aussems, S., Emmery, C. & Eiselen, R. 2014. The development of
Dutch and Afrikaans language resources for compound boundary analysis. In Proceedings of the 9th
210 International Conference on Language Resources and Evaluation (LREC 2014). ISBN: 978-2-9517408-
8-4. 26–-31 May. Reykjavik, Iceland, 1056–1062.
Verhoeven, B., Daelemans, W. & Van Huyssteen, G.B. 2012. Classification of noun-noun compound se-
mantics in Dutch and Afrikaans. In Proceedings of the 23rd annual symposium of the Pattern Recog-
nition Association of South Africa. ISBN: 978-0-620-54601-0. 29–30 November. Pretoria, 121–125.
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Verhoeven, B., Van Zaanen, M.M., Daelemans, W. & Van Huyssteen, G.B. 2014. Automatic compound
processing: Compound splitting and semantic analysis for Afrikaans and Dutch. In Proceedings of the
25th International Conference on Computational Linguistics (COLING 2014): The First Workshop on
Computational Approaches to Compound Analysis (ComAComA). ISBN: 978-1-873769-43-0. 21-–22
August. Dublin, Ireland, 20–30.

7.2 Algemene bronne
Aronoff, M. & Fudeman, K. 2005. What is morphology? Oxford: Blackwell.
Badenhorst, B., Carstens, A. & Van Rensburg, C. 1992. Basiskursus: aspekte van die Afrikaanse taalkunde.
Bloemfontein: Patmos.
Bauer, L. 1983. English word-formation. Cambridge: Cambridge University Press.
Bauer, L. 2003. Introducing linguistic morphology, 2nd ed. Washington, D.C.: Georgetown University Press.
Bauer, L. 2004. A glossary of morphology. Edinburgh: Edinburgh University Press.
Beard, R. 1995. Lexeme-morpheme base morphology: a general theory of inflection and word formation.
Albany, NY: SUNY Press.
Bloomfield, L. 1933. Language. New York: Henry Holt.
Booij, G. 2002. The morphology of Dutch. Oxford: Oxford University Press.
Booij, G. 2006. Inflection and derivation. In Brown, K. (Ed.). Encyclopedia of language and linguistics, 5th
ed. Oxford: Elsevier, 654–661.
Booij, G. 2007. The grammar of words, 2nd ed. Oxford: Oxford University Press.
Booij, G. 2010. Construction morphology. Oxford: Oxford University Press.
Booij, G. 2012. The grammar of words: An introduction to linguistic morphology, 3rd ed. Oxford: Oxford
University Press.
Booij, G., Lehmann, C. & Mugdan, J. (Eds). 2000. Morphologie / Morphology. Ein internationales Hand-
buch zur Flexion und Wortbildung / An international handbook on inflection and word formation.
Volume 1. Berlin: Walter de Gruyter.
Booij, G., Lehmann, C., Mugdan, J. & Skopeteas, S. (Eds). 2004. Morphologie / Morphology. Ein interna-
tionales Handbuch zur Flexion und Wortbildung / An international handbook on inflection and word
formation. Volume 2. Berlin: De Gruyter.
Booij, G. & Van Santen, A. 1998. Morfologie. De woordstructuur van het Nederlands, 2de druk. Amster-
dam: Amsterdam University Press.
Botha, R.P. 1968. The function of the lexicon in transformational generative grammar. The Hague: Mouton.
Botha, R.P. 1988. Form and meaning in word formation: A study of Afrikaans reduplication. Cambridge:
Cambridge University Press.
Butler, A.P. 2014. Die deelwoord in Afrikaans: perspektiewe vanuit ’n kognitiewe gebruiksgebaseerde
beskrywingsraamwerk. MA-verhandeling. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit.
Bybee, J. 1985. Morphology: a study of the relation between meaning and form. Philadelphia: Benjamins.
Combrink, J.G.H. 1974. Soek: Afrikaans se fleksie. In Odendal, F.F. (Red.). Taalkunde – ’n lewe. Kaapstad:
Tafelberg, 21–30.
Combrink, J.G.H. 1990a. Afrikaanse morfologie: capita exemplaria. Pretoria: Academica.
Comrie, B., Croft, W., Lehmann, C. & Zaefferer, D. 1993. A framework for descriptive grammars. In Cro-
chetière, A., Boulanger, J-C. & Ouellon, C. (Eds). Proceedings of the XVth International Congress of
Linguists, Vol. I. Sainte-Foy, Canada: Les Presses de l’Université Laval, 159–170.
Conradie, C.J. 2004. Ikonisiteit en Afrikaanse reduplikasie. Tydskrif vir Taalonderrig =  Journal for Language
Teaching, 38(2): 334–348, Des.
De Haas, W. & Trommelen, M. 1993. Morfologisch handboek van het Nederlands. ‘s-Gravenhage: SDU
Uitgeverij.
De Klerk, G.J. 1968. Die morfologie van Afrikaans. In Van der Merwe, H.J.J.M. (Red.). Afrikaans – sy aard 211
en ontwikkeling. Pretoria: J.L. van Schaik, 169–208.
Den Besten, H., Luijks, C. & Roberge, P.T. 2003. Reduplication in Afrikaans. In Kouwenberg, S. (Ed.). Twice
as meaningful. Reduplication in pidgins, creoles and other contact languages. (Westminster Creolistics
Series 8). London: Battlebridge, 271–287.
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

