You are on page 1of 11

Naam: _

Graad 11 Fisiese Wetenskap 23 Februarie


2024

Eksperiment 1 – Newton 2de Wet


Kwartaal 1 Eksaminator: A van Heerden Totale punt 50
FAT 1 Moderator: JH Putter Verwerkte punt Punt
Bevestiging: S Basson Tyd 2 weke
Vraag Totaal Behaal
Verslag:
Volg alle instruksies Deel A 22
Deel B 18
Skryf jou naam op die voorblad van die taak Deel C 10

Skryf netjies en leesbaar

Beskou toetse, take en eksamens as deel van die


leerproses!

Kommentaar van die merker/moderator:

Totaal

Persentasie
%
Verwerkte punt
(volgens
puntestaat)

Datum
Merker
Moderator

1
VERKLARING VAN OORSPRONKLIKHEID

Ek verklaar hiermee dat al die werkstukke, MY LEERDER HANDTEKENING:


EIE OORSPRONKLIKE werk is.

Merk waar van toepassing: DATUM:


☐ Toetse/Eksamens:
Die werkstuk is deur my alleen voltooi sonder
enige hulp van iemand anders en sonder die
gebruik van my studiemateriaal tydens die skryf
van hierdie toets/eksamen.
☐ Take/Opdragte:
Ek verklaar dat my werk oorspronklik is en dat
ek nie PLAGIAAT van ander bronne of persone
af gepleeg het nie en dat dit nie direk gekopieer
is nie.

Ek aanvaar dat, indien daar vasgestel word dat


ek by enige onreëlmatighede betrokke was
rakende my SBA-take (insluitend alle FAT’s,
PAT’s, toetse en eksamens), ek die punte wat
toegeken is vir sodanige take, in geheel sal
verbeur. Ek aanvaar ook dat ek die skool se
dissiplinêre prosedures sal deurgaan.

TOESIGHOUDENDE PERSOON

Ek verklaar hiermee dat die bogenoemde leerder VOLLE NAAM VAN


hierdie taak voltooi het onder die volgende TOESIGHOUER:
omstandighede:

Toetse/Eksamens: DATUM:
• Eenkant
• Onverstoord
• Sonder enige hulpmiddels HANDTEKENING VAN
• Sonder hulp van iemand anders TOESIGHOUER:

Take/Opdragte:
• Krediet is gegee vir alle ander bronne wat KONTAKNOMMER VAN
gebruik is TOESIGHOUER:

Vir admin – Merk indien onvolledig:


-10% Leerder gedeelte
-10% Toesighouer gedeelte

2
Graad 11 Wetenskaplike verslag
Staaf Newton se Tweede Bewegingswet
Inleiding
Handboek bl. 103-120 TOTAAL 50

Die trollie-eksperimente word gebruik om die verwantskap tussen toegepaste krag,


versnelling en die massa van ‘n voorwerp te ondersoek.

Bestudeer die volgende eksperiment wat uitgevoer is en voltooi die vrae wat volg. Die
eksperiment word nie fisies deur die leerder uitgevoer nie, maar word teoreties aan die
hand van ‘n wetenskaplike verslag bespreek. Die wetenskaplike verslag bestaan uit vrae
1-16 wat die leerder moet voltooi.

Staaf Newton se Tweede Bewegingswet: Tydtikker en trollie

DOEL: Om die verwantskap te bepaal tussen die krag wat uitgeoefen word op 'n
voorwerp met 'n konstante massa en die voorwerp se versnelling.

APPARAAT:

• Trollie met wrywinglose wiele wat op 'n gladde trolliebaan loop


• Tydtikker en lint
• Batterye of transformator vir tydtikker
• 4 rekkies met dieselfde lengte
• ‘n Meterstok

METODE:

1. 'n Frekwensie van 50 Hz is in die tydtikker gekies. ‘n Frekwensie van 50 Hz


beteken dat die tydtikker 50 kolletjies per sekonde maak. ‘n 10 kol interval word in
die tekening hier onder geïllustreer.

3
2. 'n Trollie is op 'n trolliebaan geplaas en die baan is aangepas om vir wrywing op
die trolliewiele te kompenseer (die baan is opgelig totdat die trollie teen konstante
snelheid beweeg.) Sien die figuur hieronder.

3. Die een ent van 'n rekkie is aan die trollie vasgeheg en die ander ent van die rekkie
aan die punt van die meterstok. Terwyl die trollie vasgehou is, is die rekkie uitrek
totdat die 800 mm-merk op die meterstok in lyn met die voorkant van die trollie
was. Die trollie is gelos sodra ‘n krag van 10 N op die trollie uitgeoefen is.

4. Die lint is deur die tikker geryg en aan die punt van die trollie geheg. Daar is seker
gemaak dat die lint tussen die trollie en die tikker styf getrek is. Die tikker is
aangeskakel, die rekkie gerek soos hierbo verduidelik (800 mm) en vorentoe
beweeg terwyl die rekkie met dieselfde hoeveelheid uitgerek gehou is om 'n
konstante krag van 10 N uit te oefen.
5. Aan die einde van die beweging is die lint verwyder uit die tikker en trollie. Die
frekwensie van die tydtikker is aangeteken en 10 kol-intervalle op die lint gemerk.
6. Stap 4 en 5 is herhaal met die gebruik van TWEE, DRIE en VIER rekkies.

4
7. Die lint is geanaliseer vir elke lopie om die versnelling te bepaal en resultate is
aangeteken.

