You are on page 1of 2

1.

ʼn Toename in die waarde van eiendom van R100 000 gedurende die 2018 (2)
jaar van aanslag moet ingesluit word in die bruto inkomste.

A. Waar ̶ die welvaart van die belastingbetaler het met R100 000 verhoog
B. Waar ̶ die waarde van die eiendom het ʼn vasstelbare geldwaarde
C. Waar ̶ dit is kapitaal van aard
D. Vals ̶ die R100 000 is nie ʼn ontvangste of toevalling tot die
belastingbetaler nie
E. Vals ̶ die waarde van eiendom kan nie in geld omgeskakel word nie

2. Steenkamp Handelaars het op 26 September 2017 voorraad van R15 000 (2)
aan mej. Deeltefs verkoop. Daar is ooreengekom dat mej. Deetlefs die
voorraad in drie gelyke paaiemente op 30 September 2017, 28 Februarie
2018 en 30 April 2018 gaan terugbetaal.

Wanneer gaan Steenkamp Handelaars die inkomste insluit by bruto


inkomste?

A. 26 September 2017
B. 30 September 2017
C. 31 Desember 2017
D. 28 Februarie 2018
E. 30 April 2018

3. Op 1 April 2017 het mnr. Ken ʼn plaaslike winkel van R10 000 beroof. (1)

Is die volgende stelling waar of vals?

Mnr. Ken moet die R10 000 by sy belasbare inkomste insluit.

A. Waar
B. Vals

4. Chinel het op 1 Augustus 2017 ʼn lening van R20 000 ontvang vir die (2)
aankoop van voorraad (handsakke) vir haar besigheid. Die lening is ten
volle terugbetaalbaar op 28 Februarie 2018. Chinel het handsakke vir ʼn
bedrag van R12 000 tydens die 2018 jaar van aanslag verkoop.
Hoeveel moet Chinel in haar bruto inkomste vir die 2018 jaar van aanslag
insluit? Jy kan aanvaar dat die balanse van opening- en eindvoorraad nul is.
Ignoreer rente.

A. R0
B. R20 000
C. R12 000
D. R32 000
E. (R8 000)

ʼn Lening is nie ingesluit in bruto inkomste nie omdat die belastingbetaler ʼn


verpligting het om die geld terug te betaal.

5. Peter du Preez was in diens van Eygelsheim Prokureurs Ingelyf. Op 1 Mei (2)
2014 het Eygelsheim Prokureurs ʼn versekeringspolis op die lewe van Peter
du Preez uitgeneem omdat hy die uitvoerende direkteur van die besigheid
is. Die versekeringspolis se premies was vir Eygelsheim Prokureurs
aftrekbaar deur die loop van die jare. Op 1 Januarie 2018 was Peter du
Preez in ʼn motorongeluk betrokke en is breindood verklaar. Eygelsheim
Prokureurs het die versekeringsmaatskappy ingelig en ʼn uitbetaling van
R1 000 000 is deur die versekering uitbetaal.

Moet die ontvangs van die versekeringspolis ingesluit word in die bruto
inkomste van Eygelsheim Prokureurs Ingelyf vir die 2018 jaar van aanslag?

A. Nee, die bedrag moet by bruto inkomste van Peter du Preez ingesluit
word.
B. Nee, die bedrag moet nie by die bruto inkomste van Eygelsheim
Prokureurs ingesluit word nie omdat dit kapitaal van aard is.
C. Ja, die bedrag is jaargelde wat ontvang is
D. Ja, die bedrag is ʼn spesiale insluiting ingevolge Artikel 1 (mA).
E. Ja, die bedrag voldoen aan die vereistes van die definisie vir algemene
bruto inkomste.

You might also like