You are on page 1of 2

TOETS JOU TOESPRAAK

IS JOU TOESPRAAK OORREDEND EN BEREDENEERD?

Denke, waardes, besluite, houdings, gesindhede of benaderings word:

Verander/heroorweeg/versterk

TIPES OORREDINGSTOESPRAKE

• Feit: Ja/ Nee bv. (Dogters is slimmer as seuns)


• Waarde: Beter/ Slegter (Vloek is goed/sleg)
• Beleid: doen/ nie doen nie (Leiers in die laerskool moet afgeskaf word)

Dit moet ‘n aktuele onderwerp wees.

STRUKTUUR:

INLEIDING: Kreatief + Stel jou STANDPUNT duidelik.

3 ARGUMENTE: Relevant tot die standpunt

Toereikend: Sterk genoeg vir oorreding

Onafhanklik: Kan op sy eie staan.

SLOT: Samevatting. Finaal. Afrond.

BRONNE:

GESAG

Persoonlike ervaring, onderhoude, eie navorsing (in my klas)

Media, Publikasies, Internet: Outeur, gesag, publikasie, datum

Balanseer uit met eie mening. Hoef nie saam te stem nie!

TAAL:

Binne spreker se verwysingsraamwerk: ouderdom, ervaring.

Kreatiewe wooordkeurses, maar nie te veel b.nw.

Gehoorvriendelik (verstaan).

Korrekte uitspraak en klem.

Korter sinne en vrae.

Enige Afrikaans
AANBIEDING:

HOORBAAR: volume (nie skreeu nie)

DUIDELIK: duidelike uitspraak, maar natuurlike nie oorartikuleer nie. Assimileer, nie ontrond.

VERSTAANBAAR: Pouses, klem, wisseling, tempo, toonhoogte, nie stygende infleksies nie.

PRAAT MET DIE GEHOOR!

Natuurlik met die nodige gesigsuitdrukking.

Doeltreffende natuurlike gebare.

Mag rondstap, maar word nie aanbeveel nie.

HOUDING:

Gemaklik, selfversekerd, entoesiasties.

Netjies

OOGKONTAK EN NOTAHANTERING:

Gebruik oogkontak om ‘n verhouding met die gehoor op te bou.

Ken jou toespraak. Nota’s is ‘n hulpmiddel, maar mag nie aandag aflei nie.

Grootste is A 5.

Gemaklik en spontaan.

Mag aanhaling aflees.

OORREDENDE AANBIEDING: Nie opsệ, aflees, of voordra (dramatiseer) nie.

GLO in wat jy sệ en dra dit so oor!

You might also like