De Rooij-Bronkhorst, A. 1980. Past participle ge- deletion and the role of stress in Dutch complex verbs.
In Zonneveld, W., Van Coetsem, F. & Robinson, O.W. (Eds). Studies in Dutch phonology. Den Haag:
Nijhoff, 159–203.
De Villiers, M. 1983. Afrikaanse grammatika vir volwassenes. Kaapstad: Nasou.
Du Plessis, H.G.W. 1972. Die deeltjiewerkwoord in Afrikaans. MA-verhandeling. Pretoria: Universiteit van
Suid-Afrika.
Du Toit, P.J. 1982. Taalleer vir onderwyser en student. Pretoria: Academica.
Esterhuizen, H.L. 1986. Semantiese verhoudings tussen die naamwoordkorrelate van Afrikaanse komposi-
ta. DLitt-proefskrif. Bloemfontein: Universiteit van die Oranje-Vrystaat.
Evans, V. 2007. A Glossary of cognitive linguistics. Edinburgh: Edinburgh University Press.
Evans, V. & Green, M. 2006. Cognitive linguistics: An introduction. Edinburgh: Edinburgh University Press.
Feinauer, A.E. 1981. Die taalkundige gedrag van vloekwoorde in Afrikaans. MA-verhandeling. Stellen-
bosch: Universiteit van Stellenbosch.
Groenewald, H.J. & Van Huyssteen, G.B. 2008. Outomatiese lemma-identifisering vir Afrikaans . Literator,
29(1): 65–91, Apr.
Haspelmath, M. 2002. Understanding morphology. London: Arnold (co-published by Oxford University
Press).
Haspelmath, M. 2011. The indeterminacy of word segmentation and the nature of morphology and syntax.
Folia Linguistica, 45(2): 31–80.
Hockett, C.F. 1958. A course in modern linguistics. New York: Macmillan.
Hoge, J. 1932. Ondersoekings oor die gebruik van die verkleinwoord in Afrikaans. Stellenbosch: Universi-
teit van Stellenbosch. (Annale van die Universiteit van Stellenbosch, jg. X, reeks B1, Julie 1932.)
Jenkinson, A.G. 1983. Aspekte van die morfologie van Afrikaans. In Kongresreferate Linguistevereniging
van Suider-Afrika 1983, 127–149.
Jenkinson, A.G. 1986. Die diminutief: fleksiemorfeem of afleidingsmorfeem? South African Journal of
Linguistics = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 4(3): 13–46.
Jenkinson, A.G. 1993. Die probleem van fleksie en afleiding in Afrikaans. South African Journal of Linguis-
tics = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde Supplement, 18: 100–122.
Kempen, W. 1969. Samestelling, afleiding en woordsoortelike meerfunksionaliteit in Afrikaans. Kaapstad:
Nasou.
Langacker, R.W. 2008. Cognitive grammar. A basic introduction. Oxford: Oxford University Press.
Lieber, R. 2010. Introducing morphology. Cambridge: Cambridge University Press.
Marchand, H. 1969. The categories and types of present-day English word-formation, 2nd rev. ed.
München: Beck.
Meesters, G. 2004. Marginale morfologie in het Nederlands: paradigmatische samenstellingen, neo-
klassieke composita en splintercomposita. Gent: Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal- en Let-
terkunde.
Nida, E.A. 1949. Morphology: the descriptive analysis of words, 2nd ed. Ann Arbor: University of Michigan
Press.
Plag, I. 2003. Word-formation in English. Cambridge: Cambridge University Press.
Posthumus, M.J. 1964. Die woordstruktuur van Afrikaans. In Van der Merwe, H.J.J.M. (Red.). Inleiding tot
die Taalkunde. Pretoria: J.L. van Schaik, 135–148.
Posthumus, M.J. 1968. Morfologie. In Van der Merwe, H.J.J.M. Afrikaans: sy aard en ontwikkeling. Preto-
ria: J.L. van Schaik, 101–123.
Salmon, P. 2000. The term morphology. In Booij, G., Lehmann, C. & Mugdan, J. (Eds). Morphology. An
international handbook on inflection and word-formation. Volume 17.1. Berlin: Walter de Gruyter,
15–22.
212 Savini-Beck, M. 1993. The old and the new: changing perspectives on the distinction between inflection
and derivation in Afrikaans. Acta Academica, 25(1): 30–48, March.
Scalise, S. & Bisetto, A. 2009. The classification of compounds. In Lieber, R. & Štekauer, P. (Eds). The Oxford
handbook of compounding. Oxford: Oxford University Press, 34–53.
Schmid, H-J. 2011. English morphology and word-formation: an introduction. Berlin: Erich Schmidt.
HOOFSTUK 6 MORFOLOGIE

