You are on page 1of 4

Rooihuiskraal

Vlakvoëltjielaan 7, Rooihuiskraal, Centurion


Posbus 591, Rooihuiskraal, 0154
e-pos: excelsioraka@gmail.com
Tel: 012 661 0528
EMIS no: TS700 400501

Kwartaaltoets
18 Maart 2021

Graad:
Graad 9 (Nege)
Vak:
Tegnologie (Teorie)
Punte: Tyd:
= % 30 Min
30

Hierdie toets bestaan uit 4 bladsy voorblad en inligtingsblad ingesluit

© Kopie reg voorbehou Blaai om ⁄


NB: Lees hierdie bladsy voor jy met jou toets begin.

Instruksie- en inligtingblad

1. Lees alle vrae sorgvuldig deur.


2. Alle vrae se punte is in hakies ( ) na die vraag aangedui.
3. Nommer alle antwoorde korrek volgens die nommer sisteem in
hierdie toets.
4. Die lengte van jou antwoorde in die toets moet ooreenstem
met die punte wat elke vraag tel.
5. Los ‘n spasie na elke vraag en trek ‘n lyn tussen die vrae.
6. Skryf altyd netjies en leesbaar.

Toets: Tegnologie Graad: 9


Datum: 18 Maart 2021 Kwartaal: Een
Tyd: 30 Min Punte: 30
Eksaminator: Mnr J van Beest van Andel Moderator: Mev D Marshall

© Kopie reg voorbehou Blaai om ⁄


Tegnologie Kwartaaltoets – Graad 9 - Kwartaal 1 - 2021

Vraag 1
Bestudeer fotos a - d en noem of daar statiese of dinamiese kragte uitgeoefen word. (4)

a. b.

c. d.

Vraag 2
Verduidelik die verskil tussen eweredige- en oneweredige laste op ‘n struktuur? (2)

Vraag 3
Pas die term in kolom A by die verklaring in kolom B (4)
Kolom A Kolom B
a. Rekkrag 1. Druk of stoot op ‘n struktuur en neig om dit saam te pers
b. Kompressie-krag 2. Stutte wat vierkantige strukture kan versterk
c. Wringkrag 3. Is ‘n trekkrag en neig om die dele waarop dit in werk te rek
d. Kruisverspanning 4. Dit neig om dele van ‘n struktuur te verdraai

Vraag 4
Verduidelik die volgende begrippe a) massa en b) digtheid? (2x2=4)

Vraag 5
Plaas die volgende lys van materiaal in volgorde van die laagste digtheid tot die hoogste. (5)

A. Lood B. Polisterene C. Rubber D. Hout E. Aluminium

Vraag 6
Wat word bedoel met die term “Bros”? (2)

© Kopiereg voorbehou 1
Vraag 7
Bestudeer die lys stowwe hier onder en merk watter sal roes van yster versnel of bevorder.
Skryf net die letters A - F neer. Bv. 7. G / H / J (3)
A- Water
B- Seep
C- Suur
D- Sout
E- Olie
F- Verf

Vraag 8
Gee die mees algemene verskil tussen pneumatiese stelsel en hidrouliese stelsel (2)

Vraag 9
Bereken die uitsetkrag van die stelsel in die skets. (4)
Insetkrag Uitsetkrag
F1 = 1050N F2 = ? N

Oppervlak Area Oppervlak Area


A1 = 0.9m2 A2 = 6m2

Totaal 30

© Kopie reg voorbehou 2

You might also like