You are on page 1of 3

Ek het 'n huisie by die see – H.A.

Fagan

1 Ek het 'n huisie by die see. Dis nag


2 Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan
3 teenaan die rots waarop my huisie staan
4 met al die oseaan se woeste krag.

5 Ek hoor die winde huil - 'n kreun, 'n klag,


6 soos van verlore siele in hul nood
7 al dwalend, klagend, wat in graf en dood
8 geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.

9 My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.


10 Ek hoor dan maar hoe loei die storm daarbuite,
11 ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
12 hierbinne is dit veilig, warm en dig.

13 Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan -


14 Dit is die rots waarop my huisie staan.

Ek het 'n huisie by die see

Titel: Droom
“huisie” = klein, knus, veilig

Uiterlike Bou:
Strofe 1 = kwatryn
Strofe 2 = kwatryn Beskryf die huisie &
Strofe 3 = kwatryn storm wat BUITE woed Engelse Sonnet

Strofe 4 = koeplet (2 versreëls)


Gevolgtrekking/samevatting

Innerlike Bou:
Strofe 1 = kwatry
Strofe 2 = kwatryn situasie BUITE = stormagtig
Strofe 3 = kwatryn situasie BINNE = veilig (ATMOSFEER)

Strofe 4 = koeplet (2 versreëls) dui op geloof van die spreker. (Rots dus simbolies.)

Spreker: Ek- spreker / eerstepersoon


1 Ek het 'n huisie by die see. Dis nag. a Titel word herhaal in reël 1.
“Nag” = letterlik , donker
2 Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan b GEHOORsintuig Wat? golwe slaan (1),
winde huil(2), storm wat loei&wind (3)
3 teenaan die rots waarop my huisie staan b Rots = stewig, veilig
4 met al die oseaan se woeste krag. a
abba – omarmende rym

5 Ek hoor die winde huil - 'n kreun, 'n klag,


6 soos van verlore siele in hul nood Vergelyking
7 al dwalend, klagend, wat in graf en dood a-assonansie
8 geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag. (long for something)
Verlore siele: dwaal, kla, vind nie rus nie, soek en smag

9 My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.


10 Ek hoor dan maar hoe loei die storm daarbuite, Klanknabootsing
11 ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite; Sintuig = gehoor (storm, winde)
12 hierbinne is dit veilig, warm en dig. Binne die huisie is dit veilig, warm en dig

13 Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan - Uitnodiging: KOM…die spreker is nie bang nie.
14 Dit is die rots waarop my huisie staan. Rede vir vreesloosheid?

ANTWOORDE

Ek het ’n huisie by die see – H.A. Fagan


1. Letterlik: ‘n Storm woed buite die huisie by die see. Die huisie word bedreig deur die
storm, maar dit is op rots gebou en is sterk en staan stewig.
Tema / Metafoor / Figuurlik: Die spreker staan sterk in geloof. Die spreker bou sy of haar
lewe op geloof. Niks of niemand kan dit vernietig nie.
2. Dit wys dit is’n klein huisie. Huisie vs storm buite - die huisie is weerloos. Huisie kan ook dui
op die gevoel van die spreker – knus, veilig, ens.
3. Dit is nag, die golwe slaan hard en die winde waai.
4. Buite: koud, stormagtig , onveilig
Binne: dit is veilig en warm binne
5. Dit verwys na die golwe wat die hele tyd / sonder ophou teen die rotse slaan.
6. Dit laat die nag spookagtig/vreesaanjaend /onheilspellend klink.
7. Ja, dit is binne veiliger as buite OF ons is besef die huisie is in gevaar.
8. -aa- / -oo-: Dit laat die gedig ’n eenheid vorm.
9. Gehoor: winde huil/loei, golwe slaan / storm / winde ruk aan die ruite
Sig: dis nag / oseaan se woeste krag / vuurtjie brand / kersie gee lig
10. Die huisie is die metafoor vir die spreker se geloof in God.
Taalvrae (verryking)
11. golf
12. oseane
13. vensters

You might also like