Spencer, A. 1991. Morphological theory: an introduction to word structure in generative grammar. (No. 2
in Blackwell textbooks in linguistics). Oxford: Blackwell.
Sproat, R. 1992. Morphology and computation. Cambridge: MIT.
Stump, G.T. 2005. Word-formation and inflectional morphology. In Štekauer, P. & Lieber, R. (Eds). Hand-
book of word-formation. Dordrecht: Springer, 49–71.
Taalkommissie. (Samest.). 2017. Afrikaanse woordelys en spelreëls, 11de uitg. Kaapstad: Pharos Woorde-
boeke.
Taylor, J.R. 2002. Cognitive grammar. Oxford: Oxford University Press.
Tuggy, D. 1985. The inflectional / derivational distinction. Workpapers of the Summer Institute of Linguistics
at University of North Dakota XXIX. Grand Forks: Summer Institute of Linguistics, 209–222.
Tuggy, D. 2005. Cognitive approaches to word-formation. In Štekauer, P & Lieber, R. (Eds). Handbook of
word-formation. Dordrecht: Springer, 233–265.
Van Huyssteen, G.B. 2004. Motivating the composition of Afrikaans reduplications: a cognitive grammar
analysis. In Radden, G. & Panther, K-U. (Eds). Studies in linguistic motivation. Berlin: Mouton de Gruyter,
269–292.
Van Huyssteen, G.B. 2010. (Re)defining component structures in morphological constructions: a cognitive
grammar perspective. In Michel, S. & Onysko, A. (Eds). Cognitive approaches to word-formation. Berlin:
Mouton de Gruyter, 97–126.
Van Huyssteen, G.B. & Verhoeven, B. 2014. A Taxonomy for Afrikaans and Dutch compounds. In Proceed-
ings of the 25th International Conference on Computational Linguistics (COLING 2014): The First Work-
shop on Computational Approaches to Compound Analysis (ComAComA). ISBN: 978-1-873769-43-0.
21–22 August. Dublin, Ireland, 31–40.
Van Huyssteen, G.B. & Wissing, D.P. 2007. Datagebaseerde aspekte van Afrikaanse reduplikasies. Southern
African Linguistics and Applied Language Studies, 25(3): 419–439.
Van Schoor, J.L. 1983. Die grammatika van Standaard-Afrikaans. Kaapstad: Lex Patria.

EINDNOTE
  1 Sieninge in hierdie hoofstuk is die resultaat werke teoreties versoenbaar is, lei ’n verbaster-
van jarelange leeswerk, praktiese analises in ing van die twee se konvensies nie tot enige ver-
taaltegnologieprojekte en veral gesprekke met warring nie.
kollegas en studente. Benewens al my voor-   3 Vir afkortings van morfeme maak ek gebruik
graadse en honneursstudente oor ’n hele aan- van die lys van afkorting vir interliniêre mor-
tal jare, sonder ek graag die volgende persone feemvertaling, soos gebruik in Comrie et al.
uit (in alfabetiese volgorde): Hans du Plessis, (1993). Die lys van afkortings en simbole is
Suléne Pilon, Bertus van Rooy en Ben Verhoe- beskikbaar by http://www.eva.mpg.de/lingua/
ven (vir die gedeelte oor samestellings). Ek is resources/glossing-rules.php.
ook dank verskuldig aan die drie keurders van   4 In die Afrikaanse taalkunde word dikwels
die hoofstuk vir hulle gedetailleerde en op- van Germaanse en / of klassieke termino-
bouende kommentaar. Alle denkfoute bly egter logie gebruik gemaak, byvoorbeeld naam-
myne. woord en / of nomen, voorvoegsel en / of
  2 In hierdie hoofstuk word ’n mengsel van die prefiks. Dit gebeur dikwels (meestal) dat Ger-
konvensies vanuit die konstruksiemorfologie maanse en klassieke terminologie na gelang
(Booij, 2010) en kognitiewe grammatika (Lang- van konvensie en algemene gebruik deurme-
acker, 2008) gebruik, soos waar dit gepas is. In kaar gebruik word: ons sal byvoorbeeld makli-
die middel van ’n sin sal ek byvoorbeeld van die ker verwys na adjektiewe (vir byvoeglike
kognitiewe grammatika se konvensies gebruik naamwoorde), maar nie so maklik na prepo-
maak om na die morfeem [[nr] / [er]] te verwys, sisies (vir voorsetsels) nie, hoewel dit so ge-
terwyl ek meer dikwels die konstruksiemorfo- bruik kan word. Ek probeer sover moontlik (en 213
logie se konvensies gebruik om konstruksie- waar ’n tradisie dit enigsins toelaat) om na die
skemas te beskryf. Aangesien hierdie konven- klassieke terme vir taalkundige fenomene te
sies in geen van die twee teorieë enige konsep- verwys, maar sal dikwels Germaanse terme vir
tuele waarde het nie, en aangesien beide raam- meer algemene prosesse gebruik. So byvoor-
H O O F S T U K 6   M OR F OL OGI E

