You are on page 1of 7

WOORDVORMING

1. Stam (basisvorme/simplekse):

• ‘n Stam is ‘n woordvorm wat as basis dien vir alle ander woorde wat gevorm word.

• Stamme is die kleinste vorm van ‘n woord en kan nie in kleiner dele opgedeel word nie bv. ys

2. Samestelling: (stam+stam)

• Twee of meer stamme in ‘n woord, altyd VAS geskryf!!

• Samestellings het GEEN voegsels nie, dit bestaan slegs uit stamme!
bv. Yskas (ys + kas)

3. Afleiding: (EEN stam + voegsels)

• Afleidings bestaan uit SLEGS EEN stam en voor-/en agtervoegsels

• Afleidings kan nie meer as een stam hê nie! bv. waaier


4. Samestellende afleiding (samestelling + voegsels)

• Samestellings verbind aan voor- en agtervoegsels

• Samestellende afleidings MOET meer as een stam, met voegsels hê

Woorde kan simplekse óf komplekse wees.

‘n Simpleks is die kleinste, eenvoudigste vorm van die woord en kan NIE in kleiner dele verdeel
word nie (het geen voor- of agtervoegsels nie) bv. kat, persoon, sing, bagasie, ens.

ALLE STAMME IS SIMPLEKSE!

‘n Kompleks bestaan uit meer as een stam en/of voegsels

AFLEIDINGS, SAMESTELLINGS & SAMESTELLENDE AFLEIDINGS IS ALTYD KOMPLEKSE


OMDAT DIT VOOR- EN AGTERVOEGSELS OF EKSTRA STAMME HET

bv. vergoeding, hervorming, skoolskoene, muishond


Voegsels (morfeme)
Voorvoegsels (premorfeme) word voor aan die stam gevoeg en
agtervoegsels (postmorfeme) agter aan die stam.

Voor- en agtervoegsels se doel is om die betekenis van die stam te verander.

Stamme kan ook meer as een voor- of agtervoegsel kry, bv. Verontrus (Ver- + ont- en stam = rus),
Rustende (Rus = stam + -end en -e).

Metamorfeme

• Kom voor met klankwisseling (wanneer klanke se uitspraak verander)

bv. betrek = betrokke

bederf = bedorwe

ruik = reuk
Verbindingsklanke

• Is NIE voegsels/morfeme nie


• Verbind slegs stamme aan mekaar

• bv. hondehok
seunsskoene
dierekliniek

Kern & bepaler

• Die KERN is die basis van die woord, waar die BEPALER vir mens meer inligting
gee oor die kern (vertel vir mens meer oor die woord)

• Die bepaler staan altyd EERSTE en die kern LAASTE

bv. hys(bak)
skool(skoen)
slim(foon)
OEFENING: (Handboek bl. 258, D. 1-3)
1.1 motoriste = afleiding
1.2 noord = stam/basis
1.3 Matjiesfontein = samestellende afleiding
1.4 eergisteroggend = samestelling
1.5 aanslaan = samestelling
1.6 ligte = afleiding
1.7 helikopter = stam/basis
1.8 bloute = afleiding
1.9 noodlanding = samestellende afleiding
1.10 nouerige = afleiding
Woord Premorfeem Stam/basis Postmorfeem
2.1 Motoriste motor -is(te)
2.2 eer+gister+oggend
Eergisteroggend
2.3 Brieke briek -e
2.4 Gevaarlike gevaar -lik(e)
2.5 Letterlik letter -lik
2.6 uitgevoer ge- uit+voer

3.1 stem
3.2 hoog
3.3 hoort

You might also like