Deel A Beantwoord die vrae rakende die uitgevoerde eksperiment

VERANDERLIKES
1. Identifiseer die volgende veranderlikes:

• Onafhanklike veranderlike

........................................................................................................................................ (1)

• Afhanklike veranderlike

........................................................................................................................................ (1)

• Kontrole veranderlike

........................................................................................................................................ (1)

ONDERSOEKVRAAG

2. Skryf die ondersoekvraag (wat die afhanklike, onafhanklike, gekontroleerde


veranderlikes bevat) van die eksperiment neer.

........................................................................................................................................

........................................................................................................................................ (2)

HIPOTESE

3. Skryf ‘n hipotese (wat die afhanklike, onafhanklike en gekontroleerde


veranderlikes bevat) vir die eksperiment neer.

........................................................................................................................................

........................................................................................................................................ (2)

5
RESULTATE: Tikkerslint met toegepaste krag van EEN rekkie (10 N):
Met die toepassing van EEN rekkie se krag (10 N) op die trollie, het die tydtikker die
volgende tikkerlint geproduseer:
• Elke * verteenwoordig een 10 kol interval (dus 11 kolletjies).
• Die afstand tussen een 10 kol interval word onder aangedui in mm.

Tikkerslint met toegepaste krag van EEN rekkie (10 N):

A B C D E F G H

* * * * * * * *
10mm 20mm 30mm 40mm` 50mm 60mm 70mm. (afstand)

4. Bepaal die periode (T) van die tydtikker. Dit is die tyd wat dit neem om een tik te
maak, gemeet in sekondes. Skryf die korrekte formule van die periode (T) eerste
neer.
........................................................................................................................................

........................................................................................................................................

........................................................................................................................................ (3)

5. Bepaal die tyd (t) wat die tydtikker neem om ‘n 10 kol interval (11 kolletjies) te
maak. (t = n x T) waar n die aantal intervalle is.

........................................................................................................................................

........................................................................................................................................

........................................................................................................................................ (2)

6. Bepaal die aanvanklike snelheid van die trollie. Skryf die korrekte formule eerste
neer.

........................................................................................................................................

........................................................................................................................................

........................................................................................................................................ (3)

6
7. Bepaal die eindsnelheid van die trollie. Skryf die korrekte formule eerste neer.

........................................................................................................................................

........................................................................................................................................

........................................................................................................................................ (3)

8. Bepaal die versnelling van die trollies. Skryf die korrekte formule eerste neer.

........................................................................................................................................

........................................................................................................................................

........................................................................................................................................ (4)

TOTAAL DEEL A [22]

7
Deel B RESULTATE

Beskou die volgende fiktiewe resultate in die tabel wat verkry is op die eksperiment wat
uitgevoer is. ‘n Veranderlike toegepaste krag van 10 N, 20 N, 30 N en 40 N is op die trollie
uitgewerk.

Tikkerslint Krag (N) Versnelling (m.s-2) F/a in (b) )


1 10 0,5 c)
2 20 1,0 d)
3 30 1,5 e)
4 40 a) f)

9. Bepaal die ontbrekende resultate a-f en skryf die antwoorde in die tabel neer.
(By (b) moet die eenheid neergeskryf word waarin F/a gemeet word.) (6)

GRAFIEK(E):

Skets die volgende grafieke (Gebruik grafiek papier en heg aan)


10. Versnelling teenoor krag grafiek. (6)
𝐹𝐹
11. Versnelling teenoor 𝑎𝑎
grafiek. (6)

8
Raadpleeg die onderstaande rubrieke vir die onderskeie grafieke se punte verdeling.

Grafiek 1:Versnelling vs krag

Kontrolelys : kriteria vir die grafiek Punte

Horisontale as benoem vir krag, met 2 punte (1 opskrif, 1


afdelings en gekalibreer kalibrering)
Vertikale as benoem vir versnelling, 2 punte (1 opskrif, 1
met afdelings en gekalibreer kalibrering)

Vorm van grafiek 1 punt

Punte aangebring (geplot) 1 punt

Grafiek 2: Versnelling vs F/a (6 punte)

Kontrolelys : kriteria vir die grafiek Punte


𝐹�� 2 punte (1 opskrif, 1
Horisontale as benoem vir ,
met kalibrering)
𝑎𝑎
afdelings en gekallibreer
Vertikale as benoem vir versnelling, 2 punte (1 opskrif, 1
met afdelings en gekalibreer kalibrering)

Vorm van grafiek 1 punt

Punte aangebring (geplot) 1 punt

TOTAAL DEEL B [18]

9
Deel C ANALISE

12. Formuleer Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.

........................................................................................................................................

........................................................................................................................................

........................................................................................................................................ (2)

13. Skryf die formule vir Newton se Tweede Bewegingswet neer.

........................................................................................................................................ (1)

14. Wat word voorgestel deur die gradiënt van grafiek 1?

........................................................................................................................................ (1)

15. Noem een voorsorgmaatreël wat nodig is gedurende die uitvoer van die
eksperiment.

........................................................................................................................................

........................................................................................................................................ (2)

GEVOLGTREKKING

16. Dui aan of jou hipotese reg of verkeerd is, bespreek die vorm van die grafieke en
wiskundige verhouding. Raadpleeg die assesseringsrubriek op die volgende
bladsy.
........................................................................................................................................

........................................................................................................................................
........................................................................................................................................
........................................................................................................................................
........................................................................................................................................ (4)

10
Assesseringsrubriek: Wetenskaplike kennis en vaardighede
Vlak Kriteria Punt
1 Geen begrip van feite en konsepte 1
2 Min begrip van konsepte 2
3 Matige begrip van konsepte 3
4 Duidelike begrip van konsepte 4

TOTAAL DEEL C [10]

EKSPERIMENT TOTAAL: [50]

11

You might also like