beeld sal ek verwys na die proses van samestel-   9 Hoewel hierdie terme as internasionaal aan-
ling wat komposita tot gevolg het; daarteenoor vaarbaar beskou kan word, is daar tog ook
sou ’n mens kon verwys na die proses van aflei- ander terme wat binne bepaalde kontekste han-
ding wat derivata as afvoer het, maar deriva- dig gebruik kan word. Vergelyk byvoorbeeld
tum / derivata is nie gevestigde terme in Afri- Posthumus (1963) se indiwidualiseerders, per-
kaans nie en word daarom nie hier gebruik nie. soonsvormers, diminueerders, pejoratiewe, pri-
  5 Sien Langacker (2008: 23, 219) en Booij vatiewe, negeerders, ensovoorts, of De Klerk
(2010: 11–13) vir meer uitvoerige besprekings (1968) wat die betekeniswaarde verwoord as
van terme soos konstruk, konstruksie, skema, resultatiewe waarde, gesteldheidswaarde, han-
patroon, reël, ensovoorts. delingsaanduidende waarde, statusaanduidende
  6 ’n Mens sien soms in die literatuur dat morfeme waarde, kollektiewe waarde, bedryfsaandui-
tussen krulhakies geskryf word: Die woord on- dende waarde en individualiserende waarde.
menslik bestaan uit {on-}, {mens} en {-lik}. Ek 10 In afdeling 5 word aangetoon dat ’n mens die
skryf dit gewoon as on- en mens en -lik, of alter- proses waar ’n woord van woordsoort verander
natiewelik as [[adjr] / [on...]] en [[n] / [mens]] en sonder enige eksplisiete morfeem, kan sien as
[[adjr] / [...lik]]. zeroafleiding (soos in hierdie voorbeeld), of dat
  7 Geen teoretiese waarde word hier aan die term dit andersins gesien kan word as ’n algemene
morfeem geheg nie – dit is gewoon die naam omskakelingsproses. In hierdie hoofstuk word
wat gegee word vir die kleinste simboliese een- laasgenoemde standpunt gehandhaaf.
heid in die grammatika. In ander teorieë word 11 Elders het ek interfikse wel valensiemorfeme
die morfeem gesien as ’n abstraksie wat gereali- genoem. Ek volg hier egter Bauer (2003: 29–30)
seer word deur (allo)morfe; die term word dus wat dit “interfixes” noem, as ’n subkategorie
hier nie so gebruik nie.
van infikse. Hy toon aan dat dit tipies voorkom
  8 Let daarop dat Booij (2010: 15) nie die mor- in Germaanse tale. Esterhuizen (1986: 33) noem
feem as ’n konstruksie (dit is vorm-betekenis- dit ’n paramorfeem, en wys daarop dit ook be-
paar) sien nie. Volgens hom is die woord (in kend staan as verbindingskomponent, verbin-
plaas van die morfeem) die minimale linguis- dingsklank, bindfoneem, bindelement en va-
tiese teken. Hy argumenteer dat morfeme slegs
lensie-element. Botha (1968: 167) noem dit ’n
as deel van morfologiese konstruksies bestaan
“link phoneme” (bindfoneem), terwyl die AWS
en dat hulle betekenis slegs geaktiveer word in
(Taalkommissie, 2017) dit ’n voegsel noem. Vele
die konstruksies waarin hulle voorkom. Booij
ander name word in die internasionale literatuur
(2010) is natuurlik nie verkeerd nie, maar binne
gebruik, waaronder “phonomorpheme” en “link-
die kognitiewe grammatika word die standpunt
ing element” (“phoneme” / ”grapheme”), of in
gehuldig dat morfeme wel vorm-betekenispare
Nederlands “tussenklank”, “paramorfeem”, “pa-
is, dan wel as fonologies afhanklike eenhede
ramorfematiese vorm” en “verbindingsklank”.
met ’n skematiese semantiese pool. Dié stand-
punt word ook in hierdie hoofstuk gehuldig.
Vergelyk Van Huyssteen (2010) vir ’n uitvoe-
rige bespreking.

214

You might also like